Can’t see this mail? Click here to view it online

- ISSN 1995-5928 - Ingesluit LitNet Akademies

 

Nuusbrief 1078

28/11/2025


  Krities Afrikaans

LitNet: Sy kom met die sekelmaan

Neo se onsigbare kombers

Skrywer: Salamina Mosese
Illustreerder: Subi Bosa
Uitgewer: Pan Macmillan
ISBN: 9781779991089

Neo is lief vir avonture, maar soms voel hy ’n bietjie bang. Gelukkig is sy suster, Thandi, sterk en dapper en sy het ’n slim plan om Neo veilig te laat voel. Sy gee hom ’n spesiale kombers – ’n onsigbare kombers. En dit werk! Hy is nie eers meer bang vir die hoogste boom in die tuin nie. Maar sal die onsigbare kombers help wanneer Neo na ’n nuwe skool toe gaan en aan die swemgala moet deelneem? Neo se onsigbare kombers is ’n inspirerende storie oor dapper wees en in jouself glo.

Boeke en skrywers

Hettie Smit (1908–1973)

Erika Terblanche
ATKV|LitNet-Skrywersalbum

"Stokperdjies is die medisyne vir ’n gebroke hart. Dit is ook die versekering teen die ouderdom." Lees oor Hettie Smit se lewe en werk in die ATKV|LitNet-Skrywersalbum, saamgestel deur Erika Terblanche.

PenAfrican: AI and the future of creative arts – why writers are not as replaceable as we fear

Mphuthumi Ntabeni
Books and writers

"The best writers are not merely stylists; they are custodians of sensibility. They bring with themselves the heaviness of culture, memory, grief, humour, private ghosts, inherited silences and the rest of the untranslatable textures of lived experience. They write from the grain of their mother tongue. They write from provincial landscapes that the internet has never indexed, not yet anyway. They write from the pain of exile, from the taste of a city’s dust and from history that refuses to be archived. AI, for all its omnivorous reading, knows only what is online."

Frederik Van Zyl Slabbert: soekende profeet by Albert Grundlingh: a review

Bill Nasson
Books and writers

"In tackling the hopscotch existence of a complicated man who has generated competing and conflicting opinions, Albert Grundlingh has produced a meticulously researched, highly readable and very well-rounded portrayal of Frederik Van Zyl Slabbert."

Die boublokke van kinderliteratuur

Shawna-Leze Meiring
LitNet25-skrywersberaad

"Suid-Afrikaanse uitgewers verstaan hul plaaslike mark baie goed. Die Afrikaanse mark is gevestig en skrywers wat vir die mark skryf – wat hulle by spesifieke ouderdomsgroepe bepaal en op belangstellings en ander kenmerke fokus wat vir Afrikaanse kinders belangrik is – het ʼn groter kans om ʼn leser te bereik."

Amma deur Charmaine Africa: ’n resensie

Leona Conradie
Resensies

"Charmaine Africa doen baanbrekerswerk met hierdie memoires, wat glad nie moeilik lees nie en jou soos ’n doodgewone roman meevoer. Hierdie memoires het goeie karakterontwikkeling, die wêreld se spanning, ruimtebeskrywings wat goed inspeel op die spanning en ontwikkeling, maar die meeste van alles, ’n baie sterk storielyn wat spreek van diep letsels as gevolg van apartheid en familieverhoudinge."

Brief en repliek: Beeldvorming van (Suid-) Afrikaanse digters in die Lae Lande

Alwyn Roux, Yves T'Sjoen
LitNet25-skrywersberaad

Roux se lesingnotas het die vorm van ’n reeks briewe tussen hom en Yves T’Sjoen aangeneem. Roux sou vrae en probleme opper. T’Sjoen sou daarop antwoord. In hierdie lesing, gelewer tydens die Etienne van Heerden Veldsoirée, belig Roux die gesprekke wat tussen hom, T’Sjoen, hulle studente en ’n aantal deelnemende digters gevoer is.

Hinterland deur Piet van Rooyen: ’n lesersindruk

Emma Kirchner
Lesersindrukke

"Het die mens ontwikkel of gedegenereer uit die oerinwoners van Afrika, verwysende onder andere na die opgrawings in Sterkstroom waar die skedel van me Ples gevind is? Worstel die mens uiteindelik steeds met die gorilla in homself?"

