|
|
- ISSN 1995-5928 - Ingesluit LitNet Akademies
|
|
Nuusbrief 1057
04/07/2025
|
Krities Afrikaans
|
LitNet: Genadendal-onderwysberaad |
 |
|
Skrywer: Cliffordene Norton
Uitgewer: Lapa
ISBN: 9780637008044
Pa is weg, en skielik moet ek ’n grootmens wees. Ek wil nie die man van die huis wees nie. Ek wil nie hoor hoe Ma in die stilte huil nie. Ek wil nie hê Mason moet eendag opdaag en vra "Waar is Pa?" nie. Ek wil teruggaan na twee jaar gelede – toe ek nog net Ethan was. Ethan met die cool broer en ôsim ouers. Ethan wie se ouers Sondagmiddae in die agterplaas gedans het. Maar op Vrydagaand het die dood Pa kom haal. Hoe oorleef ek my eerste week sonder hom – en alles wat nou anders is? Hoe haal ek nou asem?
|  |
|
 |
Genadendal-onderwysberaad spreek onderwyskrisis aan
Maryke Roberts
SA Skoleseminaar | Schools Seminar
"Die 'pandemie van middelmatigheid wat stelselmatig wegvreet aan kennis, vaardigheid en geletterdheid' in die huidige Suid-Afrikaanse onderwysstelsel, het die pas afgelope Saterdag ’n groot groep onderwysers, professore en doktore op Genadendal byeen gebring vir die Genadendal-onderwysberaad wat deur Kaapse Forum aangebied is. Elke spreker het die swak stand van opvoeding, die regering se dowe oor jeens die noodsaaklikheid van moedertaalonderrig, en die afwesigheid van ouers in die opvoedingsproses in hul aanbiedinge beklemtoon."
|
 |
Can South Africa’s Government of National Unity mend a fractured democracy?
Mphuthumi Ntabeni
Opinion
"Coalition politics is not about ideological triumph, but deliverable results – rebuilding Eskom, fixing Transnet, unclogging ports, revitalising public education, etc. These are tasks that transcend partisan lines. No coalition can function without a competent, apolitical bureaucracy. A phased, legally mandated skills and integrity audit of senior civil servants, overseen by the Public Service Commission, should be launched, with clear benchmarks, retraining and regular reviews."
|
 |
Kernwapens en internasionale politiek
Freek Robinson, Eben Coetzee
Onderhoude
Is daar iewers ’n rooi knoppie wat gedruk kan word en siedaar, daar breek die Derde Wêreldoorlog uit? Kan kernwapens, ironies genoeg, vrede bewerkstellig? Watter voordele het kernkrag? Eben Coetzee skets vir Freek Robinson ’n meer genuanseerde prentjie teen die agtergrond van die onlangse konflik tussen Iran, Israel en die VSA.
|
 |
Wat sê Bettina? Wanneer KI hallusineer
Bettina Wyngaard
Rubrieke
"As drie advokate, en ’n regsfirma wat senior genoeg is om drie advokate te kan bekostig (wat ook ’n skatryk kliënt impliseer), almal deur KI om die bos gelei kan word, aan watter gevare word ons gewone sterflinge nie blootgestel wanneer ons KI-inligting vir soetkoek opeet nie?" |
 |
Foute in vraestelle: Sal die kinders vir die gelag betaal?
Naomi Meyer, Jaco Deacon, Paul Philip Sauer, Maryna Besseling
SA Skoleseminaar | Schools Seminar
Die media het onlangs oor foute in sekere departementele matriekvraestelle berig. Sommige van die flaters was lagwekkend, soos die periodieke tabel wat verkeerdelik en foutiewelik in Afrikaans vertaal is. Belangrike vrae oor gehaltebeheer van die vraestelle behoort egter gevra te word – en die sielkundige effek van foute in ’n eksamenvraestel kan nie buite rekening gelaat word nie. Rolspelers van Fedsas en SAOU gee hul menings.
|
 |
Agterstories: Pak die renoster by die horing
Johan Fourie
Rubrieke
"As ons die renoster én sy horing wil red, sal ons meer moet waag, meer eksperimenteer, gereguleerde wettige handel toets, en sintetiese alternatiewe ondersoek. En ons het dringend meer ekonome nodig wat hierdie vraagstukke deeglik bestudeer, elke moontlikheid toets, en saam met ekoloë, natuurbewaarders en veldwagters werk. Net dan – miskien – sal my kleinkinders – en joune – nog ’n renoster in die natuur sien. Met horing en al."
|
 |
Op dees aarde: Nuldosiskinders
Elsabé Brits
Rubrieke
"’n Reuse studie wat onlangs deur die Global Burden of Disease Study Vaccine Coverage Collaborators gedoen en in The Lancet gepubliseer is, wys ’n wêreldwye afname van 75% in die aantal kinders wat nog nooit ’n roetinekinderinenting ontvang het nie (ook bekend as nuldosiskinders), wat van 58,8 miljoen in 1980 tot 14,7 miljoen in 2019 voor die COVID-19-pandemie gedaal het." |
 |
VVA se Boektrommelprojek bring leesvreugde na Stellenbosch se laerskole
Jean Oosthuizen
ATKV-Portaal
"Die VVA glo dat lees aangeleerde gedrag is wat deur die voorbeeld van volwassenes gevorm word. 'Net soos ’n atleet moet oefen om te presteer, moet kinders gereeld lees om goeie lesers te word,' voeg Van der Merwe by. Deur boeke en storievoorlesing bevorder die VVA nie net geletterdheid nie, maar ook waardes en verbeelding."
