|
|
- ISSN 1995-5928 - Ingesluit LitNet Akademies
|
|
Nuusbrief 989
29/02/2024
|
Krities Afrikaans
|
 |
|
Skrywer: Heidri Mittendorf
Uitgewer: Lux Verbi
ISBN: 9780796323323
Heidri Mittendorf is ’n bekende en ervare blokkiesraaiselkenner en ‑opsteller. Bybelblokraaie bevat 70 blokraaie wat opgelos moet word met leidrade wat in die Bybel nageslaan kan word, asook 10 woordsoeke gebaseer op temas uit die Bybel. Al die antwoorde word ook verskaf. Dit sal ure se blokraaigenot aan blokraailiefhebbers verskaf. |
 |
|
 |
Copyright Amendment Bill: Authors unite
PEN Afrikaans
PEN Afrikaans
South African authors, readers and stakeholders in the book industry note with grave concern that the Copyright Amendment Bill is scheduled for concurrence by the National Assembly on 29 February 2024. Read the views of Gabeba Baderoon, Sihle Khumalo, Sihawukele Ngubane, Athol Fugard, Breyten Breytenbach, Jaco Jacobs, Fanie Viljoen and Tannie Evita Bezuidenhout. You may join in voicing your concern by adding you signature to the online petition.
|
 |
Persverklaring: Teken die petisie #StopTheCopyrightAmendmentBill
PEN Afrikaans
PEN Afrikaans
Drie plaaslike skrywersverenigings, PEN Afrikaans, ANFASA en PEN Suid-Afrika, stel hiermee in samewerking met die Uitgewersvereniging van Suid-Afrika (PASA) ’n petisie beskikbaar as deel van ’n gesamentlike protesaksie teen die Wysigingswetsontwerp op Outeursreg, wat geskeduleer is om op 29 Februarie voor die Nasionale Vergadering vir aanvaarding te dien.
|
Uit die argief |
 |
Kopiereg, billike gebruik en kunsmatige intelligensie
Catrina Wessels, Naomi Meyer, Izak de Vries
Kunsmatige intelligensie | Artificial intelligence (2023)
"Verskeie taalmodelle, waaronder ChatGPT, kan deesdae teks genereer op aanvraag. En verskeie toepassings, waaronder DALL·E en Midjourney, kan kunswerke skep. Waar laat dit gewone mense met die vraag oor kopiereg? Hoe raak hierdie nuwe tegnologie publikasies soos LitNet?"
|
 |
Kopiereg en billike gebruik vir leke
Catrina Wessels, Naomi Meyer, Izak de Vries
Onderhoude (2023)
"Wat is kopiereg? Hoekom is daar iets soos kopiereg? Mag ek iemand se kiekies op die sosiale media deel? Mag ek ’n gedig met WhatsApp na ’n vriendin stuur? En wat van billike gebruik? LitNet het by Catrina Wessels, ’n kopieregkonsultant en literêre agent, gaan aanklop."
|
 |
Nuwe kopieregwetgewing: Wat skrywers moet weet
Catrina Wessels
Kopiereg-wetsontwerp (2022)
"Indien die wysigingswetsontwerp op 1 September [2022] deur die Nasionale Vergadering aanvaar word, gaan dit ... na die individuele provinsies vir hul inspraak. Dit is moontlik dat provinsies hul eie openbare konsultasies oor die wysigingswetsontwerp sal hou, waar dit in die belang sal wees van alle skeppende kunstenaars – skrywers, kunstenaars, komponiste, rolprentvervaardigers – om hul sê te sê. Daar is baie op die spel."
|
 |
Die laaste (Afrikaanse) boek?
Nicol Stassen
SeminaarKamer (OuLitNet)
"Waar staan die Afrikaanse uitgewersbedryf en skrywers, ook ten opsigte van mekaar? Hoe word die eise van die inligtingsera en onderontwikkeldheid in een taalgemeenskap versoen?
