|
|
- ISSN 1995-5928 - Ingesluit LitNet Akademies
|
|
Nuusbrief 920
07/10/2022
|
Krities Afrikaans
|
Die Kaapse slawe – 1652–1838:
’n kultuurhistoriese perspektief
Skrywer: Eunice Bauermeester
Uitgewer: Protea Boekhuis
ISBN: 9781485311287
Die slawe aan die Kaap het as draers en skeppers van kultuur, ten spyte van onderdrukking, ’n groot invloed uitgeoefen op die ontwikkeling van die samelewing aan die suidpunt van Afrika en veral van ’n inheemse, kreoolse kultuur. |
 |
|
 |
’n Bedrywige Woordfees vir Paula Fourie met Taliep, Babyboy Kleintjies en Athol
Paula Fourie, Melt Myburgh
Skrywersonderhoude
Paula Fourie is betrokke by twee van die prominentste aanbiedings op vanjaar se Toyota US Woordfees: Haar boek Mr Entertainment – the story of Taliep Petersen word bekendgestel, en haar en Athol Fugard se drama Concerning the life of Babyboy Kleintjies debuteer by die fees. Melt Myburgh het met haar gesels.
|
 |
Toyota US Woordfees 2022: ’n onderhoud met Johann Kriegler oor Sydney Kentridge
Naomi Meyer, Johann Kriegler
Boeke en skrywers
"Min van ons sal ooit die hoogtes van ’n Kentridge bereik, maar iedereen het op haar of sy weg daagliks keuses om te maak. Die kwaliteit van ons regstelsel, eintlik van ons hele staatsbestel, hang uiteindelik af van die kwaliteit van die burgery. Miskien het Jan Brand dit reg opgesom: Alles sal regkom – as elkeen sy plig doen."
|
 |
Blik na buite
Crito
Boeke en skrywers
"Gedagtig aan literatore se wydse belangstellings en skunnige behoefte aan venting het ek besluit dat Crito se visie terstond meer katoliek word. Kroonwild, pappie. Ek hou my swepies byderhand vir die resensies."
|
 |
Today is tomorrow deur Caroline Kurtz: ’n resensie
Jean Oosthuizen
Resensies
"Caroline se verhaal is die verhaal van soeke na die immer ontwykende vrede. Vrede tussen die strydende faksies in Soedan, maar ook die soeke na innerlike vrede in haar eie deurmekaar gemoed."
|
 |
Moederland deur Madelein Rust: ’n boekresensie
Stefaans Coetzee
Resensies
"In 2070 staan Bloemfontein as Xín Xiánggăng bekend. Die Derde Wêreldoorlog en twee burgeroorloë het Suid-Afrika se stede in puin gedompel. Daar is ’n tekort aan kos, water en blyplek. Chinese en Russiese kaders, asook die elite floreer in slimstede terwyl gewone mense op die platteland stoei om aan die lewe te bly."
|
 |
Die verkeerde vrou deur Irma Venter: ’n resensie
Anschen Conradie
Resensies
"Die slottonele en ontknoping het my soos ’n fratsgolf getref. Dit bekruip jou ongemerk, slaan jou voete onder jou uit en spoeg jou, snakkend na jou asem, op die spreekwoordelike strand uit."
|
 |
Die boekbedryf floreer!
Koos Kombuis
Boeke en skrywers
Wil jy meer oor Xhosa-erfenis en -kultuur leer? Is jy ’n liedjieskrywer wat by ’n praktiese handleiding kan baat? Koos Kombuis beveel ook ’n Namibiese romanse en speurverhaal aan waarin die romantiese tonele skreeusnaaks is. Luister ook meer na ’n boek oor geloof, vriendskap en lojaliteit waar jy voel asof jy die mense ken.
|
 |
Pieter Fourie (1940–2021)
Erika Terblanche
ATKV|LitNet-Skrywersalbum
"Jy weet, in [die Karoo] reën dit nooit, maar as die mense daar begin praat, dan reën dit op jou ore. Die mooiste, mooiste Afrikaans."
