|
|
- ISSN 1995-5928 - Ingesluit LitNet Akademies
|
|
Nuusbrief 1018
19/09/2024
|
Krities Afrikaans
|
 |
|
Samesteller: Erika de Beer
Uitgewer: Jonathan Ball
ISBN: 9781776193684
Die afgelope halfeeu het meer as 15 000 uitgawes van Beeld verskyn, met derduisende stories in woord en beeld. Regdeur hierdie 50 jaar is ’n mantra in die redaksie: "Slaan die groot storie hard." Die boek neem die leser op ’n reis deur van die grootste nuusgebeure sedert 1974 en weerspieël die geskakeerde leefwêreld van die Afrikaanse gemeenskap in die noorde van die land.
|  |
|
 |
Elders gesien: Tuin van Digters 2024
Henk Serfontein
Feeste
"Ek het ook uiteindelik vir Lynthia Julius en Alwyn Roux ontmoet wat in gesprek was oor hul onderskeie digbundels. Daar was ernstige oomblikke wat direk in ons gedeelde verwonding ingegaan het, maar die gesprek het ook na baie sexy plekke gegaan wat die gehoor laat skater het van die lag."
|
 |
Aardklop 2024: Magda Louw – ’n les in kletterkunde: ’n onderhoud met Desiré Gardner
Yolanda Wessels, Desiré Manthey Gardner
Aardklop
"Die kykNET-storiefilm, en toe uiteindelik die reeks, hou vir seker die karakter konstant aan die lewe, want ek is óf besig om te skryf, óf besig met voorbereiding vir skiet; of ek is besig om dit uiteindelik te ontleed op die kassie. So dit voel amper of Magda heeltyd so half lewe in my agtergrond, hetsy preproduksie, huidig, of postproduksie. En daar is min dinge so lekker soos dit."
|
 |
Sluk daai ertjies (saam met pasta, spek en room)
Karen Hart
Kos en wyn
"Maar noudat ek my woorde gesluk het – en daarmee saam ’n hele vurkvrag groen albastertjies – bly my gunsteling-ertjiemaal hierdie eenvoudige pastagereg. Jy kan natuurlik jou eie pasta maak, wat die gereg nóg lekkerder maak – maar as die tyd min is ..."
|
 |
Hier.Na – ’n Silwerskermfees-film review van ’n Muslim Malay perspective
Tasneem Daniels
Film
"Die kifaayt klops was ’n awesome conundrum innie film gewies, en in daai geval het Hier.Na baie mooi die film aangebied as ’n dokudrama, alhoe wassie genre vannie film nie rêrag as ’n documentary bedoel nie. Djy moesie hele film klaa’ watch om te lee’ hoe wêkie kifaayt klops in function en form, en hoer’t uitgerol was in hierie storie se familie."
|
 |
Slices of heaven: Open Book Festival 2024
Karina Magdalena Szczurek
Books and writers
"The weekend of the Open Book Festival forced me to think a lot about life and death. And about heaven. This year, the brilliant scholar, writer and feminist Pumla Dineo Gqola officially opened the festival on Thursday evening at The Book Lounge, and called it her 'slice of heaven'. For many of us regulars, that is precisely what the Open Book weekend is: a slice of literary heaven."
|
 |
Kunstejoernalistiek is besig om ’n stille dood te sterf
Kobus Burger
Groot Kunstefees- en Teaterindaba (OuLitNet, 2004)
"Vergeet van daai voorval en die debatte en mense wat aanstoot neem oor die kloof tussen kuns en vermaak. Kyk eerder na die inhoud, na die vlak van Afrikaanse kunsteverslaggewing in ons land en hoe dit dan onder andere tydens kunstefeeste deur pseudokenners gepleeg word."
|
 |
Kallie Kriel gesels oor sy gesprek met Nommer Een
Freek Robinson, Kallie Kriel
Onderhoude
Toe Kallie Kriel ’n oproep van die President kry, was hy vir ’n oomblik oortuig dis Leon Schuster wat met hom spot. Tog was dit nie. Vir 35 minute het die twee met mekaar gesels. In hierdie onderhoud vertel Kriel aan Freek Robinson waarom hy dink die President het die erns van die situasie ingesien, en hy verduidelik ook hoe die volgende drie maande daar gaan uitsien.
