|
|
- ISSN 1995-5928 - Ingesluit LitNet Akademies
|
|
Nuusbrief 996
18/04/2024
|
Krities Afrikaans
|
LitNet: Jou Afrikaanse skole |
 |
|
Skrywer: Theresa van Baalen
Illustrasies: Johann Strauss
Uitgewer: Lapa
ISBN: 9780637004671
Sanri Steyn droom daarvan om eendag ’n joernalis te word. En nie sommer enige joernalis nie. Haar naam sal op almal se lippe wees ... Superjoernalis Sanri Steyn. Sy het nie verniet haar eie koerant, die Raaiselfontein Gazette, begin nie. Op die dorpie Raaiselfontein beleef Sanri en haar beste vriend, Markus, allerlei vreemde avonture – van vampiere wat op die dorp kom woon, tot ’n weerwolfmeisie wat haar opwagting in hul klas maak! Die aweregse humor en lekker grillerige avonture in hierdie gewilde reeks sal seuns én meisies vasgenael hou! |
 |
|
 |
Miljoene rand in pyplyn vir privaat Afrikaanse skole
Jean Oosthuizen
SA Skoleseminaar | Schools Seminar
"Innoverende planne om moedertaalonderrig vir privaat Afrikaanse skole in Suid-Afrika te bevorder het die afgelope week ’n nuwe fase betree. Miljoene rand gaan gewerf word vir ’n netwerk enkelmedium onafhanklike Afrikaanse skole regoor die land."
|
 |
Can the private sector help solve South Africa’s water crisis?
Chris Heymans
Opinion
"Widespread municipal corruption, management failures, poor skills and continual disruptions raise serious questions about the prospects of municipalities or other public bodies sustainably delivering better services. Meanwhile, National Treasury has often cited ineffective grant utilisation by municipalities as a key reason for why water finances have not reached local low-income groups."
|
 |
Soos kaal geëte sopbene? ’n Repliek op Jason Lloyd
Heindrich Wyngaard
Menings
"In die afwesigheid van ’n studie, soos dit wat Lloyd voorspraak voor maak, kan ’n mens net hoop dat bruin mense onderling met mekaar sal begin praat oor die 'kompleksiteit' van hul ganse bestaan. Ons sal self moet sorg – as ek Pietersen se bedoeling met Daar is ’n bruine in my sop? akkuraat lees – dat ons nie langer soos beesstert van die bene af geëet word 'totdat daar niks vleis oorbly nie' en ons dan vir die honde van (wit, swart én bruin) politieke opportuniste gegooi word nie."
|
 |
Dink óók swart op pad stembus toe
Wilhelm van Deventer
Menings
"So, ons is één land en één nasie en binne die reënboog is daar vele kleure, behalwe swart. En dis juis hierdie laasgenoemde feit ..."
|
 |
Spermskenkergeboortes: deursigtigheid versus vertroulikheid
Handré Brand
Seminare en essays
"Die debat rondom openbaarmaking teenoor nie-openbaarmaking van mediese geskiedenisse aan nageslagte wat met behulp van spermskenkerinseminasie gebore word, is ’n komplekse en veelfasettige kwessie, met belangrike verbandhoudende etiese, sielkundige en wetlike implikasies."
|
 |
’n Dreigende halsmisdaad
Nini Bennett-Moll
Rubrieke
"Hond se kind se geblaf slaan juis ’n senuwee in my brein raak en ontplof teen my skedeldak dat ek wil huil van die sensoriese pyn. Ek moet skryf en het stilte nodig. Ek is obsessief-besitlik oor my stilte as ek konsentreer en dan is dit ál wat saak maak."
|
 |
"But don’t you have a lady?"
