|
|
- ISSN 1995-5928 - Ingesluit LitNet Akademies
|
|
Nuusbrief 987
15/02/2024
|
Krities Afrikaans
|
 |
Een vir een
Skrywer: Nico Scheepers
Uitgewer: Protea Boekhuis
ISBN: 9781485313892
"Sy werk spreek van ’n onontginde wêreld, maar terselftertyd ook ’n bekende en geliefde verwysingsraamwerk wat so eg Suid-Afrikaans en Afrikaans is."
– Cornelia Faasen, Nasionale Afrikaanse Teater-inisiatief Nico Scheepers is ’n bekroonde dramaturg, regisseur en draaiboekskrywer. Ná die sukses van Nêrens, Noord-Kaap word sy Showmax-misdaadreeks, Donkerbos, in 2023 op die Berlinale (deel van die Berlynse Rolprentfees) as een van die top 16 reekse wêreldwyd vertoon. Vir die slotepisode van die reeks ontvang hy die SA Akademie se Deleen Bekkerprys vir beste draaiboek vir ’n TV-drama in Afrikaans. |
 |
|
 |
USAN-kongres 2024: ’n onderhoud met Nicolette Steyn
Naomi Meyer, Nicolette Harmse Steyn
Onderhoude
"Talle referate wat op die kongres gelewer is, het gehandel oor Afrikaanse taalverwerwing en uitspraakwenke vir tweede- of vreemdetaalsprekers. Dit was vir my baie interessant, omdat ek self met tweede- en derdetaalstudente werk, en die feit dat daar tans so baie navorsing in dié veld gedoen word, is verblydend."
|
 |
USAN-kongres 2024: ’n onderhoud met Susann Louw
Naomi Meyer, Susann Louw
Onderhoude
"My inspirasie kom van my belangstelling in gender, maar ook die waarneming dat die media, samelewing en gender in ’n konstante en vervlegte verhouding tot mekaar ontwikkel en verander."
|
 |
USAN-kongres 2024: ’n onderhoud met Natasha Harmse
Naomi Meyer, Natasha Harmse
Onderhoude
"Ek stel belang in die maniere waarop literêre tekste, veral gedigte, inmekaarsteek. Daarom benader ek hierdie tekste soos wat ’n motorwerktuigkundige dalk ’n enjin sal benader: Ek wil ’n werkende masjien uitmekaarhaal en die onderdele bekyk voordat ek dit weer aanmekaarsit."
|
 |
Dertig jaar, watwo: drie millennia van stories
Jean Meiring
Menings
"Dit als – dié boog geskiedenis wat ons uit Afrikaans uit terugneem drie millennia ver na die Eerste Babilonies Ryk, toe ’n volksdigter na alle waarskynlikheid met die immermenslike verhaal van Piramus en Tisbie vorendag gekom het – toon, glo ek, die kragtige en byna heeltemal onveranderde werking van stories."
|
 |
Reguit met Robinson: Staatsrede 2024
Freek Robinson, Roelof Botha
Onderhoude
Suid-Afrikaners gaan in die 30ste jaar van demokrasie binnekort stembus toe. Gaan die 2024-verkiesing ’n waterskeiding wees? Freek Robinson gesels met ekonoom Roelof Botha oor die ware stand van die nasie.
|
 |
Suid-Afrikaners, gaan trek julle kruisies!
Eugene Brink
Menings
"Daar sal owerhede met magte en bevoegdhede na vanjaar se verkiesing wees, of 2 000 of 20 miljoen mense gaan stem. En daarna sal mense weer in verkiesings gaan stem en daar sal owerhede wees wat beleid en wette skep. Jy verloor niks deur vir een van die talle (kennelik onvolmaakte) partye te stem nie, en die groot aantal wegblyers maak juis jou stem groter."
|
 |
Staatsrede 2024
Bettina Wyngaard
Rubrieke
"Die staatsrede was ongewoon niksseggend en onsamehangend. Indien ek byvoorbeeld ’n drinkspeletjie sou gespeel het waar ek ’n sluk hardehout moes neem elke keer wanneer staatskaping, korrupsie of Madiba genoem word, dan sou ek teen halfagt onkapabel gewees het."
|
 |
Wilgenhof: "Ontgroening help nie met moderne studente se uitdagings nie"
Jana Marx
Universiteitseminaar | University Seminar
"Hy is wit en Afrikaans en is Wilgenhof toe omdat sy familie vir geslagte voor hom ook daar was. Maar hy wil ook nie hê ons moet sy naam gebruik nie, want vandag besef hy alles was nié wel nie. Die kultuur van geheimhouding maak dat ons hard moet werk om hom te oortuig om met ons te praat."
