|
|
- ISSN 1995-5928 - Ingesluit LitNet Akademies
|
|
Nuusbrief 971
13/10/2023
|
Krities Afrikaans
|
LitNet: Afrikaans kom derde |
vernietig
Skrywer: Michel Houellebecq
Vertaler: Johann Rossouw
Uitgewer: Naledi
ISBN: 9781991256409
Tegelyk ’n tragiese ideëroman, ’n politieke riller en ’n bytende satire van die woke kultuur en eietydse geklikhede in die naam van spiritualiteit, bied vernietig ’n unieke insig in die lot van die hedendaagse wêreld wat die leser eweseer van die lag laat uitbars as tot trane van droefheid beweeg. Met hierdie vertaling bring die bekende Afrikaanse filosoof, romansier en openbare intellektueel Johann Rossouw hierdie groot roman na die Afrikaanse leser op soek na onvergeetlike literêre fiksie. |
 |
|
 |
Lost in translation?
Cas Wepener
Seminare en essays
"Vertaling gaan egter oor veel meer as korrekte vertaling. En wat gewen word en wat verlore gaan in vertaling, gaan oor veel meer as net gewone feitefoute."
|
 |
Waar is ons skoolbiblioteke?
Fanie Viljoen
SA Skoleseminaar | Schools Seminar
"Baie mense sal reken dat die internet skoolbiblioteke kan vervang. Dit is wel so dat die internet onontbeerlik vir leerders is, maar boeke is ook broodnodig. Leerders moet albei kan gebruik."
|
 |
Fotogalery: Toyota US Woordfees Langtafel 2023
Menán van Heerden
Feeste
Die jaarlikse Toyota US Woordfees Langtafel het vanjaar se fees op 6 Oktober ingelui. Menán van Heerden het fotoʼs van hierdie feestelike en gesellige geleentheid geneem.
|
 |
Windroos by die Toyota US Woordfees 2023: ’n Instagram-resensie
Chantal Grove-le Guillou
Toyota US Woordfees
"Sonder vooropgestelde verwagtinge is ek totaal deur Windroos oorweldig. Boonzaaier se beeldryke innovasie met sy programmatiese nabootsings van die wind in bo- en ondertone in die overture, sowel as die soortgelyke reënmotiewe in 'Weskuswind', kleur die tekstuur in sagte, sensitiewe skakerings, wat ’n gevoel van teerheid oordra."
|
 |
Plot: Summary – Jeannette Unite’s geo-seam bar-code mineral paintings
Ashraf Jamal
artwords
"Plot" is the main title of three of Jeannette Unite’s art works currently on view at artwords, a group exhibition on text and image at Gallery @ Glen Carlou until 5 November. The works are subtitled Geological deep time, Carbon measures, and Admission of guilt legislation. "Plot" is also the title of her recent major show at the Iziko National Museum in Cape Town.
|
 |
Africa in the World-fees: Nobelpryswenner Gurnah verken op genuanseerde wyse postkoloniale ervarings van tuiste en ballingskap
Willem de Vries
Academisch
"Jy is op pad êrens heen, maar jy weet nie wat jy agterlaat nie – jy begryp nie daardie deel nie. Jy vertrek, kom elders aan en ontdek jy het in ’n sekere sin nooit weggegaan nie; die ander plek leef voort. Die onderhandeling tussen hierdie prosesse is iets wat vermoedelik nooit eindig nie. Aan die woord is Abdulrazak Gurnah in ’n onlangse gesprek getiteld 'Home & exile' wat die akademikus Awam Amkpa met hom op die Africa in the World-fees gevoer het. Gurnah is die Nobelpryswenner vir Letterkunde van 2021."
|
 |
Swye oor plaasmoorde moet end kry, sê AfriForum
Jean Oosthuizen
In het nieuws
"Volgens Jacques Broodryk, woordvoerder vir AfriForum se gemeenskapsveiligheidafdeling, is AfriForum tans in die proses om die hoeveelheid hulpbronne wat geallokeer word vir buurt- en plaaswagte se opleiding en toerusting aansienlik te verhoog, want die onwelkome politieke omgewing wat onder Ramaphosa voortgesit word, vereis dit."
|
 |
Suid-Afrika spartel om sy vlag te laat wapper by wêreldbekertoernooie
Jean Oosthuizen
In het nieuws
"Die DA het ’n ope brief aan die Wêreld-Antidwelmagentskap (WADA) gerig om te probeer keer dat die Suid-Afrikaanse vlag nie later vandeesmaand by die Wêreldrugby- en -krieketbekertoernooie vertoon mag word nie. Dit volg nadat die regering versuim het om die sperdatum te haal vir die wysiging van die verouderde Wet op Dwelmvrye Sport om aan die jongste wêreldwye antidwelmkode te voldoen."
|
 |
Orde van die Windpomp 2023 aan Clinton du Plessis
LitNet
Etienne van Heerden Veldsoirée
By die jaarlikse Etienne van Heerden Veldsoirée op Cradock is die Orde van die Windpomp deur Darryl David, die feesdirekteur, en die skrywer Etienne van Heerden aan die Cradockse digter Clinton du Plessis oorhandig. Van Heerden het daarna verwys as ’n "eksentrieke toekenning" vir wat hy Du Plessis se "dokumentêre" poësie noem.
