|
|
- ISSN 1995-5928 - Ingesluit LitNet Akademies
|
|
Nuusbrief 922
21/10/2022
|
Krities Afrikaans
|
LitNet: Wat is die prys van uitnemendheid? |
Op pad na Moormansgat: Die verhaal van Billy Foster en Koos de la Rey
Skrywer: Chris Karsten
Uitgewer: Human & Rousseau
ISBN: 9780798183222
Een aand in 1914 word Koos de la Rey op pad na ’n rebellie noodlottig gewond. Die teiken was die bendelid William Foster. Dat De la Rey in die spervuur beland het, was pure toeval. Of was dit? |
 |
|
 |
Kan die akademie uitnemendheid oorleef?
Andrew Nash
Universiteitseminaar | University Seminar
"Die kwessie van die ontwikkeling en voortbestaan van Afrikaans is verbind met die kwessie van globalisering en in die besonder die strewe na sogenaamde uitnemendheid. Engelstaligheid word juis gevier as dit wat globale deure oopmaak, en natuurlik ook toegang tot hoër plekke op die globale ranglyste." Lees hierdie voordrag wat vanjaar by die Toyota US Woordfees gelewer is.
|
 |
FilosofieKafee-gesprek: "Waar is ons (nou)?" deur Breyten Breytenbach
Breyten Breytenbach
Seminare en essays
"Die staat is nie 'ons' s’n nie. Ons kan onsself nie daarin herken of dink dat ons dit teenoor wie ook al sal regverdig of verdedig nie. Miskien is dit ’n natuurlike evolusie. Miskien is die konsep 'staat' verouderd, dien dit weinig nut. Baie van ons – dié wat dit kan bekostig of dié wat nooit gekwalifiseer het vir toelating tot die staat nie – lewe in ieder geval daaromheen."
|
 |
My bôs is warm, Uncle Cyril
Bettina Wyngaard
Rubrieke
"Loadshedding maak lat ôse ekonomie nosedive. En om als te kroon gan ôs gegreylist raak, soe ôs sal dan sieke net met Poetin kan besagheid doen."
|
 |
Oor die stemme in die woestyn in die Afrikaanse media
Heindrich Wyngaard
Menings
"Totdat hulle dit besef en daarop aandring dat hulle alle reg het om na geluister te word en dat hul stories ernstig opgeneem moet word, sal die situasie nie sommer verander nie. Of gee hulle net eenvoudig nie (meer) om oor die afstand, soms so wyd soos Kaapstad vanaf Bloemfontein, wat tussen die verteenwoordiging en vernalating van hul stemme in die woestyn van die Afrikaanse nuusmedia lê nie?"
|
 |
Neville Alexander-gedenklesing 2022: Afrikaanse establishment was gekant teen veeltaligheid
Jean Oosthuizen
Seminare en essays
"Alexander se sentrale vertrekpunt was ten eerste politiek-teoreties, en nie uitsluitlik taalgerig nie. Sy sentrale vraag in dié opsig was: Hoe vorm ons ’n verenigde nasie? Sy uitgangspunt was dat Suid-Afrika op verskeie grondslae verdeel is, byvoorbeeld ras, etnisiteit, sosiale klas (die verdeling tussen ryk en arm), godsdiens, seksualiteit en maatskaplike posisie of status. Van al dié verdelings gee Alexander spesiale aandag aan die idee van ras en nierassigheid. Vir hom as historiese materialis was ras en etnisiteit ideologiese skeppings."
|
 |
In memoriam: Leopold Scholtz
Jan-Jan Joubert
In memoriam
"Leopold Scholtz was ’n beskaafde intellektueel wat as sulks onthou sal word deur almal wat met hom saamgestem en met hom verskil het. Mag hy in vrede rus."
|
 |
Elders gesien: Stem van rede raak stil
Hennie van Deventer
Elders gesien
"Die heengaan van skrywer-joernalis Leopold Scholtz, voorste historikus en politieke denker, op 74 is nie heeltemal onverwags nie. Tog tref die finaliteit ’n mens hard."
|
 |
In memoriam: Vlieg hoog, Franci
Frazer Barry
In memoriam
"Franci het toe nie uit die vliegtuig gespring nie, maar sy het gespring, en haar sprong was groter as wat sy ooit kon gedink het. Sy het gespring tot in die diepste plekke in ons harte en haar nalatenskap sal ons altyd koester."
|
 |
Elders gesien: Woorde as wapens en bakstene
Sidney Gilroy
Elders gesien
"Ons skryf want ons gebruik woorde as wapens en bakstene. Ons verbou en verbreed en verstel hierdie ongelooflike taal wat aan almal en aan niemand behoort nie."