|
 |
Om rou waar te neem
Gert van der Westhuizen
Seminare en essays
"Wat doen mens wanneer jy dagboek skryf na die dood van ’n geliefde? Waar begin jy? In hierdie bydrae neem ek spesifieke passasies uit A grief observed, in geen uitgewerkte volgorde nie, maar gelei deur waar ek my bevind het tydens die lees van die dagboek. Ek vermoed hierdie notas kan mense wie se geliefdes oorlede is, help om hulle eie ervarings van rou waar te neem, en te leer om daarmee saam te leef."
|
 |
Die 86 inkarnasies van Catherine
Nini Bennett-Moll
Rubrieke
"Uiteraard is reïnkarnasie herverpak in ’n versuikerde gedaante waarin daar afgewyk word van leerstellings. Begrippe soos old soul en gevoelens van déjà-vu, herhalende drome, ESP, irrasionele fobies, of ’n affiniteit vir vreemde kulture en tydperke is sonder meer aangevoer as redes vir reïnkarnasie."
|
 |
Uitnodiging: Internasionale Moedertaaldaglesing, Woensdag 21 Februarie 2024
LitNet
Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns
Op 21 Februarie 2024 word Internasionale Moedertaaldag gevier, en die Taalkommissie het in opdrag van die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns besluit om ’n gaslesing aan te bied om die geleentheid te vier. Aangesien dit eintlik die variëteite van Afrikaans (afgesien van die standaardvariëteit) is wat die eerste tale of moedertale van die Afrikaanssprekende gemeenskap is, het die Taalkommissie dit goedgedink om by hierdie geleentheid eerder op hierdie variëteite te fokus.
|
 |
Etlike gedagtes oor moedertaalonderrig in Suid-Afrika na apartheid
Neville Alexander
Taaldebat (2006)
"Omdat amper niemand vandag verder as vyf jaar in die toekoms wil kyk nie, kan hulle nie sien dat die ander, dws, nie-Afrikaans- en nie-Engelstalige Suid-Afrikaanse taalgemeenskappe, op een of ander tydstip heel moontlik ook instellings sal wil hê, waar hoofsaaklik in hul moedertale klas gegee sal word. Wanneer daardie tyd aanbreek, sal die voorbeeld van Afrikaans van die grootste historiese belang wees."
|
 |
Neville Alexander Gedenklesing: Gee erkenning aan Kaaps as moedertaal
Naomi Bruwer
Afrikaanse Taalmuseum en -monument-portaal (2016)
Michael le Cordeur het ’n pleidooi gelewer dat Kaaps, die huistaal van 3,4 miljoen mense op die Kaapse Vlakte, ook in die onderwys erkenning moet kry. "As ons sê – en dit word wêreldwyd erken – dat jou moedertaal die mees effektiewe manier van leer is; en as ons sê dit geld vir Engels en vir Afrikaans en vir Duits en ... en ... dan geld dit ook vir Kaaps."
|
 |
Internasionale Moedertaaldag: Khoekhoegowab-tale en Khoi-Afrikaans
Menán van Heerden
Menings (2019)
"Die Verenigde Nasies het 2019 as die Internasionale Jaar van Inheemse Tale verklaar. Op 21 Februarie word die jaarlikse Internasionale Moedertaaldag gevier. Dié jaar se tema was 'Indigenous languages matter for development, peace building and reconciliation'. Menán van Heerden vertel meer oor die invloed van die Khoi op Afrikaans."
|
 |
Diatomiese Au–Au-gebonde spesies: veelsydig en multifunksioneel
Helgard Raubenheimer, Stephanie Cronje
LitNet Akademies (Natuurwetenskappe)
"Baanbrekerstoepassings het reeds uit die gerapporteerde werk voortgevloei en sluit in aktuele, hoogs selektiewe katalitiese prosesse (o.a. CO-oksidasie en metaanaktivering) en die gepaardgaande kompleksvorming met eenvoudige monodentate toeskouer- of deelnemende ligande."
|
 |
Graad 8: Wiskundevraestel en memorandum, kwartaal 1
LitNet
Notas, toetse en vraestelle
As jy vanjaar in graad 8 is, is jy besig om hoër en hoër deur jou skoolloopbaan te vorder. In hierdie gratis oefenvraestel deur Lee-Ann Langeveldt moet jy juis in die eerste vraag getalle in stygende orde rangskik. Klik hier om die vraestel af te laai. Laat jou ouers solank opkyk om te sien hoe jou wiskundepunte hierdie kwartaal so hoog soos ’n lugballon die lug in klim.
|
 |
Suid-Afrika wag (weer) op ’n kaptein
Heindrich Wyngaard
Nuusvinke
"Maar kritici was geregverdig daarin om vinnig die tekortkominge uit te wys toe Ramaphosa in sy staatsrede ’n denkbeeldige dertigjarige Tintswalo opgediep het om te illustreer hoedat sy deur die regering se HOP-huisie aan haar ouers, met lopende water en elektrisiteit, ’n Sassa-toelaag, NSFAS-beurs en teikens vir billike indiensneming, ’n goeie verhaal het om van drie dekades van die demokrasie te vertel. Die lewe van Tintswalo het vir sterk meningsverskille gesorg, nie slegs die aand nadat Ramaphosa sy staatsrede gelewer het nie, maar ook gedurende die debat oor die staatsrede die afgelope week."
