Can’t see this mail? Click here to view it online

- ISSN 1995-5928 - Ingesluit LitNet Akademies

 

Nuusbrief 827

27/11/2020


  Krities Afrikaans

LitNet: Vrouemigrante

Pasverskyn

Voetstoots


Skrywer: Annelie Botes
Uitgewer: Penguin Random House
ISBN: 9781776095247

"Voetstoots is ’n bontgejaste keur uit 16 jaar van Annelie se koerantrubrieke. Die temas is so wyd soos die Heer se genade."

Nou op Voertaal

Akademiese bande: Nederland en Suid-Afrika

Halleh Ghorashi, hoogleraar Diversiteit en Integratie: "Ik vind het belangrijk je eigen macht als onderzoeker ter discussie te stellen."

Ingrid Glorie
Academisch

Ingrid Glorie voer onderhoude met Europese akademici oor hul navorsing wat aansluit by geakkrediteerde LitNet Akademies-navorsingsartikels, as deel van Voertaal se LitNet Akademies Internasionaal-reeks. In hierdie onderhoud gesels sy met Halleh Ghorashi, hoogleraar Diversiteit en Integratie (Vrije Universiteit in Amsterdam).

LitNet Akademies Internasionaal

Ingrid Glorie
Academisch

Lees nog LitNet Akademies Internasionaal-onderhoude.

Nederland: Literatuur en taal

Ton van de Langkruis na 25 jaar Winternachten: "Je moet beseffen dat de ander anders kijkt dan jij."

Ingrid Glorie
Literatuur

"In september ontving Van de Langkruis een koninklijke onderscheiding, onder meer vanwege de grote rol die Writers Unlimited, de stichting achter het festival, 'heeft gespeeld en nog steeds speelt voor het vrije woord van auteurs uit de gehele wereld'."

Vernieuwde website over literatuurgeschiedenis voor leraren Nederlands

Ingrid Glorie
Literatuur

"Met de vernieuwing van de website hopen de KB en de Taalunie het literatuuronderwijs in Nederland en Vlaanderen te ondersteunen en inspireren."

Persbericht ‒ De Taalunie trakteert: 10 online lunchlezingen over het Nederlands

Voertaal
Taalunie

De 40-jarige Taalunie trakteert alle Nederlandstaligen in de wereld op 10 online lunchlezingen over het Nederlands van een half uur.

Diplomatieke bande: Nederland en Suid-Afrika

Maak kennis met Vusi Madonsela, ambassadeur in coronatijd

Ingrid Glorie
Interviews

"In dit interview vertelt ambassadeur Madonsela over die vreemde begintijd en over de diverse verantwoordelijkheden die aan zijn post verbonden zijn."

SA Master’s student in Environmental Management making waves internationally

Marli van Eeden, Akhona Xotyeni
Interviews

"This year, I have had the pleasure to work closely with the Netherlands Embassy through their climate change initiatives."

Nuus vanuit Suid-Afrika

Optrede geëis nadat Malema uitvaar teen polisie

Jean Oosthuizen
In het nieuws

"Die minister van polisie, Bheki Cele, het Malema se uitsprake oor die polisie as roekeloos en onverantwoordelik bestempel."

Keelvol Zondo laat Zuma krimineel aankla

Jean Oosthuizen
In het nieuws

"Zondo het dit Maandag met die aanvang van die kommissie se verrigtinge opnuut beklemtoon dat Zuma se optrede verlede week ’n strafregtelike oortreding is."

Menings

Aardbewings: die aarde wat skud en rammel – wat van Suid-Afrika?

Elsabé Brits
Rubrieke

"As dit voorheen gebeur het, kan dit weer gebeur, sê kenners, want Kaapstad het in 1809 en 1811 twee gróót aardbewings gehad. Die verskil is, vandag is die area bebou en hier is honderde duisende mense."

Presidentsverkiesing in die VSA: ekonomiese implikasies vir Suid-Afrika

Jannie Rossouw
Seminare en essays

"Terwyl Trump dikwels die indruk skep dat internasionale handel ’n nulsom-spel tot nadeel van die VSA is, verstaan Biden dat internasionale handel tot voordeel van alle deelnemers strek. Op grond van hierdie verskil in uitgangspunt sal ’n Biden-administrasie vir Suid-Afrika tot groter voordeel wees as ’n Trump-administrasie."

Oxford se breins, ’n siek sjimpansee en my linkerarm: Ons gaan COVID-19 dôner

Izak de Vries
Menings

"Die storie ágter hierdie program, oor ’n slim vrou en ’n siek aap, is egter flippen interessant."

