Can’t see this mail? Click here to view it online

- ISSN 1995-5928 - Ingesluit LitNet Akademies

 

Nuusbrief 965

01/09/2023


  Krities Afrikaans

LitNet: Afrikaanse skole – bly of gly?

Fresh off the press

Rich state, poor state: Why some countries succeed and others fail

Author: Greg Mills
Publisher: Penguin Random House
ISBN: 9781776391394

Why do some states thrive, grow their economies and uplift their people while others, facing similar challenges, slide into low growth, social dysfunction and failure? After decades of work on the ground in states in Africa, Latin America, Asia, Europe and the Middle East, bestselling author Greg Mills seeks to provide answers in Rich state, poor state.

Akademies en skole

BELA-wetsontwerp: Gaan Afrikaanse skole bly of gly?

Naomi Meyer, Jaco Deacon
SA Skoleseminaar | Schools Seminar

"Ouers: Wees bewus van die implikasies van die BELA-wetsontwerp en maak seker dat die skool se beheerliggaam deur ’n beheerliggaamorganisasie soos Fedsas ondersteun word."

Hulp met die derde kwartaal se literêrenavorsingstaak: ’n onderhoud met Bibi Slippers

Maja Meyer, Bibi Slippers
Skole

Haar volgende digbundel verskyn in Oktober, maar hierdie onderhoud met Bibi Slippers verskyn weens die derde kwartaal se literêrenavorsingstaak. Bibi Slippers beantwoord hier vrae oor haar agtergrond wat jong navorsers sal help."[W]at slegter is as om gedigte te skryf, is om te wil skryf en nie daarby uit te kom nie, omdat jy ander werk of verpligtinge het."

Hulp met die derde kwartaal se literêrenavorsingstaak: ’n onderhoud met Eldridge Jason

Naomi Meyer, Eldridge Jason
Skole

In die derde kwartaal moet leerders ’n literêrenavorsingstaak voltooi. Weens heelwat navrae oor sy agtergrond aan LitNet, verskaf Eldridge Jason die inligting waarna leerders op soek is: "Skryf is een van die wonderlikste uitlaatkleppe wat ’n mens kan kry."

Graad 9: Afrikaans Huistaal-vraestel en memo, derde kwartaal

LitNet
Notas, toetse en vraestelle

Is jy in graad 9 en moeg daarvoor om slegte rapportpunte te kry? Laai hierdie gratis oefenvraestel deur Zelda Mans af, en kry uiteindelik jou leeueaandeel van goeie punte vanjaar. (As jy nie die idioom verstaan nie, kan die vraestel jou ook help. Daar is boonop lekker ander stories oor natuurreservate om te lees.)

Graad 10: Lewenswetenskappe – vraestel en memo, derde kwartaal

LitNet
Notas, toetse en vraestelle

Is jy in graad 10 en leer julle hierdie kwartaal in Lewenswetenskappe van die hart? Teen hierdie tyd sal jy weet dat net jou ouers sulke outydse uitdrukkings soos "jou hart pomp tjoklits" gebruik en dat hierdie orgaan inderwaarheid ’n ander samestelling het. Laai egter hierdie vraestel deur Rita Engelbrecht gratis af om die soet smaak van goeie punte in die derde kwartaal se toetsreeks te proe.

Wiskunde met LitNet gratis op YouTube beskikbaar

LitNet
Notas, toetse en vraestelle

Begin van die kwartaal! LitNet se video’s kan jou help. Kyk na hierdie video’s op LitNet se YouTube-kanaal – en teken sommer ook in!

Indeks: notas, toetse en vraestelle

LitNet
Notas, toetse en vraestelle

Hier is al die gratis studiemateriaal vir skole wat op LitNet beskikbaar is, gelys volgens graad.

Waarnemings van die effektiwiteit van ’n akademiese skryfassistent vir Afrikaanssprekende Baccalaureus in Opvoedkunde-studente

Candice Livingston, Pieter Boer, Amanda Swart, Wilna du Plessis
LitNet Akademies (Opvoedkunde)

"Taal speel binne die sosiokulturele siening van akademiese geletterdheid ’n baie spesifieke en belangrike rol, aangesien taal die medium is waardeur ons dink en kennis opbou."

Gespierde Afrikaans

LitNet
Akademies en skole

Konklusie of gevolgtrekking? Kontradiksie of teenstrydigheid? LitNet Akademies wil navorsers graag help om meer gespierde Afrikaans te skryf. Die Gespierde Afrikaans-lys word deurlopend bygewerk. Kyk watter nuwe woorde is toegevoeg.