Teen hierdie tyd is die groot geheim uit: Die laaste Afrikaanse boek is toe nie die laaste Afrikaanse boek nie."
|
 |
SA-illustreerders | SA Illustrators
Bibi Slippers
Kuns (2012)
Hierdie skrikkeljaar plaas LitNet die kollig op Suid-Afrika se mees geliefde en talentvolle illustreerders. Hulle deel hul gedagtes, inspirasie en hul kuns met Bibi Slippers. | This leap year, LitNet decided to place the spotlight on some of South Africa's brightest and most talented illustrators. They share their thoughts, their inspiration and their art with Bibi Slippers.
|
 |
Vleisproduksie en volhoubaarheid: Is veganisme die antwoord?
Freek Robinson, Leozette Roode, Retha Harmse
Onderhoude
Die haglike toestande van die beeste aan boord die vragskip Al Kuwait in die Kaapstadse hawe het die lig op diereregte en vleisproduksie gewerp. Freek Robinson gesels met ’n vegan-aktivis, Leozette Roode (Humane Society International: Africa) en ’n dieetkundige, Retha Harmse.
|
 |
A year of elections, multiple challenges and choices
Jason Lloyd
Opinion
"Here, on the southern tip of Africa, political commentators, journalists, authors, philosophers, economists, thinkers and columnists unanimously agree that the 29 May 2024 election in South Africa will be a make-or-break event."
|
 |
Election 2024 – The DA’s rescue plan for South Africa: a review
Rory Riordan
Opinion
"Their concerns about diminishing state debt are well motivated and should be taken seriously, and their manifesto includes much of interest and many good ideas. But the last bolts need tightening, the final budget needs better costing, and they should give us, even if in appendices, much more detail about their thinking."
|
 |
SAUK en Fokus
Freek Robinson
Menings
"Die verwydering van Fokus is tragies."
|
 |
Afrikaans in Namibië, Afrikaans in Suid-Afrika
Menán van Heerden, Wannie Carstens
Onderhoude
’n LitNet Akademies-artikel deur Nicolette Harmse Steyn (2024) verken en vergelyk houdings en persepsies rakende Afrikaans in die Khomasstreek van Namibië. Menán van Heerden gesels met Wannie Carstens oor Afrikaans in Namibië en Suid-Afrika.
|
 |
Boekfeeste as "veilige" ruimtes
Bettina Wyngaard
Rubrieke
"Ruimtes waar kuns in alle vorme aangebied word, behoort verrykende, verruimende en demokratiese spasies te wees waar almal hulleself op gelyke vlak kan geniet."
|
 |
USAN-kongres 2024: ’n onderhoud met Asembese Mkumatela
Naomi Meyer, Asambese Mkumatela
Onderhoude
"Meertaligheid is baie belangrik in ’n land soos Suid-Afrika om met mense van verskillende kulture en wat verskillende tale praat te kan kommunikeer. Wanneer ’n mens ’n taal aanleer, leer jy ook meer oor die kultuur en dit kan help om belangrike verhoudings met verskillende mense te bou, en dit hou ook baie ekonomiese waarde in om meertalig te wees."
|
 |
USAN-kongres 2024: ’n onderhoud met Andréa Müller
Naomi Meyer, Andréa Müller
Onderhoude
"My spesifieke onderwerp is geïnspireer deur die dinamika wat ek tussen sogenaamde bruin Afrikaanse digters en die literêre establishment oplet. Die opbloei in uitstekende debute én opvolgbundels deur hierdie digters is opwindend, en beslis ’n aanduiding van ’n literêre sisteem wat evolueer."
|
 |
Die fynskrif van kaderontplooiing
Anne-Marie Mischke
Elders gesien
"Jy sou ’n vergrootglas nodig gehad het om die nie-Nattes in hoë poste te kry. Daar is redes voor."
|
 |
Skadelike kopieregwetsontwerp voor parlement
Jean Oosthuizen
In het nieuws
"Drie plaaslike skrywersverenigings, PEN Afrikaans, ANFASA en PEN Suid-Afrika, het ook gevra dat Suid-Afrikaners hulle stem dik maak teen die wetsontwerp. Hulle het in samewerking met die Uitgewersvereniging van Suid-Afrika (PASA) ’n petisie beskikbaar gestel as deel van ’n gesamentlike protesaksie teen die wetsontwerp, wat vandag vir aanvaarding voor die Nasionale Vergadering sal dien."