|
 |
Oekraïne: Berigte te velde
LitNet
Menings
’n Oorsig van LitNet en Voertaal se berigte oor die oorlog in Oekraïne. | An overview of LitNet’s and Voertaal’s articles on the war in Ukraine.
|
 |
Antjie Krog gehuldig by vanjaar se Tuin van Digters
Izak de Vries
Literatuur
"Antjie Krog word op 23 Oktober vanjaar 70. Sy is een van Suid-Afrika se groot digters. Nie net is haar werk al in vele tale vertaal nie, sy het ook baie gedoen om ander digters, in verskeie van ons land se inheemse tale, groter bekendheid te gee."
|
 |
Die Jongerenprojek: Een interview met Francine Maessen
Izak de Vries, Francine Maessen
Cultuur
"Het is een intense reis maar het is geweldig om op deze manier iets terug te kunnen geven aan het project en de reis ook voor een nieuwe lichting studenten mogelijk te maken."
|
 |
Trappen naar de hemel: De 39e Nacht van de Poëzie
Hendrik-Jan de Wit
Literatuur
"Marieke Lucas Rijneveld stapt van het podium af. De klok heeft 12 geslagen. Een entr’act staat klaar. Ik trek mijn jas aan en loop terug naar de auto. Een mooie wandeling door de stad aan het begin van de nacht."
|
 |
Persverklaring: Prestasiebeurs van die Van Ewijck-Stigting weer beskikbaar
Voertaal
Cultuur
Daar kan weer aansoek gedoen word vir die Van Ewijck-Stigting se Prestasie-prys van R75 000. Dit is ’n prys vir bewese prestasies wat reeds gelewer is en verband hou met die doelstellings van die Stigting wat kulturele betrekkinge tussen Suid-Afrika en Nederland in die ruimste sin bevorder. Dit sluit alle vertakkinge van die kunste of wetenskap in.
|
OuLitNet | Uit LitNet se argief
|
 |
Ja, maar wat is die universiteit?
Fanie Olivier
Seminaarkamer, OuLitNet
"In plaas van ’n strewe na ’n universitêre opleiding wat berus op die oortuiging van die belangrikheid om ’n selfstandige gees te skep, is ons oorval deur die jargon van die dag, die cliché, die leë retoriek: veelvuldige toetree- en uittreevlakke, uitkomsgerig, kernwaardes en transformasie."
|
 |
Skrywersversoek aan die US
Elsa Joubert, Abraham H de Vries, Leonard Koza, George Weideman
Taaldebat, OuLitNet, 2005
"Ten slotte doen ons op die Raad ’n beroep om ernstig te besin oor die erosie van Afrikaans by US – omdat dit nie net Afrikaanse skrywers raak nie, maar ook Afrikaanse mense oor die algemeen."
|
 |
US-konvokasietoespraak: Die koei in die bos
Breyten Breytenbach Universiteitseminaar, 2016
"Indien Afrikaans as omgangstaal, administratiewe taal, onderrigtaal hier sou verketter word en krimp, gaan dit uiteindelik tot ’n onvermydelike tot niet maak van ’n kosbare en geskakeerde instrument van bewuswording lei."
|
 |
Sol Plaatje Universiteit: Honneurs en MA in Afrikaans 2023
LitNet
Akademies en skole
Het jy ’n passie vir Afrikaanse taal- en/of letterkunde? Wil jy die verskillende Afrikaanse variëteite bevorder? Hier is nog inligting oor Sol Plaatje Universiteit se nagraadse programme in die vakgroep Afrikaans.
|
 |
Graad 8: Afrikaans EAT-begripstoets en memo
LitNet
Notas, toetse en vraestelle
As jy in graad 8 is, verlang jy miskien partykeer na ’n sorgelose tyd toe jy met Lego-blokkies lugkastele kon bou. Met Dewald Koen se Afrikaans Eerste Addisionele Taal-begripstoets is voorbereiding vir jou eksamen sommer kinderspeletjies (en een van die leesstukke handel juis oor Lego). Die begripstoets is gratis hier beskikbaar.
|
 |
Graad 9: Wiskundevraestel en memo, vierde kwartaal
LitNet
Notas, toetse en vraestelle
Is jy in graad 9 en wonder jy hoe jy die munte in jou spaarvarkie vir die feesseisoen kan laat vermeerder? Die geldsomme in hierdie Wiskundevraestel deur Lee-Ann West gaan jou dalk nie daarmee kan help nie, maar dit sal jou in staat stel om deeglik voor te berei vir jou vierde-kwartaal-eksamen. Daarna kan jy met ’n geruste hart gaan vakansie hou.