I may destroy you: uitbeelding van verkragting onder die soeklig

Bettina Wyngaard
Rubrieke

"Wat het Coel probeer doen?"

Transgender Day of Remembrance 2020

Elma de Vries, Alex Botha
Opinion

"Earlier this year, LitNet reported on a young woman who had taken the Department of Education to court, as she was unable to matriculate due to harassment. Nare Mphela was murdered. She is one of 350 trans people who have met violent deaths in the past year."

Ons instellings is kragtig: Vier voorbeelde en ’n waarskuwing

Frederik Rudolph van Dyk
Menings

"In hierdie opsig het die ANC daarin geslaag om talle inklusiewe politieke instellings in die Grondwet te omseil en af te takel. Só leef die oligargiese gees wat eeue reeds in talle vorme in suidelike Afrika heers, eenvoudig voort."

Reguit met Robinson: ’n Zoom-gesprek met Dennis Fredericks, Theressa Frantz en Konrad Geldenhuys

Freek Robinson, Dennis Fredericks, Theressa Frantz, Konrad Geldenhuys
Onderhoude

’n Derde van die wêreld se vishulpbronne word oorbenut, en die situasie word erger. Sedert 1990 het verbruik van wilde vis met 122% toegeneem, veel vinniger as die bevolkingsgroei. Op 21 November is Wêreld-Visseryedag gevier.

Plant-based lifestyles – ’n nuwe trend of ’n solution to environmental health en well-being?

Tasneem Daniels
Menings

"Alhoe is ôs baie attached aan ôse potjiekos en braai en denningvleis (’n famous Malay dish) Sunday lunches moet ôs altyd ’n higher awareness maintain oo hoe ôs die environment en life of farm animals can maintain met beter lifestyle choices."

Aan die voete van Maria

Reinet de Waal
SêNet-briewe

"Ek dink baie aan Maria wat ek as kind geken het; Maria van Sergeantstraat in Bloemfontein. Hoekom weet ek nie, maar toenemend vang ek myself uitkyk of ek ​haar kan uitken in die vroue wat soggens verby my huis loop en smiddae terug."

Woord van die jaar 2020: eerste inskrywings

LitNet
Wen

Hier is die eerste inskrywings wat tot dusver ontvang is vir LitNet se Afrikaanse woord van die jaar 2020.

Mediavrystelling: Taalmonument vereer nuwe skrywers van Arabies-Afrikaans

LitNet
Afrikaanse Taalmuseum en -monument-portaal

Ter ere van Versoeningsmaand, die afskaffing van slawerny asook die bydrae van Arabies-Afrikaans tot die taal se wording, word jy hartlik uitgenooi na die Afrikaanse Taalmuseum en -monument (ATM) se geselligheid op 3 Desember 2020 om pryse aan die skrywers van nuwe Arabies-Afrikaans-werke te oorhandig.

Boeke en skrywers

Annelie Botes en Deborah Steinmair gesels oor Voetstoots

Deborah Steinmair, Annelie Botes
Skrywersonderhoude

"Daar is ’n musikaliteit in ou Afrikaanse gedigte. Dis selde dat ek ’n volle gedig memoriseer, maar sedert my hoërskooljare kan ek talle grepe in my slaap opsê."

Beskut teen vrese: ’n onderhoud met Cas Vos

Naomi Meyer, Cas Vos
Skrywersonderhoude

"Dit was nagdonker en ek moes die deur oopmaak. En wie staan daar? Corona met ’n opdrag: skryf oor my en my bondgenote."

Still life, an interview with Zoë Wicomb

Zoë Wicomb, Izak de Vries
Interviews

"I visited the Amazwi literary museum (then NELM) to look at Pringle’s papers. It was his letter requesting permission to take the Tswana boy Hinza Marossi to London that piqued my interest. Reading Mary Prince’s slave narrative, published by Pringle in London, settled it: I would try to write a novel about them."

Jeugboeke met Johannes: ’n Zoom-gesprek met Maretha Maartens

Johannes Meyer, Izak de Vries, Maretha Maartens
PRH/LAPA-Uitgewersportaal

Johannes Meyer en Izak de Vries voer ’n Zoom-gesprek met Maretha Maartens oor haar boek Bethel se berg, wat een van die naaswenners in LAPA se jeugromankompetisie van 2019 was.