|
 |
Omstrede Bela-wet beslis hof toe
Jean Oosthuizen
In het nieuws
"Indien die wet deurgevoer word, sal dit aan provinsiale hoofde van onderwysdepartemente die mag gee om ’n finale besluit oor ’n skool se taal- en toelatingsbeleid te neem. Die rol van skoolbeheerliggame sal dus aansienlik kleiner wees."
|
 |
Misdadigers in metropolitaanse polisie wek kommer
Jean Oosthuizen
In het nieuws
"Volgens die burgemeesterskomiteelid vir gemeenskapsveiligheid, Letlhogonolo Moseki, is 3 449 vingerafdrukke van die metro se polisiebeamptes tydens die laaste oudit van 2022 geneem en vir verwerking aan die provinsiale polisiekommissaris se kantoor gestuur."
|
 |
Leesimpressie: Vinvis der vergetelheid door Tanja Maljartsjoek
Erik van den Bergh
Literatuur
"Roman van de Oekraïense schrijfster Maljartsjoek (1983) waarin persoonlijke ervaringen van een jonge Oekraïense vrouw verweven worden met het leven van de historische volksheld Vjatsjeslav Lypynsky. De historische informatie is complex en niet altijd makkelijk te volgen. Vooral het eerste deel bevat veel mooie formuleringen."
|
 |
Leesimpressie: Waarheidsliefde en biefstuk door Arnon Grunberg
Erik van den Bergh
Literatuur
"Imposante bundel met 73 essays uit de periode 1998-2023. Recensies, beschouwingen, voorwoorden, toespraken. Toegankelijk en helder, fraaie stijl, gedegen en kleurrijke artikelen. Bouwsteen voor latere biografie van Grunberg."
|
 |
Wyfie deur Homebrew Films, ’n bespreking
Izak de Vries
Film
"’n Deel van Wyfie se lekker lê juis daarin dat dit lig is, dit ís lekker vermaak. So, oukei, ek geniet dit. Dan is daar ook die loerbroereffek. Dis amper soos Big Brother, jy beloer die meisies se navigasie van die lewe."
|
 |
Wonderlike Wolseley in Witzenberg
Clifford Roberts
Reizen
"Plaasverblyf is dié manier om die omgewing op sy joviaalste te ervaar. Gooi jou swembroek in, laai jou fiets of kajak op jou dakrak, en druk sommer bordspeletjies in die kattebak, vir daardie lang aande om die braaivleisvuur met jou gesin en vriende."
|
 |
Movie review: Thumbs up for Frankie and Felipé
Clifford Roberts
Film
"There’s a lot of pride in this hometown production, shot in Cape Town and the surrounding winelands. That said, there’s a universality to the story through its investigation of cultural identity and its many complex forms that will make it live among similar South African classics. Think Craig Freimond’s Material (2012) and Amy Jephta’s Barakat (2020)."
|
 |
Persbericht – Graphic novels in Zuid-Afrika: het werk van Nathan Trantraal
Voertaal
Literatuur
Trantraal verblijft momenteel enkele maanden in Nederland. Op 13 maart komt hij naar de Universiteit Leiden, waar hij met universitair docent film- en literatuurwetenschap Yasco Horsman (Universiteit Leiden) in gesprek zal gaan over de poëtische kwaliteit van graphic novels en de manier waarop thema’s als geweld hierin worden vormgegeven, het illustreren van poëzie, zijn werk als dichter en het leven in Zuid-Afrika.
|
 |
Persbericht: Nieuw beurzenprogramma versterkt samenwerking in cultureel erfgoed
Voertaal
Academisch
Nuffic kondigt met trots de lancering aan van het Cultural Heritage beurzenprogramma. Dit baanbrekende initiatief, gefinancierd door het Ministerie van Buitenlandse Zaken, is ontworpen om jonge professionals uit Indonesië, Nigeria, Sri Lanka, Suriname, en Zuid-Afrika de mogelijkheid te bieden om kennis te versterken omtrent het beheer van cultureel erfgoed.
