|
|
- ISSN 1995-5928 - Ingesluit LitNet Akademies
|
|
Nuusbrief 882
13/01/2022
|
Krities Afrikaans
|
LitNet: En na Zondo, wat dan? |
Nog stories teen my muur
Skrywer: Matthys Strydom
Uitgewer: Inset-Uitgewers
ISBN: 978062093289
Hierdie boek bied insae in Strydom se interaksie met Suid-Afrikaanse kunstenaars. Die skrywer konsentreer nie net op skilders nie, maar op kunstenaars van alle kunsvorme. |
 |
|
 |
Reguit met Robinson: ’n Zoom-gesprek met Glynnis Breytenbach
Freek Robinson, Glynnis Breytenbach
Onderhoude
Het die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) kapasiteit om dié wat in die Zondo-kommissie se verslag oor staatskaping geïmpliseer is, strafregtelik aan te kla en te vervolg? Freek Robinson gesels met adv Glynnis Breytenbach, DA-LP, DA-woordvoerder oor justisie en voormalige staatsaanklaer.
|
 |
Reguit met Robinson: ’n Zoom-gesprek met Ilse Salzwedel en Rudie Heyneke
Freek Robinson, Ilse Salzwedel, Rudie Heyneke
Onderhoude
President Cyril Ramaphosa het onlangs die eerste deel van die Zondo-kommissie se langverwagte verslag oor die ondersoek na staatskaping in ontvangs geneem. Gaan die wiel van die reg tot by optrede teen korrupsie draai? Freek Robinson gesels met joernalis en skrywer Ilse Salzwedel (Permitted plundering ‒ how parliament failed SA) en Rudie Heyneke (Organisation Undoing Tax Abuse (OUTA)).
|
 |
Rooibostee, awê en oepsies
Menán van Heerden
Menings
"Is ontasbare kultuurerfenis ’n grafiese uitbeelding van ’n volstruis op die logo van ’n restaurant in Amsterdam wat jy móét afneem want dit herinner jou aan huis? Of in Lissabon graffiti wat die Afrikaanse woord 'bok' in het, waarvan jy ook ’n foto neem? Is dit iemand wat oorkant jou in ’n stil trein op pad York toe in Engeland ná ’n foon-oproep vir jou in Afrikaans vra: 'Is jy van die Kaap?'"
|
 |
Die bloed in my are
Deborah Steinmair
Rubrieke
"My ouma Nicolaas Grobler (gebore Grobler, en getroude van ook Grobler) was sexy. Mag ’n mens dit van ’n voorsaat sê?"
|
 |
Dis groter as net Djokovic
Bettina Wyngaard
Rubrieke
"Djokovic se appèl was suksesvol ... Dis ’n jammerte, want dit skep die indruk dat sekere persone op grond van sosiale status beter behandeling mag eis as ander."
|
 |
Nuwe jaar, nuwe jy?
Bettina Wyngaard
Rubrieke
"Ek wil dankbaar wees vir die klein goedjies. ’n Sonsondergang wat my herinner in watter mooi land ons bly. ’n Vreemdeling wat die deur oophou vir iemand. Blomme in my tuin. Vriendskap. ’n Meem wat my laat lag. Humoristiese kommentaar op absurde berigte. Die ongebreidelde vreugde van ’n bekende wat besluit het om op sy eie ’n kind aan te neem."
|
 |
On The fall of the University of Cape Town by David Benatar: a discussion
David Attwell, Bernard Kripke
Universiteitseminaar | University Seminar
"Even if it doesn’t feel like we live in a rights-based constitutional democracy with equal access to the law and to the free exchange of ideas, which is what universities are for, we have no option but to continue to believe and act as if we do. Perhaps that explains his determination to hold on to the idea that people can and should do better. It’s part of his belief in the university as an institution."
|
 |
Van dink na doen: ’n onderhoud met Jess Schulschenk
Lidia Rauch, Jess Schulschenk
Onderhoude
Van dink na doen is ’n podsending wat fokus op die wisselwerking tussen werklikheide op voetsoolvlak en akademiese navorsing. Lidia Rauch gesels met die direkteur van die Sustainability Institute, Jess Schulschenk.
|
 |
Barakat-program: Islam en aktivisme
Fatima Allie, Robyn van de Rhede, Zubeida Jaffer, Farid Esack, Yaaseen Staggie
Onderhoude
LitNet argiveer Radio 786 se maandelikse Barakat-program. Barakat, met Fatima Allie, word aangebied in samewerking met die Afrikaanse Taalraad en LitNet. Fatima het met Moslem-teoloog en skrywer Farid Esack en joernalis en skrywer Zubeida Jaffer oor Islam en aktivisme gesels. Vir die LitNet-insetsel het Robyn van de Rhede met gemeenskapsaktivis Yaaseen Staggie (Sunrise Youth Foundation) gesels.
