|
- ISSN 1995-5928 - Ingesluit LitNet Akademies
|
Nuusbrief 1009
18/07/2024
|
Krities Afrikaans
|
 |
Skrywer: Ingrid Winterbach
Uitgewer: Human & Rousseau
ISBN: 9780798184724
Die teenwoordigheid van die Chinese in Steynshoop het die dorp die afgelope paar jaar ingrypend verander. Benna Potgieter, wonderkind in sy prille jeug, is sedert sy pa se dood ’n haarkapper in sy ma se salon. Sy lewe neem ’n drastiese wending wanneer die skilder Fonny, sy groot verlore liefde, onverwags na die dorp terugkeer. Snaaks, droewig, wrang en oneerbiedig – ’n opwindende nuwe roman in ware Winterbach-trant.
|  |
|
 |
Behels konflikbestuur kompromie?
Freek Robinson, Andre Vlok
Onderhoude
Freek Robinson gesels met Andre Vlok, kenner op die gebied van konflikbestuur, oor konflik en die Suid-Afrikaanse politiek.
|
 |
An open letter to Gayton McKenzie: responses from Yvette Hardie and Mthokozisi Zulu
Naomi Meyer, Mthokozisi Mntwana Zulu, Yvette Hardie
Interviews
"The arts give us the space and capacity to express ourselves freely on any topic and any concern, to meet those who are most unlike us, and to understand their points of view" ... "We create conversations that confront and heal. We speak for those who don’t have a voice and take those who need to escape, to faraway places. Audiences leave changed."
|
 |
’n Dag in die lewe van ’n Facebook-narsing
Nini Bennett-Moll
Rubrieke
"Laatmiddag neem Yolandré-Marie wéér ’n selfie, die suffelste een vir die dag. Die regterarm groei grotesk uit, maar word genadiglik geamputeer deur die lens. Selfie, selfie, in my hand, wie’s die mooiste in die land?"
|
 |
Risikopersepsie en klimaatsverandering
Handré Brand
Seminare en essays
"Die term risikopersepsie verwys na ’n individu se subjektiewe oordeel oor die waarskynlikheid van negatiewe uitkomste van ’n gebeurtenis (soos aardverwarming/klimaatsverandering) gebaseer op voorafgaande kennis en ervaring, sowel as emosionele reaksies wat daarmee geassosieer word."
|
 |
Nierassige denke in die Afrikaanse leefwêreld
Zimitri Erasmus (vertaal deur Andries du Toit)
SeminaarKamer (OuLitNet)
"Deur vir ons te vra om simplisties kleurblind te wees, maak hierdie denkraamwerk dit moeiliker om bestaande antagonismes en identiteitskonflik aan te spreek."
|
 |
Nasiebou en subnasionale identiteite in Suid-Afrika na 1994
Neville Alexander
SeminaarKamer (LitNet-argief, 2010)
"Derdens moet ons verstaan dat die spanning tussen klaskonflik en die behoefte om ’n inkomste te verdien in die geval van die werkersklas, en profyt te maak in die geval van die eienaarsklasse, afgesien van die besondere omstandighede gedurende ’n sosiale revolusie, nie noodwendig hierdie interafhanklikheid, en vir ’n groot meerderheid van die bevolking die sin van die lewe in die relevante nasionale entiteit, ophef nie."
|
ATKV-skryfskool in Cradock |
LitNet se Kommadagga-slypskool |
 |
Madiba se invloed strek wyd
Maryke Roberts
Cultuur
"Nelson Mandela, of Madiba soos dié pa van demokrasie onder sy stamnaam alombekend is, sou op 18 Julie vanjaar 106 jaar oud gewees het en regoor die wêreld word daar allerhande dinge beplan om sy gesindheid van barmhartigheid te gedenk."