|
 |
Die storm voor die stilte
Koos Kombuis
Boeke en skrywers
"Die ergste weer sou ons eers in die nanag tref. Maar reeds vroeër die aand, toe ek die eerste note van my konsert sing, het ek agtergekom dat ek sukkel om my balans te hou op die kroegstoel wat op die verhoog gestaan het. Ek was selfs meer bekommerd dat die bottel rooiwyn op die kroegstoel langs my sou omval en breek."
|
 |
Leon Strydom (1944–2021)
Erika Terblanche
ATKV|LitNet-Skrywersalbum
Gerrit Olivier: "Strydom dring ’n groot hoeveelheid verwysings, toespelings en dubbelsinnighede sonder enige interpunksie hoegenaamd binne enkele verse saam. Sodoende ontstaan ’n besondere digtheid, soms selfs duisterheid."
|
 |
Dis eenvoudig woorde
Koos Kombuis
Boeke en skrywers
Koos Kombuis lees drie uiteenlopende boeke dié maand. Hy is liries oor Murakami se Kafka on the shore en hy gee hoog op oor Op pad na Grysberg, ’n boek wat, onder leiding van Stefaans Coetzee, deur 22 skrywers saam geskryf is. Laastens vertel hy meer oor Fokofpolisiekar se bloemlesing van hul lirieke, bekend as Woorde 2003–2023.
|
 |
Gebeente deur Etienne van Heerden: ’n interpretasie
Chris van der Merwe
Leeskringe
"Die boek lewer diepsinnige kommentaar op ons tyd, maar vertel ook ’n boeiende storie, soos Fermi dit wou hê. Die spanning word gewek en volgehou deur die wisseling tussen vertelperspektiewe, deur verrassende openbarings en boeiende wendings, tot by die aangrypende hoogtepunt van die slot. In alle opsigte ’n indrukwekkende roman!"
|
 |
Kanniedood, kopieregwetgewing en stories: ’n onderhoud met Joha van Dyk
Naomi Meyer, Joha van Dyk
Skrywersonderhoude
"Ons medestudente en vriende is racially diverse. Daar is dus ook ’n natuurlike instink om diverse karakters te skryf omdat ek grootword met diverse mense in my lewe. Skrywers het ’n geleentheid om onsself in ander se skoene te sit en hulle ervaring so eg en natuurlik moontlik aan te bied – ons moet net verantwoordelik wees daarmee. Ek dink lesers is oop daarvoor as dit reg gedoen word."
|
 |
As drome waar word: ’n onderhoud met die skrywer en illustreerder
Maryke Roberts, Jeanéll Coetzer, Erna van der Merwe
Skrywersonderhoude
"Ek hoop mense verstaan en sien gestremdhede en gestremde mense anders ná die boek. Ek hoop kinders maak maatjies met die een maatjie wat anders lyk of loop. Ek hoop dit gee gestremde mense ’n stem om hul stories te deel."
|
 |
A sociological analysis of Breaking the bombers by Mark Shaw
Deon Pretorius
Books and writers
"Shaw provides excellent evidence to show that wherever and whenever different societal agents and agencies started moving towards cooperation and collaboration, they started becoming effective. When the agencies of the state started talking to one another and when leadership compelled the institutional actors to collaborate, the situation changed positively."
|
 |
Kanniedood deur Joha van Dyk: ’n lesersindruk
Irma Steffens
Lesersindrukke
"In Kanniedood fokus die skrywer veral op bendes en kry die leser ’n goeie idee hoe gevaarlik dit werklik is wanneer bendes in gebiede bedrywig is. Soos die verhaal ontvou, trek die knop op my maag al hoe stywer, want die gevaar raak al hoe groter."
|
 |
aalmoes vir die bootman deur Andries de Beer: ’n lesersindruk
David Carlo Steyn
Lesersindrukke
"aalmoes vir die bootman is ’n bundel van rou maar fyn verse, asook ander mediums soos visuele stukke en vrye uitbeeldings van die Afrikaanse gees, wat sonder pretensie of die algemene stoere hekwagtervorm meevoer."