|
 |
Barakat-program: Ter viering van Vrouemaand (Augustus 2021)
Marlene le Roux, Fatima Allie, Ria Olivier, Robyn van de Rhede, Gadija Kamalie
Onderhoude
LitNet argiveer Radio 786 se maandelikse Barakat-program. Barakat, met Fatima Allie, word aangebied in samewerking met die Afrikaanse Taalraad en LitNet. Ter viering van Vrouemaand in Augustus 2021 gesels Fatima met Marlene le Roux en Ria Olivier oor die waarde wat Afrikaans tot hul lewe toevoeg. Vir die LitNet-insetsel gesels Robyn van de Rhede met Gadija Kamalie.
|
In memoriam: Desmond Tutu |
 |
The passing of Desmond Tutu, 26 December 2021: A few memories
Paul Murray
In memoriam
"He was one of the greatest the country has ever seen, iconic beyond description, who stood up for the rights of all South Africans, and whose legendary status reached the rooms, offices, courts of monarchs, heads of nations and spiritual leaders of virtually every country in the world."
|
 |
Die Arch – ’n persoonlike huldeblyk
Marlene le Roux
In memoriam
"Sy stem vir rede en deernis is weg. Ons as Afrikaanssprekende gemeenskap moet nou saamstaan en sy nalatenskap eer."
|
 |
Tutu: Nou is die kansel leeg
Bertus Osbloed van Niekerk
In memoriam
"Die beginsels van die teologie van hoop was steeds die kompas vir sy lewe; elke gemeenskap en mens se stryd teen ongelykheid en ongeregtigheid ’n waardige een om in voor te loop: menseregte, gayregte, die bekamping van Vigs, die Israeli-Palestynse krisis, Tibet."
|
 |
Opposisiepartye eis aksie na Zondo se verslag
Jean Oosthuizen
In het nieuws
"Die DA en die Vryheidsfront Plus het albei in sterk bewoorde verklarings druk op president Cyril Ramaphosa uitgeoefen om toe te sien dat die kommissie se aanbevelings uitgevoer word."
|
 |
EU hef lugreisverbod teen Suid-Afrika op
Jean Oosthuizen
In het nieuws
"Wetenskaplikes het die doeltreffendheid van die verbod bevraagteken en die Wêreldgesondheidsorganisasie het lande versoek om refleksreaksies op die ontdekking van die Omikron-variant te vermy."
|
 |
Lae Lande-nuus: Onrus en vuurwerk lui die nuwe jaar in
Milton Webber
In het nieuws
"Die nuwe jaar het onrustig en onlustig begin in Nederland met verskeie betogings en selfs ’n moord. In België is vier mense dood weens ’n gasontploffing. Daar is ook uitstekende nuus vir kunsliefhebbers."
|
 |
Lae Lande-nuus: ’n Nuwe Nederlandse kabinet, misdaad en COVID-19
Milton Webber
In het nieuws
"Die nuwe Nederlande kabinet is uiteindelik Maandag ingehuldig; ’n 14-jarige misdaadslagoffer word begrawe; moontlike aanslag op joernalis afgeweer; betogings teen inperking duur voort, terwyl infeksies styg. Hospitalisering neem af in Nederland, terwyl België dalk nie meer COVID-19-gevalle in hospitale gaan prioritiseer nie."
|
 |
Afrikaans-Nederlands: Waarom leer Afrikaanssprekendes so graag hul Europese susterstaal?
Roné Wierenga, Sabien van Craenendonck, Gonneke Groenen
Interviews
In 2021 het die Noordwes-Universiteit ʼn hersiene Nederlandse taalverwerwingskursus vir beginners geloods. Roné Wierenga het met twee van die aanbieders van hierdie kursusse, Sabien van Craenendonck (US) en Gonneke Groenen (NWU), gesels om uit te vind waarom Afrikaanssprekendes Nederlands leer.
|
 |
Emigrasie na Nederland: Wat jy moet weet
Cor Winckler, Izak de Vries
Interviews
"Cor Winckler en sy een dogter het kort voor die pandemie na Nederland verhuis. In hierdie onderhoud gee hy gedetailleerde inligting oor wat mense moet weet en doen voor hulle besluit om na Nederland te verhuis."
|
 |
Being a Dutch immigrant: Physical freedom versus social freedom
Imogen Winckler, Izak de Vries
Interviews
"The Netherlands gives her physical freedom. She rides her bicycle wherever and whenever she feels and travels on her own. On the flip side, she experiences a genuine lack of social freedom, since she is not fluent in Dutch."