Lidia Rauch
Menings
"Hoekom is ons hier in 2024? Hoekom verg dit ongemak, konfrontasie en uitdagings vir ’n pa om sy kind se doek te ruil by ’n 'familie-vriendelike' instansie?"
|
 |
Ons word al armer
Daniël Lötter
Elders gesien
"By Blaauwklippen is daardie stemme nou onherroeplik stil. En dit laat ’n mens met ’n ontsettende gevoel van verlies."
|
 |
Afrikaans – tien jaar later (1994–2004)
WAM Carstens
Taaldebat (OuLitNet, 2004)
"Dit is so dat daar wel funksieverliese was: ... Afrikaanse skole word onder druk dubbelmedium (en mettertyd slegs eentalig Engels), Afrikaans is onder druk in die howe en in talle werksplekke – en so kan ’n mens aangaan. Maar daar was ook winste wat die gevolg was van inisiatiewe van Afrikaanssprekendes se kant af."
|
 |
Afrikaans: Kombuis, paleis, kerkhof?
Leon Rousseau
SeminaarKamer (OuLitNet, 2005)
"Moenie toelaat – en ek praat ook met die mense wat nog sal leef wanneer ek daarmee heen is – moenie toelaat dat ons agterkleinkinders die dood van Afrikaans in Engels betreur nie." |
 |
Suidoosterfees 2024: Burger King Konsert van Hoop – ’n onderhoud met Anna Davel
Naomi Meyer, Anna Davel
Suidoosterfees
"Die Suidoosterfees is ’n fees vir almal, en eerlikwaar, hierdie is so ’n heerlike potpourri van style en klanke om na uit te sien. Pop, klassiek, Afrikamusiek, ghoema, power ballads, Ierse musiek, Hongaars, so kan ek aangaan ..."
|
 |
Monkey Man: ’n filmresensie
Leon van Nierop
Film
"Onthou ook, dis onkoel om nié van Monkey Man te hou nie, daarom sing dié resensie eensaam-verlate in die konsistorie terwyl die bewonderende koor dit andersins in gloeiende terme lof toesing. So ver, so John Wick."
|
 |
Botterhoender met maan en musiek
Karen Hart
Kos en wyn
"Dis met hierdie musiek en harmonie in my kop en hart dat ek geur en kleur in my potte kombineer en met die wonderlikste smake vorendag kom. Die musiek gee balans aan alles. En met die maan wat, selfs wanneer ek hom nie sien nie, oor my waak, hoe kan ek anders as om lepelsvol van daardie betowering in my kospotte in te roer."
|
 |
Persverklaring: Odendaal se Droomwerk kom tuis in Kaapstad
LitNet
Teater
"Petrus droom oor sy voorouers in ’n hospitaal vir geestesiekes. Sy stammoeder, Diana van Madagaskar, loop op die seebodem terug huis toe. Sy oupa Piet, ’n apartheidsenator, herleef sy toesprake op sy doodsbed. Kan Petrus versoening in sy familie bring, of is hy te siek om te onderskei tussen werklikheid en droom?" | Droomwerk speel 26–30 April by Suidoosterfees en 8–11 Mei by die Avalon Ouditorium (Homecoming Centre) in Kaapstad.
|
 |
Press release: Award-winning The king of broken things at the Baxter in May 2024
LitNet
Lifestyle and entertainment
The king of broken things is a journey into the broken heart of a young boy, a journey of discovery through his experiments, projects, and creations. He teaches us that the rehabilitation of broken things includes people and hearts, and that all things, seen and unseen, can be mended. Whether you’re 8 or 80, The king of broken things will rehabilitate every heart – it’s not just for young audiences.
|
 |
Press release: Love Life Festival in McGregor from 26 to 28 April 2024
LitNet
Lifestyle and entertainment
This one-of-a-kind festival, curated by award-winning internationally acclaimed producer/engineer and LGBTQ+ activist Christi van der Colff promises to be a deconstructed celebration aimed at fostering genuine connections through the mediums of music, art, and film.
