|
|
- ISSN 1995-5928 - Ingesluit LitNet Akademies
|
|
Nuusbrief 1036
06/02/2025
|
Krities Afrikaans
|
LitNet: Jou hulpverlening |
 |
|
Skrywer: Zirk van den Berg
Uitgewer: Tafelberg
ISBN: 9780624095149
Min het Zirk van den Berg, toe hy in 1998 met sy gesin na Nieu-Seeland verhuis, geweet wat dit sou verg vir ’n huis vol Kapenaars om Kiwi’s te word. Hy vind homself werkloos, in ’n piepklein huisie van karton, in die land van kettingsae en grassnyers. Die son skyn te min en sy vrou snik snags in haar kussing. Tog slaag Zirk uiteindelik daarin om ’n betekenisvolle bestaan in Auckland vir hom en sy mense te bou.
|  |
|
 |
Trump, grondonteiening, MIV/vigs en tariewe
Freek Robinson, Jannie Rossouw
Onderhoude
Wat gaan gebeur indien Amerika hulp aan Suid-Afrika permanent staak en Suid-Afrika AGOA-voordele verloor? Ekonoom Jannie Rossouw skets die groter prentjie vir Freek Robinson.
|
 |
China in Afrika: Wat om in 2025 te verwag
Fanie Herman
Menings
"China se beleid ten opsigte van Afrika behels die bou van verhoudinge en die skep van ekonomiese bande wat wedersydse ondersteuning tussen China en Afrikalande bevorder. Sedert 2000 is dit ’n formele instelling dat China se minister van buitelandse sake sy eerste oorsese besoek elke jaar aan Afrika bring. Dié hoflikheidsbesoek het weer in 2025 plaasgevind toe die huidige minister van buitelandse sake, Wang Yi, verskeie Afrikalande van 5 tot 11 Januarie besoek het. Die besoek was Wang Yi se 57ste aan Afrika sedert 2013."
|
 |
Remembering Auschwitz
David Willers
Opinion
"[I]n most cases, the causes and atrocities of the wars – Korea, Vietnam, numerous struggles for liberation across Africa and the Middle East, Latin America and a dozen other settings – have been brushed over or inadequately brought to light. South Africa stands out as an exception, with its Truth and Reconciliation Commission. But the truth of the lessons of Auschwitz holds true for a world in conflict since 1945, and makes the 80th commemoration all the more important."
|
 |
Wat sê Bettina? Beurtkrag of strafkrag?
Bettina Wyngaard
Rubrieke
"Is dit blote toeval dat ons die eerste beurtkrag in tien maande ervaar het die dag nadat Nersa Eskom ’n bloedneus gegee het in hul aansoek om ’n tariefverhoging?"
|
 |
Die Johann Rossouw-gespreksreeks: Wat die De Villiers-era aan die Universiteit Stellenbosch ons kan leer
Johann Rossouw
Seminare en essays
"Een van die grootste ironieë is dat wanneer veranderingsgesinde lede van die tradisionele wit, Afrikaanse Stellenbosse elite die US-bestuur tot verantwoording probeer roep, De Villiers se nuwe elite hulle daarvan beskuldig dat hulle bloot hul historiese belange probeer beskerm. Maar nou ja, as ’n nuwe elite sy éie belange beskerm en uitbou in die naam van 'neutrale' ideale, is dit maklik om jou vuil hande telkens in die openbaar te reinig met net nog ’n komitee wat jou onskuldig bevind."
|
 |
Die waardigwording van moedertale in Suid-Afrika
Hercules Boshoff
Seminare en essays
"Die kultivering van moedertale is nie ’n hindernis nie, maar ’n politieke bestaansvoorwaarde vir Suid-Afrika. Meer as die gebruiklike post-1994 T-hemp-politiek en kitsoplossings in opvoeding soos die uitdeel van tablette (terwyl biblioteke verval) gaan nodig wees om die belangrike vraagstuk van taal in die onderwys aan te spreek."
|
 |
That includes you, my dear friend
Andre Vlok
Seen elsewhere
"Your chosen favourite can say or do no wrong, and anything, however outrageous or immoral, can be justified, condoned and, with every-day use and reinforcement, it becomes your new normal, the standard from which to judge The Other."