|
 |
Toyota US Woordfees 2022: Diversiteit in die praktyk
Jean Oosthuizen
Toyota US Woordfees
"Die diversiteit van keuses en ervarings wat die fees bied, het weer eens nie teleurgestel nie. Dit strook met die diversiteit van mense en idees wat mens graag by so ’n fees wil sien."
|
 |
Toyota US Woordfees 2022: ’n oorsig van die week se fees
Maryke Roberts
Toyota US Woordfees
"Die week was ’n ware tuimeltrein van die lewe in Suid-Afrika. Jy beleef al die hoogte- en laagtepunte in sewe dae. Sommige goed wat ná bykans 30 jaar van demokrasie amper ongeloofwaardig in hul absurde waarheid lyk; ander hartverskeurend nóú; ongelyk en onregverdig ten spyte van demokrasie."
|
 |
Toyota US Woordfees 2022: Afrikaans herontdek by feeste
Izak de Vries, Lara Aucamp
Feeste
"Dis die eerste keer dat ek regtig die taal geniet het. Omdat ek so lank afstand van die taal af gehad het, kon ek dit soos nuut ontdek. Ek het altyd die woorde verstaan, maar het begin om die taal op ’n ander vlak te verstaan en waardeer."
|
 |
Toyota US Woordfees 2022 Instagram-resensie: Die halwe huis
Nadine Petrick
Toyota US Woordfees
"In hierdie drama dra die hoofkarakter, Bumper Jansen, heeltemal te swaar aan die las van sy verlede, sy swart hond (wat hy vroeg in sy lewe al ontmoet en heel speels Shadow doop) en die hartseer afloop van die pad wat hy moet stap [...]."
|
 |
History of South Africa from 1902 to the present, ’n lesersindruk
Barend van der Merwe
Lesersindrukke
"As ’n mens so blaai deur Simpson se boek, dan is die storie van Suid-Afrika tog maar ’n droewige storie. ’n Stryd om grond- en minerale rykdomme wat diep uit die aarde gedelf is, teen die prys van tragiese ontwrigting van geslag tot geslag se goedkoop arbeid."
|
 |
The Bourne sacrifice deur Brian Freeman, ’n lesersindruk
Stefaans Coetzee
Lesersindrukke
"Hierdie kat-en-muis-spel is ’n móét-lees nie net vir enige Bourne-aanhanger nie, maar ook vir diegene wat van spioenasie, sluipmoorde en komplotteorieë hou. The Bourne sacrifice is Bourne op sy beste!"
|
 |
Uncaptured deur Mosilo Mothepu: ’n lesersindruk
Elridus Grobler
Lesersindrukke
"Hierdie ongekompliseerde kragtoer gaan jou woedend en simpatiek maak oor die soveel kere wat die staat ander staatsinstellings teen Mothepu gebruik het in stede daarvan om haar te beskerm."
|
 |
Elise Muller (1919–1985)
Erika Terblanche
ATKV|LitNet-Skrywersalbum
"Hoe ek skryf? Ek word getref deur ’n situasie, ek gaan sit en skryf, en partykeer loop die verhaal na vele herskryf soos ek bedoel of voorsien het, en ander kere neem dit heeltemal ’n nuwe beloop. Dan is ek net so verras soos die toekomstige leser."
|
 |
Afrikaanse resensies en boekgesprekke in September 2022
LitNet
Boeke en skrywers
Hier is PEN Afrikaans se oorsig van Afrikaanse resensies wat in September 2022 verskyn het en digitaal beskikbaar is. Daar is ook skakels na boekbesprekings of -gesprekke en voorlesings wat op die radio of TV uitgesaai is.
|
Op die redakteur se lessenaar |
 |
My woorde
Thilde Nel
Poësie
"My woorde pronk volbloedperd,
kopspeel uitbundig op die vlaktes van jou oor"
|
 |
Gedig as mobilisering
Bester Meyer
Poësie
"Hoe maak ons die gedig los van geskiedenis,
filosofie en die samelewing se tegnologiese-
kultus-kultuur?"
|
 |
pappie, kom nou
Waldemar Gouws
Poësie
"dink net
dink net aan al die ruimte
die ruimte vir verrassings"
|
 |
Drie gordyne
Loretta Szikra
Poësie
"dat elke tweede Jan Rap
– hoewel moreel bankrot –
suksesvol op korrupsie floreer"
|
 |
LitNet: Privaatheidskennisgewing | Privacy notice
LitNet
Als oor LitNet
LitNet wil jou as leser die versekering gee dat ons daarop ingestel is om jou persoonlike inligting wat by ons in bewaring is, te beskerm. | LitNet would like to assure you as a reader that we are committed to protecting your personal information held by us.
|

Konklusie of gevolgtrekking? Kontradiksie of teenstrydigheid?
LitNet Akademies wil navorsers graag help om meer gespierde Afrikaans te skryf. |
|