|
 |
Bela-wetsontwerp maak steeds opslae
Jean Oosthuizen
In het nieuws
"Die Bela-wetsontwerp herinner aan die verengelsingsbeleid wat Britse owerhede kort ná die Anglo-Boereoorlog in skole toegepas het. Só sê die jeugorganisasie AfriForum Jeug."
|
 |
Ramaphosa se rol in Zuma-herlewing
Heindrich Wyngaard
Nuusvinke
"Dit is die Suid-Afrikaanse president se skuld. Matamela Cyril Ramaphosa het gedog hy doen die regte ding toe hy in Augustus verlede jaar 'spesiale remissie' aan sy voorganger, Jacob Zuma, toegestaan het."
|
 |
’n Nuwe stryd om die hart en siel van die Kaap van Goeie Hoop
Heindrich Wyngaard
Nuusvinke
"Maar weens die gesogtheid van die provinsie as ’n kroonjuweel in die land – vergeleke met ander provinsies – is daar meer as genoeg rede vir die ANC en ander partye om te strewe na die beste wetgewerkantore in die straat met die Nederlandse naam – Waalstraat – in die Moederstad. Dit is kompleet asof ons teruggekeer het na die dae van kolonialisme toe daar geveg is om beheer van die Kaap van Goeie Hoop."
|
 |
Dominee se eggenoot en beweerde moordenaar neem glo eie lewe
Jean Oosthuizen
In het nieuws
"Die staat het vroeër vanjaar ook ’n klag van bedrog teen De Jager bygevoeg en aangevoer dat sy vermoorde vrou se testament verander is wat hom die enigste begunstigde maak. Volgens die staat het hy verskeie pogings aangewend om ’n polis van sy oorlede vrou in sy guns te laat uitbetaal."
|
 |
Blaauwklippen: huldeblyk aan ’n statige dame
Maryke Roberts
Reizen
"Dis ongelooflik hoeveel van ons historiese Kaaps-Hollandse herehuise die afgelope twee eeue deur vloed, vuur en die vagevuur van ’n aardbewing tot in hul fondamente geskud is, maar weer opgebou is om trots in hul volle glorie te skitter."
|
 |
Woorden laten struikelen
Jef Boden
Meningen
"Op de achtergrond wroeten talen vaak voor een plekje onder de zon. Kan je Wales bezoeken zonder een inwoner Welsh te horen spreken? Dan ligt het moeilijker voor het Koerdisch in Turkije. In mijn contacten met vluchtelingen heb ik ook al de pijnlijke stelling gehoord dat het Oekraïens voor sommigen maar een kreupel taaltje is naast het Russisch. Dan wordt niet vermeld dat er aan de Sorbonne reeds in 1643 een Oekraïense grammatica was en dat Taras Tsjevtsjenko twee eeuwen geleden met zijn moderne literatuur schitterde."
|
 |
Leesimpressie: In het oog door Marijke Schermer
Erik van den Bergh
Literatuur
"In het oog is een roman over kijken en gezien worden, over bedrog, macht, machteloosheid en verantwoordelijkheid – in het werkzame leven en in relaties. En, bovenal, over de helende kracht van liefde."
|
 |
Persverklaring: Die Bruggenhoofden-gespreksreeks
Voertaal
SASNEV
Kom luister saam na Yves T’Sjoen in gesprek met Anastasia de Vries op Saterdag 20 April vir die derde aflewering in die "Bruggenhoofden-gespreksreeks" aangebied deur SASNEV in Pinelands, ’n reeks van vyf gesprekke.
|
 |
Bloedsomer deur Sidney Gilroy: ’n resensie
Carla van der Spuy
Resensies
"Wat die meeste beïndruk, is hoe op aarde Gilroy, ’n sterk, gespierde Afrikaanssprekende man, dit oortuigend regkry om in ’n vrou se kop te klim. Dit moes moed en emosionele insig gekos het. En dan nog boonop iemand van ’n ander ras en kultuur as syne."