|
 |
On scope deur Jack Coughlin en Donald A Davis, ’n lesersindruk
Stefaans Coetzee
Lesersindrukke
"In On scope, die sewende boek in die reeks, staan Spanje op die rand van ekonomiese ineenstorting. ’n Alliansie van Islamitiese bankiers stel ’n reddingspakket sonder enige voorwaardes voor. Hul onderliggende doel is egter om die eenheid van Europa te verbreek en Madrid op die pad na Islamitiese bewind te plaas."
|
 |
Pre-order your copy now! The ANC billionaires by Pieter du Toit
Bargain Books
Books and writers
Do not miss out. Pre-order your copy at Bargain Books. Pieter du Toit investigates whether secret deals were struck between capital and the liberation movement to ensure the status quo remains in terms of economic policy.
|
Op die redakteur se lessenaar |
 |
Toyota US Woordfees 2022: ’n onderhoud met Johan de Villiers van die Libertaskoor
Naomi Meyer, Johan de Villiers
Toyota US Woordfees
"Deur instudering van ’n koorstuk word die sanger se DNS ... ten diepste binnegedring deur die ritmes en melodieë van die musiek, tesame met die meegaande tekste. Om dit uiteindelik voor ’n gehoor te sing is onvergelykbaar bevredigend, deels ook vanweë die dikwels oorrompelende wisselwerking tussen die koor en hulle luisteraars."
|
 |
Toyota US Woordfees 2022: ’n onderhoud oor ’n Akkerboom
Naomi Meyer, Nico Scheepers
Toyota US Woordfees
"Die kunstenaar suggereer met woorde, en ’n glas water verander in ’n akkerboom in jou kop. Die stuk gebruik hierdie idee om ’n storie te vertel van verlies deur die wortel van rolspel en die krag van woorde te ondersoek."
|
 |
Die digitalisering van NALN se knipselversameling: jongste verslag
Burgert A Senekal
Menings
"Sedert Junie vanjaar is daar met befondsing vanaf LitNet begin om die versamelings te integreer terwyl die digitale versamelproses voortgaan. Deurgaans word gepoog om die beste moontlike kopie te versamel, maar dit is reeds duidelik dat die meerderheid knipsels in NALN se besit nie meer aanlyn verkrygbaar is nie, wat juis dui op die waarde wat NALN vir navorsers inhou deur materiaal te bewaar wat andersins verlore (sou kon) gaan."
|
 |
Reguit met Robinson: Het Poetin sy hand oorspeel?
Freek Robinson, Christiaan Basson, Gerrit Olivier
Onderhoude
Watter faktore tel teen Poetin op hierdie stadium? Freek Robinson gesels met Christiaan Basson, voormalige Suid-Afrikaanse ambassadeur in Oekraïne, en Gerrit Olivier, Suid-Afrika se eerste ambassadeur in Rusland.
|
 |
Miniseminaar: Boeke vir alle kinders in Suid-Afrika
Anke Theron
Seminare en essays
"’n Vlugtige oorsig van Afrikaanse jeugboeke sal beslis toon dat daar ’n tendens was sedert die vroeë 1990’s om meer sogenaamde randfigure in jeugboeke uit te beeld." – Anke Theron in LitNet se miniseminaar, "Kinder- en jeugboeke vir ’n nuwe era".
|
 |
Daa kom ’n SASSA-toyi, Uncle Cyril
Bettina Wyngaard
Rubrieke
"Wanne laas het Uncle op ’n oumens-pay-dag while it loadshedding is, en it reent, in ’n lyn byrie winkel of ie post office gestaan? Wyl it nog skoolvakansie is oek, by the way, soe allie kinnertjies wat nowhere het om te gan, kô sam innie lyn staan."
|
 |
Etienne van Heerden Veldsoirée: Days like this
Darryl David
Opinion
"Yes, every now and again, you curate the most perfect book festival imaginable. And the Etienne van Heerden Veldsoirée over the Heritage Day weekend was one such festival. With BookBedonnerd a month away, I’m worried we might have peaked too early."
|
 |
Oekraïne: Berigte te velde
LitNet
Menings
’n Oorsig van LitNet en Voertaal se berigte oor die oorlog in Oekraïne. | An overview of LitNet’s and Voertaal’s articles on the war in Ukraine.
|
 |
Aankondiging: LitNet blogs
LitNet
Blogs
Hierdie ruimte gaan oor die volgende twee weke geargiveer word en sal binnekort met ’n nuwe URL spog. Enige blogger wat vrae het, of ’n nuwe inskrywing vir plasing op litnet.co.za wil stuur, kan vir Izak de Vries kontak by izak@litnet.co.za.
|
 |
Christopher Torr en Laurika Rauch se "Hot gates" in Engels en Afrikaans: ’n vergelykende studie
Bertie Neethling
Seminare en essays, 2020
LitNet neem met leedwese afskeid van Bertie Neethling, wat onlangs oorlede is. Hier verskyn vandeesweek drie artikels uit sy pen op die nuusbrief om hulde te bring.
