Can’t see this mail? Click here to view it online

- ISSN 1995-5928 - Ingesluit LitNet Akademies

 

Nuusbrief 766

12/09/2019


  Krities Afrikaans

LitNet: Breyten word 80

Kroonboek

Die mooiste meisie van Genua

Terwyl hy sit en teug aan ’n negroni op ’n terras, skryf die skrywer Ilja Leonard Pfeijffer ’n lang brief aan ’n vriend in sy tuisland. ’n Brief waarin hy rapporteer oor sy lewe as ontdekker in die labirintiese Italiaanse hawestad Genua (“La Superba”). Migrasie is die hooftema in hierdie outobiografiese roman waarin die lot van ’n immigrant uit die noorde van Europa gekontrasteer word met die lotsbestemming van die arm immigrante uit Afrika wat gedisillusioneerd sukkel om kop bo water te hou.

Titel: Die Mooiste Meisie van Genua
Skrywer: Ilja Leonard Pfeijffer (Vertaal deur Fanie Olivier)
Uitgewer: Protea

Breyten word 80

Breyten by Tuin van Digters 2019

Francois Lötter, Remona Voges
Feeste

Die jaarlikse Tuin van Digters-fees vind komende naweek in Wellington plaas. Remona Voges het met die organiseerder, Francois Lötter, gesels oor wat hierdie jaar se fees inhou.

Breytenbach op 80: Perspektiewe op Breytenbach | Perspectieven op Breytenbach

Louise Viljoen, Yves T'Sjoen
Boeke en skrywers

By geleentheid van die 80ste verjaardag van Breyten Breytenbach op 16 September 2019 is ’n digitale publikasie saamgestel waarin daar aandag gegee word aan afsonderlike gedigte uit sy omvangryke oeuvre. | Ter gelegenheid van de tachtigste verjaardag van Breyten Breytenbach op 16 september 2019 is een digitaal dossier samengesteld met aandacht voor afzonderlijke gedichten in het omvangrijke oeuvre.

Breyten op 80: Perspektiewe | perspectieven op Breyten – Dewald Koen en Gerard Scharn

Dewald Koen, Gerard Scharn
Boeke en skrywers

Dewald Koen: "In die gedig '3.14 (Taalstryd)' uit die bundel Lewendood wend die spreker homself tot ironie om die taalstryd ten opsigte van die erkenning en bevordering van Afrikaans binne die politiese sfeer van die gebeure voor en na afloop van die 1976-Soweto-opstande te verwoord." Gerard Scharn: "Welgeluksalig is die kinders van Dimbaza, van Welcome Valley, Limehill en Stinkwater, zwarte vlekken op een witte kaart. Wist ik veel, ik was er niet geweest om erover mee te kunnen praten of erover te oordelen."

Breytenbach op 80: Perspektiewe | perspectieven op Breytenbach – Alwyn Roux en Johan Reijmerink

Alwyn Roux, Johan Reijmerink
Boeke en skrywers

Alwyn Roux: "In hierdie lesing bestudeer ek die verskil tussen leksikale betekenis van woorde (van skryf) en die pragmatiese effek van woorde (werklike dade)." Johan Reijmerink: "De dichter problematiseert met zijn metonymische dubbelzegging het fenomeen water. Hij verlaat met zijn formulering de natuurlijke instelling die we in ons alledaagse leven tegenover water hebben."

Breytenbach op 80: Perspektiewe | perspectieven op Breytenbach – Daniel Hugo en Job Degenaar

Daniel Hugo, Job Degenaar
Boeke en skrywers

Daniel Hugo: "Die slotwoorde eggo ook die titel van een van Breyten se tronkbundels, naamlik Lewendood, en hou verband met die digter se Boeddhistiese siening van die verweefdheid van lewe en dood. Op dieselfde paradoksale wyse kan die digter tegelyk blind wees én sien."

Boeke en skrywers

Week van de Afrikaanse Roman 2019: onderhoud met Eben Venter

Naomi Meyer, Eben Venter
Onderhoude

"Altyd vir Koos Prinsloo bewonder vir sy slim, woord-spaarsamige en uitdagende stories, maar teen die tyd dat ek Ek stamel ek sterwe geskryf het, het ek 'n eie stem gehad om daardie storie te vertel."