Persverklaring | Kortkursus 2023: Tekste vir leeskringe en resensiekunde by die Departement Afrikaans en Nederlands (US)

LitNet
Akademies en skole

Skryf vanjaar in vir die Universiteit Stellenbosch se Departement Afrikaans en Nederlands se gesamentlike kortkursus: tekste vir leeskringe en resensiekunde, aangebied deur Louise Viljoen en Ronel Foster.

Menings

Brics: Wil ons regtig sulke vriende hê?

Freek Robinson, Daniel F Meyer
Onderhoude

Ekonomies baat Suid-Afrika veel meer by verhoudinge met Japan, die Verenigde Koninkryk, Nederland en ons buurlande Mosambiek en Botswana. Wil China ons regtig help, of wil hulle beheer neem oor ons kragnetwerke? En Rusland?

Van ongelykheid tot nuwe ongelykheid – van wit minderheidsoorheersing na ’n swart oligargie

Koos Malan
Seminare en essays

"Hoe suksesvol was die ANC oor die afgelope bykans 30 jaar ooreenkomstig sy ideologie en op gesag van die Grondwet om die ongelykheid van die verlede met gelykheid te vervang?"

Die relatiwiteit van emigrasie

Sulette Ferreira
Menings

"Geliefdes het die behoefte om steeds na mekaar uit te reik en deel van mekaar se wêrelde te wees, maar die werklikheid is dat hulle nou in verskillende dimensies leef."

Klimaatsmanipulasie: tegnologie en sosiale konteks

Handré Brand
Seminare en essays

"Klimaatsmanipulasie verwys na die grootskaalse manipulering van spesifieke prosesse wat sentraal staan tot die beheer van die aarde se klimaat met die doel om sekere voordele daaruit te verkry."

Barbie: ’n feministiese ikoon of ’n paradoks in pienk?

Nini Bennett
Menings

"Uiteindelik word die uiteenlopende beskouings rondom Barbie blote projeksies van vrese en vooroordele op die arme pop-ikoon. En perdalks is Barbie ’n Rorschach-toets in pienk. Diegene wat haar liefhet én haat dra steeds by tot die omstrede en hoogs suksesvolle bemarkingsveldtog wat haar sedert 1959 laat floreer het."

In memoriam | Cormac McCarthy (1933–2023)

Schalk Schoombie
Boeke en skrywers

"As jy jou nog nie in McCarthy se onherbergsame, wrede landskappe ingeleef het nie, het jy nog nie Amerika se grootste skrywer ervaar nie."

Mbeki die mees destruktiewe president in die ná-1994 era

PP Fourie
Elders gesien

"Ja, die diewery het onder sy opvolger absurde vlakke bereik, maar ook dit wat onder Zuma gebeur het, is die indirekte resultaat van Mbeki se ego en ideologie; hy het die landery voorberei waarop die misoes nou staan."

Die 1933-Bybelvertaling is 90 jaar oud

Barend van der Merwe
Elders gesien

"Die Bybel in Afrikaans is 90 jaar oud. Voor die verskyning van die Afrikaanse Bybel, moes Moses en Abraham Nederlandse Bybels gebruik. Wat moeilik lees."

Uit die argief

Stem vir jou kind se toekoms; die tyd raak min!

Juané van der Merwe, Naomi Meyer
SA Skoleseminaar (2018)

"Met staatsinmenging in onderwys ’n al hoe groter bedreiging, kan ouers eenvoudig nie bekostig om nié hul stem te laat geld nie."

Nou op Voertaal

Omstrede BELA-wet voorlopig weer in spore gestuit

Jean Oosthuizen
In het nieuws

"Die ommekeer is deur die DA en AfriForum verwelkom. Albei organisasies het hulle sterk uitgespreek teen wat hulle bestempel as die ANC se pogings om die BELA-wetsontwerp deur die parlement te stoomroller."

Platsak Eskom wil die publiek verder melk

Jean Oosthuizen
In het nieuws

"Eskom het glo in April ’n regulatoriese skoonmaakrekeningaansoek (RCA) by Nersa ingedien waarin hy poog om R24 miljard se historiese koste- en inkomste-afwykings vir die 2021/22-boekjaar te verhaal. As Nersa hierdie aansoek goedkeur, sal dit waarskynlik bygevoeg word bo en behalwe toekomstige elektrisiteitstariefverhogings."

