|
|
- ISSN 1995-5928 - Ingesluit LitNet Akademies
|
|
Nuusbrief 941
17/03/2023
|
Krities Afrikaans
|
Daar’s ’n towerponie in my bed
Skrywer: Martelize Faber
Uitgewer: LAPA
ISBN: 9780637001373
Die dag toe Lia die sagte pienk en pers towerponie met die blink horing uit die geskenksak haal, het alles verander ... Wanneer Lia se ma in die hospitaal opgeneem word, gee Lia se ouers vir haar ’n geskenkpakkie: ’n skulp, ’n sepie, ’n haarknippie en ’n towerponie genaamd Reënboog om haar te troos. Min weet hulle presies hoe baie Reënboog haar deur die moeilike tyd gaan help! Lia en Reënboog sal kinders op ’n toweragtige reis neem na avonture waarvan ’n mens slegs kan droom. |
 |
|
 |
Produksie-assistent / Assistentproduksiebestuurder
LitNet
NetWerk
LitNet, LitNet Akademies en Voertaal.nu benodig ’n geesdriftige, verantwoordelike personeellid om bystand met daaglikse werksvloei te verleen. Ons soek ’n energieke spanspeler met – en dis kardinaal – ’n besonder fyn oog vir besonderhede (tekstueel en visueel).
|
 |
Van koshuise, tale en kommissies
Bettina Wyngaard
Universiteitseminaar | University Seminar
"Op die vooraand van Internasionale Menseregtedag is dit dalk ’n belangrike les om te leer: Die grondslag van menseregte is menslikheid en menslike verhoudinge. Dit kan nooit deur ’n regsbeslissing afgedwing word nie."
|
 |
US-rektor sê hy het reeds verskoning gevra vir taaldebakel
Jean Oosthuizen
Universiteitseminaar | University Seminar
"In ’n verklaring wat laat Woensdagaand uitgereik is, sê De Villiers die US bly verbind tot menseregte, waardigheid, veeltaligheid en inklusiwiteit. Hy sê die US neem kennis van die MRK se verslag oor taal in US-koshuise."
|
 |
Besinning oor die ASSAf-paneelbespreking oor ChatGPT, assessering en hoër onderwys
Dirk Postma
Seminare en essays
"Die paneellede maak dit duidelik dat die tyd verby is om kennisinhoude te assesseer. Daar moet eerder gefokus word op die prosesse van die generering van kennis. Vir Johannes Cronjé is die fokus op die vermoë om dit wat KI genereer te kan evalueer. Franci Cronjé toon aan hoe kreatiwiteit en kritiese denke ontwikkel kan word deur van studente te verwag om valshede in ’n teks te identifiseer en reg te stel."
|
 |
Om ’n huis te kan koop
Freek Robinson, Erwin Rode
Onderhoude
Hoekom trek soveel mense na die Wes-Kaap? Is huise in die Wes-Kaap te duur? Wat is deesdae belangriker as jy huis koop: sekuriteit of sonkrag? Wat gaan met die huismark gebeur as die EFF hulle hande op die regering kry? En wat van almal wat nie huise kan bekostig nie? Freek Robinson gesels met Erwin Rode, ’n eiendomswaardeerder en ‑konsultant.
|
 |
Ja, diere het ook kultuur
Elsabé Brits
Seminare en essays
"Histories is daar gereken die mens is die enigste spesie op aarde wat ’n kultuur, of kulture, het. Die afgelope 70 jaar is daar egter ontdek dat ’n magdom ander spesies dit ook besit."
|
 |
Net oo ôs groen lyk mean ie enage bok vriet an ôs ie
Bettina Wyngaard
Rubrieke
"Issie die size vannie cabinet wat ie probleem issie, Uncle. Is lat hulle ammel net snoete an ie trog sit. Ôs issie stupid ie, Uncle. Ôs mag miskien groen lyk, maa g’n bok vriet aan ôs ie."
|
 |
In die fragmentarium 4
Breyten Breytenbach
Rubrieke
"Moenie te groot woorde gebruik nie want die oggend is nog ongeskonde en heilig. Jy sit op die balkon asof dit ’n stoep is, met ’n eerste beker koffie en ’n moot beskuit hard soos ’n klinker."