Elders gesien: Clinton V du Plessis se "Gebed" deur KI gesing

LitNet
Musiek

LitNet het toestemming gekry om hierdie video van die gedig "Gebed" te deel. Die gedig het in Clinton V du Plessis se bundel Verslag verskyn. Wat dink ons lesers van hierdie eindproduk? Deel asseblief julle sienings oor hierdie soort gebruik van KI, en ook oor die musiek.

Press release: Early-bird registration for Amazwi’s Literature Heritage Ecology Conference

LitNet
Books and writers

The early bird gets the coffee and the doughnuts!

Op die redakteur se lessenaar

Op die redakteur se lessenaar: 22 tot 28 November 2025

LitNet
Op die redakteur se lessenaar

Hier is die boeke wat onlangs op die redakteur se lessenaar beland het.

Uit die argief

Mense agter boeke: Leana Lategan, museumgeesteswetenskaplike by NALN

Leana Lategan, Jaco Botha
Boeke en skrywers (2016)

"Drie boeke wat ’n besonderse invloed op my gehad het gedurende my studiejare, was Hettie Smit se ikoniese briefroman Sy kom met die sekelmaan, Jan Rabie se kortverhaalbundel 21, en Goethe se Die Leiden des jungen Werthers. Al drie hierdie tekste, wat in daardie jare waarskynlik hoofsaaklik emosioneel aanklank by my gevind het, sou later, in NALN, binne groter konteks verstaanbaar en belangrik word: Hettie Smit en Rabie as enig in hul soort in Afrikaans, en Goethe se werk wat op een of ander wyse in talle Afrikaanse skrywers se werk ’n eggo gehad het."

elegie vir Pájaro

Breyten Breytenbach
Poësie (Mei 2024)

"En ek kan om my lewe te red
geen sin maak van die patroon
geweef in die lyn
tussen jou dood
en myne"

LitNet bring hulde aan Breyten Breytenbach, wat op 24 November ’n jaar gelede oorlede is. Hierdie was sy laaste gedig wat hy vir LitNet geskryf het.

Menings

Die Johann Rossouw-gespreksreeks: Oor verdiepende samewerking in die Afrikaanse wêreld – gedagtes na aanleiding van Kaapse Forum se derde Hoeriekwaggo-beraad

Johann Rossouw
Seminare en essays

"Daar kan sekerlik talle redes vir hierdie groeiende onderlinge begrip uitgewys word, waarvan onder meer die volgende: die moeite wat die Afrikaanse media doen om die wel en wee van alle Afrikaanstaliges te belig; die rol wat die kunste speel om onderlinge begrip en versoening aan te help; inisiatiewe vir bemagtiging onder bruin Afrikaanstaliges deur tradisioneel oorwegend wit instansies soos AfriForum, Solidariteit en die Dagbreek-trust; en die tallose gesprekke en inisiatiewe oor die afgelope twee dekades en meer onder die vaandel van die ATR en die Afrikaanse Taalmonument."

Nuwe digitale argief maak kultuurerfenis toeganklik vir almal

Maryke Roberts
Menings

"Ons wil die grootste digitale argief van Afrikaanse materiaal skep, vir die toekoms bewaar en dit beskikbaar stel vir navorsing, kreatiewe projekte en nuuskieriges. ... Dit sluit in die nuusmedia, uitvoerende kunste, beeldende kunste, televisie- en filmmateriaal, familiestambome, kerkgeskiedenis en landbou." Maryke Roberts lewer verslag oor Maandagaand se Nuuseum-bekendstelling op Stellenbosch.

Méér as feestale: denkarbeid in ons moedertale

Hercules Boshoff
Universiteitseminaar | University Seminar

"Die troos wat gegee word dat Afrikaans gedy omdat daar feeste gereël word en letterkunde bestaan, is nie goed genoeg nie, en getuig voorts van ’n verkleutering van moedertale as bron van nostalgie en vermaak, verbruikersitems, en as naelstring wat geknip word sodra die vakansie verby is en die universiteit weer voortgaan met Engels, die taal van die kop (capitas), die taal van die kapitaal."