|
 |
Colonisation and immigration: an interview with Ashlin Winckler
Ashlin Winckler, Izak de Vries
Interviews
"Ashlin tells us about growing up in Cape Town, relocating to a country where she does not speak the local language, and about the aftermath of colonisation that is still visible in the Netherlands and in South Africa."
|
 |
Van Ewijck Stigting-prestasieprys 2022: ’n onderhoud met Ingrid Glorie
Naomi Meyer, Ingrid Glorie
Interviews
"Toch biedt het feit dat Nederlanders en Vlamingen het Afrikaans dankzij de taalverwantschap redelijk makkelijk kunnen verstaan, extra mogelijkheden. Die wil ik gebruiken. Zuid-Afrika beschikt over onvoorstelbaar veel talent, zowel op het gebied van literatuur, muziek als toneel. De verhalen die uit Zuid-Afrika komen, maken indruk."
|
 |
Vrouwelijke auteurs bundelen krachten in schrijverscollectief Fixdit
Ingrid Glorie
Academisch
Fixdit is een collectief van Nederlandse en Vlaamse schrijfsters dat genderongelijkheid in de letteren aan de kaak wil stellen en de canon wil uitbreiden met het werk van belangrijke vrouwelijke auteurs. Vertrekpunt voor het gesprek is een LitNet Akademies-artikel van Marian Human-Nel en HP van Coller over de receptie van het literaire werk van de Afrikaanse schrijfster Eleanor Baker. |
 |
"Om te behoort"-simposium: Translingual impressions
René Bogović
Academisch
"Taal behoort aan niemand nie, maar taal laat mens behoort. Taal verander my nie, dit gee my nie nuwe identiteite nie, taal laat my verken wat al binne my is. Elke nuwe taal is ’n nuwe uitsigpunt om hierdie mal lewe om my te probeer prosesseer." |
 |
Vra die veearts: My worshondjie het gedink hy is Superman
Marianne Lomberg
Mens en dier
Adriana skryf: "Hallo, my worshondjie is sewe jaar oud, nou in Desember. Hy was lief vir spring; hy het gedink hy is Superman. Sy ruggie het nou begin seer raak. Miskien een keer te veel gespring?"
|
 |
Vra die veearts: Hond se voetkussinkie
Marianne Lomberg
Mens en dier
Sindy skryf: "Dis die eerste keer wat hy regtig nie op sy poot wil loop nie, so ek is baie bekommerd en weet nie watter 'menslike' pynmedikasie ek vir hom kan gee nie."
|
 |
Vra die veearts: Duur hondekos kou die begroting
Marianne Lomberg
Mens en dier
Leonie skryf: "Ons twee honde is al vandat hulle babas was, op Eukenuba. Ongelukkig is my man op vroeë pensioen geplaas en kan ons nie meer die kos bekostig nie. Ons is radeloos."
|
 |
’n Ontleding van nostalgiegedrewe advertensies in Suid-Afrikaanse tydskrifte
Adéle Kotzé, Angelique van Niekerk
LitNet Akademies (Geesteswetenskappe)
"Alhoewel die onderskeie tipes objektivering verteenwoordigend in die advertensie-ontledings voorkom, is die voorkoms van emosionele objektivering opmerklik en begryplik, aangesien nostalgiegedrewe advertensies hoofsaaklik op die emosies van persone in die teikenmark inspeel."
|
 |
Indeks: notas, toetse en vraestelle
LitNet
Notas, toetse en vraestelle
Daar word heelwat inhoud vir skoolkinders op LitNet gepubliseer. Dit kan ook vanjaar met voorbereiding help! Hier is al die gratis studiemateriaal vir skole wat op LitNet beskikbaar is, gelys volgens graad.
|
 |
Huiskos deur Herman Lensing hoort in elke kombuis
Anne-Marie Burger
Lesersindrukke
"Ek het ’n foutlose melktert uit hierdie prentjiemooi boek gemaak. Met die klem op 'foutloos'! Een, twee, drie, en almal kon weglê. Ek kan nie onthou of ek al ooit ’n resep die eerste keer suksesvol gemaak het nie."
|
 |
Merrydown Farm, a Karoo novel by Michael King
Paul Murray
Books and writers
"He wants to be alone to remake himself in conditions of aloneness, of brief solitariness. Here begins his exploration. He is a tabula rasa on which he can rewrite his story. He explores the place geographically, establishes a frame within which to live his life. He discovers new ways, new routines, sees new things."