|
 |
Amerika se politieke alfabet het in ’n tuimeldroër beland
Francois Bekker
Seminare en essays
"In die November 2023-uitgawe van The Economist skryf John Prideaux dat Amerika ’n nuwe leksikon benodig om vanjaar se verkiesing te bespreek. Met net meer as ’n maand oor tot stemdag voel dit asof woorde ontbreek om te beskryf wat tans in die VSA gebeur. Die Amerikaanse politieke alfabet, asof in ’n tuimeldroër gegooi, blyk ontoereikend te wees vir die ontleding van die gang van sake."
|
 |
Vlambare verkiesings en politieke geweld in die VSA
Heinrich Matthee
Seminare en essays
"Die sluipmoordpoging op Donald Trump op 15 Augustus, na ’n vorige poging op 13 Julie, geskied in ’n vlambare politieke orde. Wat is die kans dat politieke geweld in die VSA voor en na die presidentsverkiesing van 5 November 2024 sal eskaleer?"
|
 |
Op dees aarde: Die tragedie van Suid-Afrika se kinders
Elsabé Brits
Rubrieke
"In Suid-Afrika sterf een uit elke 25 kinders voor hul vyfde verjaardag. ’n Volle 71% leef onder die boonste armoedegrens in huishoudings wat nie genoeg inkomste het om in hul basiese behoeftes te voorsien nie. En net 4% – ja, só min – leef in huishoudings waar beide die ma en die pa teenwoordig is."
|
 |
Bela-wet onderteken: ’n onderhoud met Jaco Deacon
Naomi Meyer, Jaco Deacon
SA Skoleseminaar | Schools Seminar
"Die realiteit is dat klousules 4 en 5 deel is van die wet wat klaar onderteken is. Dit is net die implementering wat met drie maande uitgestel is vir verdere gesprekvoering. Dit sal outomaties na drie maande in werking gestel word indien dit nie deur ’n wysigingswet herroep word nie."
|
 |
Bela-wet: DA gaan voort om voor te berei vir hofaksie
Jean Oosthuizen
Menings
"Die DA het sy prokureurs opdrag gegee om voort te gaan om voor te berei vir hofaksie oor beide die proses wat gelei het tot die aanvaarding van die Bela-wetsontwerp wat Vrydag deur president Cyril Ramaphosa onderteken is en die inhoud daarvan."
|
 |
Krisis in die onderwys: ’n onderhoud met Hanlie Dippenaar
Alta Engelbrecht, Hanlie Dippenaar
SA Skoleseminaar | Schools Seminar
"Dit is duidelik dat daar finansiële druk op die Departement van Onderwys is. Ek voel onderwys is die laaste item op die finansiële begroting wat onder druk geplaas moet word. ’n Moontlike oplossing kan wees om ’n verpligte een-jaar-internskap vir nuwe onderwysers in te bring, wat die druk kan verlig."
|
 |
Antjie Krog se eredoktorsgraad by UP: Willie Burger se commendatio
Willie Burger
Seminare en essays
"Sy het ’n soort verslingering in die woordkuns, ’n aangryp van die estetiese ter wille van die estetiese, van die begin af oneties gevind. Indien die estetiese nie iets te doen het met die onreg, ongeluk, hardvogtigheid, arrogansie, lyding, swaarkry van mense nie, is dit nie vir Krog aanvaarbaar nie. Dan kan dit die wêreld net bevestig en nie verander nie."
|
 |
Die Johann Rossouw-gespreksreeks: Oor Crito
Johann Rossouw
Seminare en essays
"Wie gee hom die reg om ons anoniem te kritiseer? is gevra. Dog júis omdat Crito nie gesag aan sy openbare beeld kon ontleen nie, kon hy dit slegs aan sy styl en die gesag van sy kritiek ontleen – en die beste bewys daarvan is die verwyt dat hy agter ’n skuilnaam skuil. Trouens, die sukses van sy openbare persona was ’n funksie van die styl en gesag van sy kritiek."
|
 |
A multidisciplinary approach to Alzheimer’s
Izak de Vries, Heather Rauch
Interviews
"It involves supporting the individual and their family as they process the diagnosis and adjust to the impact of the disease on the family system, and walking the road with them all till the end of the life of the person living with dementia."
|
 |
Die woord mal
At Fourie
SêNet-briewe
"Die woord mal word tans lustig gebruik deur bykans ieder en al. Hoekom word die woord so vrylik gebruik en is dit opgeteken in ons amptelike woordeskat?"