AI podcast | KI-kortluister: "Rooibostee, awê en oepsies"

Menán van Heerden
Kunsmatige intelligensie | Artificial intelligence

Listen to a concise overview of Afrikaans content presented in the form of a podcast-style discussion by (American) AI hosts. | Luister na ’n baie kort oorsig van Afrikaanse inhoud in die vorm van ’n podsendinggesprek deur Amerikaanse KI-aanbieders.

Universiteit of ambag vir skoolverlaters?

Naomi Meyer, Sonja Squires
SA Skoleseminaar | Schools Seminar

"Die stigma aan alles wat nie universiteitsgebore is nie, moet ons afskud. Die wêreld is veel groter as akademie. ... Suid-Afrika het ’n tekort van meer as 10 000 ambagspersone en wêreldwyd sit groot lande ook met soortgelyke tekorte – die wêreld is eintlik jou oester as jy in ’n ambag wil kwalifiseer, en boonop kan jy ’n kans kry om oorsee te reis."

16 Days of Activism: an interview with Ndiilokelwa Nthengwe

Naomi Meyer, Ndiilokelwa Nthengwe
Interviews

"Both Namibia and South Africa grapple with high rates of SGBV and gender inequality. A key similarity is the presence of dedicated activists and movements fighting for justice. A significant difference is the legal landscape regarding abortion; South Africa repealed the old law, allowing girls as young as 12 to access safe abortion on request, while Namibia still operates under the restrictive 1975 act."

Die Johann Rossouw-gespreksreeks: Trump, die Weste en "die res van die wêreld"

Johann Rossouw
Seminare en essays

"Ons staan slegs aan die begin van die katastrofe. Ons nader ’n kantelpunt waarna die uiteindelike gevolge van die nederlaag sal ontvou."

Wat sê Bettina? Hoe beïnvloed Steenhuisen se persoonlike finansies die DA?

Bettina Wyngaard
Rubrieke

"Daar is geen bewyse dat Steenhuisen korrupsie gepleeg het nie, maar die bestuur van sy persoonlike finansies laat vraagtekens ontstaan oor sy bestuur van die party."

Soundtracking

Joseph Koetsier
Opinion

"The 22nd of November 2025 is a very special day. It is the 85th anniversary of the Holodomor."

Die Lasarus-effek: Anna M Louw (1912–2003)

Jannie Pretorius
Visueel

"Anna M Louw is een van Afrikaans se belangrikste prosaïste, ’n 'eenloper' wat geweier het om deel van enige literêre beweging te wees."

Die Lasarus-effek: DF Malherbe (1881–1969)

Jannie Pretorius
Visueel

"Daniël François Malherbe was ’n kolos in die Tweede Afrikaanse Taalbeweging. Hy is in 1881 gebore en was as skoolseun al geesdriftig oor Afrikaans, en het toe reeds ’n taalkongres in die Paarl bygewoon. Hy was ook tydgenoot van Totius en AG Visser en hulle het saam gretig vir die poskar gewag om Die Patriot en Ons Klyntji te ontvang."

Persverklaring: Freek Robinson tree finaal uit die aktiewe joernalistiek

LitNet
Menings

In die besonder wil hy dankie sê aan derduisende kykers, luisteraars en lesers vir dekades se ondersteuning en bereidwilligheid om hul stories met hom te deel. Selfs nou nog sal mense hom voorkeer om te groet en praatjies te maak.

Elders gesien: ’n Nuwe gedrukte Afrikaanse koerant in die Noorde

Francois Bekker
Menings

"Barnard Beukman se visie en waagmoed verdien erkenning. Dit gaan nie maklik wees nie. Daar is egter ’n enorme leemte wat gevul kan word. So ja, die potensiaal is daar."

Elders gesien: Indrukke van die Afri-Saam-projek

Larry Varrie
Menings

"Ek loop weg met meer hoop. Meer fokus. Meer werk om te doen. Hierdie gesprek gaan aan. En ek is deel van waar Suid-Afrika sy volgende fase begin."

Elders gesien: Diverse menings is positief eerder as negatief

Wannie Carstens
Menings

"Alles oor identiteit. Laat ons die spreekwoordelike 'olifant in die vertrek' in die oë kyk en dit konkreet hanteer."