Week van de Afrikaanse Roman 2019: onderhoud met Frazer en Deniel Barry

Naomi Meyer, Frazer Barry, Deniel Barry
Onderhoude

"Ons hoor gewoonlik dat jy net stadig moet praat indien jy as Afrikaanssprekende in Nederland ’n gesprek voer. Alhoewel dit by tye werk, gaan jy agterkom dat Afrikaans in Afrika gevorm is en daarom ’n heeltemal nuwe taal is met oorblyfsels van ou Nederlandse woorde."

Elgin Grabouw-krimifees 2019: "Uit ’n ander hoek"-video

LitNet
Visueel

Spioene, kuberkrakers en dies meer vorm deel van hierdie opwindende skrywers se rolverdeling. Jonathan Amid in gesprek met Peter Church, Carina Diedericks-Hugo, Jo Nel en André Krüger. As jy die Elgin Grabouw-krimifees misgeloop het, kyk hier na nog 'n video deur Naomi Bruwer van een van die gespreksgeleenthede.

Elgin Grabouw-krimifees 2019: "Wie steun die speurders?"-video

LitNet
Visueel

Nie eens Benny Griessel werk alleen nie. Dié skrywers span die net wyer as net die speurder. Jonathan Amid in gesprek met Jeanette Stals, Andrew Brown, Sally Andrew en Deon Meyer. Kyk nog 'n video deur Naomi Bruwer van die Elgin Grabouw-krimifees.

Uitnodiging: Saterdag-Boekemark by die NALN-Opedag

LitNet
Boeke en skrywers

Almal word uitgenooi na die Vriende van NALN-vereniging se Boekemark in die pragtige ou Ketelkelder op Saterdag 14 September 2019, 8:30–12:30.

Jan Rabie & Marjorie Wallace-skrywersbeurs 2020

LitNet
Boeke en skrywers

Hierdie beurs, befonds deur ʼn ruim bemaking van wyle Marjorie Wallace, wil hoofsaaklik ʼn belowende of gevestigde skrywer in staat stel om vir ʼn jaar lank te fokus op ʼn projek in skeppende skryfwerk in Afrikaans. Die skryfprojek moet op publikasie gerig wees.

Peter Pan en Laurie deur Marié Heese: ’n lesersindruk

Anke Theron
Lesersindrukke

"Om vir ewig sorgvry te lewe, is ’n universele wens wat oor elke mens se pad kom. Dit is moontlik ook die grootste bydraer tot die verhaal se sukses."

Twyfelaars wat glo: 'n onderhoud met Chris van der Merwe

Naomi Meyer, Chris van der Merwe
Skrywersonderhoude

"Twyfel is menslik; maar ek dink geloof is ook menslik. Soos Augustinus gesê het, daar is ʼn verlange in die menslike psige wat alleen deur God gestil kan word. Twyfel sonder geloof en geloof sonder twyfel is albei vir my onwenslik."

Boekresensie: Koebesie deur Trienke Laurie

Dewald Koen
Resensies

"Die bundel inkorporeer Laurie se voorliefde vir kuns met dié van poësie. Talle van Laurie se tekeninge en skilderye verskyn in die bundel asook op die voorplat."

Boekresensie: Ek kom terug deur Adriaan van Dis (vertaal deur Daniel Hugo)

Dewald Koen
Resensies

"Die Nederlandstalige Ik kom terug het in 2014 verskyn en is in 2015 bekroon met die Libris Literatuurprys. Die Afrikaanse vertaling is behendig deur Daniel Hugo behartig."

Fietsstad Amsterdam, hoe Amsterdam de fietshoofdstad van de wereld werd, Fred Feddes in samenwerking met Marjolein de Lange

Hendrik-Jan de Wit
NeerlandiNet

"Fred Feddes schreef in samenwerking met Marjolein de Lange een indrukwekkend boek Fietsstad Amsterdam, hoe Amsterdam de fietshoofdstad van de wereld werd. Een heuse monografie over het fietsen in Nederland, maar vooral in Amsterdam."