|
 |
Boom se droom
Jannie Gagiano
SêNet-briewe
"Maar meer as die droom, pla dit hom dat die volgende oggend, in babbelastyd, hy sy eie droom glo en nie sy vrou nie. Hy besef, seg hy op WhatsApp aan al sy Wilgenhof-vriende, dat die wyn en die vleis en sy gevorderde jare miskien ’n bydrae gemaak het tot die steuringe in sy werklikheidsbesef."
|
 |
Die Jongerenprojek-reis 2024
DJ Cloete
Cultuur
"Die Jongerenprojek se deelnemers vanuit Nederland en België het vanjaar na Suider-Afrika (Suid-Afrika en Namibië) gereis as deel van dié akademiese en kulturele uitwisselingsprogram. Die besoek het plaasgevind tussen 23 Julie en 13 Augustus 2024, en die 14 deelnemers saam met twee begeleiers het die geleentheid gehad om verskeie streke in Suid-Afrika (Gauteng, Noordwes, Kaap, Boland) en Namibië (Windhoek en Swakopmund) te besoek."
|
 |
Herlewingslandbou hier die wagwoord – en jy kan dit proe!
Maryke Roberts
Culinair
"Die groenpionier agter die herlewingslandbou, Farmer Angus, oftewel Angus McIntosh, het vertel dat herlewingslandbou op gesonde grond berus. Hy woon op Spier en het die afgelope paar jaar bekend geword vir sy groener boerderymetodes. Hy vertel: 'Gesonde grond beteken gesonde plante, wat gesonde diere beteken, en dit beteken weer gesonde mense en ’n gesonde samelewing en uiteindelik ’n gesonde aarde.'"
|
 |
Of history and Cape wine, on a road less travelled
Clifford Roberts
Reizen
"Durbanville celebrates its 200th anniversary next year. Its importance now is that it was in September the year before that farmers began lobbying for municipal independence. The result was a community that thrived, giving rise to, among other things, one of the country’s leading regions in premium wine production."
|
 |
Betowerende botaniese tuine bied skuiling in die stad
Maryke Roberts
Reisgogga
"Ek hoor toevallig hoe iemand oor koffie vir ’n ander vertel van navorsing wat hulle raakgelees het oor die verband tussen die rol van botaniese tuine as bewaarders van plantspesies én as bydraers tot ons geestesgesondheid. En dit laat my gedagtes ver loop oor die rol van botaniese tuine in my eie lewe die afgelope paar jaar."
|
 |
Die Krugerhek is die poort tot ’n natuurparadys
Hennie van Deventer
Reizen
"Allerlei verrassings is moontlik. ’n Klompie olifante plas in die water. ’n Trop van by die duisend buffels steek lui-lui die rivier oor. ’n Streep drawwende wildehonde keer jou voor."
|
 |
Gonzo journalism in southern Africa
Alex J Coyne
Meningen
"Effective gonzo journalism does more than reframe quotes; it adds context to what was happening in the room when the quotes were gathered. South Africa is the perfect setting for gonzo journalism, and the genre has blended into mainstream popularity even if it appears that people haven’t noticed."
|
 |
There’s an escape room near you
Alex J Coyne
Reizen
"If you’re looking for a unique and brain-bending adventure puzzle which puts you in the middle of a story, escape rooms could be the next thrill you’re looking for."
|
 |
Kaapstad wil Londen se swart taxi’s bont verf
Jean Oosthuizen
Voorblad
"Dit is deel van die stad se direktoraat vir ekonomiese groei en Norse Atlantic Airways se bemarkingsveldtog om hulle eerste Londen-Kaapstad-vlugte te bevorder wat op 28 Oktober begin."
|
 |
DA en ActionSA se politieke huwelik in Tshwane op die rotse
Jean Oosthuizen
Voorblad
"ActionSA se besluit die afgelope naweek om hulle rug te keer op die veelpartykoalisie in Tshwane en nie die DA-burgemeester, Cilliers Brink, te steun wanneer die ANC later die week ’n mosie van wantroue teen hom gaan instel nie, kan tot gevolg hê dat die Jakarandastad nog dié week weer in die hande van die ANC en EFF beland."
|
 |
Die land gis of die Bela-wet die RNA gaan kelder
Jean Oosthuizen
Voorblad
"Die land sit met opgehoue asems en kyk of die RNE sy grootste krisis tot dusver gaan oorleef indien president Cyril Ramaphosa vandag (Vrydag) die omstrede Bela-wet gaan onderteken soos wat sy kantoor vroeër die week aangekondig het."