Gewildste plasings

Gewildste plasings op LitNet: 19 tot 25 November 2025

LitNet
Als oor LitNet

Hier is die tien gewildste plasings op LitNet vir die week 19 tot 25 November 2025.

Akademies en skole

Wanneer poësie meer as woorde word: ’n edusemiotiese onderrigbenadering

Linette van der Merwe, Kruger Uys
LitNet Akademies (Opvoedkunde)

"Die studie belig voorts die waarde van poësie as ’n veelvlakkige literêre vorm wat by uitstek geskik is vir ’n edusemiotiese benadering. Daar word gedemonstreer hoe die integrasie van tegnologie en verskeie mediasoorte, soos klankopnames, visuele beelde en digitale interaktiwiteit, die leerervaring kan verdiep."

Die impak van kunsmatige intelligensie, generatiewe kunsmatige intelligensie en robotika op gesondheidsorg: Sal dokters oorbodig word?

Malcolm de Roubaix
LitNet Akademies (Natuurwetenskappe)

"Ek ondersoek die transformerende impak van kunsmatige intelligensie (KI) en robotika op die gesondheidsorgsektor, en bespreek spesifiek die potensiaal van KI om mediese praktyk, die lewering van gesondheidsorg en geneesmiddelontwikkeling radikaal te omvorm."

Kollig op akademikus Jaco Beyers: die verband tussen teorie en praktyk

Jaco Beyers
SteedsDink

In hierdie video gesels Jaco Beyers (Godsdiensstudies, Universiteit van Pretoria) oor sy studies, sy ervaring as dominee, die verband tussen teorie en praktyk, en toekomstige navorsing. In LitNet Akademies se SteedsDink-video’s vertel Afrikaanse akademici van die interessante navorsing waarmee hulle besig is.

SteedsDink met LitNet Akademies: Jaco Beyers oor sy akademiese navorsing

Jaco Beyers
SteedsDink

In hierdie video gesels Jaco Beyers (Godsdiensstudies, Universiteit van Pretoria) oor onder meer digitale nalatenskap, genadedood, sekularisasie en sinkretisme.

Graad 5: Natuurwetenskappe en Tegnologie-vraestel en memorandum, kwartaal 3 en 4

LitNet
Notas, toetse en vraestelle

As jy in graad 5 is en nog hierdie week Natuurwetenskappe en Tegnologie-eksamen skryf, kan Rouxlyn Botha se gratis oefenvraestel en memorandum jou help. Een van die vrae is om na hierdie prent te kyk en te beantwoord watter van die volgende stelsels van wiele en asse gebruik maak. Laat die wiele rol – eers in die rigting van goeie punte, en dan na jou vakansiebestemming toe!

Graad 7: Wiskunde-vraestel 2 en memorandum, vierde kwartaal

LitNet
Notas, toetse en vraestelle

As jy in graad 7 is, weet jy hoërskool is net om die hoek ... of eerder: net om die draai. In hierdie gratis Meetkunde-vraestel deur Wilhelm du Toit gaan jy baie van hoeke leer. Daar is ook baie ander oefenvoorbeelde. Laai die vraestel en memorandum af en behaal goeie punte in jou laaste Wiskunde-eksamen in die laerskool!

Graad 10: Afrikaans Eerste Addisionele Taal-vraestel en memorandum, vierde kwartaal

LitNet
Notas, toetse en vraestelle

Is jy in graad 10 en skryf jy nog binnekort Afrikaans Eerste Addisionele Taal-eksamen? Laai hierdie gratis oefenvraestel en memorandum deur Faeed Amardien af om jou werk te oefen. Een van die oefenvoorbeelde in die vraestel kom uit Faeed se jeugboek wat onlangs verskyn het, Life is ’n biets.

Indeks: notas, toetse en vraestelle

LitNet
Notas, toetse en vraestelle

Hier is al die gratis studiemateriaal vir skole wat op LitNet beskikbaar is, gelys volgens graad.

Wiskunde met LitNet gratis op YouTube beskikbaar

LitNet
Notas, toetse en vraestelle

Eksamentyd? Hersieningstyd? LitNet se video’s kan jou help. Kyk na hierdie video’s op LitNet se YouTube-kanaal – en teken sommer ook in!