|
 |
’n Sprankelonderwyser
Seymour Bothman
Elders gesien
"Juffrou Adonis, jou leerders het ’n blywende indruk gelaat. ’n Mens kan seker nie anders as ’n sprankelonderwyser, soos u, die skoolgemeenskap lei nie." |
Gewildste plasings op LitNet |
 |
SA Skoleseminaar | Schools Seminar
LitNet
Akademies en skole
Volg en neem deel aan die gesprek rondom Suid-Afrikaanse skole. | Follow and join the ongoing conversation on South African schools. |
 |
Toeganklikheidskrisis vir gestremdes in die kollig
Jean Oosthuizen
Voorblad
"Suid-Afrika se verbintenis tot gelyke toegang en waardigheid vir persone met gestremdhede word al hoe meer bevraagteken namate insidente en bewerings die sistemiese tekortkominge in toeganklikheid aan die lig bring."
|
 |
Vuurwerke verwag in parlement na DA en ANC se twis
Jean Oosthuizen
Voorblad
"Tradisioneel ondersteun partye binne ’n regerende koalisie die begroting om stabiliteit te verseker. Deur selektief teen begrotings te stem, daag die DA die eenheid van die RNE uit sonder om die algehele nasionale begroting te ondermyn."
|
 |
Korea en Japan: Word deel van die geskiedenis aan boord ’n luukse skip
Maryke Roberts
Reisgogga
"Die gebeure van die Tweede Wêreldoorlog word dikwels net in boeke en flieks en dokumentêre films aan mens ontbloot. ... Maar dan staan jy eendag danksy ’n bootvaart tussen die Japannese eilande op die drumpel van dié gebeure en die nagevolge ruk jou 80 jaar later asof jy dit self ervaar het."
|
 |
Die Palm House Boutique Hotel and Spa is ’n statige dame
Maryke Roberts
Culinair
"Met haar pragtige kurwes, verstaan ek heeltemal hoekom die Nederlander Max Jong en Kapenaar Shelagh Wood hul harte in 2023 op dié praggebou verloor het. Dit was eens ’n statige woning, maar nou blom sy as boetiekhotel. Onder hul keurige sorg is sy tot haar volle glorie herstel en gereed vir die volgende 125 jaar!"
|
LitNet se Kommadagga-slypskool |
Etienne van Heerden Veldsoirée 2025 |
 |
Deel in die vreugde van die ATKV-Skryfskool
LitNet
Etienne van Heerden Veldsoirée
Hierdie kort video toon grepe uit 2024 se ATKV-Skryfskool toe Bernard Odendaal en Hans du Plessis die leiers was. Vir slegs R380 kan jy die kursus bywoon, en boonop is alle gespreksessies tydens die Etienne van Heerden Veldsoirée 2025 gratis vir deelnemers aan die ATKV-Skryfskool.
|
Die LitNet25 Afrikaanse Skrywersberaad |
 |
Lewenswetenskappe: Statiese elektrisiteit in die insekwêreld
Rouxlyn Botha
Skole
"Statiese elektrisiteit kom ook in die natuur voor. Insekte maak gebruik van statiese elektrisiteit om rond te beweeg, om stuifmeel te versamel en om hul vyande te vermy. Bye kan, deur van statiese elektrisiteit gebruik te maak, stuifmeel versamel sonder om eens daaraan te raak. Terwyl ’n by vlieg, versamel sy statiese elektrisiteit as gevolg van die wrywing tussen haar vlerkies en die lug."
|
 |
Uitnodiging: Fritz Ponelis-gedenklesing 2025
LitNet
Akademies en skole
Alle belangstellendes word uitgenooi na vanjaar se Fritz Ponelis-gedenklesing op 30 Julie in Stellenbosch. Die spreker is Suléne Pilon en die onderwerp is: "Oor wat is en wat was: ’n gebruiksgebaseerde beskrywing van Afrikaanse sintaktiese konstruksies met wees".
|
 |
Ek sing ’n ou, ou liedjie
Crito (Kerneels Breytenbach)
Boeke en skrywers
"KI kan die feite vind. Slegs jy kan hulle laat sing. Die beste niefiksieskrywers sal diegene wees wat met KI saamwerk, nie diegene wat dit naboots of daarvan wegvlug nie. … Die niefiksie-outeur van die KI-era moet gelyke dele geleerde, storieverteller en sintetiseerder wees."