De vruchten mijner werkzaamheden deur MD Teenstra: herdruk beskikbaar

Chris van der Merwe
Boeke en skrywers

"Vir mense wat belangstel in die geskiedenis van Afrikaans is die publikasie van besondere belang, want dit sluit Teenstra se weergawe in van sy gesprek met ’n Caledonse boer en sy vrou, tesame met sy kommentaar op die vervormde Nederlands wat aan die Kaap gepraat word."

Nederlandse digkuns gevier by Open Book Festival 2019 (Kaapstad)

Menán van Heerden
Feeste

Die jaarlikse Open Book Festival het van Woensdag 4 September tot Sondag 8 September in Kaapstad plaasgevind. Die bekroonde Nederlandse digters Radna Fabias en Simone Atangana Bekono was by die fees te sien. Die Afrikaanse digters en skrywers Pieter Odendaal, Diana Ferrus, Chase Rhys, Jitsvinger en Hakkiesdraad Hartman het ook opgetree. Menán van Heerden het ’n fotogalery en ’n kort video van die fees saamgestel.

Writers Terry Kurgan and Siphiwe Ndlovu celebrated at the 2019 Sunday Times Literary Awards

LitNet
Books and writers
The winners of the 2019 Sunday Times Literary Awards were announced at an event held at The Empire Conference & Events Venue in Parktown on Friday, 6 September.
Chanette Paul (1956–)

Erika Terblanche
ATKV|LitNet-Skrywersalbum

“Skryf bly vir my ’n verwonderenswaardige proses. Ek begryp nie dié mag van die storie en karakters wat oorneem nie, maar ek wil dit vir niks ter wêreld verruil nie.” Chanette Paul se ATKV|LitNet-Skrywersalbum is nou volledig bygewerk.

Aanloop

Crito
Blogs

Crito resenseer resensies oor Vloek deur Rudi van Rensburg, Verslag deur Clinton du Plessis, Tussen toeval en willekeur deur Kobus Lombard en Doodsengel deur Madelein Rust.

Menings

Spookstories: Vullishoop

Spook Louw
Menings

"Ek laat my Instagram-stories speel, daar’s free WiFi by die werk. #menaretrash. Proteste in die stad. Nog 'n dogtertjie ontvoer. Iemand se kat. Iemand met Instagram se katfilter op haar en haar vriendinne."

South African poet and writer obtains five master’s degrees from top universities

Marli van Eeden, Athol Williams
Interviews

"The distinction proves how limitless humans can be. That someone from the Cape Flats can achieve such results at the top university in the world shows that we are limited only by our vision and determination."

#AmINext-optog: ’n perspektief

Cliffordene Norton
Menings

"En al wat deur my kop gegaan het, was: Hoe kan julle nie verstaan nie? Ons gaan dood, word verkrag, lewe in vrees en al wat jy sien, is die woede waarmee ons reageer? Waarom is julle nie ook woedend nie? Wat moet ons nog doen?"

Van boekfeeste en protesaksies

Bettina Wyngaard
Rubrieke

"Flieks, musiek, boeke, gedigte, skilderye, komedies, sketsprente ... alle denkbare vorms van kuns kan in diens van verset gebruik word. Uit die aard van wat ek doen, is die woordkuns vir my belangrik. Woorde, of dit gesing, gepraat of geskryf word, kan ʼn verskil maak. Dit kan verborgenhede oopvlek."

NouNet-mening: Xenofobie – Hoe Suid-Afrikaners hulleself in die voet skiet

Gerbrandt van Heerden
NouNet

"Vir ’n lang tyd is Suid-Afrika beskou as ’n aanloklike bestemming vir baie immigrante om ’n nuwe, meer suksesvolle lewe te begin. Maar onlangse gebeure in die land kan veroorsaak dat hierdie trekpleisters nie meer genoeg is vir mense om na Suid-Afrika te verhuis nie. In 2019 word Suid-Afrika weereens geskud met xenofobiese geweld." #NouNet

Aan die anderkant van die Japan: ’n Ope brief aan Marthinus Beukes

Leti Kleyn
In memoriam

"Elke jaar, op my verjaardag en jou doodse dag, stap ek oor die altyd winderige plein teen die trappies van die tempel op om vir jou ’n lampie aan te steek."