|
 |
Omstrede Bela-wet waarskynlik terugverwys na parlement
Jean Oosthuizen
In het nieuws
"Die omstrede Wysigingswetsontwerp op Basiese Onderwyswette (ook bekend as die Bela-wetsontwerp) is opnuut in die weegskaal. Die nuwe minister van basiese onderwys, Siviwe Gwarube, het die afgelope week te kenne gegee sy wil die wet terugverwys parlement toe."
|
 |
Nuwe polisieminister wil misdaad met mening takel
Jean Oosthuizen
In het nieuws
"’n Veiliger Suid-Afrika waar mense regoor die land enige tyd kan rondbeweeg sonder om bang te wees vir plunderende misdadigers. Dit is die nommer 1-doelstelling van die land se nuwe minister van polisie, Senzo Mchunu."
|
 |
Life Esidimeni-tragedie se aanspreeklikes moet boet
Jean Oosthuizen
In het nieuws
"Regter Mmonoa Teffo het onlangs in die Noord-Gautengse Hooggeregshof in Pretoria bevind dat die voormalige Gautengse LUR vir gesondheid, Qedani Mahlangu, en geestesgesondheidsdirekteur Makgabo Manamela, nalatig was."
|
 |
Leesimpressie: Tat tvam asi door Al Snijders
Erik van den Bergh
Literatuur
"Bundel van in 2019 en 2020 geschreven zeer korte verhalen van de in 2021 overleden auteur. Grotendeels eerder gepubliceerd op de website van KRO/NRCV, in de VPRO-gids, De Standaard en de Berkelbode."
|
 |
Persbericht – Afrovibes Festival 2024: Belonging
Voertaal
Cultuur
De 21e editie van Afrovibes Festival is van 2 tot en met 13 oktober 2024. Het festival vindt plaats in Amsterdam, Utrecht en Rotterdam en laat dit jaar de veelzijdigheid zien van makers uit Noord-Afrika en de (Noord)Afrikaanse diaspora in Nederland. Afrovibes brengt een vernieuwend en gedurfd programma vol theater, dans, muziek en spoken word rondom het thema Belonging met voorstellingen uit onder andere Marokko, Zuid-Afrika, Ivoorkust, Tunesië, Egypte en Nederland.
|
 |
Refleksiepraktyk in kliniese regsopleiding
Riette du Plessis
LitNet Akademies (Regte)
"Kliënte steun nie slegs op regspraktisyns se tegniese regskennisvaardighede nie, maar plaas ook hul vertroue in die praktisyn se bevoegdheid om op ’n etiese en sosiaal verantwoordelike manier te kan redeneer en ’n oordeel te kan vorm sonder om te diskrimineer."
|
 |
Apokaliptiek en veerkragtigheid
Pieter M. Venter
LitNet Akademies (Godsdienswetenskappe)
"Die bedoeling in al hierdie gedeeltes is dat die gelowiges dieper moet kyk as die oppervlakkige gebeure van ontwrigting. Hulle moet God met die toekoms vertrou."
|
 |
Persverklaring: Wenner van Jan H Maraisprys 2024
LitNet
Akademies en skole
Die Jan H Maraisprys vir ’n uitstaande bydrae tot Afrikaans as wetenskapstaal deur wetenskaplike werk en publikasies op hoë vlak en van hoë gehalte in Afrikaans word in 2024 toegeken aan prof WAM (Wannie) Carstens van Potchefstroom. Die Jan H Maraisprys word toegeken as erkenning vir sy vakkundige bydrae ten bate van die Afrikaanse taalkunde.
|
 |
Wiskunde met LitNet-video, graad 8: optel en aftrek van breuke
LitNet
Notas, toetse en vraestelle
Is jy in graad 8 en wil jy liewers YouTube-video’s kyk as om skoolwerk te doen? As jy hierdie video aangaande skoolwerk kyk, sal jou ouers sommer baie bly wees. Boonop sal dit jou met jou skoolwerk help! In hierdie gratis Wiskunde-video deel Lee-Ann Langeveld wenke met graad 8-leerders oor optel en aftrek van breuke.