"In 1995 het die plaaslike kabaretkunstenaar en sanger Laurika Rauch ’n konserttoer onderneem en in Kaapstad vir die eerste keer die nuwe lied 'Hot gates' aan die Suid-Afrikaanse gehoor bekendgestel. Haar liedjieskrywer-eggenoot Christopher Torr het die lied spesiaal vir haar gekomponeer, en dit was van die begin af baie gewild."
|
 |
Persoonsnaamgewing onder die Xhosasprekendes van Suid-Afrika
Bertie Neethling
LitNet Akademies (Geesteswetenskappe), 2020
"In ’n veeltalige en multikulturele land soos Suid-Afrika speel name, veral onder die swart Suid-Afrikaners, ’n baie belangrike rol. Onomastiek is die dissipline wat hom bemoei met name en naamsisteme."
|
 |
Program: Elfde Tuin van Digters op 7 en 8 Oktober 2022 by die Breytenbach Sentrum in Wellington
Voertaal
Festivals
Die Suid-Afrikaanse Sentrum vir Nederland en Vlaandere (SASNEV) klink op 7 Oktober ’n glasie op 25 jaar van SASNEV en op die Breytenbach Sentrum se ondersteuning van die Nederlandse taal in Suid-Afrika. Ook op die program: Antjie Krog gesels met twee van haar vertalers, Georges Lory en Robert Dorsman, en vra hulle wat die twee moeilikste en twee maklikste dinge is by vertaling, en Karin Benjamin gesels met die Nederlandse digter Babs Gons oor haar werk as digter en gesproke-woord-kunstenaar, met voorlesings deur Gons.
|
 |
Poolse akademikus gee internasionale blootstelling aan Afrikaans
Jean Oosthuizen
Meningen
"Terwyl daar ’n oorlog in sy buurland Oekraïne woed, veg Jerzy Koch sy eie oorlog in belang van die tale waarvoor hy lief is, hetsy dit in sy moedertaal Pools is, en of dit in Engels, Afrikaans of Nederlands is waarin hy ewe tuis is. Dinsdagaand se gesprek by SASNEV het gefokus op die tweede deel van Koch se literatuurgeskiedenis van die Afrikaanse letterkunde." |
 |
’n Onderhoud met Kenan Davids, kortfilmwenner
Izak de Vries, Kenan Davids
Interviews
"Hy kon nie Nederlands studeer as deel van sy kursus aan sy eie universiteit nie, toe skryf hy na-uurs by ’n ander universiteit in. Kenan Davids het pas R50 000 gewen om België en Nederland te besoek sodat hy meer kan leer van sy 'tantetaal' – ’n mooi konsep wat hy uitgedink het, want Nederlands is mos ’n sustertaal van Afrikaans, wat sy moedertaal is?"
|
 |
Honfleur in Frankryk is so mooi soos ’n blommeveld
Maryke Roberts
Reizen
"Toe die vrede en stilte my omgewe, gaan soek ons iets te drinke. Die tradisie hier is ’n sterk espresso met ’n dubbelskeut Calvados in ’n klein konjakglasie. Maar eers moet ons Calvados proe. Dié appelbrandewyn is eie aan hierdie streek en word op dieselfde manier as brandewyn gestook en verouder, maar word van appels, nie druiwe nie, gemaak."
|
 |
Donker naweek sonder water is Johannesburg se lot
Jean Oosthuizen
In het nieuws
"Asof beurtkrag nie genoeg van ’n uitdaging is nie, is dele van die stad al dae lank sonder water, met weinig vooruitsigte dat dit die naweek veel sal verbeter. Inwoners is Donderdag gewaarsku dat die damvlakke steeds krities laag is."