Die storie(s) van Chester Williams

Heindrich Wyngaard
In memoriam

"Die indruk wat Williams deurentyd gelaat het as speler en oudspeler, was dat daar by hom egter geen bitterheid bestaan nie, eweneens ’n karaktereienskap van ’n groothartige mens." Lees Heinrich Wyngaard se huldeblyk aan die ontslape Chester Williams hier.

Nou op Voertaal

Bande tussen Breyten Breytenbach en die Lae Lande verken in internasionale tydskrif

Willem de Vries, Yves T'Sjoen
Interviews

In die nuwe uitgawe van die tydskrif Zacht Lawijd staan die Afrikaanse skrywer en skilder Breyten Breytenbach se aanwesigheid en resepsie in Nederland en Vlaandere sentraal. Yves T’Sjoen is die redakteur van die tydskrif. Hy het Willem de Vries se vrae beantwoord en vertel van die komende program in Gent in die jaar wat waarin Breytenbach se 80ste verjaardag internasionaal gevier word.

Damplein hoor die roepstem van die vroue

Elani Willemse
Meningen

In solidariteit en meelewing met hul tuisland het ongeveer 200 Suid-Afrikaners op Sondag 8 September op Damplein in Amsterdam gedemonstreer teen geslagsgebaseerde geweld en xenofobie. Elani Willemse doen verslag.

#AmINext #UyineneMrwetyana #saynotoxenophobia

Eben Etzebeth en die tragedie van die vrou

Hans Pienaar
Nuusvinke

"Baie mense is kwaad vir die Springbok-rugbyspeler Eben Etzebeth. Hoewel daar geen bewyse is dat hy skuldig is aan enige klagtes van aanranding nadat hy onlangs in ’n groep vir ’n aand uit na Langebaan was nie, voel baie mense, veral vroue, dat waar daar ’n rokie is, daar minstens ’n vape-kooltjie moet wees."

Caster Semenya wend haar tot sokker ná atletiekklappe

Jean Oosthuizen
In het nieuws

"Die Suid-Afrikaanse Olimpiese atletiekkampioen Caster Semenya se besluit om haar na die sokkerveld te wend beteken nie noodwendig sy is verlore vir atletiek nie. Die tweemalige Olimpiese kampioen gaan egter volgende jaar haar atletiekskoene vir ’n sokkerbal verruil. Semenya het verlede week ’n kontrak met die plaaslike JVW-sokkerklub onderteken."

 

Zuid-Afrikaanse studenten op logies

Marc Lefever
Reizen

"Tijdens het weekend van 5 tot 7 juli 2019 hadden wij samen met vier andere gezinnen uit de omgeving van Sint-Genesius-Rode het genoegen om elk twee Zuid-Afrikaanse studenten te mogen huisvesten. Zij waren op studiereis door België en Nederland om kennis te maken met onze taal en cultuur. Wij waren erg positief verrast over de levenswijsheid die wij bij deze toch nog jonge mensen reeds aantroffen en over de mate waarin zij zich betrokken voelden bij het reilen en zeilen van hun land."

Regering hou hoëvlakgesprekke oor xenofobie

Jean Oosthuizen
In het nieuws

"Suid-Afrika se minister van Internasionale Betrekkinge, Naledi Pandor, het Maandag beloof dat die regering alles in sy vermoë sal doen om die vlaag xenofobie wat die afgelope weke oor die land spoel, hok te slaan. Die minister het in Pretoria met ambassadeurs en hoëkommissarisse van Afrikalande vergader oor die xenofobiese aanvalle in Suid-Afrika. Dele van Gauteng het onder aanvalle deurgeloop toe besighede, hoofsaaklik van buitelanders, geplunder en aan die brand gesteek is. Dié aanvalle het gelei tot vergeldingsaanvalle op Suid-Afrikaanse ondernemings in die buiteland."

