|
|
- ISSN 1995-5928 - Ingesluit LitNet Akademies
|
|
Nuusbrief 962
11/08/2023
|
Krities Afrikaans
|
Krag
Skrywer: Fanie Viljoen
Uitgewer: LAPA
ISBN: 9780637001830
Aldan Valentyn is niemand nie. Hy plaas ’n foto van homself sonder sy hemp op Instagram en word die bespotting van die skool, maar dit sal binnekort verander.
|  |
|
 |
Is die taxistaking die begin van staakseisoen?
Bettina Wyngaard
Rubrieke
"Wie word die ergste getref deur die protesaksies? Die arm mense wat nie oor hul eie vervoer beskik nie. Die mense wat al klaar aan die onderpunt van die samelewing is, word nou vergruis in die borsstampery tussen die taxibase en die munisipaliteit. Kinders wat ’n opvoeding nodig het om ’n beter lewe te kan lei, kom nie by skole uit nie."
|
 |
NSFAS-hulpskema vir studente kan lei tot nog ’n #FeesMustFall
Jean Oosthuizen
Universiteitseminaar | University Seminar
"In Pretoria, Bloemfontein en Potchefstroom het studente die afgelope twee weke in tipiese #FeesMustFall-modus operandi in groot getalle op kampusse betoog uit frustrasie met NSFAS se nuwe uitbetalingstelsel."
|
 |
Is Vrouedag relevant?
Freek Robinson, Amanda Gouws
Onderhoude
Moet ons nog Vrouedag vier? Vaar Suid-Afrika goed met vroueregte sedert die totstandkoming van ons demokrasie? Het feminisme nog ’n plek in ons samelewing? Wat van die transgesprek? En die woke-beweging? Waar pas geloof in hierdie prentjie? Amanda Gouws neem Freek Robinson deur hierdie vrae, en vele meer.
|
 |
Die meeste mans het ’n godkompleks
Nic Prinsloo
SêNet-briewe
"Hou op om jou blind te staar aan tradisionele geslagsrolle. As jou vrou ’n beter handyman (sien wat ek bedoel) as jy is, of meer geld verdien, waardeer haar daarvoor en gee haar die ruimte om haar ding te doen terwyl jy gaan kosmaak."
|
 |
Die Johann Rossouw-gespreksreeks: in gesprek met René Girard oor die apokalips van ons tyd
Chantal Delsol
Seminare en essays
"Die eietydse aankondiging van toekomstige klimaatskatastrofes openbaar die einde van die vooruitgangsgeloof, oftewel die idee dat die onbepaalde vooruitgang na die beste sy afsnypunt en sy versadigingspunt bereik het. Ons beweeg nie meer na ’n onbepaalde verbetering toe nie. Ons beweeg deur die afwisseling van orde en chaos, en dít in ’n sirkulêre beweging."
|
 |
Wie versorg die versorger?
Adam Willemse
Menings
"’n Kollega van my wie se ma ’n jaar gelede oorlede is nadat sy lank siek was met Alzheimers, het vir my gesê dat humor dikwels haar redding was. Soms wil jy jou leeg huil oor wat met jou ma, eggenoot, familielid gebeur. Ander kere kan jy maar net lag."
|
 |
Manifes van protes
Jaco Botha
OuLitNet, SeminaarKamer, 2002
"Skrywers deur die eeue was nog altyd in wese rebelle, al is daar in die meeste gevalle slegs teen bestaande tekste gerebelleer. Soms, binne ’n ideologies onbevredigende omgewing, kring daardie verset egter tot in die 'regte' lewe uit. Dit is dan ook wat binne die apartheidsera gebeur het."
|
 |
Is ons regtig verbaas oor die proteste?