|
 |
Lady Di ontvang self haa blomme
Veronique Jephtas
Menings
"Ek is dankbaa dat Diana Ferrus onlangs vir haa lewensbydrae erkenning gekry het byrie 13de kykNET Fiëstas op 9 Maart 2023. ... Die waarde van wat iemand soes Diana Ferrus bygedra het, nie net tot die wêreld van digkuns nie, maa die verryking van bruin en swart mense se lewens, is sonder prys. ... Ferrus het vi Sarah Baartman hys toe gebring. Dankie tog ôs kon haa nog haa blomme gie tewyl sy hie is."
|
 |
Humphries du Randt op 86 oorlede
Adelai van Heerden
SêNet-briewe
Humphries du Randt is op 27 Februarie 2023 op die ouderdom van 86 oorlede. Sy dogter Adelai van Heerden deel haar herinneringe aan hom.
|
 |
Oekraïne: Berigte te velde
LitNet
Menings
’n Oorsig van LitNet en Voertaal se berigte oor die oorlog in Oekraïne. | An overview of LitNet’s and Voertaal’s articles on the war in Ukraine.
|
 |
Matie-taalseminaar
LitNet
Miniseminare
(2005)
Die debat rondom taal en die Universiteit Stellenbosch maak groot opslae. Dikwels word egter gevra: Waar is die stem van die studente? LitNet bied hiermee ’n miniseminaar aan wat ’n indruk gee van die menings van sommige Maties.
|
 |
Dekolonialisering van die gees: ’n opvoedingsfilosofiese perspektief
Hannes van der Walt
LitNet Akademies (Opvoedkunde)
"Hierdie ondersoek toon dat die voortgaande kolonialisering van die gees / kolonialiteit van die voorheen gekoloniseerdes en van die voormalige koloniseerders ’n ingewikkelde vraagstuk is, en dat dit nie maklik teengewerk kan word nie."
|
 |
Lesing: Die herstandaardisering van Afrikaans
Gerda Odendaal
Akademies en skole
Gerda Odendaal het die 22ste Jaarlikse Nasionale Kongres van die Professionele Vereniging vir Afrikaans-taalonderrig in Namibië (PVATN) geopen met ’n lesing getitel "Die herstandaardisering van Afrikaans".
|
 |
Spanning bou op vir Maandag se "landwye stilstand"
Jean Oosthuizen
In het nieuws
"Die regering, politieke partye en burgerlike organisasies het almal gebeurlikheidsplanne daargestel om te verhoed dat die protesaksie handuit ruk en tot plundering en geweld aanleiding gee."
|
 |
Simone Atangana Bekono, Radna Fabias en Babs Gons in Kaaps/Afrikaans
Yves T’Sjoen
Literatuur
"Nederlandse literatuur in Kaaps/Afrikaans: Een vertaalproject dat thans wordt ondernomen bij UWK op instigatie van Antjie Krog en Marni Bonthuys laat het beste verhopen. De bloemlezing met vertalingen van werk van hedendaagse vrouwelijke auteurs in de Lage Landen en in Zuid-Afrika, vertalingen uit het Nederlands in Kaaps/Afrikaans door studenten onder de leiding van Marni Bonthuys en Valda Jansen, zal in totaal dertig gedichten bevatten: van Simone Atangana Bekono, Radna Fabias en Babs Gons."
|
 |
Korrupsie ondersoek in Keizersvrouwen op Netflix
Izak de Vries
Film
"Aangesien die seksbedryf selfs in Amsterdam nog ’n sweem van donkerte dra, stel die skrywers van hierdie fiksiereeks die geldige punt dat geldwassery tog te maklik sou kon voorkom wanneer bordele in kontant betaal word – of kwansuis in kontant betaal sou word."
|
 |
Martie Preller (1948–2023)
Erika Terblanche
ATKV|LitNet-Skrywersalbum
"Skryf is vir my om met verwondering te ontdek, groot-oog soos ’n kind, dat daar ’n Babalela en ’n Balkie in elkeen van ons is." Lees oor Martie Preller se lewe en werk.