Veelstemmigheid Zuid-Afrikaanse poëzie in Amsterdams "huis voor taal" over het voetlicht gebracht

Ingrid Glorie
Zuid-Afrikahuis

"Af en toe steeg er aan het eind van een gedicht een zucht op, of werd er instemmend gebromd. Tijdens een afwisselende voorstelling konden de bezoekers van De Nieuwe Liefde, 'huis voor taal' in Amsterdam, zondag 8 september kennismaken met de Zuid-Afrikaanse poëzie in de breedste zin van het woord."

SA-ambassadeur in Nederland herroep na hy land in oneer bring

Jean Oosthuizen
In het nieuws

"Die staatsamptenaar Bruce Koloane, wat die omstrede Guptas in 2013 gehelp het om toestemming te verkry om met hulle privaatvliegtuig op Waterkloof-lugmagbasis te land en daarna met ’n ambassadeurskap in Nederland beloon is, se diplomatieke loopbaan is kortgeknip."

Leefstyl

Bekroonde toneelstuk In Slavenhuis 39 nou by die Kunstekaap te sien

Marli van Eeden, Herschelle Benjamin
Onderhoude

"Dit was ook baie verblydend om die prys vir Beste Opkomende Kunstenaars te wen. En om nou weer by die Kunstekaap te speel is ook ’n hoogtepunt."

’n Tertjie teen die seer

Karen Hart
Kos en wyn

“Wanneer ek nie kan wegkom van pyn en verlies nie, of net op ’n dag voel ek kan nie hierdie las van menswees langer dra nie, trek ek die koekpanne nader. In krisistye bak ek.”

Kalmeer, dis net Robbie

Chris Brunette
Musiek

“Maar dis ook waar dat ons moderne woordeskat by die dag verder ingeperk word deur polities korrekte spraak. Sekere goed mag nie gesê word nie of moet op ander maniere gesê word. Robbie se woordeskat word deur humor uitgebrei.”

Ken Nordine se unieke woordmusiek

Pieter van der Lugt
Musiek

“Toe die advertensies ophou, het mense radiostasies gebel en gevra dat hulle dit weer speel. Dit het Ken besiel om in een dag (het hy beweer) ’n album van kort stukke oor 34 verskillende kleure te skryf en op te neem.”

KykNET Silwerskermfees 2019: Gehoorgunsteling Fiela se kind binnekort in rolprentteaters te sien

Marli van Eeden, Brett Michael Innes
Interviews

"This adaptation is different both narratively and stylistically, with a greater focus on the Komoetie family and their experience of loss when Fiela begins her journey to get Benjamin back. The film also takes advantage of present-day cinematic tools and language to create a film that, while respectful of the previous film, offers a different emotional and visual journey."

Winterfoto-kompetisie – Johan Kotze is die wenner!

LitNet
Foto-kompetisies

Johan Kotze se foto is aangewys as algehele wenner van LitNet se Winterfoto-kompetisie. Kyk hier hoe sy foto lyk.

Akademies en skole

Multilingual schools, multilingual universities: an interview with Russell Kaschula and Michael Kretzer

Naomi Meyer, Russell H Kaschula, Michael Kretzer
English

"[T]he involvement and inclusion of many African languages through code-switching, or translanguaging, helps the pupils to learn from each other, and be aware of different cultures and languages, and understand why certain pupils think and learn in certain ways."

’n Toekomsgerigte tegnologieryke taalklaskamer

Michele van der Merwe
Akademies en skole

Michele van der Merwe gee praktiese voorstelle vir tegnologie-integrasie in die taalklaskamer.

Uitnodiging: TT Cloete-huldigingslesing

LitNet
Akademies en skole

U word hiermee vriendelik uitgenooi na die TT Cloete-huldigingslesing wat op 9 Oktober 2019 plaasvind.