Bettina Wyngaard
Rubrieke, 2018
"En as niemand na jou wil luister nie, en by gebrek aan kanale om jou griewe reg te stel, kan die grootskaalse afbreek van munisipale geriewe terapeuties wees."
|
 |
Houdings in verband met protesaksie in Suid-Afrika
Johan Zaaiman
LitNet Akademies (Geesteswetenskappe), 2021
"Protes is ’n algemene verskynsel in Suid-Afrika en het die afgelope dekade in omvang en geweld toegeneem. Dit is dus belangrik om die verskynsel te bestudeer."
|
 |
Opposisiepartye gaan die net wyer span om die ANC te verslaan
Jean Oosthuizen
In het nieuws
"Die ses partye het Donderdag in ’n gesamentlike verklaring gesê hulle het met ’n proses begin om uit te reik na leiers oor ’n wye verskeidenheid van die burgerlike samelewing om hul leiding te soek voor die nasionale konvensie wat volgende week op 16 en 17 Augustus in Kempton Park gehou word."
|
 |
Kaapstad bloei weens taxistaking
Jean Oosthuizen
In het nieuws
"Ian Cameron van die burgerlike organisasie Action Society het op die sosialemediaplatform X (voorheen Twitter) gesê daar is iets polities dieper daaraan as net ’n taxistaking. Hy sê dit is ’n poging tot groterskaalse destabilisering."
|
 |
Persbericht: 30 jaar democratie in Zuid-Afrika
Voertaal
Zuid-Afrikahuis
In 2024 viert Zuid-Afrika 30 jaar democratie. Op donderdag 24 augustus blikt Philda Essop terug op hoe het leven is veranderd voor de Zuid-Afrikanen sinds ze voor het eerst hun kruis op het stembiljet zetten bij de allereerste democratische verkiezingen in het land in 1994.
|
 |
Teoretiese begronding vir die ontwerp van ’n uitspraaktoepassingsmodel gemik op vreemdetaalsprekers van Afrikaans (deel 2 van ’n drieluik)
Jaydey Sass, Elbie Adendorff
LitNet Akademies (Opvoedkunde)
"Hierdie artikel is die tweede van drie wat verslag lewer oor ’n navorsingstudie wat deur die eerste skrywer vir ’n doktorale studie onderneem is. Die eerste artikel verskaf die navorsingsontwerp vir die studie. Dié artikel behels die uiteensetting van die teoretiese begronding van ’n gespelifieerde uitspraaktoepassingsmodel vir Engelssprekende studente wat Afrikaans as ’n vreemde taal aanleer. In die laaste artikel plaas ons die fokus op die model waarop ’n gespelifieerde uitspraaktoepassing ontwerp kan word."
|
 |
Persverklaring: 3de Kaaps Simposium | 3re Kaaps Simposium | 3rd Kaaps Symposium
LitNet
Akademies en skole
Ons verwelkom graag akademiese aanbiedings (plakkate, artikels, paneelbesprekings), kreatiewe werk en optredes. | Ôs welcome graag academic presentations (posters, atiekels, panel discussions), creative work en performances. | We invite academic presentations (posters, papers, panel discussions) and creative works and performances.
|
 |
Graad 8: Wiskundevraestel en memo, derde kwartaal
LitNet
Notas, toetse en vraestelle
Dis ’n week met ’n vakansiedag; wie’s lus om hulle oor Wiskunde te bekommer? As jy in graad 8 is en jy wil nie dat breuke jou hoofbrekens besorg nie, laai hierdie gratis Wiskundevraestel deur Lee-Ann West af. Maak sommer ’n pizza en kyk wie het al ’n derde van hul pizza geëet ... As jy aanhou oefen, verorber jy uiteindelik jou eie kommer stukkie vir stukkie en kry goeie punte in hierdie toetsreeks.
|
 |
Venter die taalsmid
Crito
Boeke en skrywers
"Ek’s terug van siekteverlof. Dis al wat julle hoef te weet. Lekker baie tyd gehad vir dink. En wat ek dink, is dat dit geweldig vervelend is om net oor resensies te skryf. Crito se visie is soveel groter, al druis dit heeltemal teen my nederige aard in om so iets te erken."
|
 |
LitNet en die Langenhoven Gedenkfonds soek jou wetenskapfiksieverhaal!
