|
|
- ISSN 1995-5928 - Ingesluit LitNet Akademies
|
|
Nuusbrief 1081
19/12/2025
|
Krities Afrikaans
|
 |
|
Skrywer: Christien Neser
Uitgewer: Tafelberg
ISBN: 9780624093398
Heloise begin graad elf by Presidentpark. Daar ontmoet sy AB, die skool se "bad boy", wat ook in haar kunsklas is. Wanneer hulle kunsonderwyser bedank, stel AB vir Heloise aan sy ouma voor, beeldhouer Heike Leibig. Heike se Middeleeuse heldin is Heloise, wat saam met haar geliefde Abelard (na wie AB vernoem is) in Parys se oudste begraafplaas lê. Toeval? Die verhaal verweef temas van tuiskoms, aanvaarding, oorgawe en die kuns van die lewe en liefde. |  |
|
 |
Wie wen met ’n vertelling oor hul troue?
LitNet
Leefstyl
Daar was ’n prys van R2 000 op die spel vir die beste vertelling. Nou, na baie gekopkrap, is die wenner aangekondig. Ons het heerlike stories ontvang. Lees hulle gerus!
|
 |
Jou troudag: Kompetisiewenner aangekondig
LitNet
Wen (2017)
Lesers het vir LitNet vertel hoe hulle ideale troudag sal lyk en spesiale herinneringe aan hul groot dag gedeel. Die wenner van die kompetisie is Clari Niemand. Baie geluk!
|
 |
Gewildste plasings op LitNet: 2025
LitNet
Als oor LitNet
Watter plasings het LitNet se lesers in 2025 die meeste gelees? Ons publiseer graag die lys van die tien gewildste plasings volgens ons statistiekplatform, sowel as ChatGPT se oorsig van die gewildste plasings van die jaar.
|
 |
Calvyn, die sublieme en moderne estetiese ervaring
Deon Liebenberg
LitNet Akademies (Geesteswetenskappe)
"Die algemene opvatting dat Johannes Calvyn negatief ingestel was teenoor gewyde kuns en estetiese ervaring word hier bevraagteken. Sy eie skrywes oor gewyde kuns en die teologiese doel van estetiese ervaring, asook die kommentaar van kenners in hierdie opsigte word gebruik om dié kwessie te ondersoek."
|
 |
Kollig op akademikus Sakkie Spangenberg
Sakkie Spangenberg
SteedsDink
In hierdie video vertel Sakkie Spangenberg meer oor sy agtergrond en akademiese loopbaan, asook sy mees onlangse LitNet Akademies (Godsdienswetenskappe)-artikel "Sterwensbewustheid en lewensgenot in die boek Prediker en in gedigte van Breyten Breytenbach". In LitNet Akademies se SteedsDink-video’s vertel Afrikaanse akademici van die interessante navorsing waarmee hulle besig is.
|
 |
Your AI IQ: Jesus chatbots
Anné Hendrik Verhoef
Opinion
"Can AI imitate God? What is lost when one seeks guidance from a machine?" This video overview of an accredited LitNet Akademies (Godsdienswetenskappe) article by Anné Verhoef is generated by AI.
|
 |
Jeugboeke, die unieke uitdaging
Hannes Barnard
LitNet25-skrywersberaad
"Tieners lees nie meer nie!" sê hulle. "Bog!" sê Hannes Barnard en haal dan statistiek aan om die teendeel te bewys.
|
 |
Jan Rabie & Marjorie Wallace-skrywersbeurs 2026: ’n onderhoud met SP Benjamin
Naomi Meyer, SP Benjamin
Skrywersonderhoude
"En lees was maar nog altyd in my gene. Enige ou koerant of papier wat ek in die veld kry, was vir my ’n bron van inligting. Terwyl die tjommies voëls en akkedisse gejag het, het ek na die naaste hoop vullis gegaan om ’n leesding te soek. Tot groot frustrasie van die ander. Dit was ek. Daardie was my gewoonte."
|
 |
50 jaar gelede: tydlyn van Breyten Breytenbach se traumatiese jaar
Francis Galloway
Seminare en essays
"Vanjaar het bepaalde brokkies oor Breyten in Die Burger se Uittreksels-rubriek '50 jaar gelede' my op ’n klein tydlynreis geneem. Die '50 jaar gelede'-brokkies is kort uittreksels uit prominente voorbladberigte; elders in die koerant kon daar ook aanvullende berigte wees."
|
 |
"The covenant of dust": notes for a new project
Mphuthumi Ntabeni
Books and writers
"For now, I continue reading – lifting the dust of archives, tracing the moral DNA of empires. The covenant demands it. And dust, after all, is where every story of human belonging begins."
|
Op die redakteur se lessenaar |
 |
Agterstories: Ou nuus kry nuwe baadjie
Johan Fourie
Rubrieke
"Sodra koerante data word, kan mens bekende vrae skielik met veel fyner instrumente beantwoord. … Hoe het berigte oor rasse-onluste oor streke heen versprei? Wanneer het die gesprek oor werkloosheid skielik toegeneem? Hoe vinnig het stories oor nuwe tegnologie, soos die telefoon, die motor, of die rekenaar, van die kusstreke na die binneland beweeg?"