|
Op die redakteur se lessenaar |
 |
Graad 10: Wiskunde-toets en memo, eerste kwartaal
LitNet
Notas, toetse en vraestelle
Voel jy ongedefinieerd, rasionaal of gelyk aan nul? Nee wat, dis net ’n Wiskunde-vraestel waaruit jy voorlees. Klik hier om die gratis oefenvraestel deur Lee-Ann Langeveld af te laai en leer hoe om al daardie somme se antwoorde uit te werk. Jy sal 10 uit 10 vir hierdie kwartaal se Wiskunde kry, graad 10-leerder!
|
 |
Persverklaring: Wenners – vyfde studentesimposium vir sosiale en geesteswetenskappe
LitNet
Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns
Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns het op 15 en 16 Februarie 2024 die vyfde studentesimposium vir die sosiale en geesteswetenskappe in hibriede formaat aangebied. Die organiseerders van die simposium het uitstekende terugvoer van die beoordelaars ontvang wat bevestig het dat navorsing in Afrikaans aan universiteite ʼn waardevolle bydrae lewer tot die hoër funksies van Afrikaans en ʼn besonderse bydrae lewer tot die uitbreiding van Afrikaanse vaktaal.
|
 |
Fotoblad: Adam Small-fees 2024
Menán van Heerden
Feeste
Die agtste Adam Small-fees het van 23 tot 25 Februarie 2024 in Pniël plaasgevind. Menán van Heerden deel haar foto’s van Saterdag 24 Februarie se program.
|
 |
Mirror, a solo exhibition by Adele van Heerden at 131 A Gallery: an interview
Naomi Meyer, Adele van Heerden
Interviews
"The title, Mirror, refers to the water’s surface as a physical mirror reflecting the surrounding elements, be it the sky, the weather, rock, or architectural structures. This mirror, when clear, also reveals the hidden worlds beneath the water."
|
 |
Romeo and Juliet at the Maynardville Open-Air Festival: a theatre review
Laurette de Jager
Lifestyle and entertainment
"From the start, Hannah Borthwick’s phenomenal performance as Juliet’s nurse stole the show. I hung on her every word and drank in her mannerisms with great enjoyment, while all the while a flicker of recognition flashed at the back of my mind. She is the daughter of South African veterans Rika Sennet and James Borthwick, and by all accounts destined to become a household name herself."
|
 |
Wyfie – die eerste vier episodes: ’n resensie
Réney Warrington
TV
"Met al die universiteitsdrama in die land – geheime kamers, poppe met KKK-kappies, piepie op jou buurman se lessenaar – kon Wyfie nie vir ’n beter zeitgeist gevra het nie. Die draaiboek skiet wel te kort in vele ander afdelings."
|
 |
Press release: Harmony of sight in Gqeberha
LitNet
Music
The Heydeburg Philharmonic Orchestra with friends from Gqeberha present Harmony of sight, a symphony for vision. The project is supported by Nelson Mandela University’s Department of Music and Performing Arts.
|
 |
Die dans
Christelle Van Rooyen-Wessels
Fiksie
"Daar is liefde, dink sy, en dan is daar liéfde. Terwyl sy nog heimlik oor Joe gerou het, baie kere die sê-nou-maar-speletjie in haar kop gespeel het, was dit Leon wat haar liefde veilig gehou het ..."
|
 |
Tolbos
Kevin McDonald
Poësie
"Tolbos rol tolbos spring.
Laat jy geluk vir my ook bring."
|
 |
Hierdie is nie ’n gedig nie
C-Son
Poësie
"Hierdie is nie ’n gedig nie
dis ’n loflied; dis ’n sug
dis ’n rym wat ek kinderlik gee aan die
asem uit die lug."
|
 |
Uurglas
Rosalee Meyer
Poësie
"jy het hulle gedra
hoog gehou versôre
die kinders en die jonges"
|

Konklusie of gevolgtrekking? Kontradiksie of teenstrydigheid?
LitNet Akademies wil navorsers graag help om meer gespierde Afrikaans te skryf. |
|