Swyende Ramaphosa voor stok oor Zimbabwe se "verkiesingsklug"

Jean Oosthuizen
In het nieuws

"Verslae van waarnemersendings en burgerlikesamelewingsorganisasies in Zimbabwe bevestig volgens Powell bo enige redelike twyfel dat die verkiesings nie vry, regverdig of geloofwaardig was nie."

Koalisiebestuur in Suid-Afrika weer onder die vergrootglas

Jean Oosthuizen
In het nieuws

"Tydens die komende beraad sal kenners en deelnemers koalisiebestuur in Suid-Afrika ontleed met die fokus op die kompleksiteite en probleme wat met koalisiebestuur geassosieer word."

Intieme kunservaring toe baie meer persoonlik as beplan

Maryke Roberts
Kunst

"My intieme kunservaring word toe sommer in ’n japtrap baie meer persoonlik as wat ek kon droom."

Tweespraak van Yves T’Sjoen met Alwyn Roux: Beyond close reading. Politieke en sociale implicaties van literatuur

Yves T'Sjoen, Alwyn Roux
Academisch

"Alkant olifant begin juis met die anekdote van die ses blinde mans van Indostan wat voor ’n olifant te staan kom. Hulle vra wat hierdie fenomeen is waarvoor hulle staan. Elkeen gee ’n ander antwoord, waarvan nie een reg is nie, maar elkeen sy eie siening van wat die ding nou eintlik is, weergee."

Breytenbach notitie#12: Van ’n Popperiaanse filosofie op weg na ’n Afrika-filosofie

Alwyn Roux, Yves T'Sjoen
Academisch

"Ons moet egter onsself veel eerder wend tot die Afrika-filosofie om Breytenbach se ideaal binne die Afrika-konteks te verstaan en uit te bou. Daarom is die voorstel dat ons afstand doen van Popper se kritiese rasionalisme en ons fokus rig op die ondersoek van twee bene in die Afrika-filosofie, naamlik wysgeer- of wysheidsfilosofie."

Hans Ester ontvang die Van Ewijck-Stigting se prestasieprys: commendatio deur Chris van der Merwe

Chris van der Merwe
Literatuur

"Hans Ester is ’n voortreflike brugbouer tussen kulture en ’n ambassadeur vir die Afrikaanse letterkunde."

Persbericht: Observaties op de brug tussen Afrikaans en Nederlands

Voertaal
Literatuur

De opstellenbundel Kwintet. Literaire dialogen tussen Afrikaans en Nederlands (W∞lf, Antwerpen) en de flankerende essaybundel Breyvier. Over taal, burgerschap en Breytenbach (Skribis, Gent) presenteren gevalstudies op het gebied van de transnationale literatuurstudie.

Persverklaring: Sy hart met ’n wye boog terug na Suid-Afrika

Voertaal
Muziek

Die musiekfees Festival voor het Afrikaans noem hom een van die belangrikste rolspelers onder Afrikaanse musikante tussen Suid-Afrika, België en Holland.

Boeke en skrywers

Onder ’n bloedrooi hemel deur Annemarié van Niekerk: ’n LitNet Akademies-resensie-essay

Louise Viljoen
LitNet Akademies-resensie-essay

"Naas die eerlikheid van die feitelike gedeeltes van die roman word ’n mens oorrompel deur die strukturele en stilistiese vernuf van die teks sowel as die oortuigende taalgebruik en beeldende vermoë van die skrywer."

Marlene van Niekerk, die tempteerbare oog deur Marius Crous (redakteur): ’n resensie

Chris van der Merwe
Resensies

"Deurlopend in die huldigingsbundel is die tema Van Niekerk as skrywer en ook as denker – die omvattendheid en kompleksiteit van haar denke, haar sterk sosiale bewussyn en haar strewe na die versoening van etiese aansprake met ’n estetiese ideaal word telkens bespreek."

Rustig soos ’n landmyn: ’n resensie van Bettina Wyngaard se Lokval

Erla Diedericks
Resensies

"Dis natuurlik alles die skrywer Bettina Wyngaard se skuld. Sy het hierdie wreedaardige drange, soos die afgryslike roosbome in haar karakters se tuine, in my kop geplant."

My year of not getting sh*tfaced! by Pamela Power: an inter-review

Janet van Eeden, Pamela Power
Books and writers

"I have my doubts that it’s genetic. I think that the anxiety is genetic and the alcohol is a form of self-medication. We also learn from the example set by our parents/caregivers. The whole 'needing a drink to relax' after a stressful day and the adults in our lives having what seems to be a whale of a time when they’re drunk – we learn that that’s how we should behave."