|
 |
Springmielies: Deus in Machina – my selfoon spioeneer op my
Nini Bennett-Moll
Rubrieke
"’n Vriendin sê nou die dag vir my sy wil nou nie paranoïes klink nie, maar haar selfoon weet alles van haar af. Want, vertel sy my, haar foon hoor en sien alles wat sy doen. En: Die foon verstaan selfs Afrikaans ... Inderdaad: Dit is alles so, en mens noem die verskynsel omgewingsintelligensie (ambient intelligence of AML)."
|
 |
Die Lasarus-effek: Alba Bouwer (1920–2010)
Jannie Pretorius
Visueel
"Alba Bouwer se literêre loopbaan het op ’n onverwagse manier begin toe Landbouweekblad haar in 1954 versoek het om stories vir hulle kinderrubriek te skryf. Sy het nostalgiese verhale geskep wat teruggryp na haar geliefde plaastyd. Dit het tot die geboorte van Stories van Rivierplaas gelei."
|
 |
Die Lasarus-effek: RW (Roland) Schikkerling (1879–1944)
Jannie Pretorius
Visueel
"Roly, soos hy deur vriende en familie genoem is, het as negentienjarige by die Boeremagte aangesluit. Hy was van die begin af baie realisties oor die Boere se kanse op ’n oorwinning. Op bladsy 2 van sy fantastiese dagboek sê hy: 'Ek moet erken dat ek bloedmin hoop gehad het op ’n suksesvolle einde vir ons. Maar hoekom moet daar hoop wees?'"
|
 |
Kanada – wanneer jeug ons weer vind
Stephen Fourie
Reizen
"Die jare het verbygegaan, maar hier vind ons mekaar weer – ons lag steeds vir dieselfde grappe, ons stry steeds oor dieselfde kwessies en ons verwonder ons steeds aan die natuur. Ek besef om oud te word beteken nooit om te laat gaan wie jy eens was nie; dit beteken eerder om dit vorentoe te dra, soos ons. Na al die paaie en ompaaie wat ons gestap het, bly ons steeds net twee laaities van Parow, en Bob Dylan se 'Forever young' sweef saggies as ’n seëning deur die lug."
|
 |
Leesimpressie: Het geschenk door Gaea Schoeters
Erik van den Bergh
Literatuur
"Spitse, geestige en verrassende roman. Berlijn krijgt bij verrassing 20.000 olifanten cadeau van de president van Botswana als dank voor de Ivoorwet waarbij de invoer van jachttrofeeën beperkt wordt. Hoe reageert de bondskanselier, de regering, de oppositie en de samenleving?"
|
 |
Persbericht: Gerrit Komrij-prijs 2025 voor Tom Lanoye
Voertaal
Literatuur
Het resultaat is een absurd boek waar de liefhebber van Middeleeuwse literatuur soms van smult en soms van walgt. Een van de functies van literatuur is de verrassing, en verrassen doet ReinAard.
|
 |
Pareltjes uit Amsterdam: Amsterdam se Ligfees
Johan Allers
Leefstyl
In hierdie video klim Johan Allers op ’n boot om Amsterdam se Ligfees vanaf die water te beleef. Allers mymer oor die koppigheid van die Afrikaner, ons gene en die skoonheid van Amsterdam terwyl hy na die ligspel kyk.
|
 |
Cats is terug en die hele Kaapstad kattemaai!
Maryke Roberts
Teater
"Die akteurs se lui, katagtige soepelheid maak van hulle oortuigende vierbeenkreature wat ligvoets oor die verhoog beweeg. Die liggies en katogies en dramatiese beligting voer jou weg na ’n ondergrondse wêreld vol stories."
|
 |
The princess and the pea at the Masque Theatre: an interview
Naomi Meyer, Savannah Steyn
Lifestyle and entertainment
"In the end, I hoped to create a show that honours Andersen’s emotional truth while offering a version of the story that feels honest, contemporary and welcoming to a 2025 South African audience."
|
 |
Die spook van Willempie Jooste
Eugene Pienaar
Fiksie
"In die jare daarna het ek hom dikwels in die nagte gehoor huil daar in die toring. ’n Aanhoudende, deurdringende gekerm wat ’n mens laat voel asof jy gaan mal word daarvan. Ek kon nooit vasstel of dit Willempie se spook is wat nie tot rus kan kom, of my gewete wat aan my vreet nie."
|
 |
Weg
Stefaans Coetzee
Fiksie
"Trane loop vrylik. Ek onthou alles wat ek oor die jare uitgeknip het. As die swarthond my byt en die skalpel diep kloof, kluisenaar ek myself agter ’n deur toe, delf in die skoendose en lees die berigte. Die geel papiere krummel elke keer meer en meer."
|
 |
Pa
Salomé Borngräber
Poësie
"Maar wat ek die meeste mis Pa
is jou vroegoggend voetstappe
wat die gangplanke opwek"
|
 |
Huis toe
Paula Hartzenberg
Poësie
"hou jy my in die engelvlerk van jou arm
uit die son se hitte weg"
|
 |
Soeke
Carlie Schiel
Poësie
"wyl ek na waarheid soek
systap dit my doelgerig."
|

Konklusie of gevolgtrekking? Kontradiksie of teenstrydigheid?
LitNet Akademies wil navorsers graag help om meer gespierde Afrikaans te skryf. |
|