|
|
- ISSN 1995-5928 - Ingesluit LitNet Akademies
|
|
Nuusbrief 1069
26/09/2025
|
Krities Afrikaans
|
 |
|
Skrywer: Herman Wasserman
Uitgewer: Queillerie
ISBN: 9780795803048
’n Toeganklike, innemende bundel waarin die digter in soepel, gevoelige taal sy persoonlike ervarings verwoord én in gesprek tree met digters wat hom voorafgegaan het. Die verse skroom nie om eerlik én openhartig om te gaan met sowel diep persoonlike belewenisse of maatskaplike en politieke kwessies nie, en telkens te verras met vernuwende perspektiewe. Water dien deurgaans as ’n metafoor vir vloei, verandering en aanpasbaarheid – die noodsaaklike element vir lewe in ’n digterlike heelal.
|  |
|
 |
2025-UJ-prys vir Afrikaans aan Ingrid Winterbach vir Onrus op Steynshoop: aanvaardingsrede
Ingrid Winterbach
Boeke en skrywers
"Ek is nie ’n filosoof nie; ek is ’n skrywer. Romans is een van my diepste plesiere en die skryf van romans my grootste commitment. Dit is die aktiwiteit wat my soggens laat opstaan en wat my deur my moeilikste tye dra. Sophia Loren het gesê alles wat sy is, is te danke aan spaghetti. Alles wat ek is, is te danke aan Johannes Gutenberg."
|
 |
2025-UJ-prys vir Afrikaans aan Ingrid Winterbach vir Onrus op Steynshoop: commendatio
Janien Linde
Boeke en skrywers
"Uiteindelik lê die 'antwoorde' op die eksistensiële vrae wat in die roman gevra word, nie in grootse ekonomiese, politieke of etiese bedrywighede, of in die selfregverdigende projekte van mense wat hulself belangrik ag nie, maar in die klein oomblikke van intimiteit en oplewing wat die karakters onverwags en toevallig raakleef tussen geliefdes, of wat ervaar word by die waarneem, of skep van ’n betekenisvolle kunswerk."
|
 |
2025-UJ-debuutprys vir Afrikaans vir Een voet innie kabr deur Gaireyah Fredericks: aanvaardingsrede
Gaireyah Fredericks
Boeke en skrywers
"In 2015 sien ek virrie eeste kee Kaaps inne klomp bundels wat ek deelies virrie preparation virre play. Ek frons en sukkel ommit in my kop te formulate, ma verstaan, en kry et late reg na ekkit hardop begin lies. Die joelyt in my ore en my hart embrace ’ie moment met excitement. En ek realise, ek isse Kaapse skrywer. Dai’s my taal. Daisie taal wat ek op my ma se skoot gehoorit en vi Ouma in performit as ek haa entertain oppie stoep innie agtemirrags. Om myself oppe stuk papie te gesien gepresent wod, was magical."
|
 |
2025-UJ-prys vir vertaling aan Naòmi Morgan vir Ons wag vir Godot: aanvaardingsrede
Naòmi Morgan
Boeke en skrywers
"As vertaler soek jy in die eerste plek die onmoontlike goedkeuring van die outeur, wat in die meeste gevalle nie hierdie jong taal, Afrikaans, sou verstaan nie, of nie meer met ons is nie. Kreatiewe skrywers word ná die skryfproses bekroon, maar vertalers meet hulself reeds met die vertaling van die eerste woorde, die titel op die voorblad, aan Nobel- en ander pryswenners."
|
 |
2025-UJ-prys vir vertaling aan Naòmi Morgan vir Ons wag vir Godot: commendatio
Johanna Steyn
Boeke en skrywers
"So ja, jy het Beckett se Godot gelees of gesien, maar wat ’n Godot het jy nie onder oë gehad nie! Dis ’n vertaling wat getrou is aan die oorspronklike teks, maar dis ook ’n vertaling wat die Afrikaanse leser en kyker betrek in die gesprek. En dit is miskien juis in hierdie dualiteit – die getrouheid aan Beckett en ook die waagmoed en die kennis om dit te verryk – dat Naòmi se genialiteit as vertaler werklik na vore kom."
|
 |
Persverklaring: Lof vir woordmeesters
LitNet
ATKV-Portaal
Die ATKV-Woordveertjies bekroon jaarliks uitsonderlike prestasies rondom die Afrikaanse woord. Hiermee die pryse vir spanningslektuur, niefiksie en die ATKV-Prosaprys.