|
 |
Om feesloos te lewe
Crito
Boeke en skrywers
"Die gevaar is dat die walms van kritiese wierook deur resensente en akademici ’n talmende stank van onbelangstelling verdoesel."
|
 |
Afrikaanse resensies en boekgesprekke in Maart 2024
PEN Afrikaans
PEN Afrikaans
Hier is PEN Afrikaans se oorsig van Afrikaanse resensies wat in Maart 2024 verskyn het en digitaal beskikbaar is. Daar is ook skakels na boekbesprekings of -gesprekke en voorlesings wat op die radio of TV uitgesaai is.
|
Op die redakteur se lessenaar |
 |
Graad 5: Wiskundevraestel en memo, tweede kwartaal
LitNet
Notas, toetse en vraestelle
Is jy in graad 5 en voel jy so onseker oor jou Wiskundedeelsomme soos wat hierdie twee selfoongesiggies lyk? LitNet kan help! Klik hier om Wilhelm du Toit se gratis oefenvraestel en memorandum af te laai om jou met jou voorbereiding te help. (Die vraestel sal jou kan help met vermenigvuldig- én deelsomme, soos die twee prentjies ook verklap.)
|
 |
Graad 6: Wiskundevraestel en memo, tweede kwartaal
LitNet
Notas, toetse en vraestelle
Is jy in graad 6 en sien jy hoe rustig die waterval se waterstrome hier kabbel en vloei? As jy Wilhelm du Toit se gratis Wiskundevraestel en memo hier aflaai, sal jy vloeidiagramme kan oefen – en dit sal jou sommer baie meer rustig en ontspanne oor jou Wiskunde-eksamen laat voel!
|
 |
Graad 7: Wiskundevraestel en memo, tweede kwartaal
LitNet
Notas, toetse en vraestelle
Is jy in graad 7 en wonder jy hoekom die haas so bekommerd na die wortels kyk? Hy het nog nie Wilhelm du Toit se gratis Wiskundevraestel afgelaai nie en die vierkantswortels veroorsaak dus nog vir hom hoofbrekens. Moenie die haas wees nie! Laai die oefenvraestel af en kry die tweede kwartaal se Wiskunde onder die knie.
|
 |
Persverklaring: Akademia brei uit na die Wes-Kaap
LitNet
Akademies en skole
Die besluit om Akademia se voltydse kampusmodel, wat tans beperk is tot Centurion in Gauteng, verder uit te brei is voorts ingegee deur deeglike demografiese navorsing. Volgens hierdie navorsingsbevindinge verteenwoordig die Wes-Kaap die grootste konsentrasie van Afrikaanssprekendes in Suid-Afrika.
|
 |
Persverklaring: TK-lesingreeks | Geskiedenis van die Taalkommissie en die AWS
LitNet
Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns
In hierdie eerste virtuele aanbieding van vyf, op Dinsdag 23 April, bied drie lede van die huidige Taalkommissie, Jana Luther, Fred Pheiffer en Annelise de Vries, ’n kort oorsig oor aspekte van die geskiedenis van Afrikaans wat in wisselwerking met die normering daarvan gestaan het.
|
 |
bətər kom•mu•ni•ka•sie
Marius Nigrini
Poësie
"die leser staar skouerophalend en apaties
ondersoekend na die verwronge beeldspraak."
|
 |
Bittereinders
Zebulon Kochk
Poësie
"want ligvoets sal ons weer
dans deur die lewe."
|
 |
Winter se wolk
Karin Walker
Poësie
"totsiens dorp!
totsiens katte!
totsiens vis-in-die-bak!"
|
 |
Stilsteen
Celesté Fritze
Poësie
"in statuur verdwerg tot binnelandse hange, rys die Magalies se sekondêre klowe,
haar voortydse hellings smagtend na reën."
|

Konklusie of gevolgtrekking? Kontradiksie of teenstrydigheid?
LitNet Akademies wil navorsers graag help om meer gespierde Afrikaans te skryf. |
|