|
 |
Die troebadoer, ’n vertelling: ’n onderhoud met Marié Heese
Amanda Botha, Marié Heese
Skrywersonderhoude
"Hier wil ek jou iets vertel wat die dramaturg Bartho Smit eenkeer gesê het by ’n byeenkoms van die Skrywersgilde waar ek was. Hy het gesê jy moet altyd onthou jou onderbewussyn is jou medeskrywer. Die allegoriese benadering het my as’t ware bekruip."
|
 |
First sip: Becoming a doctor by Hloni Bookholane
NB Publishers
LitNet Eerste Slukkie | First Sip
"The first time I broke bad news to a real, live family it went horribly. If it were an OSCE (objective structured clinical examination) station, I would have failed."
|
 |
Skryfkompetisie: Eet my woorde
LitNet
Skryfkompetisies
LitNet nooi jou uit om ’n gedig oor kos, of die tekort daaraan, te skryf en daardeur vir drie groot kontantpryse in aanmerking te kom. Sluitingsdatum: 21 Januarie 2022.
|
 |
Eet my woorde: Inskrywings (1)
LitNet
Skryfkompetisies
Dié lekker gedigte sal jou mond laat water! Hier is die eerste groep inskrywings wat vir LitNet se skryfkompetisie "Eet my woorde" ontvang is. Die kompetisie sluit op 21 Januarie 2022.
|
 |
Eet my woorde: Inskrywings (2)
LitNet
Skryfkompetisies
Van Kersfeeskos tot sielskos – hier is die tweede groep inskrywings wat vir LitNet se skryfkompetisie "Eet my woorde" ontvang is. Die kompetisie sluit op 21 Januarie 2022.
|
 |
Eet my woorde: Inskrywings (3)
LitNet
Skryfkompetisies
’n Buffet van gedigte is hier opgedis in die derde groep inskrywings wat vir LitNet se skryfkompetisie "Eet my woorde" ontvang is. Die kompetisie sluit op 21 Januarie 2022.
|
 |
hierdie vakansie
Willem de Swyger
Poësie
"hierdie vakansie
wil ek my moeë lyf
lawe met seelug
genesend soos salf
op seer spiere"
|
 |
Nagereg
Neo Mehlomakulu
Poësie
"smiddae onder die koeltebome sit
hulle met hare wat vyftig rigtings inslaan,
uitgerekte spaghetti-toppies,
en valse tande wat kort-kort uitval
hulle eet dan die leftover"
|
 |
Ek is mal oor jou
Celestie du Plessis
Poësie
"Lank voor die branders se stemme wou breek
of die wind sy eie wil kon ken,
was ek gaande oor jou."
|
 |
Pap en vleis
Anthony Stockwell
Poësie
"Vergeet maar van ontsnap
Jy is sy ete, klaar betrap
Hy soek nou eers sy hap"
|
 |
Conclusion
Heidi Henning
New writing
"He died in isolation
Surrounded by sterile strangers
Unknown machines
In an intensive care unit
Without history or memory
Or a warm hand in his."
|
 |
Sadness
Karin Walker
New writing
"sadness cannot be contained
nor repressed
it seeps unceremoniously
through the tiniest slit"
|
 |
Persverklaring: Willem de Beer se doktorale klavieruitvoering
LitNet
Musiek
Willem de Beer studeer onder Anton Nel aan die Universiteit van Texas in Austin. Hy voltooi tans sy doktorsgraad en Artmusic.TV is trots om sy eerste voordraguitvoering vir hierdie graad, wat in Desember 2021 opgeneem is, aan te bied.
|
 |
Aanskou Bidsprinkaan se maan | Behold Praying Mantis’s moon
LitNet
Afrikaanse Taalmuseum en -monument-portaal
Ter ondersteuning van die Sentrum vir Astronomiese Erfenis se projek om inheemse name vir volmane in Suider-Afrika te bevorder, word hierdie piekniek gewy aan Bidsprinkaan. | In support of the Centre for Astronomical Heritage’s project to promote indigenous names for full moons in Southern Africa, this picnic is dedicated to Praying Mantis.
|
 |
Press release: ekstasis
LitNet
Lifestyle and entertainment
This award-winning short film, written and directed by Emilie Badenhorst and Kanya Viljoen, is an exploration of a young woman that discovers love and intimacy, and the loss thereof, through a blossoming relationship with her best friend and the dissipation of her parents’ marriage. The film uses the landscape of multilingualism in South Africa, the Afrikaner culture and LGBTQIA+ bodies to question the moments of existing in between these spaces and borders created within society. ekstasis will be released on Vimeo on 21 January 2022.
|

Konklusie of gevolgtrekking? Kontradiksie of teenstrydigheid?
LitNet Akademies wil navorsers graag help om meer gespierde Afrikaans te skryf. |
|