|
 |
Heil die Leser! Wanneer varke vlieg: Bakeliet deur Anri Botha
Nini Bennett-Moll, Anri Botha
Boekrubrieke
"Botha lewer, met ’n chemikus se oog vir besonderhede, met Bakeliet ’n verfrissende bydrae tot hedendaagse Afrikaanse poësie." Lees Nini Bennett-Moll se resensie van Bakeliet en haar onderhoud met Anri Botha.
|
 |
Die uitvaart deur Carla van der Spuy: ’n resensie
Maryke Roberts
Resensies
"Ek prys Carla vir hierdie boek, ’n noodsaaklike hulpmiddel vir elkeen wat deur rou gaan en elkeen wat nog moet besluit wat met die geliefde se oorskot moet gebeur nadat hy of sy gesterf het."
|
 |
Julian de Wette (1951–)
Erika Terblanche
ATKV|LitNet-Skrywersalbum
"Ek sien dit nog steeds dat Afrikaanse mense hulself beter voordoen deur Engels te praat. Dis een van die redes waarom ons Napier toe trek – om weer ’n slag onbevange met mense Afrikaans te praat." Lees meer oor die lewe en werk van Julian de Wette.
|
 |
Uitsonderlike viering van wynplaas, luiperdtrust en outeur
Maryke Roberts
Boeke en skrywers
"Vir 21 jaar is die CLT aan die voorpunt van luiperdbewaring in die Kaap. Die organisasie, wat in 2004 gestig is, fokus op die bewaring van luiperdbevolkings deur ’n kombinasie van wetenskaplike navorsing, omgewingsopvoeding en habitatbewaring."
|
 |
Wag-’n-bietjie deur Hennie van Deventer: ’n lesersindruk
Sarel Venter
Lesersindrukke
"Uit sy aantekeninge en verstommende geheue het ’n wesenlike, kenmerkende en onmisbare bydrae gevloei oor die politieke toneel en stryd in Suid-Afrika in soms veelbewoë en onstuimige oorgangstye."
|
Op die redakteur se lessenaar |
 |
Onrus op Steynshoop deur Ingrid Winterbach: ’n resensie
Willie Burger
Resensies (September 2024)
"Soos met die meeste groot kunswerke, is dit eerder ’n gewaarwording dat jy in die omgewing van iets groots is wat veel meer as ’n verwoordbare insig is. Jy maak die boek toe met die wete dat jy iets belangriks belééf het, iets baie betekenisvol wat moeilik verduidelik kan word."
|
 |
Ons wag vir Godot: ’n onderhoud met die vertaler Naòmi Morgan
Naomi Meyer, Naòmi Morgan
Boeke en skrywers (Mei 2025)
Naòmi Morgan praat oor haar vertaling van hierdie bekende toneelstukteks – en oor die werk en belang van die menslike vertaler: "Vertaling is vir my soos legkaart bou (met baie, baie blou lug!): Dit neem lank om die stukkie te vind wat perfek pas. En wanneer dit gebeur, is dit ’n heuglike oomblik."
|
 |
Gaan Helen Zille Johannesburg kan red?
Freek Robinson, Hermann Pretorius
Onderhoude
Die DA het Helen Zille benoem as hulle burgemeesterskandidaat vir 2026 in Johannesburg. Sal sy die stad kan red? Dit vra Freek Robinson aan Hermann Pretorius by die Suid-Afrikaanse Instituut vir Rasseverhoudinge.
|
 |
Ek is in my moer!
Gert van Jaarsveld
Menings
"Daar is min uitdrukkings so vrugbaar en emosioneel gelaai soos sekere gebruike van moer."
|
 |
Press release: Reimagining the archive in the post-truth era, first call for papers
LitNet
English
This conference invites historians, archivists, anthropologists, musicologists, artists, environmental scientists, natural scientists, information systems professionals, scholars and practitioners from a wide range of other disciplines, activists, and publishers, media practitioners, and content creators to explore the evolving role of the archive in shaping collective memory, public trust, and historical knowledge in the post-truth era.
|
 |
PA dreig om RNE te verlaat
Jean Oosthuizen
Voorblad
"Die publiek is in twee kampe hieroor. Sommige ondersteun die PA se hardkoppigheid en sê dit wys die ANC is nie alleen baas nie, terwyl ander glo McKenzie is besig met magspeletjies om aandag te trek met die oog op volgende jaar se verkiesing."
|
 |
België bo!
