|
|
- ISSN 1995-5928 - Ingesluit LitNet Akademies
|
|
Nuusbrief 991
14/03/2024
|
Krities Afrikaans
|
 |
|
Skrywer: Zirk van den Berg
Uitgewer: Queillerie
ISBN: 9780795802683
Dat die dokter wat mynbaas Hans-Peter Kranz aangestel het, al die tyd ’n vrou is, het die dorpenaars op Kolmanskop vroeg in die twintigste eeu heeltemal oorhoops. Dokter Alexandra Stackelberg kom om die x-straalmasjien by die diamantmyn te bedryf – hoofsaaklik om diamantdiewe vas te trek.
Soos Kolmanskop se mense deur die sand sif na diamante, so sif een van hulle later jare deur herinneringe, op soek na sekerheid en die waarheid agter een van hulle se dood. |
 |
|
 |
Die laaste grap van Kleiburg
Guillaume (Gieljam) Brümmer
Fiksie
"Albei wette is streng afgedwing. Spioene is onder die burgers rondgestuur om te luister of hulle onnodig lag. Om hul getrouheid te toets, het die spioene dikwels die Laaste Grap vertel, en bewaar die burger wat dan nie op die regte manier lag nie!"
|
 |
’n Onderhoud oor "Die laaste grap van Kleiburg"
Izak de Vries, Niko Brümmer, Stefaans Brümmer, Kerneels Brümmer, Willemien Brümmer, Jurie Conradie
Boeke en skrywers
"Toe ek my pa se goed uitpak die jaar voor laas, vind ek die manuskrip in een van die staalkabinette waar hy alles van waarde liasseer het. Want die grap, dié het hy geweet, was nog lank nie koud nie."
|
 |
Ode aan Johnny Theunissen
Rina Bester
Poësie
"se’blief ou johnny man voor iemand die doek oor jou klavier kom gooi
ons vir oulaas net weer bietjie orraait laat voel"
|
 |
Dagbreek
Jacques Boshoff
Poësie
"Ek doen los werkies, ietsie hier en
daar, maar ek het niks om daarvoor te wys nie.
Die lewe is duur, meneer."
|
 |
Monsters
Anne-Marie Bartie
Poësie
"die wyfie vreet haar maat op
lê eiers in die sponsmatras
nuwe monsters word gebaar"
|
 |
Vir eendag
Anzé Bezuidenhout
Poësie
"kap my naam uit –
in eenvoudige taal –
in die groewe van ’n rots"
|
 |
Kaktuslewe
Zebulon Kochk
Poësie
"My lewe hang aan ’n kaktus
Met kleurlose liddoring
Gepynig in gif "
|
 |
CJ Langenhoven as kunstenaar
Thijs Nel
SeminaarKamer, OuLitNet (2005)
"In letterkunde, insluitend poësie, kortkuns, romans en veral ook nonfiksie, gebruik die skrywer/kunstenaar ook ritme, illustrasie, struktuur, tydsverloop, jukstaposisie, dualiteit, beelde, fantasie, spanning, analise, humor, sinisme en so meer om sy doel te bereik." Rede gelewer op 12 Augustus 2005 as deel van die LitNet-Seminaarkamer.
|
 |
Loeloeraai, kunsmatige intelligensie en die oordeelsdag
Izak de Vries
Boeke en skrywers (2023)
"Afrikaanse wetenskapfiksie is reeds 100 jaar oud. Hierdie gesprek sal CJ Langenhoven se Loeloeraai herbesoek en dan kyk hoe Willem Anker se Skepsel, Isa Konrad se Toekomsmens en Carien Smith se Bot op verskillende maniere die oordeelsdag benader."
|
 |
Friedel Hansen: "Die regte Eugène Marais moet nog ontdek word."