|
 |
Verhaal van hoe Pierre uiteindelik Elise geword het, laat jou dink
Maryke Roberts
Boeke en skrywers
"Elise Bishop – een van die eerste transgender Suid-Afrikaners wat openlik oor haar oorgangs- en geslagsbevestigingoperasie gepraat het. Sy gesels padlangs met Jean Oosthuizen oor haar lewensreis wat sy volledig opgeskryf het in haar boek Twee lewens wat in Augustus 2022 by Hemel & See Boeke verskyn het en in sy tweede druk is."
|
 |
Klassieke Afrikaanse werke klop Kombuis-blues
Koos Kombuis
Boeke en skrywers
Koos Kombuis was olik, dus het hy heelwat tyd gehad om te lees. Hy bespreek ’n nuwe speurverhaal en twee baie ou, klassieke Afrikaanse werke. Daar is min dinge wat die blues so goed verjaag soos ’n stowwerige boek wat goed geskryf is.
|
 |
Naomi Meyer (1975–)
Erika Terblanche
ATKV|LitNet-Skrywersalbum
"Om te skryf is ’n protes teen die alledaagse lewe. Dit is dalk die mees rebelse daad wat ek kon uitvoer." Lees meer oor die lewe en werk van Naomi Meyer in die ATKV|LitNet-Skrywersalbum, saamgestel deur Erika Terblanche.
|
 |
The Schreiner Karoo Writers Festival of 2025
Izak de Vries
Books and writers
"Where better to hold an annual literary festival than in the gorgeously, dare one say courageously, restored story street in that remarkable little Karoo town and in the very hotel in which both Schreiner and Mark Twain spent time?"
|
 |
Persverklaring: Tuin van digters 2025
LitNet
Boeke en skrywers
Waarheen (en hoe) loop die pad vir oud en jonk, ook gevestigde en nuwe digters ná Breyten Breytenbach se heengaan op 24 November 2024 in Parys, Frankryk? Dit is die fokus van vanjaar se Tuin van digters-poësiefees – met die tema "wanatoe" – wat op Vrydag 12 en Saterdag 13 September 2025 by die Breytenbach Sentrum in Wellington plaasvind.
|
Op die redakteur se lessenaar |
 |
’n Begin: in gesprek met Cintaine Schutte en Carel Nel
Maryke Roberts, Cintaine Schutte, Carel Nel
Teater
"Ons groei as mense so tussen die speelvakke. So natuurlik gaan die stuk ook saam met ons groei. Met elke repetisie vind ons meer detail as vantevore. Dit laat ook toe dat die stuk bietjie meer gaan sit in ons bene." Cintaine Schutte gesels met Maryke Roberts oor ’n Begin wat by die Vrystaat Kunstefees te sien is nadat dit verlede jaar by die Toyota Woordfees op Stellenbosch gedebuteer het.
|
 |
Tribuo Conference 2025: an interview with Joseph Gaylard
Naomi Meyer, Joseph Gaylard
Lifestyle and entertainment
"There is a need to dispel myths about artists being unable to support themselves, but also for industry bodies such as Tribuo to push strategic interventions that speak to this fundamental challenge of precarity. And for us not to fall into the trap of thinking that artists must all now become businesspeople in order to solve this issue, noting that while some artists are highly successful entrepreneurs, others have talents that are more limited or focused on their core craft as artists."
|
 |
Press release: Stellenbosch International Chamber Music Festival celebrates 20 years
LitNet
Lifestyle and entertainment
The 20th Stellenbosch International Chamber Music Festival kicks off this coming week from 4 to 13 July at the US Konservatorium in Stellenbosch. SICMF artists this year include Andrey Baranov, Daniel Rowland, Maja Bogdanović, David Cohen, Dwight Parry, YaoGuang Zhai, Emanuil Ivanov, Bram van Sambeek and José Garcia Gutìérrez. Lovers of jazz will also have a lot to enjoy with composers like Kapustin and Artie Shaw on the bill.
|
 |
Daar was genade
Johan van der Merwe
Poësie
"die reis deur die woestyn
was warm en vermoeiend
terwyl aasvoëls my agtervolg het."
|
 |
My taal
Daniel Manchest
Poësie
"Die taal is myne en joune.
Ook dié van boemelaars, engele en gode.
Ma, pa en oupa s’n.
Ouma, uncle en antie oek."
|
 |
Parys
Jeanne Henning Els
Poësie
"dis nie die
Eiffel
die Dame
of Tuileries
wat in my
onthou
vassteek nie."
|
 |
Teenoorgestelde pole
Zebulon Kochk
Poësie
"Waar ons klim in die huwelikskip,
muilband en blinddoek liefde
ons ongewapende oë"
|
 |
Natuurfrats
Martiens Labuschagne
Poësie
"ek is die ses-vinger-hand;
die drie-been-hond"
|
 |
Koebaai, Meraai
Sidney Gilroy
Fiksie
"Dit is die agtiende keer dat hy in die buurt inry, en elke keer tref dit hom. Die strate is niks meer as verbrokkelde teer nie; die sypaadjies kaal grond."
|

Konklusie of gevolgtrekking? Kontradiksie of teenstrydigheid?
LitNet Akademies wil navorsers graag help om meer gespierde Afrikaans te skryf. |
|