Nou op Voertaal

Trump skop Suid-Afrika uit G20 met vals volksmoord-narratief

Jean Oosthuizen
Voorblad

"Waarnemers meen dat die stap deel is van sy strategie om sy konserwatiewe basis in die VSA te mobiliseer, waar sekere groepe simpatie het met die idee van Afrikaners as slagoffers van ’n globale kultuuroorlog."

G20-beraad: ’n triomf vir Suid-Afrika met geopolitieke skadu’s

Jean Oosthuizen
Voorblad

"Die algemene indruk van die beraad was dus gemengd, maar oorwegend positief. Suid-Afrika het sy rol as gasheer met sukses vervul, sy diplomatieke invloed versterk en ’n duidelike boodskap van solidariteit en volhoubaarheid aan die wêreld gestuur."

Bekende regter en kerkleier gearresteer in korrupsieskandaal

Jean Oosthuizen
Voorblad

"Die kwessie dreig om verdere verdeeldheid en wantroue in die leierskap van die kerk aan te blaas. As die beskuldigdes skuldig bevind word, kan dit lei tot herstrukturering in die kerk."

Zuma-susters twis oor Suid-Afrikaners wat na Oekraïne se frontlinie gelok is

Jean Oosthuizen
Voorblad

"Die Zuma-familie is die MK-party se bekendste handelsmerk. Dat een dogter haar suster aankla, en dit oor ’n saak wat die party se naam beswadder, sal waarskynlik die bestaande skeuring tussen die 'Zuma-lojaliste' en die 'pragmatiese' faksie vererger."

Ingrid Jonker is weer tuis tussen haar vriende

Maryke Roberts
Actueel

"Die volledige Ingrid Jonker-argief het veilig in Suid-Afrika aangekom en word tans by die Universiteit Stellenbosch Biblioteek gekatalogiseer."

Geen valse vriende: Mabel Malherbe Leeskring se Nederlandse verbintenis (#1)

Monica Hammes
Literatuur

"Die meeste lede van MM is seniors wat nog ’n goeie skeut Nederlands op skool en universiteit gekry het en dit dus nie as ’n vreemde taal ervaar nie. Die feit dat ons bemoeienis maak met die Nederlandse letterkunde én ’n Nederlandse leenbiblioteek besit, is een van ons pluspunte en trekpleisters."

The most popular podcasts (aren’t what you’d think)

Alex J Coyne
Cultuur

"What makes for a good podcast – and can they become a dangerous route to misinformation? Here’s an exploration of what you might find through the wonderful, odd universe of international podcasters."

Stap terug na ’n diep verbintenis met jou geskiedenis by Soetmelksvlei

Maryke Roberts
Reisgogga

"Net anderkant Babylonstoren in Simondium se boorde lei ’n kort rit op ’n oop wildkykvoertuig jou na veel meer as ’n ander plaas."

Breyten schrijven #7: Herinnering aan Maître Breyten Breytenbach (1939–2024)

Yves T’Sjoen
Literatuur

"Eén jaar na het toch nog onverwachte overlijden mag ik vanuit Gent op Voertaal dit portret schetsen van Breytenbach, wetende dat van deze veelzijdige en creatieve, erudiete en spraakzame man vele gedaanten tegelijk kunnen worden geboetseerd. De uiteenlopende verhalen die kort na zijn dood werden opgetekend, zijn daar de neerslag van."

Leesimpressie: Dromen van mijn zus door Mpanzu Bamenga

Erik van den Bergh
Literatuur

"Indrukwekkend levensverhaal van de gedreven vluchteling, activist, jurist en politicus Mpanzu Bamenga."

Leesimpressie: Vrede als daad door Willem de Haan

Erik van den Bergh
Literatuur

"Persoonlijke overwegingen en ervaringen van een totaalweigeraar. In het spoor van de vredesactivist Bart de Ligt. 'Waar haviken zijn, moeten ook duiven zijn. In 1979 was ik een radicale duif en werd totaalweigeraar.'"

Leesimpressie: Pake en zijn vee door Froukje Santing

Erik van den Bergh
Literatuur

"De journaliste Froukje Santing ging op zoek naar sporen van de reis van haar grootvader, pake Gerben, die in 1911 als melkknecht vanuit Friesland naar Zuid-Afrika reisde en daar anderhalf jaar werkte."

