|
|
- ISSN 1995-5928 - Ingesluit LitNet Akademies
|
|
Nuusbrief 1059
18/07/2025
|
Krities Afrikaans
|
LitNet: Jou binnerym van bloed |
 |
|
Skrywer: Johann Lodewyk Marais
Uitgewer: Naledi
ISBN: 9781067234690
Rietspruit is Afrikaans se voorste ekodigter se vyftiende digbundel. In Rietspruit verbind Marais landskap vernuftig aan jeugherinneringe, familieverhoudings en die sosiale milieu van ’n plattelandse plaasgemeenskap. Hiervan getuig die duidelike verbande tussen emosionele impulse en landskap wat veral in gedigte oor die vader-seun-verhouding (as deel van wyer familieverwantskappe) duidelik blyk. |  |
|
 |
Binnerym van bloed deur Antjie Krog: ’n resensie
Ihette Senekal
Resensies
"Dit is ’n roman wat gelees en weer gelees moet word, om telkens nuwe gewaarwordinge te beleef. Dit bly egter onteenseglik dat indien dit so sou wees dat hierdie publikasie die laaste is uit Krog se pen, dit ’n hoë noot is om ’n formidabele oeuvre mee af te sluit."
|
 |
In gesprek met Johannes de Villiers oor Op pad na ’n klooster in die sneeu
Maryke Roberts, Johannes Bertus de Villiers
Skrywersonderhoude
"Ek het in kloosters gewoon, talle geestelike begeleiers gehad, aan die voete van wysgere in die VSA, Birma, Frankryk en Spanje geleer. Al daardie dinge en insigte dam oor die jare heen in jou kop op. Toe ek gaan sit en skryf, was dit soos om ’n sluis oop te trek en het baie daarvan op die bladsye uitgespoel."
|
 |
Karooseun van Vosburg deur Franklin Sonn: ’n resensie
Clinton V du Plessis
Resensies
"Karooseun van Vosburg is ’n insiggewende veelkantige verhaal deur iemand wat ondanks die dikwels fatalistiese val van die dice sy regmatige en volwaardige plek in die son kon kry, in ’n land wat werklik behoort aan almal wat dit bewoon."
|
 |
Twyfelbos deur François Loots: ’n resensie
Anschen Conradie
Resensies
"Die insluiting van verskeie ander werklike historiese figure, onder andere Jan Tesselaar, wat in 1828 as Caledon se veldkornet aangestel is en rondom wie daar inderdaad ’n legende aangaande sy huweliksdag gehul is, verseker geloofwaardigheid en outensiteit wat tyd en ruimte betref."
|
 |
Vredemakers deur Reggie Peace: ’n resensie
Maryke Roberts
Resensies
"Reggie se eerlikheid oor die gevoel wat kinders wat uit sulke gesinne kom, met hulle saamdra, ruk jou. Hy praat van goeie tye, 'maar ek kan meestal net die slegte goed onthou. Die goed wat jou trauma word.'"
|
 |
Kokke kook weer Maklik met Marinda
Annette Havenga
Boeke en skrywers
"Vir Marinda was dit belangrik om ’n kookboek te produseer sodat kokke kan kook met dit wat in hulle kaste is."
|
 |
C Johan Bakkes (1956–2025)
Erika Terblanche
ATKV|LitNet-Skrywersalbum
"’n Reis is nie net iets wat jy moet verbykry om by die bestemming uit te kom nie." Lees meer oor die lewe en werk van C Johan Bakkes in die ATKV|LitNet-Skrywersalbum.
|
 |
Stefaans Coetzee chats to Gareth Crocker
Stefaans Coetzee, Gareth Crocker
Books and writers
"I love humour in books. Especially the 'tongue-in-cheek' variety. There’s even more to come in book two. I think it’s important to balance some of the darker aspects of the thriller genre with moments of levity."
|
Op die redakteur se lessenaar |
 |
Antjie Krog (1952–)
Erika Terblanche
ATKV|LitNet-Skrywersalbum (2023)
"As ek ’n lewe daaruit kon maak, sou ek net wou dig." Lees oor Antjie Krog se lewe en skryfwerk in die ATKV|LitNet-Skrywersalbum.