Jean Oosthuizen, Friedel Hansen
Skrywersonderhoude (2015)
"Die handdruk van die dood is ’n eerlike poging om te probeer verstaan hoekom Marais nooit werklik ten volle tot sy reg gekom het nie; dit is ’n opregte poging om begrip vir die omvang van sy verslawing te kweek."
|
 |
Katinka Heyns vertel van Die wonderwerker
Naomi Meyer, Katinka Heyns
Onderhoude (2012)
"Dis Katinka Heyns se eerste fliek in veertien jaar en die hele land is opgewonde net by die noem van haar naam. Sy gesels met Naomi Meyer oor die enigmatiese Marais, oor die vrugbare teelaarde van die verbeelding – en die soeke na ’n bobbejaan."
|
 |
Suid-Afrika in 2024: Hoe groot is die krisis?
Menán van Heerden, André Duvenhage
Onderhoude
"Hoe koalisiepolitiek gaan uitspeel, kan vorentoe uit eie reg ’n belangrike en selfs deurslaggewende faktor wees op die pad van fundamentele hervorming. Indien die proses verkeerd loop, hou dit ’n groot bedreiging in vir Suid-Afrika as ’n konstitusionele demokrasie, asook die 1996- grondwetlike bedeling." In sy LitNet Akademies-artikel sit André Duvenhage (2024) ’n motivering en strategie vir die fundamentele hervorming van die Suid-Afrikaanse staat uiteen. In aanloop tot die 2024-verkiesing gesels hy en Menán van Heerden oor die staatskrisis.
|
 |
Who can save us from political demagogues?
Mphuthumi Ntabeni
Opinion
"The future of our political direction depends on those with enough courage to venture out into something new and convince the majority of eligible voters, who are in a stupor due to political choice despair. My friend counts himself among these, whom he amusingly terms the 'electile dysfunctions'."
|
 |
Research at University of Johannesburg and societal impact
Freek Robinson, Sarah Gravett
Universiteitseminaar | University Seminar
For the second year running, the University of Johannesburg (UJ) has been ranked as the leading producer of accredited research outputs in South Africa. Sarah Gravett, Acting Deputy Vice-Chancellor for Research and Internationalisation at UJ, emphasises the importance of research that impacts communities and society.
|
 |
From violence to violins: ’n onderhoud met Maria Botha van Muzukidz
Naomi Meyer, Maria Botha
Onderhoude
"My gedagte was nie om kinders in townships te red nie. Hulle het as mense dit nie nodig om gered te word nie. Hulle beskik reeds oor al die potensiaal waaroor mense in beter omstandighede beskik. Baie mense in townships woon wel in omstandighede van geweld of stadige geweld … slow violence. My visie was my viool."
|
 |
Aktiewe demokrasie in die kunste
Bettina Wyngaard
Rubrieke
"Marlene le Roux is baie bewus van die uitdagings wat gestremdes in die gesig staar wanneer hulle maar net wil deelneem aan gewone aktiwiteite in die samelewing, en sy setel haar aktivisme daarrondom."
|
 |
Hoe om pa’s te word: gay mans en surrogaatskap
Hermione le Roux-Ellis
Menings
"Die besluit om ’n kind die wêreld in te bring is dus nie een wat sommer net uit die bloute gekom het nie. Dit is goed beplan, goed befonds en ook goed nagevors."
|
 |
Uit die dagboek van ’n gewoontestapper
Nini Bennett-Moll
Rubrieke
"Elke individu se unieke manier van loop – kriminoloë verwys daarna as jou idiosinkrasie – is ’n nuttige instrument as dit by die uitken van misdadigers kom."
|
 |
USAN-kongres 2024: ’n onderhoud met Jané de Wet
Naomi Meyer, Jané de Wet
Onderhoude
"Die passie, progressiewe denke en diversiteit het my uit die staanspoor opgeval. Daar was passievolle gesprekke rondom taalaanleerstrategieë en vertaalkunde; kwantum- en metateorieë is onder die loep geneem; ons het dieper gedelf in die temas van kwesbaarheid en broosheid; en het kuns as produk waargeneem."