|
 |
Romanza-skrywers aan die woord
Louise Viljoen (JBay)
Boeke en skrywers
"Op die ou einde stem lesers met hulle beursies. Romanzas se verkoopsyfers bly groei. Die boeke, wat nagenoeg 190 na 200 bladsye beslaan, boer op topverkoperlyste. Jy glip dit sommer maklik in jou handsak om enige plek te lees."
|
Op die redakteur se lessenaar |
 |
Tár: ’n filmresensie
Leon van Nierop
Film
"Tár is so veelvlakkig en vol diepte dat daar nog lank oor die rolprent se meriete gedebatteer kan word. Genoeg om te sê dat dit verskillende dinge vir verskillende mense sal beteken. Elke kyker sal iets anders hieruit neem. Selfs ’n gevoel van haat-liefde."
|
 |
Tár: a movie by Todd Field, with Cate Blanchett as Lydia Tár
Rory Riordan
Lifestyle and entertainment
"But, of course, the cream on the cake is the extraordinary character that Field has created in Lydia Tár, and Ms Blanchett’s rendition of her is off another planet. Only vintage Streep could compete with Blanchett as Tár. It is an experience of an exceptional kind to be able to witness this performance."
|
 |
Blomkool-en-tiemie-sop: newwermaaind die klankie
Karen Hart
Kos en wyn
"Wanneer jy verby daardie klankie kan kom terwyl dit kook, kan jy die heerlike heilsaamheid van die groente op jou bord geniet. Soos met hierdie heerlike sop, ’n regte herfssop vir die koeligheid in die lug."
|
 |
Etienne van Heerden Veldsoirée, 22–24 September 2023
LitNet
Feeste
Onthou dié datums! Die Etienne van Heerden Veldsoirée vind plaas van 22 tot 24 September 2023. | Remember these dates! The Etienne van Heerden Veldsoirée will take place from 22 to 24 September 2023.
|
 |
Persverklaring: Hope vermaak vir tjokkers by KKNK
LitNet
KKNK
Vyf kinderteaterproduksies word tussen 1 en 9 April by die 27ste KKNK, geborg deur Absa, aangebied, wat saam met hope ander aktiwiteite vir vermaak uit die boonste rakke vir die jongspan gaan sorg.
|
Teaterresensieslypskool | Inwoonskrywerskap |
 |
LitNet | STAND: Teaterresensieslypskool | Theatre review workshop
LitNet
Slypskole
Is jy lief vir die teater en wil jy leer om treffende, opiniebepalende teaterresensies te skryf? | Over the next few months LitNet and STAND (The Sustaining Theatre and Dance Foundation) will be presenting an online theatre review workshop for three aspiring Afrikaans and three aspiring English theatre reviewers.
|
 |
As daar niemand oor is nie
Johan van der Merwe
Poësie
"tog bly môre onseker
geloof slinger soos ’n dronk man
hoop loop met twee krukke
net liefde blaas die vlammetjie aan"
|
 |
’n Dilemma in die datiewe naamval
Paul Maritz
Poësie
"Maar goeie genugtig, Afrikaanse kind
hoe wil jy jou taal laat sweef met die wind
as jy die kleine woordjie MET
sy regmatige plek op jou tong belet?"
|
 |
’n Nuwe nagmaal
Anzé Bezuidenhout
Poësie
"terwyl jou lippe
vervalste seën uitspreek
is jou oë besig
om my psige stukkie vir stukkie
soos nagmaalbrood te krummel en breek"
|
 |
By die Pretoriase Kunsmuseum
Celesté Fritze
Poësie
"Hoë regeringsoffisiere is elders aan diens,
ongekende eerbetoon weerhou,
daar is geen helms, uniforms, wit pluimvere nie,
nóg vir Oermoer, nóg vir haar seun."
|

Konklusie of gevolgtrekking? Kontradiksie of teenstrydigheid?
LitNet Akademies wil navorsers graag help om meer gespierde Afrikaans te skryf. |
|