|
 |
In gesprek met ... Rob Balthussen
Carina van der Walt
Seminare en essays (2014)
"Suid-Afrika het nog steeds die grootste epidemie wêreldwyd, met 5,7 miljoen MIV-positief-pasiënte, al het die behandeling van vigs die afgelope jare met rasse skrede vooruitgegaan."
|
 |
Mbeki die mees destruktiewe president in die ná-1994-era
PP Fourie
Elders gesien (2023)
"’n Studie van Harvard-Universiteit het in 2009 bevind dat Mbeki se weerhouding van teenretrovirale middels in die laat 90’s en vroeë 2000’s direk gelei het tot die dood van meer as 330 000 mense, sowel as die voorkombare infektering van 35 000 ongebore kinders."
|
 |
"[Amerika] is ons woning nie": Ramaphosa en Trump se trompop botsing
Heindrich Wyngaard
Nuusvinke
"Sonder dat hy enige besonderhede kon verskaf, beweer [Trump] dat die Suid-Afrikaanse regering die allerverskriklikste vergrype pleeg deur grond te gryp en deur die behandeling van 'sekere klasse' van landsburgers. ... Suid-Afrika voel reeds die Amerikaanse angel aan die bas met die uitvoerende bevele wat deur Trump onderteken is aangaande hulpverlening aan lande deur die USAID-agentskap."
|
 |
Staatsrede: Ramaphosa sal RNE se weg vir 2025 aanwys
Jean Oosthuizen
Voorblad
"Outa wys op die talle valse beloftes wat in die verlede gemaak is en sê die publiek is keelvol vir valse beloftes, terwyl swak wetstoepassing steeds die land teister en miljoene mense in armoede vasgevang hou."
|
 |
Leesimpressie: Joodse huizen 8 door Frits Rijksbaron, Esther Shaya en Gert Jan de Vries
Erik van den Bergh
Literatuur
"Papieren monument voor een verdwenen cultuur: Over Joodse huizen in Amsterdam, Groningen, Tilburg, Den Haag, Haarlem, Ophemert, Tiel, Elburg, Bussum, Scheveningen en Diemen."
|
 |
Digital mescaline: Exploring AI hallucinations
Alex J Coyne
Meningen
"AI does not yet seem to have the ability to flag possible inaccuracies. Humans using AI without checking the answers generated by it, may end up spreading more falsehoods, allowing AI to create even more false answers."
|
 |
Palings kom op buitengewone maniere oor ons pad
Maryke Roberts
Reisgogga
"Twee baie uiteenlopende gebeure rondom palings lei toe tot ’n interessante ontdekking oor dié visspesie waaroor daar eintlik baie min te wete is én bring ons al die pad tot op Stilbaai, ’n paar maande voor Wêreldpalingdag op 17 Mei gevier word. Palings is ’n bedreigde spesie en dié dag wil bewustheid kweek oor die uitdagings wat palings in die gesig staar."
|
 |
Japanese food: Where the Nippon soul resides
Clifford Roberts
Culinair
"The war also echoed in a dish I would try later in Tokyo, at a shrine and museum for fallen soldiers. Visiting in the early morning is best, before the tour buses arrive, and you can just sit on a bench and absorb the serenity that clings to Japan in general. The restaurant there recreates the dish served to kamikaze pilots before their missions. Called tamago-don, it is a simple bowl of rice with egg."
|
 |
Die abjekte moeder in MS Burger se Bloedfamilie (2012)
Frederick Botha
LitNet Akademies (Geesteswetenskappe)
"Volgens Kristeva is abjeksie dit wat identiteit, stelsels en orde ontwrig, en wat nie grense, posisies of reëls eerbiedig nie. ... Aan die hand van gekose verhale ondersoek hierdie artikel die wyse waarop die verteller haar moeder abjekteer."
|
 |
SteedsDink met LitNet Akademies: Alison Stander oor haar akademiese navorsing
Alison Stander
SteedsDink
In hierdie video gesels Alison Stander oor onder meer die toekoms van taalonderrig en die invloed van tegnologie op kommunikasievaardighede. Sy lewer ook kommentaar oor KI, Afrikaans, kritiese denke en etiek. In LitNet Akademies se SteedsDink-video’s vertel Afrikaanse akademici van die interessante navorsing waarmee hulle besig is.