|
 |
Afrikaans en die SABC
Wannie Carstens
Elders gesien
"Daar is reeds een daaglikse nuusuitsending op kykNET, maar dit is ’n betaalkanaal. As dit die enigste landswye Afrikaanse nuusberig is, word Afrikaans geprivatiseer. En dit durf nie gebeur nie."
|
 |
Uitnodiging: Gedenklesing – Marie Koopmans-De Wet
LitNet
Akademies en skole
Jy word uitgenooi na ’n gedenklesing deur die kultuurhistorikus en erfeniskonsultant Matilda Burden oor die lewe, werk en bydraes tot taal en kultuur van ’n bekende Kaapse vrou, Marie Koopmans-De Wet.
|
 |
Graad 7: Natuurwetenskappe-vraestel en memo, eerste kwartaal
LitNet
Notas, toetse en vraestelle
Is jy in graad 7 en kan jy nie wag vir die skoolvakansie en meer tyd in die buitelug nie? As jy hierdie gratis oefenvraestel deur Rita Engelbrecht aflaai, kan jy jou verbeel jy is buite in die natuur omdat jy so baie daarvan gaan leer. Boonop gaan jou ouers so tevrede wees met jou punte dat julle lekker vakansie sal kan hou!
|
 |
Graad 10: Wiskunde-toets 2 en memo, eerste kwartaal
LitNet
Notas, toetse en vraestelle
Gee eksponente, getalpatrone en vergelykings jou slapelose nagte? Hierdie gratis oefenvraestel deur Lee-Ann Langeveldt kan jou help. Vanaand kan jy ’n bietjie suiker in jou tee oplos en met Wiskunde-oplossings in jou kop gaan slaap. Jou ouers sal bly wees oor die kopseer van jou rapportpunte opgelos is!
|
 |
Graad 11: Wiskunde-toets en memo, kwartaal 1
LitNet
Notas, toetse en vraestelle
Is jy in graad 11 en vergelyk jy jou te veel met jou klasmaats se lewens op die sosiale media? Oefen eerder jou Wiskunde-vergelykings met hierdie gratis oefenvraestel deur Lee-Ann Langeveldt. Binnekort gaan jou klasmaats jaloers wees op jou goeie punte!
|
 |
SASNEV met die Van Ewijck Stigting se prestasieprys vereer
Eureka Barnard, Menán van Heerden, Izak de Vries
SASNEV
"Die idealis in my wil begin met vertoë rig en wil bewusmakingsgeleenthede uitdink, maar hoe bemark jy hierdie gedeelde erfenisse en praat daaroor met mekaar om die kompleksiteit daarvan beter te verstaan sonder dat ’n hele klomp mense jou as ’n prokolonialis, of te woke, teer en veer?"
|
 |
Brussel tot Karoo-skrywersresidensie: ’n onderhoud met Vlaamse skrywer Nele Van den Broeck
Menán van Heerden, Nele Van den Broeck
Interviews
Die Vlaamse skrywers Nele Van den Broeck en Gerda Dendooven arriveer binnekort in Suid-Afrika vir die Jakes Gerwel Stigting (JGS) en Passa Porta (’n internasionale literatuurhuis in Brussel) se jaarlikse skrywersresidensie by Paulet Huis in KwaNojoli (Somerset-Oos) in die Oos-Kaap. Menán van Heerden gesels met Nele Van den Broeck oor haar werk.
|
 |
Leesimpressie: De werelden van Hannah Arendt door Joop Berding
Erik van den Bergh
Literatuur
"Waardevol, zeer gedegen en respectvol overzicht van leven en werk van een intrigerende en bijzonder boeiende persoonlijkheid. Grondige introductie in de enorme hoeveelheid recente publicaties van en over Hannah Arendt."