Gewone taal, asseblief, sodat kwesbares ook verstaan

Amanda Marais, Eleanor Cornelius
Skrywersonderhoude

Eleanor Cornelius: "Indien daar met Afrikaanssprekendes gekommunikeer word in taal wat hulle geredelik kan verstaan, en konstruksies gebruik word wat nie uitermate kognitiewe inspanning vereis nie, sal al hoe meer mense geneig wees om belangrike dokumente te lees wat hulle lewens en lewenskeuses kan beïnvloed."

The history of man by Siphiwe Gloria Ndlovu, a review

Helen Moffett
Books and writers

"This novel is no less than an act of extraordinary grace by the author."

Beskut teen vrese deur Cas Vos: ’n lesersindruk

Pieter Verster
Lesersindrukke

"In geheel gesien is die bundel inderdaad ’n bundel wat tot nadenke stem in die krisistyd waarin die mensdom hom tans bevind. Talle verse getuig van groot vakmanskap."

Joburg noir, edited by Niq Mhlongo: reader impression

Edwin T Smith
Books and writers

"Joburg noir is a present-day attempt to capture and reflect the people, images, architectural forms, footprints, aspirations, fears, dreams, cuisine, culture and memories of the City of Gold in contemporary times and for the modern reader."

The book of joy en lewensvreugde: ’n tweegesprek tussen die Dalai Lama en Desmond Tutu

Handré Brand
Lesersindrukke

"The book of joy is ’n universele bron. Die boodskap is toeganklik vir alle mense – adolessente, volwassenes en bejaardes uit alle kultuurgroepe en geloofsoortuigings."

Hazara, elegy for an African farm by John Conyngham: reader impression

David Willers
Books and writers

"Hazara, taken from the name of Conyngham’s lost dynastic family sugar farm in KwaZulu-Natal (in turn taken from the name of his grandfather’s regiment in the British Indian Army), tackles the torment of confused identity in the ambivalent context of the old Anglo-South African relationship."

Christine Barkhuizen-le Roux (1959–2020)

Erika Terblanche
ATKV|LitNet-Skrywersalbum

“Ek hou daarvan dat elke woord in digkuns soveel gewig dra. ’n Mens moet letterlik oor elke woord dink en besluit of dit sy plekkie in die gedig werd is.” Christine Barkhuizen-le Roux se profiel op LitNet se ATKV-Skrywersalbum is nou bygewerk.

Skoon wasgoed: Iets oor boektitels

Frederik de Jager
Boeke en skrywers

"Ek het baie saam met kollegas en skrywers om ’n tafel gesit vir ’n ideestorm om ’n titel vir ’n boek te vind. Die reël is: Jy sê alles wat in jou kop kom en iemand skryf alles neer."

Dana Snyman vereer: ’n fotoberig

Izak de Vries
Boeke en skrywers

Dana Snyman is op Vrydag 20 November by ’n intieme geleentheid deur die ATKV vereer vir sy jare lange bydrae om die stories van mense met deernis en humor te vertel.

Dana Snyman: Commendatio by die oorhandiging van ’n ATKV-oorkonde

ATKV
ATKV-Portaal

"Stories is soos brood vir die hart. ’n Mens het stories nodig soos jy water nodig het ..."

Uit vier hoeke

Crito
Blogs

"Willem Anker se Skepsel het ’n baie interessante vlaag resensies uitgelok. Groots opgesette romans soos dié het die manier om uiteenlopende reaksies te kry."

Cordis Trust se Beiteltjies word wel in 2020 toegeken

LitNet
Boeke en skrywers

Fanie Marais: "Met dié toekennings wil ons skryf-, dig-, drama- en liriekekuns aanmoedig met die klem op die ontginning van nuwe geleenthede. Ons wil belangstellendes uitnooi om in te skakel op ons beeldstroom op Maandag 30 November 2020 op Facebook en op YouTube, en om saam met ons die inspirerende werk van die ontvangers te vier."

Bekendstelling van Randfigure – Stemme van toe tot nou

LitNet
Boeke en skrywers

Vroeg in Desember 2020 vind die bekendstelling van die bundel Randfigure – Stemme van toe tot nou by vier geleenthede plaas. Hier is nog inligting oor die bekendstellings in Bloemfontein, Wellington, Stellenbosch en Pretoria.

Persvrystelling: Warmer voor die tuimeldroër-bekendstelling by Die Boer-teaterrestaurant

LitNet
Leefstyl

Danie du Toit stel sy eerste digbundel Warmer voor die tuimeldroër op 6 en 7 Desember by Die Boer teaterrestaurant in Durbanville bekend.

Press release: Join us for two special events during #ReadingAfrica

Catalyst Press
Books and writers

You are invited to join us for two exciting Zoom discussions on the joys of #ReadingAfrica. #ReadingAfrica week is an annual event to celebrate African literature. This year it will take place from 6 to 12 December.