|
 |
Zuma se party besig om ANC erg te knou
Jean Oosthuizen
In het nieuws
"Met minder as twee weke oor voordat president Cyril Ramaphosa die datum vir vanjaar se landwye nasionale en provinsiale verkiesings bekend maak, wil dit voorkom of die ANC se steun besig is om soos water deur ’n sif te loop – as die jongste meningspeilings in die kol is."
|
 |
Bafana se "brose" reis na brons
Heindrich Wyngaard
Nuusvinke
"Nou sing almal ’n ander deuntjie oor die span, wat dit wonderbaarlik kon regkry om derde te eindig, terwyl hulle beslis meer as een geleentheid gehad het om tot in die eindstryd te vorder. Die groot gesprekspunt was dat weinige sokkerkenners dit verwag het dat Bafana deur die groepfase na die laaste sestien spanne sou deurdring."
|
 |
Marius Weyers deur Chris Vorster: ’n resensie
Ignus Rademeyer
Resensies
"Deur Weyers se loopbaan te kontekstualiseer binne die breër sosiopolitieke klimaat van Suid-Afrika, beklemtoon Vorster die belangrikheid van sy bydraes tot die kunste en die samelewing in die algemeen."
|
 |
Manifesto: A new vision for South Africa by Songezo Zibi: a review
Rory Riordan
Books and writers
"With his having written Manifesto, his patriotism and determination to make South Africa a better place are indisputable. And his willingness to abandon an obviously successful career to see through his ideals is very unusual in a country now dedicated to 'What’s in it for me?'."
|
 |
Dark horizon deur James Swallow: ’n lesersindruk
Stefaans Coetzee
Lesersindrukke
"Van die beste spioenasierillers skep spanning deur ’n gewone mens in ’n agent te verander te midde van ’n dodelike samesweringskomplot. Lesers identifiseer makliker hiermee as met die hoogs opgeleide black ops-operateurs, aangesien ons almal daarvan hou as die underdog triomfeer."
|
Op die redakteur se lessenaar |
 |
All of us strangers: ’n filmresensie
Leon van Nierop
Film
"Die rolprent is nie onstuimig in die sin van ’n storm op die flieksee wat jou springmielies oor die rand laat stort nie. Dit krap die siel om."
|
 |
Bekbrandrissiepot vir Valentynsdag
Karen Hart
Kos en wyn
"Rooi ... As ek aan Valentynsdag dink, sien ek rooi. Nie die rooi van die hartjies en goetertjies wat kort ná Kersfees al op die winkelrakke begin propaganda maak vir die liefdesfees in Februarie nie. Nee, daai soort rooi wat die bul kop omlaag laat stof trap en storm."
|
 |
Uitnodiging: Boom, Bomer, Boomste | Breytenbach-galery, 17 Februarie 2024
LitNet
Kuns
Boom Bomer Boomste open op Saterdag 17 Februarie om 11:00 by die Breytenbach-galery. Met Dave Pepler as gasspreker en kunswerke deur Varenka Paschke, Gustav Bester, Estelle Marais, Johan Swart, Nanette Ranger, Heinz Modler, Susan Grundling, Jacques Dhont, Sharle Matthews, Zonia Scheffer, Susan Bloemhof, Desirée Malan, Estelle Louw, Zach Mukwira en Kobus Coetzee.
|
 |
The lost diaries of Tiyo Soga
Mphuthumi Ntabeni
New writing
"It is not easy, waiting for fair sailing weather, permanently watching for the winds to turn."
|
 |
Nuwe jaar
Wicus van der Merwe
Poësie
"Soos die son op die eerste dag tog weer ondergaan
draai ek om en laat my wit vlag sak.
Daar is geen teken dat die gety gaan draai
In môre se gedruis moet ek verhoudings paai."
|
 |
Ek's oek kallit
Shane Heynes
Poësie
"Preek julle dan nie oor
diversity nie?
Of gaan julle my die hele tyd
critique?"
|
 |
My Engel van bo
Pieter Loots
Poësie
"’n ster het verskiet en in my hart geval
met ’n vreemde warmte wat oor my spoel
kon ek jou sagte ontwaking van liefde voel"
|
 |
(Tot) we(d)ersiens
Martin Labuschagne
Fiksie
"Die donker slaaploosheidskringe om die groot oë, die dubbelken, die ronde kop, die breë nek, die welige krulhare.
Onmiskenbaar hy.
Onmiskenbaar my pa."
|

Konklusie of gevolgtrekking? Kontradiksie of teenstrydigheid?
LitNet Akademies wil navorsers graag help om meer gespierde Afrikaans te skryf. |
|