Die kaalkopwaarheid oor grond en ’n verlore generasie dienspligtiges

Koos Kombuis
Boeke en skrywers

Koos Kombuis haal sy kopdoek af in hierdie video, want hier word oor heilige dinge gesels: diensplig en die trauma daaraan verbonde, grond en die gebrek daaraan, asook gedigte wat getoonset is.

Op soek na Paul Celan langs die Boekowina-meridiaan, ’n graf in die lug

Eben Viktor
Boeke en skrywers

"Celan gebruik die perspektief van 'getuienis lewer' uiters effektief; dis asof verslag gedoen word direk uit ’n konsentrasiekamp. Dis só effektief dat ’n populêre gerug ontstaan het dat hy self in ’n konsentrasiekamp was en die gedig daar geskryf het."

Die duiwel is in die detail deur Marizka Coetzer: ’n lesersindruk

Annalize Marx Hills
Lesersindrukke

"Marizka het met oop oë in hierdie verhouding ingestap, min wetend hoe toksies dit sou wees."

In die keuse lê die kluts

Crito
Boeke en skrywers

"Ek kan nie verstaan hoekom kykNET nie self begin reekse maak uit Afrikaanse romans nie. Van Rensburg se Hans verdien meer as net een rolprent. En wat van ’n reeks oor Chris Karsten se Abel Lotz-stories? Of Marie Lotz se Alek Strauss-sage?"

CS Badenhorst (1926–2004)

Erika Terblanche
ATKV|LitNet-Skrywersalbum

"Om te skryf, het ’n mens kennis van mense nodig en, as dit kinderboeke is, is dit nog van groter belang dat die skrywer op die vlak van die kind is. Om dié rede is dit van belang dat die skrywer baie met kinders praat."

Seen elsewhere: Sindiwe Magona turned 80

Helen Moffett
Books and writers

"I was moved to tears at the sense of torches being passed, comfort given, and of the long and transcendent reach of love."

Op die redakteur se lessenaar

Op die redakteur se lessenaar: 26 Augustus tot 1 September 2023

LitNet
Op die redakteur se lessenaar

Hier is die boeke wat gedurende hierdie week op die redakteur se lessenaar beland het.

Leefstyl

Leon van Nierop oor Duiwelsroos by Momentum Beleggings Aardklop én Toyota US Woordfees 2023

Naomi Meyer, Leon van Nierop
Skrywersonderhoude

"Niks kom by ’n goeie boek nie. Ek skryf natuurlik ook vir verskeie ander platforms, maar sommige verhale leen hulle absoluut tot die geskrewe woord en die gevoel van papier tussen jou vingers. Dit het Agatha Christie my geleer."

An interview with the South African creators of a Star wars: Visions short film, Aau’s song

Reney Warrington, Nadia Darries, Daniel Clarke
Film

"The more fantasy, visual effects and large world set-ups in a story, the more it lends itself to animation. Animation makes anything possible."

Butlers and bachelorettes at Toneelhuis in Cape Town: an interview with Justin Wilkinson

Naomi Meyer, Justin Wilkinson
Lifestyle and entertainment

"In South Africa, it’s inspiring to see young people, especially, taking a passionate interest in this industry. Whether one starts in school plays or reciting poems at an eisteddfod, the arts are alive with energy and possibility! And I guess that’s also why I love theatre myself! Anything can happen!"

In foto's | Gala-aand by die kykNET Silwerskermfees

Maryke Roberts, Clifford Roberts
TV

Die kykNET Silwerskermtoekennings vir Film en Televisie het Saterdag 26 Augustus in Kaapstad plaasgevind aan die einde van ’n bedrywige Silwerskermfees in Kampsbaai waar die jongste Afrikaanse films vertoon is. Blaai deur die foto’s!

Persverklaring van die kykNET Silwerskerm-toekennings vir film en TV: Hier is die wenners

LitNet
TV

Dié gala-aand het Saterdag 26 Augustus in Kaapstad plaasgevind aan die einde van ‘n bedrywige Silwerskermfees in Kampsbaai waar die jongste Afrikaanse films vertoon is.

Persverklaring: Drie van die bestes | Momentum Beleggings Aardklop 2023

LitNet
Aardklop

Drie van die bestes: Germandt Geldenhuys, bekend as akteur en vir sy kragtige tenoorstem, Mathys Roets met die rustige, fluweelstem, en Danie Niehaus as bekroonde en veelsydige kunstenaar en liedjieskrywer.