|
 |
Sluitstuk deur Johann Rossouw: ’n resensie
Heilna du Plooy
Resensies
"Die verhaal gaan ten diepste oor ’n karakter wat ’n uiters gekompliseerde verhouding vanuit ’n agternaperspektief analiseer en na waarde probeer skat. Die skrywer, die vroeëre aspirantskrywer wat nou inderdaad ’n skrywer is, vertel ’n verhaal oor die fyn spel van mag, die nuanses in emosie en die skakeringe in betekenis wat na vore kom as ’n blik vanuit die hede op die verlede gerig word."
|
 |
Deelfontein deur Nicole Jaekel Strauss: ’n resensie
Dewald Koen
Resensies
"Op vernuftige wyse bring Jaekel Strauss die verskillende storielyne bymekaar en onderneem Klarissa nie slegs ’n reis op soek na haar familiegeskiedenis nie, maar ontdek sy geheime wat oor landsgrense en eeue heen strek."
|
 |
Kultusse in Suid-Afrika deur Jana Marx: ’n resensie
Carla van der Spuy
Resensies
"As jy wil ryk word, stig ’n kerk of sekte in Suid-Afrika, het ’n oortuigde ateïs onlangs teenoor my opgemerk. Wat ’n siniese opmerking, het ek gedink. Maar met die lees van hierdie boek besef jy dat sy stelling nie heeltemal onwaar is nie."
|
 |
Meer as jou seerkry deur Johannes de Villiers: ’n lesersindruk
Barend van der Merwe
Lesersindrukke
"Alhoewel Meer as jou seerkry op die oog af ’n bietjie teenstrydig en onsamehangend mag voorkom, kan ’n mens die gevolgtrekking maak dat die boek verskillende modelle bied waarmee lesers kan werk wat tot verskillende behoeftes sal spreek."
|
 |
Celesté Fritze (1959–)
Erika Terblanche
ATKV|LitNet-Skrywersalbum
"Gelukkig is daar baie ure in ’n dag. Jy maak tyd vir iets wat jou as mens definieer, soos jou skryftaak."
|
 |
Wat is die kenmerke van ’n goeie fiktiewe sluipmoordenaar?
Stefaans Coetzee
Lesersindrukke
"As jy dié vraag vir Bard op Google vra, gee hy drie punte wat ek as volg opsom: ’n Goeie sluipmoordenaar moet op sy voete kan dink en sy opdrag kan uitvoer sonder om gevang te word. Hy is uiteraard ’n meester op verskeie terreine onder andere gevegkuns, wapens, vermomming, ensovoorts."
|
Op die redakteur se lessenaar |
 |
SteedsDink met LitNet Akademies: Francois Lion-Cachet
Francois Lion-Cachet
SteedsDink
In LitNet Akademies se SteedsDink-video’s vertel Afrikaanse akademici van die interessante navorsing waarmee hulle besig is. In hierdie video gesels Francois Lion-Cachet oor, onder andere: die estetika van die reg en die wisselwerking tussen die visuele en geskrewe taal.
|
 |
Uitnodiging: DJ Opperman-gedenklesing 2023
LitNet
Akademies en skole
Alle belangstellendes word vriendelik uitgenooi na die driejaarlikse DJ Opperman-gedenklesing wat op 18 Oktober 2023 in Stellenbosch plaasvind.
|
 |
Uitnodiging: Hertzoggedenklesing 2023
LitNet
Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns
Alle belangstellendes word baie hartlik uitgenooi na die jaarlikse Hertzoggedenklesing wat vanjaar op Woensdag 18 Oktober 2023 om 18:00 in Pretoria plaasvind.
|
 |
Uitnodiging: Poësie en die klimaatskrisis – hoe praat digters terug?
LitNet
Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns
Die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns se Werkgemeenskap Vrystaat, in samewerking met die Oorlogsmuseum van die Boererepublieke, nooi alle belangstellendes hiermee hartlik uit na ’n byeenkoms waarby Pieter Odendaal as spreker gaan optree.
|
 |
Dorsgety
Loretta Szikra
Poësie
"soos óns behoeftes
skaamteloos aanteel
en onverpoosd voortwoed"
|
 |
In die suidewind se koue
Willem de Swyger
Poësie
"in die suidewind se koue
wat ruik na die see se skuimasem
blom die blou berge
krismisrose uit"
|
 |
Koue front
Karin Walker
Poësie
"ek ryg my toe in trui en serp
trap na ’n enkele sonkol
luister na die nuus"
|
 |
Jy is my seun
Amy Nakanie
Poësie
"Maar deur al jou geraas en onbeteueldheid
Roer jy steeds my hart, want jy is my seun.
O ja, jy is my lieflingseun"
|

Konklusie of gevolgtrekking? Kontradiksie of teenstrydigheid?
LitNet Akademies wil navorsers graag help om meer gespierde Afrikaans te skryf. |
|