|
 |
PenAfrican: Eurotrash by Christian Kracht – a book review
Mphuthumi Ntabeni
Books and writers
"Eurotrash, by the Swiss-German author Christian Kracht, is a novel of ideas and what the Germans call Vergangenheitsbewältigung (coming to terms with the past). It is about the grinding burden of having been born into tainted privilege, and the engulfing guilt that comes with that self-realisation."
|
 |
Uit die argief: Kanniedood, kopieregwetgewing en stories: ’n onderhoud met Joha van Dyk
Naomi Meyer, Joha van Dyk
Skrywersonderhoude (2024)
"Ons medestudente en vriende is racially diverse. Daar is dus ook ’n natuurlike instink om diverse karakters te skryf omdat ek grootword met diverse mense in my lewe. Skrywers het ’n geleentheid om onsself in ander se skoene te sit en hulle ervaring so eg en natuurlik moontlik aan te bied – ons moet net verantwoordelik wees daarmee. Ek dink lesers is oop daarvoor as dit reg gedoen word."
|
 |
Persverklaring: Louwhuis en ATKV Digskool 2025
LitNet
Boeke en skrywers
Die Louwhuis en Museum Sutherland bied weer die jaarlikse ATKV Digskool op 28 tot 30 Maart 2025 in die nuut gerestoureerde Louwhuis aan. Soos met die vorige digskole beloof dit om weer ’n besondere Roggeveldse ervaring te wees. Bernard Odendaal en Heilna du Plooy gaan die gespreksleiers wees. Elke kursusganger moet vooraf twee gedigte indien wat deur die aanbieders deurgewerk word vir kommentaar.
|
Op die redakteur se lessenaar |
 |
The tempest: meesters in aksie onder die sterre
Maryke Roberts
Teater
"Jy dink jy ken die storie. Maar dan sit jy een Sondagaand onder die sterre en vlieswolkies van Maynardville-opelugteater in Wynberg en ’n hele ander storie ontvou, danksy die briljante brein van Sylvaine Strike in die regisseurstoel."
|
 |
Die jaar van die slang
Zalman Davis
Reis
"Ons sit by ’n vuurherd. Ek en drie H’mong-vroue. Voor ons prut ’n groot pot sous met verskillende groente vir later se hotpot-ete. Agter, in die kombuis, staan twee mans met groot messe. Hope varkvleis lê in blokkies opgekap. Buite is dit onmenslik koud, maar die perskebome bot."
|
 |
Persverklaring: Drie plaaslike romkoms op Showmax in maand van liefde
LitNet
Leefstyl
Raak verlief hierdie Februarie met drie splinternuwe Showmax Original- romantiese komedies: Soos pynappel op pizza (met Schalk Bezuidenhout en Kate Pinchuck); Gebokste liefde (met Tarryn Wyngaard en Jandré le Roux); en Not my type (met Lorraine Moropa en Lulama Nyembezi).
|
 |
Husse
Julio Agrella
Fiksiekompetisies
"Die snykant wat gereeld skerp gemaak word om eweredige stukkies gras te kan afsteek. ’n Liefdestaak. Jy koester hom soos ’n kleinood in jou arms, ’n saligmakende septer. Jy is nie kwaad nie. Sien nie rooi of swart of blou of enige ander kleur nie."
|
 |
Krisjan se meisies
Marinda Kotze
Fiksiekompetisies
"Terwyl hy my boei, draai ek my kop na die voorruit. Daisy sit doodstil, haar kop effens afwaarts gedraai. Agter haar sit Cassandra en Lucy kiertsregop en staar bot voor hulle uit. Alice lê doodstil half bo-oor Lucy se skoot."
|
 |
Resurrection
Joseph Koetsier
New writing
"The year of the Master’s Resurrection and Ascension.
His call, as the Thunderous Sounds of the Apocalypse."
|
 |
Pretoria
Carla Botha
Poësie
"Daar is pienk-oranje vasgevang in grys
Vroeg in Maart wanneer die buurtbrakke
Gesels oor die dag se ditjies en datjies."
|
 |
Skaduwees
Johan van der Merwe
Poësie
"om skaduwees te laat lewe
wat die son wegvat
wat glimlagte steel"
|

Konklusie of gevolgtrekking? Kontradiksie of teenstrydigheid?
LitNet Akademies wil navorsers graag help om meer gespierde Afrikaans te skryf. |
|