|
 |
Press release: 11th European Film Festival in SA line-up announced
Voertaal
Film
A stellar line-up of films has been announced for the 11th European Film Festival in South Africa which runs from 10 to 20 October. Including two Oscar nominations, the select showcase of 14 films features numerous award winners that delve into a wide range of topics under the overarching theme of "Complicated Freedoms".
|
 |
Graad 9: Wiskundevraestel en memo, vierde kwartaal
LitNet
Notas, toetse en vraestelle
Is jy in graad 9 en gryp jy na jou potlood om vergelykings te bepaal, grafieke op aparte assestelsels te teken, en berekeninge uit te werk en te vereenvoudig sonder die gebruik van ’n sakrekenaar? Hierdie gratis oefenvraestel deur Lee-Ann Langeveld kan jou help om die skerpste potlood in die skryfbehoefteshouer te wees. Laai dit gratis hier af en wees slaggereed vir die vierde kwartaal se werk!
|
 |
Nina-omnibus – Die awesome speurklub deur Elizbè van der Colff: 'n resensie
Magdel Vorster
Kinderboeke
"Leerders kan ’n paar goeie idees vir entrepreneursdae by Nina en haar klasmaats kry. Lesers sal hulle ook met die gemoedelike onderonsies tussen seuns en meisies en die stryery onder sibbe kan vereenselwig. Ek vermoed hulle gaan ook gril, en ek sal nie verbaas wees as daar koppe ná hierdie storie jeuk nie."
|
 |
PenAfrican: Vagabonds! by Eloghosa Osunde: a book review
Mphuthumi Ntabeni
Books and writers
"Mythscape – the desire for interpreting reality through native mythology – as a narrative form is becoming common in books of our era. This is understandable in the case of African literature, since our continent’s sense of self and development of organic narrative structure was interrupted – almost truncated – by the occidental colonial project."
|
 |
Persverklaring: ATKV-Woordveertjies 2024 – Prys vir Poësie, Prys vir Dramatekste en Woordwystoekenning
LitNet
Boeke en skrywers
Die ATKV-Woordveertjies word aangebied om uitsonderlike bydraes rondom die Afrikaanse woord te bekroon. Van Suid-Afrika se voorste Afrikaanse skrywers en illustreerders het al met hierdie veer in hul hoed weggestap. Die waarde van poësie, dramatekste en woordeboeke lê in hul vermoë om die menslike ervaring te verryk, kreatiewe uitdrukking te bevorder en taalvaardighede te ontwikkel.
|
 |
Persverklaring: ATKV-kinderboektoekennings 2024
LitNet
Boeke en skrywers
Die ATKV-Kinderboektoekennings word jaarliks aangebied om die gewildste Afrikaanse kinderboeke wat gedurende die voorafgaande kalenderjaar verskyn het, te bekroon.
|
Op die redakteur se lessenaar |
 |
Rachel Ruysch
Rentia Weber
Fiksiekompetisies
"Haar kop jaag, sy sien voor haar oë elke enkele takkie wat sy nog ooit geskilder het. Sy sien die irisse van haar kinders. Sy dink aan die verf in Juriaen se naels, sy wieg soos die lote van haar stingels, sy ruik die wortelsisteem van ’n raap, sy dink aan vader Frederik se mol in die blou water, sy dink aan haar eerste palet, sy wil oopbars van lewe soos ’n blomblaar in die son!"
|
 |
Swane
Sacha Landkroon
Poësie
"breek daardie swewende swane
deur die glaswateroppervlak &
sinisme & hopeloosheid"
|
 |
Haweloos
Christo Meyer
Poësie
"Dan swaai hy om en stap weg
nes daardie vorige keer
sonder om vir oulaas
te gaan klop aan die deur"
|
 |
Onvergeetlik
Zebulon Kochk
Poësie
"skielik sak stilte
oor die siersteengebou
en ver begin my gedagtes dwaal"
|
 |
2022
Anton Döckel
Poësie
"Die wêreld is nie nuut of dapper
in twintig-twee-en-twintig nie"
|

Konklusie of gevolgtrekking? Kontradiksie of teenstrydigheid?
LitNet Akademies wil navorsers graag help om meer gespierde Afrikaans te skryf. |
|