Leesimpressie: De vlucht wordt duur betaald door Loes Gompes

Erik van den Bergh
Literatuur

"Gedegen en heldere beschrijving van de vluchtverhalen van de joodse families Gompes en Schpektor in de Tweede wereldoorlog en een reconstructie van de 'opmerkelijk nonchalante houding van de Nederlandse regering ten opzichte van de Nederlandse joden die Europa probeerden te ontvluchten'."

Persverklaring: Ena Jansen, brugbouer en literêre bemiddelaar tussen die Suid-Afrikaanse en Nederlandstalige letterkundes

Voertaal
Literatuur

In hierdie aflewering van Samespraak staan die werk van Ena Jansen sentraal: ’n vertaler, literatuurwetenskaplike en brugbouer tussen twee letterkundige tradisies.

 

Leefstyl

Pareltjes uit Amsterdam: wildeveldjes met tulpen

Johan Allers
Leefstyl

Oudkorrespondent Johan Allers woon al vir langer as drie dekades in Amsterdam. Nou afgetree, spring hy gereeld op sy fiets op soek na nuwe en ou pareltjes uit Amsterdam. In hierdie video besoek hy ’n groep vrywilligers wat tulpe plant in ’n openbare park.

Ons "spesiale ete"

Mieke Rossouw
Leefstyl

"Dit was mooi. Dit was intiem. Dit was ’n ander tipe sprokie. Een wat nog nooit vertel is nie."

101 nagte

Christien Nesser
Leefstyl

"En so is ek op die vliegtuig en hy terug koshuis toe: die eerste getroude man in Sonop se koshuis. My pa se grappie: Ander studente bly saam sonder ’n trouring. Maar julle twee ...?"

Elke bruid dra ’n droom in haar hart

Jodine Jacobs
Leefstyl

"Ons het daardie dag geleer dat liefde nie net bou op mooi oomblikke nie, maar op die moeilike oomblikke waar jy kies om saam te bly staan."

Die wimperlose bruid

Elzette Buitendach
Leefstyl

"Dit het my heeltemal onderstebo gegooi. Om ’n troue te beplan, voel skielik soos bergklim in pantoffels."

Persverklaring: Vervolgverhaalveteraan bied feestydvermaak op RSG

LitNet
Leefstyl

Kersversierings van hoop deur Joe Kleinhans is ’n oorspronklike middagvervolgverhaal.

Persverklaring: Artscape Accessibility-fees 3–6 Desember

LitNet
Teater

Ons is verheug om Kunstekaap se Accessibility-fees, ter viering van persone met gestremdhede deur middel van kreatiewe uitdrukking, aan te kondig wat van 3 tot 6 Desember plaasvind en sodoende die Internasionale Dag vir Persone met Gestremdhede (IDPD) te herdenk.

Nuwe skryfwerk

The clockmaker’s paradox

Kgomotso Tsotetsi
New writing

"The clockmaker watched him, unreadable. 'Back? There is no back. You stared into your clock. Time stared back. You were chosen.'" This short story was completed during the Kommadagga workshop and residency at Paulet House in KwaNojoli in the Eastern Cape. The workshop was presented by the Jakes Gerwel Foundation in cooperation with LitNet and Huisgenoot.

Dodemars

Fanie de Villiers
Poësie

"tot die bitter waas
tussen hier en ná-hier
aantasbaar raak"

Hoop

Tiaan Wentzel
Poësie

"En al het ek nagte lank gely
die son kom op, dit gaan verby."

Vergaan

Dihan Lourens
Poësie

"Hoe lank sit ek al?
’n Sekonde of ’n duisend jaar,
daar is geen verskil."

Verval

Nato Zondagh
Poësie

"’n Bedremmelde bloekom en
hardnekkige peperboom staan
op die Dwaal Cash Store se agterplaas
en groei eensaam daar"



Konklusie of gevolgtrekking? Kontradiksie of teenstrydigheid?
LitNet Akademies wil navorsers graag help om meer gespierde Afrikaans te skryf.

KONTAK

litnet@litnet.co.za

021 887 0212


© 2025 LitNet. Alle regte voorbehou | All rights reserved