|
 |
Talking cultural diversities: considerations of cultural exchange and multilingual literature
Yves T'Sjoen
Literatuur
"In a multilingual world, where cultural dialogue and language mixing are regular occurrences, it seems obvious to expand our gaze beyond the literature of one language area, such as Afrikaans, Dutch or English. In its place, I believe that we should embrace a research approach that takes into account multilingual and transnational literature, as well as linguistically or culturally hybrid forms of production."
|
 |
Miljoene geblaas op geskorste staatsamptenare wat by die huis sit
Jean Oosthuizen
In het nieuws
"Die amptelike opposisie in die parlement, die DA, is woedend oor die meer as R10 miljoen wat die regering spandeer het aan direkteurs-generaal in die staatsdiens wat die afgelope paar jaar met volle betaling geskors is en by die huis op hulle louere gesit en niks doen het nie."
|
 |
Internetvryer swendel miljoene uit verliefde vrou
Jean Oosthuizen
In het nieuws
"Die polisie het veral vroue gemaan om waaksaam te bly om nie die prooi te word van swendelaars wat hulle die maan en die sterre beloof, maar in werklikheid besig is om hulle uit al hulle geld te bedrieg nie."
|
 |
Irma Venter (gebore: 1970’s)
Erika Terblanche
ATKV|LitNet-Skrywersalbum
"My droom is om eendag die mees elegante Afrikaanse moordstorie te skryf, een waar geen naat wys nie."
|
 |
Open Book Youth Festival 2024: an interview with Bianca Flanders
Naomi Meyer, Bianca Flanders
Books and writers
"Representation really matters. When you see yourself represented on film or in books, I feel that it sends the message that you are worthy and your stories are worthy of being told. You belong in this world. You are seen."
|
Op die redakteur se lessenaar |
 |
Het die Oscars nog bestaansreg?
Leon van Nierop
Film
"Alhoewel diversiteit natuurlik baie nodig is, het sekere akteurs daarteen te velde getrek en persoonlik probleme daarmee geopper, omdat 'die regte kunstenaars nie altyd benoem word nie vanweë hierdie reëls'. Dit word beskryf as die tinsel-faktor, om te skakel met Hollywood se bynaam Tinseltown. Versiering, vergulding en om goud oor te strooi is hier ter sprake."
|
 |
Q&A with writer and director of Mercy, Zubayr Charles
Izak de Vries, Zubayr Charles
Lifestyle and entertainment
"A common discourse in Islamic and Cape Malay households here in Cape Town is the severe disdain projected onto those who place their parents in old-age homes. My goal with Mercy was to portray the subtle nuances and complexities as to why people make those decisions."
|
 |
Diana, Harry en Meghan: ’n arts review
Tasneem Daniels
Leefstyl
"Though was Prince Harry en Meghan se ve’houding die main storie van ôse generation, wassit Diana: the musical op Netflix wat vi my finally inspired ommie Royal Family onner ’n microscope te sit – daa’na het ek oek die Harry & Meghan docuseries gekyk."
|
 |
Fotoblad: Die 14de kykNET Fiëstas
LitNet
Leefstyl
Die Fiëstas is by ’n glansryke toekenningsaand op 7 Maart by The Lookout in die V&A Waterfront in Kaapstad uitgedeel. Ansurette Lourens het namens LitNet gaan foto’s neem.
|
 |
Press release: Cape Town Opera presents SHORTS: A festival of pocket operas at the Artscape Theatre from 11 to 21 April 2024
LitNet
Lifestyle and entertainment
This autumn, Cape Town Opera will present SHORTS: A festival of pocket operas, a captivating series of concise operas at the Artscape Theatre from 11 to 21 April, 2024. This dynamic festival promises to be a celebration of operatic innovation and storytelling, including the world premiere of Conrad Asman’s Trial by media, a compelling new South African opera, Francis Poulenc’s La voix humaine, and Mozart’s comedic opera The impresario, presented in English.
|

Konklusie of gevolgtrekking? Kontradiksie of teenstrydigheid?
LitNet Akademies wil navorsers graag help om meer gespierde Afrikaans te skryf. |
|