|
 |
Die geskenk deur Riette Rust: ’n resensie
Carla van der Spuy
Resensies
"Riette verskaf deurleefde raad oor hartseer, veranderende rolle, skaamte, selfondersoek, skuldgevoelens, teisterende vrae, die stigma rondom selfdood, woede en later begrip."
|
 |
Ek het ’n engel gesien deur Amore Bekker: ’n resensie
Yolanda Wessels
Resensies
"Ek het ’n engel gesien sluit insiggewende verhale in wat verras, verstom en inspireer. Soos Amore tereg sê: 'Dit wat ons kan tel, tel glad nie; dit wat ons nie kan tel nie, is al wat tel.' Stories van hoop, vertroosting, bemoediging, beskerming en ondersteuning dui daarop dat engele oral en in verskillende situasies teenwoordig is."
|
 |
The wolf hunt by Justin Fox: a review
Ian Sutherland
Books and writers
"The action scenes and literary descriptions of the ocean with all its vicissitudes are vivid – from the perspectives of both a submariner and a sailor on a surface vessel. The text is replete with historical references and technical details of life on board, and is aided by a glossary of naval terms at the beginning of the book."
|
 |
Harry Potter toor weer met Afrikaans: ’n kinderboekbespreking
Liné Loff
Kinderboeke
"Ek is dankbaar dat die Harry Potter-reeks in Afrikaans beskikbaar is. Nie net is dit ’n aanduiding dat Afrikaans lewend is nie, maar maak dit hierdie lieflike stories met belangrike lewenslesse meer toeganklik vir Afrikaanse kinders (én volwassenes), veral dié wat soms nodig het om aan die werklikheid te ontsnap."
|
 |
Volwassenes moet lees sodat kinders stories kan vind
Anke Theron
Kinderboeke
"Hoekom moet grootmense kinder- en jeugboeke lees? Volwassenes kan mos al lees, maar tog is die boeke wat vir jonger lesers geskryf en bemark word, van groter belang as wat daar besef word. Dit is dalk net die boek wat jy nodig het om weer iets wat verlore was, te vind."
|
 |
Mariël le Roux (1947–2023)
Erika Terblanche
ATKV|LitNet-Skrywersalbum
"Ek het nog nie veel tyd gehad om fiksie te skryf nie, maar ek loop al my hele lewe lank met ’n pen in die hand rond. Ek het stories in die sand geskryf met ’n stokkie en later met ’n potlood toe ek rêrig kon skryf."
|
 |
Uitnodiging | Boekbekendstelling: Taboek deur Riku Lätti | Oude Leeskamer, 24 Julie 2024
LitNet
Boeke en skrywers
Sluit aan by Jonathan Amid en Riku Lätti, sanger en liedjieskrywer, vervaardiger, skrywer, en filmmaker, om Riku se digkunsdebuut, Taboek, te bespreek. Die gedigte, beslis ’n versameling wat die tonge sal laat klap oor die volgende ruk, sal die duo die geleentheid bied om dieper te delf in wat Dana Snyman beskryf as "aangrypende meditasies oor die heilige en die onsekere". Riku sal ook die middag voorlees uit die bundel en die gehoor kan ’n stimulerende, selfs opspraakwekkende, gesprek verwag.
|
 |
Uitnodiging | Boekbekendstelling: So werk die natuur eintlik! deur Peet van Schalkwyk | 24 Julie 2024
LitNet
Boeke en skrywers
Die bekendstelling van So werk die natuur eintlik! deur Peet van Schalkwyk vind op 24 Julie by die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns in Pretoria plaas. Hierdie boek is geskryf vir alle mense wat geïnteresseerd is in die werkinge van die natuur. Die skrywer se vertellings is boeiend en uitdagend. So lok hy oud en jonk om saam te kom op Tarantukan se wonderlike verbeeldingsreise.