|
 |
Regering word blameer vir Duitse toeris se dood
Jean Oosthuizen
In het nieuws
"Die dood van die Duitse toeris wat deur ’n bende kapers in Witrivier in Mpumalanga doodgeskiet is, kon vermy gewees het as die regering die basiese dinge gedoen het."
|
 |
Moord op Duitse toeris stuur skokgolwe deur die wêreld
Jean Oosthuizen
In het nieuws
"Dit is in die lig hiervan dat die land se toerismesektor by ’n onlangse byeenkoms van leiers in die toerismebedryf gevra het dat Suid-Afrika se sekuriteitsgroepering hulle moet help om toerismeveiligheid te versterk en vinnig op te tree teen die misdaad wat die sektor se potensiaal raak."
|
 |
Onwettige grondbesettings is ’n krisis in Suid-Afrika
Jean Oosthuizen
In het nieuws
"In die afgelope twee jaar het die Stad Kaapstad op meer as 14 500 grondbesettings gereageer en byna 180 000 strukture is verwyder. In die gewelddadige betogings wat op hierdie operasies gevolg het, is 80 beamptes beseer en meer as 94 voertuie vernietig."
|
 |
Uitnodiging: 2022-Studentesimposium vir die Sosiale en Geesteswetenskappe
LitNet
Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns
Nagraadse studente van regoor Suid-Afrika word genooi om hul navorsing, wat in Afrikaans vasgelê word, in die vorm van ’n referaat of plakkaat op 9–10 November 2022 by die simposium aan te bied. Voornemende deelnemers kan hul voorstelle teen 16 Oktober 2022 indien.
|
 |
Gespierde Afrikaans
LitNet
Akademies en skole
Konklusie of gevolgtrekking? Kontradiksie of teenstrydigheid? LitNet Akademies wil navorsers graag help om meer gespierde Afrikaans te skryf. Die Gespierde Afrikaans-lys word deurlopend bygewerk. Kyk watter nuwe woorde is toegevoeg.
|
 |
Graad 10: Wiskundige Geletterdheid-vraestel en -memo, hersiening
LitNet
Notas, toetse en vraestelle
Is jy in graad 10 en spandeer jy gedurende die skoolvakansie eerder tyd in die kombuis as voor jou boeke? Hierdie Wiskundige Geletterdheid-vraestel deur Lee-Ann West kan jou wys hoe om wiskunde in alledaagse omstandighede te gebruik – soos wanneer jy besig is om resepte uit te werk om kos vir jou maats te maak. (Wanneer die skool weer begin, gaan dit jou ook help. Dan het jy reeds ’n voorsprong met jou voorbereiding vir die laaste kwartaal!)
|
 |
Kiesers sonder keuse
Loretta Szikra
Poësie
"terwyl hulle
ons vooruitgang
doelgerig saboteer
en stééds hoog en laag
hul onskuld tot walgens toe besweer."
|
 |
Stilswye
Loretta Szikra
Poësie
"waar hulle pateties
en stom rebelleer
teen my wil
en spraakverbod."
|
 |
Skilder met laaste lig
Willem de Swyger
Poësie
"skilder met laaste lig se ragfyn kwashale
gelaagde wolke in skakering van geel pigment"
|
 |
Die kind kies dood
Reinet de Waal
Poësie
"Wie het jou siel gesteel toe ek weggekyk het
en waar kan ek begin soek na die stukke wat jy wegsteek
ek het reeds gekyk in jou dooie lyf maar al wat daar was, was windstilte en bloednat;
met spore van oorlog op jou bobene uitgekerf
dit was ’n skildery van seer en soebat en verwyt en al wat ek kon gee is my huil"
|
 |
LitNet: Privaatheidskennisgewing | Privacy notice
LitNet
Als oor LitNet
LitNet wil jou as leser die versekering gee dat ons daarop ingestel is om jou persoonlike inligting wat by ons in bewaring is, te beskerm. | LitNet would like to assure you as a reader that we are committed to protecting your personal information held by us.
|

Konklusie of gevolgtrekking? Kontradiksie of teenstrydigheid?
LitNet Akademies wil navorsers graag help om meer gespierde Afrikaans te skryf. |
|