LitNet
Skryfwerk
LitNet en die Langenhoven Gedenkfonds wil alle skrywers uitdaag om ’n wetenskapfiksiekortverhaal voor te lê vir publikasie. Alle wetenskapfiksieverhale wat tussen 12 Augustus 2023 en 31 Desember 2023 op LitNet verskyn, sal in aanmerking kom vir ’n prys wat deur die Langenhoven Gedenkfonds geborg word.
|
 |
Die Eybers-dag – Letterkundetoer 2023
Ena Jansen
Boeke en skrywers
"Dis dag een van die tiendaagse Letterkundetoer deur Marieta Nel en Karin Tomlinson georganiseer. Elisabeth Eybers (1915–2007) is die vanselfsprekende eerste fokuspunt."
|
 |
Afrikaanse resensies en boekgesprekke in Julie 2023
PEN Afrikaans
PEN Afrikaans
Hier is PEN Afrikaans se oorsig van Afrikaanse resensies wat in Julie 2023 verskyn het en digitaal beskikbaar is. Daar is ook skakels na boekbesprekings of -gesprekke en voorlesings wat op die radio of TV uitgesaai is.
|
 |
Dan Sleigh (1938–2023)
Erika Terblanche
ATKV|LitNet-Skrywersalbum
"’n Violis sou nie wou hê iemand moet aan sy strykstok of viool iets verander nie – hoekom kan dieselfde respek nie vir taal geld nie?"
Dan Sleigh se ATKV|LitNet-Skrywersalbum is nou volledig bygewerk.
|
 |
"Wees geduldig, maar wees braaf": Anton Kannemeyer se raad aan jong kunstenaars
Jannike Bergh, Anton Kannemeyer
Kuns
"Afrikaners het van nature ’n innerlike begrip vir verset. Altans die tipe Afrikaners wat ek altyd interessant gevind het." Anton Kannemeyer gesels oor sy solo-uitstalling binnekort by die Toyota US Woordfees, uitdagings vir jong kunstenaars en die kuns van verset in ’n nuwe swygkultuur.
|
 |
Oppenheimer: ’n filmresensie
Leon van Nierop
Film
"Eintlik gaan Oppenheimer veral oor die geniale fisikus se hoed. Opmerklik dat hy een van die min karakters is wat ’n hoed dra in ’n era toe alle mans met hoede gespog het. Dit isoleer hom nie net visueel van die menigte koue wetenskaplikes wat hom omring of leegtap nie; dit skerm soms gedeeltes van sy gesig of oë af. Maar wanneer Nolan hierdie veelbesproke figuur in fokus kry, pen sy ysblou oë jou teen die muur vas."
|
 |
Kokkedoor: vuur en vlam – ’n onderhoud met Kobus Botha
Naomi Meyer, Kobus Botha
kykNET Portaal
"Die nie-lekker-nie was die medisinale koeksoda na party proesessies. En selfs as ons ’n professionele afstand probeer hou van die deelnemers, is daar hier en daar een wat jy weet jy gaan mis wanneer hulle huis toe gaan. Die keersy van hierdie proses is die plesier wat mens kry van die ekstase op die wenners se gesigte."
|
 |
Persverklaring: Taalgenoot-RUK EN RYM gerat om geraas te maak
LitNet
ATKV-Portaal
RUK EN RYM is oop vir enige klankskeppende kunstenaars wat alternatiewe musiek met Afrikaanse lirieke maak. Wat beteken "alternatief"? Dit beteken enigiets wat afwyk van die hoofstroom – kunstenaars wat innoveer en wat die strewe na vars klanke en ritmes hoër ag as om neigings te volg.
|
 |
Die geel dag
Neo Mehlomakulu
Poësie
"en teruggereis in tyd
en lot se vrou bevry van haar soutpilaar-tronk
ek het saam met julie andrews
oor die heuwels gehardloop"
|
 |
Jy en net jy
CJ Saterdag
Poësie
"Wanneer ek wegraak
en die son my verblind
luister ek vir jou stem"
|
 |
Dit is volbring
Waldemar Gouws
Poësie
"kruis en dwars
tegnies geteiken en toe verdoem
tot tombe vir die maan
se getye in pekel"
|
 |
My labirint
Martin Labuschagne
Poësie
"en teken my testament
op my handpalm
met neon kapsules,
om te neem soos benodig"
|

Konklusie of gevolgtrekking? Kontradiksie of teenstrydigheid?
LitNet Akademies wil navorsers graag help om meer gespierde Afrikaans te skryf. |
|