|
Op die redakteur se lessenaar |
 |
Fly me to the moon: ’n filmresensie
Leon van Nierop
Film
"Hierdie fliek sorg vir een van die jaar se mees vermaaklike teruggrype na die goeie ou dae toe romantiese komedies nog snaaks en skerpsinnig was met hitte tussen die held en heldin."
|
 |
Pieces of me: ’n teaterresensie
Maryke Roberts
Teater
"Jy wil ook weer jou lewe se stukkies bymekaarmaak vir heelword." Pieces of me is tot 27 Julie 2024 by die Baxter Studio in Kaapstad.
|
 |
Persverklaring: Die 2024 Woordfees speel, sprankel en spruit dié blomtyd uit
Toyota Stellenbosch Woordfees
Toyota Stellenbosch Woordfees
Die 2024 Toyota Stellenbosch Woordfees bot, blom en bruis dié lente uit met meer as 400 unieke produksies wat in nagenoeg 60 venues in en om Stellenbosch aangebied word. Die fees vind vanjaar van 28 September tot 6 Oktober in die Eikestad plaas.
|
 |
Persverklaring: "Wie en wat word in 2025 gevier?" vra Taalmonument
LitNet
Afrikaanse Taalmuseum en -monument-portaal
’n Taalgesprek in taalmaand oor taaljaar: Op die vooraand van die 100-jarige viering van Afrikaans as ’n amptelike taal in Suid-Afrika nooi die Afrikaanse Taalmuseum en -monument belangstellendes na ’n insiggewende taaldagbespreking op Vrydag 16 Augustus 2024. Die interaktiewe, lewendige gesprek by die monument op Paarlberg sal boonop met ’n heerlike aansitete, ook gratis, afgerond word waartydens nog idees kuier-kuier uitgeruil kan word.
|
 |
Persverklaring: Taalgenoot-RUK EN RYM stook alternatiewemusiekvlam
LitNet
Musiek
RUK EN RYM 2024 beloof om die alternatiewemusiekvlam wat uit dié vonkie aangesteek is, aan te blaas, en vanjaar se kompetisie beloof om groter en beter te wees. Nie net is daar vanjaar ’n noordelike semifinaal by Railways Café in Centurion nie, maar ’n suidelike semifinaal volg kort daarna as deel van die Toyota Stellenbosch Woordfees se amptelike program by die Daisy Jones Bar in Stellenbosch, waar Karen Zoid die gaskunstenaar sal wees.
|
 |
Persverklaring: Een keer om die son se talentvolle jongspan
LitNet
kykNET Portaal
Een keer om die son spog met heelwat jonger akteurs – sommige het reeds hulle merk gemaak, ander is besig om stadig maar seker bekendheid te verwerf. Een keer om die son wys op Dinsdagaande om 20:00 op kykNET, DStv-kanaal 144. Episodes is ook op Catch Up op DStv Stream beskikbaar.
|
 |
Swirlkous
Shane Heynes
Poësie
"Besides,
Sy ken die nuutste en oulikste vloekwoorde
Swirlkous is nie ’n vrou met wie jy wil mors nie"
|
 |
Digterskap
Marius Nigrini
Poësie
"daar is somer én winter in herinnering
óók herfs én lente in elke digterskap"
|
 |
Vivarium
Jacques Boshoff
Poësie
"op die hoek van langestraat
is daar ’n boom, groen en pers,
die blare val en sy swenk
verby, links en regs"
|
 |
Ver weeskind
Johan van der Merwe
Poësie
"toe ek baie alleen was
hier tussen woorde
tussen wrede mense
toe sy vir my lig gegee het."
|

Konklusie of gevolgtrekking? Kontradiksie of teenstrydigheid?
LitNet Akademies wil navorsers graag help om meer gespierde Afrikaans te skryf. |
|