Maryke Roberts
Culinair
"Die heel eerste Belgian Barrels-fees is onlangs by die Belgiese residensie in Nuweland gehou. Die dag is in oorleg met die Belgiese Kamer van Koophandel in Suid-Afrika aangebied."
|
 |
Leesimpressie: Ruzland door Eva Cukier
Erik van den Bergh
Literatuur
"Inzicht biedende lectuur over de Russische samenleving geschreven door slavist en journalist die van 2016–2024 in Rusland werkte als correspondent voor de NRC."
|
 |
Wiskunde: Graad 8-vraestel en -memo, derde kwartaal
LitNet
Notas, toetse en vraestelle
As jy in graad 8 is, verstaan jy waarskynlik hierdie prent van desimale getalle. Hierdie gratis Wiskundevraestel en -memorandum deur Lee-Ann Langeveld sal jou help om voorbeeldsomme daarvan te oefen – en ook ander somme om jou vir hierdie kwartaal se toets voor te berei. Laai die vraestel en memorandum af en bemeester jou werk!
|
 |
Wiskunde: Graad 9-vraestel en -memo, derde kwartaal
LitNet
Notas, toetse en vraestelle
As jy in graad 9 is, het jy al met koördinate te doen gehad. Hierdie gratis Wiskundevraestel en -memorandum sal jou help om voorbeeldsomme daarvan te oefen – en ook ander somme om jou vir hierdie kwartaal se toets voor te berei. Laai die vraestel en memorandum af en bemeester die werk!
|
 |
Fugard se Boesman en Lena terug op die verhoog
Maryke Roberts, Alexa Strachan, Brendon Daniels, Christo Davids
Feeste
"Die stuk is ’n gepaste huldiging aan een van Suid-Afrika se grootste dramaturge wat in Maart in die ouderdom van 92 oorlede is. Dit ontgin temas van onderdrukking, maar ook die mens se vermoë om aan te hou veg vir hul plekkie in die son."
|
 |
Pareltjes uit Amsterdam: Sandra Mujinga se Skin to skin
Johan Allers
Kuns
Oudkorrespondent Johan Allers woon al vir langer as drie dekades in Amsterdam. Nou afgetree, spring hy gereeld op sy fiets op soek na nuwe en ou pareltjes uit Amsterdam. In die volgende video besoek hy Sandra Mujinga se uitstalling Skin to skin in die Stedelijk Museum se kelder.
|
 |
Kort balletuittreksels laaf die siel
Maryke Roberts
Leefstyl
"Die vertoning wat wag, bied uittreksels uit die internasionale choreograaf en regisseur, Maina Gielgud, se tradisionele Giselle en ook Michelle Reid se stomende Smoke."
|
 |
Persverklaring: Neville Alexander-pryse: Húlle wen R90 000 | Neville Alexander awards: They win R90 000
LitNet
Afrikaanse Taalmuseum en -monument-portaal
’n Rymkletser, ’n kuberdigter en ’n meester van boekefeeste is vanjaar se waardige wenners van die Afrikaanse Taalmuseum en -monument se sesde Neville Alexander-prestige-eerbewyse ter bevordering van Afrikaans. | A rapper, a cyber poet and a master of book festivals are this year’s worthy winners of the Afrikaans Language Museum and Monument’s sixth Neville Alexander prestige awards for the advancement of Afrikaans.
|
 |
I am from
Jana Deyzel
New writing
"I am from extraordinary ancestral cloth, woven from true love and kindness.
Childhood laughter a song I still hear."
|
 |
Ek hoor jou
Jeanne Henning Els
Poësie
"maar in die nag
word jy die geroep
van die nonnetjiesuil"
|
 |
Toeskouer
Antoinette Venter
Fiksie
"Iets in die kind se weerbaarheid nooi Marna in. Sy raak één met die produksie. Sy ís die dekor, die choreografie, die klankbaan. Sy ruik die ou vrou se vrees. Sy voel die kind se háát, woede, weemoed, verwarring, verwerping. Sy is nie meer ’n toeskouer nie. Sy is Marna en sy is hier."
|
 |
Huil in my huistaal
Nicki Serfontein
Poësie
"Want al is ek soms tussen tale,
bly ek gebore in hierdie een,
en wanneer ek huil, huil ek
in my huistaal."
|

Konklusie of gevolgtrekking? Kontradiksie of teenstrydigheid?
LitNet Akademies wil navorsers graag help om meer gespierde Afrikaans te skryf. |
|