|
 |
om te roei sonder hawe
Antjie Krog
Stemme | Voices | Amazwi (2022)
LitNet se Stemme | Voices | Amazwi was ’n reeks kort, kragtige monoloë, aangebied in samewerking met die Suidoosterfees, NATi en die ATKV. Kyk hier na Hannah Borthwick se vertolking van Antjie Krog se om te roei sonder hawe uit LitNet se argief. Die teks van die monoloog is hier beskikbaar, asook ’n gesprek tussen Hannah en regisseur Nicole Holm.
|
 |
Korrupsie in die polisie
Freek Robinson, Lizette Lancaster
Onderhoude
Freek Robinson het met Lizette Lancaster van die Institute for Security Studies (ISS) gesels om te hoor: Is daar moontlik korrupsie in die polisiediens? Is daar politieke druk op die polisiediens? Wat word gedoen aan die probleme in die diens? En hoe kan gewone mense betrokke raak by die bekamping van misdaad?
|
 |
Die Mkhwanazi-skok: Hoe diep loop korrupsie? (14 Julie 2025)
Theo Venter
Menings
"In sy kamoefleerdrag by die perskonferensie op Sondag 6 Julie 2025 het hy gelyk soos ’n Suid-Amerikaanse dwelmbaas wat nuwe smokkelroetes aankondig, want langs die gekamoefleerde generaal het ’n aantal gewapende lede in volle gevegsdrag en met gesigsmaskers gestaan."
|
 |
Wat sê Bettina? Zohran Mamdani se Suid-Afrikaanse verbintenis
Bettina Wyngaard
Rubrieke
"Die afgelope ruk sien ek gereeld trotse kommentaar oor hoedat Zohran Mamdani, die kandidaat vir New York se burgemeesterskap, in Suid-Afrika skoolgegaan het, met die onvermydelike implikasie dat sy tyd hier sy politieke denke moes beïnvloed het. Dalk het dit, wie weet? Maar as dit enige invloed gehad het, weet ek nie of dit die tipe is waaroor ons noodwendig hoef te koop te loop nie."
|
 |
Springmielies: Oor vreemde fobies en ander volksmites
Nini Bennett-Moll
Rubrieke
"’n Kat, wat toevallig swart kan wees, beskik oor die kosmiese vermoë om jou lewe te ontwrig. Dit is magiese denke in sy suiwerste vorm – die (by)geloof dat ’n toevallige gebeurtenis ’n direkte invloed op jou lewenslot kan uitoefen – vergeet vir eers van die wetenskaplike beskouing van oorsaak en gevolg."
|
 |
China’s expanding security engagements in Africa
Fanie Herman
Opinion
"African democracy advocates, civil society and media professionals generally do not share their governments’ enthusiasm for Chinese security engagements, citing the widespread abuse of Chinese policing and mass surveillance systems. China is also frequently criticised for its regime-centric strategy, which many African observers believe entrenches authoritarian practices. African civil societies play a crucial role in scrutinising these security relationships to ensure they advance citizen interests."
|
 |
PT Mtuze cannot die, his words live on
Siphiwo Mahala
Seen elsewhere
"His body of work cuts across genres — novels, short stories, drama, essays, poetry, biographical writings as well as translations."
|
Gewildste plasings op LitNet |
 |
Sodat die mense se stemme gehoor kan word
Heindrich Wyngaard
Nuusvinke
"Met ander woorde, die nasionale dialoog kan nie ’n gesprek van bo (regering) na onder (burgerlikes) wees nie, maar een waar almal gelyke inspraak het."
|
 |
Leesimpressie: Mijn Lwów door Józef Wittlin
Erik van den Bergh
Literatuur
"Fraai opgetekende persoonlijke herinneringen aan de Poolse stad Lwów (het huidige Oekraïense Lviv). Geschreven door de joodse auteur die in 1940 via Frankrijk naar de Verenigde Staten vluchtte."
|
 |
Crossword blues
Alex J Coyne
Over taal
"Today, the delete key can easily change an entry, rather than causing a disagreement between every crossword fan in the vicinity!"
|
 |
Persbericht: Colloquium Neerlandicum 2025 in Brussel
Voertaal
Academisch
Het thema van ons congres is "Nederlands in meertalige contexten". Met vrienden, collega’s en academici van over de hele wereld biedt ons congres een week vol interessante activiteiten. Denk aan een openingszitting met Tom Lanoye, Alfred Schaffer als keynotespreker, talloze boeiende lezingen en panelgesprekken en daarbovenop een cultureel programma samen met de lage landen, deBuren en Frontaal.