Wiskunde met LitNet

LitNet
Akademies en skole

Is jy in graad 12 en besig om voor te berei vir die rekord- en eindeksamen? Kyk hierdie eerste van vier video's waarin Lee-Ann West jou daarmee help. Teken in by LitNet om nog weeklikse video's te ontvang!

Portale

Gesogte ATKV-Woordveertjies vir uitblinkers: hier is 2019 se wenners

LitNet
ATKV-Portaal

Tydens ’n luisterryke en feestelike aand van woorde en wenners, is die ontvangers van vanjaar se ATKV-Woordveertjies op Vrydag 6 September in Stellenbosch aangewys.

Die ATKV-Woordveertjies 2019 in beeld

Izak de Vries
ATKV-Portaal

Die ATKV-Woordveertjies is vanjaar vir die twaalfde keer aangebied. Die geleentheid het op Vrydag 6 September 2019 in die Adam Small-teater in Stellenbosch plaasgevind.

Artikels en resensies uit Taalgenoot se Herfs 2019-uitgawe

LitNet
PEN Afrikaans

Te danke aan die Taalgenoot-redaksie kan PEN Afrikaans die taal- en boekverwante inhoud uit dié kwartaallikse tydskrif se Herfs 2019-uitgawe hier deel.

PEN Afrikaans: Die wêreld van die skrywer – Henning Pieterse

Henning Pieterse
PEN Afrikaans

"Die wêreld van die skrywer” is PEN Afrikaans se artikelreeks waarin skrywers uitbrei oor temas wat met die praktyk van skryf te doen het. Die bekroonde digter, vertaler en letterkundige Henning Pieterse is in hierdie artikel aan die woord.

PEN Afrikaans: Afrikaanse resensies en boekgesprekke in Augustus 2019

LitNet
PEN Afrikaans

Hier is PEN Afrikaans se oorsig van Afrikaanse resensies wat in Augustus 2019 verskyn het en digitaal beskikbaar is.

Mediavrystelling: Taalmonument bied gevorderde klasse oor boekherstel en -bindery

LitNet
Afrikaanse Taalmuseum en -monument-portaal

Tydens die tweetalige driedagkursus sal deelnemers onder meer drie boeke maak, solanderbokse bou, stikwerk van bladsye doen en baie meer oor boekherstelwerk leer.

Nuwe Skryfwerk

die sneeuluiperd

Jacobus Swart
Poësie

“’n bergbok
die stolpunt
in die bleekgroen lawaglas van jou oog”

Friedrich Nietzsche – es ist vollbracht

Jacobus Swart
Poësie

“op jou knieë
onder die gewig van ’n enkele woord
jou grondelose hande uitgesteek
na die trekdier onder ’n sweep”

Katedraal

Marius Coetzee
Poësie

“Sophie sit slaggereed om haar toegif te offer sonder voorbehoud.
Sy laat loop met ʼn brute geesdrif wat menige protestant sal knak.”

Aftree-oord

Estelle Kruger
Poësie

“Party vir ’n vriendelike glimlag
Ander vir ’n nuwe dag
Ons almal wag”

Bybel in Kaaps: Job 3

Olivia M Coetzee
Bybel in Kaaps

"Hoekô het God lig gegie vi iemand wat net swaakry? Hoekô het Hy iemand lat liewe wat net altyd ongelukkig gat wies, iemand wat wens dat hy sterf, maa die dood kommie?"

Elders gesien

Seen on Facebook: Robert Mugabe

Jeanne-Marie Jackson
Elders gesien

Seen on Facebook. "Zimbabweans wrestling with the many conflicting feelings ..."

Elders gesien: #AmINext en Afrikaanse liedjies

Ivor Price
Elders gesien

Lees hier wat die gerekende joernalis, Ivor Price, op 5 September 2019 in die gees van die #AmINext-protes rakende die objektifisering van vroue in Afrikaanse liedjies op Twitter gesê het.




Konklusie of gevolgtrekking? Kontradiksie of teenstrydigheid?
LitNet Akademies wil navorsers graag help om meer gespierde Afrikaans te skryf.

KONTAK

litnet@litnet.co.za

021 886 5169


© 2019 LitNet. Alle regte voorbehou | All rights reserved