Persverklaring: Donkies huppel oor Kaapstad se filharmoniese orkes by Robertson optree

LitNet
Musiek

Groot opgewondenheid bou in die Breërivier-vallei op vir ’n seldsame musiekgebeurtenis. Vir die eerste maal ooit tree die gewilde Kaapstadse Filharmoniese Orkes in Robertson op, by die Oos-Kerk op Sondag 8 Oktober, 15h00. Om dié dag nog dieper betekenis te gee, word die sprankelende musiekprogram ten bate van Eseltjiesrus Donkey Sanctuary op McGregor aangebied.

Persverklaring: Internasionale erkenning vir Suid-Afrikaanse hiperteksdigkunsprojek – opname in die Hypertext & Art-uitstalling te Rome

LitNet
Akademies en skole

Die agt jaar oue Byderhandprojek van die vakgroep Skryfkuns aan die Noordwes-Universiteit het onlangs besondere erkenning te beurt geval. Aspekte daarvan is naamlik gekies om opgeneem te word in ’n internasionale hiperteksskeppingsuitstalling wat eersdaags in Rome plaasvind.

Persverklaring: Twintig skrywers se tekste by agtste Teksmark te sien

LitNet
KKNK

Twintig skrywers het vanjaar die geleentheid om hul teks-idees tydens die agtste Teksmark by die Baxter-teater in Kaapstad aan voornemende beleggers voor te lê.

Persverklaring: Bekende skrywer Jaco Jacobs se Charlie Prins beloof om te bekoor en te verras

LitNet
kykNET Portaal

’n Storiefilm uit die pen van die gewilde en bekroonde jeugboekskrywer Jaco Jacobs maak op Saterdag 2 September 20:00 sy debuut op kykNET (DStv-kanaal 144) en beloof om oud en jonk te bekoor.

Persverklaring: Bernadino Heights wen Artscape en Suidoosterfees se Hoërskool Dramafees

LitNet
Teater

Bernadino Heights Hoërskool van Scottsdene se Brandmerk is as beste produksie aangewys. Brandmerk, deur die dramaturg Stephren Saayman, het ook die prys vir die beste dramateks ontvang. Die stuk handel oor ’n seun wat ná ’n dramatiese insident ’n fobie vir roomys opdoen.

Press release: Lief en Leed patron – empowerment against all odds

Marlene le Roux
Opinion

There are still so many misconceptions about disability in society at large. Disability does not mean inability. Society in general, individuals, the business sector and employers must learn that people with disabilities are also able and should not be written off.

Die program | The programme: Etienne van Heerden Veldsoirée, 22–24 September 2023

LitNet
Etienne van Heerden Veldsoirée

Die Karoo roep! Jy kan hierdie jaar op dié foto wees. | The Karoo is calling! Book your place to be on this year’s photo!

Stemme

Vir twee stemme

Pieter-Dirk Uys
Stemme | Voices | Amazwi

Vir Stemme, LitNet se dialoogprojek saam met die Suidoosterfees, NATi en die ATKV, is tien dramaturge genader om kort dialoë te skryf. Twintig akteurs is gevra om daarin te speel en tien regisseurs het elkeen ’n stuk afgerond. In Pieter-Dirk Uys se dialoog Vir twee stemme vertolk Elzabé Zietsman en Dean Balie die rolle. Oscar Petersen was in die regisseurstoel.

Stemme in 2023 | Tien dialoë

LitNet
Stemme | Voices | Amazwi

Vir Stemme, LitNet se dialoogprojek saam met die Suidoosterfees, NATi en die ATKV, is tien dramaturge genader om kort dialoë te skryf. Twintig akteurs is gevra om daarin te speel en tien regisseurs het elkeen ’n stuk afgerond.

Nuwe skryfwerk

Belofte

Madeleine Venter
Poësie

"en dit het ek
te laat geleer:
ons almal buig voor tyd"

En later

Sandra Nortje
Poësie

"koue van bo na binne
val ruggelings aan
in kamers waar beelde van gister
aan dun-dun draadjies hang"

Geure

Johanette Pretorius
Poësie

"Soveel geure gom generasies,
sommerso, terloopserig, aanmekaar"

Van voordat ek kan onthou

Willem de Swyger
Poësie

"waar sal ek –
selfs noudat ek self kan praat –
die woorde vind
die regte woorde
om behoorlik dankie te sê?"



Konklusie of gevolgtrekking? Kontradiksie of teenstrydigheid?
LitNet Akademies wil navorsers graag help om meer gespierde Afrikaans te skryf.

KONTAK

litnet@litnet.co.za

021 887 0212


© 2023 LitNet. Alle regte voorbehou | All rights reserved