|
Etienne van Heerden Veldsoirée 2025 |
 |
Deel in die vreugde van die ATKV-Skryfskool
LitNet
Etienne van Heerden Veldsoirée
Hierdie kort video toon grepe uit 2024 se ATKV-Skryfskool toe Bernard Odendaal en Hans du Plessis die leiers was. Vir slegs R380 kan jy die kursus bywoon, en boonop is alle gespreksessies tydens die Etienne van Heerden Veldsoirée 2025 gratis vir deelnemers aan die ATKV-Skryfskool.
|
Die LitNet25 Afrikaanse Skrywersberaad |
LitNet se Kommadagga-slypskool |
 |
Skermgreep: 28 years later – ’n filmresensie
Leon van Nierop
Film
"Dié reeks kon ad infinitum so aangekarring het terwyl mense heerlik aan bloed-en-springmielies 'gevreet' het, darem met meer sout op as wat die stomme slagoffers op die doek kon bied. Maar toe besluit Danny Boyle om 28 years later vanjaar uit te reik en uit ’n ander oogpunt te benader, met nuwe tegnologie."
|
 |
Dis waaroor teater gaan: Ma skryf matriek in die Baai
Izak de Vries
Teater
"Waar PG du Plessis ons na die Afrikaner-adel se voorkamer geneem het, neem Louis de Villiers se stuk ons na die sit- en eetkamer van die Afrikaner-middelklas. En dis die punt. Ons kén die mense op die verhoog."
|
 |
Vrystaat Kunstefees 2025: Toor | Bos – an interview / ’n onderhoud
Naomi Meyer, Dineke Orton
Feeste
"Slippers and Roodt each chose one of Van Schalkwyk’s artworks and, with exceptional skill, pieced together a poem that relates directly to the chosen work." | "Slippers en Roodt het elk een van Van Schalkwyk se kunswerke gekies en met uitsonderlike vaardigheid ’n gedig geskep wat direk verband hou met die gekose werk."
|
 |
Persverklaring: Toyota Stellenbosch Woordfees 2025 – Kaartjieverkope is oop!
LitNet
Toyota Stellenbosch Woordfees
Die kaartjieverkope vir die 25ste Toyota Stellenbosch Woordfees is nou oop en jy kan jou kaartjies aanlyn by Quicket koop of by die kaartjiekantoor by die Erfurthuis, Ryneveldstraat 37, Stellenbosch. Die gratis gedrukte feesgids is ook nou hier beskikbaar. Te danke aan Aramex kan jy nou die 2025 Toyota Stellenbosch Woordfees se sagtebandfeesgids gratis by jou huis laat aflewer.
|
 |
Persverklaring: Koormusiek met hart by Klein Karoo Klassique
LitNet
Musiek
"Musiek wat met die hart praat – toeganklik, roerend met diep menslikheid." Dít is wat liefhebbers van koormusiek volgens die gevierde koorleier André van der Merwe kan verwag wanneer 65 koorlede van die Voces Cordis-koor op Sondag 10 Augustus om 12:30 vir die eerste keer op die verhoog by Klein Karoo Klassique verskyn.
|
 |
Dans van die reën
Marie Greyvenstein
Poësie
"Trippel, trappel, rittel
sag die stofkapittel,
druppels dans ’n rumba
afgewissel met ’n samba."
|
 |
Vergif(sug)ting
Jeanne Henning Els
Poësie
"en vanoggend
by haar rotvangs
lê ’n vergifde nonnetjiesuil
asemloos langs my roosboom"
|
 |
Self-diffuus
Zebulon Kochk
Poësie
"sien ek hoe die
saamdrommende mense se lewens
opgesluit is in ’n wyngeur"
|
 |
Die terugkeer
Etienne Lombard
Fiksie
"Die mis begin stadig lig oor die hawe, die stad wat weer sigbaar word, stuk vir stuk, soos ’n fotograaf se beeld wat in ’n donkerkamer ontwikkel. Ben kyk na die vrou oorkant hom, na die stad om hulle, na die verlede en die toekoms wat mekaar ontmoet in hierdie oomblik van waarheid en keuse."
|

Konklusie of gevolgtrekking? Kontradiksie of teenstrydigheid?
LitNet Akademies wil navorsers graag help om meer gespierde Afrikaans te skryf. |
|