Press release: You are invited to the Liberty Books launch at Peregrine Farm Stall

LitNet
Books and writers

Join us to celebrate our new home and engage with our speakers, who will ponder the question, "What’s so blêrrie belangrik ‘bout books anyway?".

Persvrystelling: Jan Rabie-Rapport-prys 2021 – voorleggings ingewag

LitNet
Boeke en skrywers

Uitgewers word uitgenooi om boeke voor te lê vir die Jan Rabie-Rapport-prys 2021 vir debuut- of tweede fiksiewerke in Afrikaans.

Akademies en Skole

Die buigsaamheid van demokratiese verkiesings in Afrika: Manipulasie in belang van faksiebeskerming of mensgerigte veiligheid?

Andreas Velthuizen
LitNet Akademies (Geesteswetenskappe)

"Hiermee word voorsien dat neigings tot oligargiese diktatuur in Afrika sal voortduur en die openbare ruimte waarskynlik toenemend deur ’n politieke heersersklas oorheers gaan word. Hierdie nuwe politieke klas sal waarskynlik materiële rykdom vir hulself nastreef terwyl die veelvlakkige ongelykhede wat in Afrikasamelewings bestaan, nie suksesvol aangepak gaan word nie."

Chrusostomos se verstaan en evaluasie van beroepe en vaardighede

Hennie Stander
LitNet Akademies (Godsdienswetenskappe)

"Wanneer ’n mens al Chrusostomos se uitsprake noukeurig bestudeer, kom jy agter die rede vir sy oortuiging dat ’n gelowige altyd sy bronne met ander moet deel, is dat ons en al ons bronne aan God behoort en dat ons almal medediensknegte van mekaar is ..."

Moenie die waarde van storievertelling in skole onderskat nie

Melt Myburgh, Corné van der Vyver
Skole

"Persoonlike storievertelling bewerk juis dit wat in digitale storievertelling kortkom – om mense te verbind deur middel van raakpunte in die onpersoonlike digitale era. Dit het COVID-19 ons ook kom leer – ons wil êrens behoort, aan iemand raak, iemand fisies sien en hoor."

Wiskunde, graad 6-toets: inhoud en kapasiteit

Wilhelm du Toit
Notas, toetse en vraestelle

Het jou inhoud nog genoeg kapasiteit vir die res van die jaar? As jy in graad 6 is en hierdie sin nie volkome verstaan het nie, oefen jou kennis met hierdie toets. Die toets en memo is gratis beskikbaar om af te laai.

Geografie, graad 7, vierde kwartaal: vraestel en memo

Jacques Horne
Notas, toetse en vraestelle

Was dit die aardebewing wat nou die aand die grond onder jou voete laat skuif het? Of was dit jy wat gebewe het dat die grond so skud omdat jou Geografie-eksamen nog voorlê? Moenie langer bevrees wees nie. Oefen jou werk met LitNet se gratis vraestel en memo.

Wiskunde met LitNet, graad 9: om algebraïese breuke te vereenvoudig

Lee-Ann West
Notas, toetse en vraestelle

Lee-Ann West is tot die redding! As jy in graad 9 is en jy verstaan nog nie hoe om algebraïese breuke te vereenvouding nie, moet jy nou alles los en kom kyk.

Persvrystelling: Maroela-studiefonds vir joernalistiek pas bekendgestel

LitNet
Akademies en skole

"In ʼn tyd van vreemde uitdagings wat 20 of selfs 10 jaar terug ongekend en ondenkbaar was, soos fopnuus, sosiale media en wêreldwye pandemies, is die rol van die media onontbeerlik vir ʼn deursigtige samelewing wat die staat en die publiek aanspreeklik en verantwoordbaar hou. Dis noodsaaklik dat joernaliste gehalte-opleiding ontvang om hierdie rol in die samelewing te vervul."

Leefstyl

NATi Jong Sterre: Ek, Eva-produksie by Suidoosterfees 2020

Marli van Eeden, Stephren Saayman
Suidoosterfees

"Hierdie produksie handel oor vrouwees. Dit volg die storie van drie verskillende vroulike figure wat deur ’n sisteem onderdruk word. ’n Sisteem wat bestaan uit patriargie, armoede, verlies, seer, ongeluk en vrees. Dit lê klem op die verskillende klasse van die samelewing soos hoër klas, middelklas en laer klas. Dit wys hoe vroue eintlik nie so ver van mekaar geskei is nie, want wat die een raak, het ’n effek op die ander een, ens."

Persvrystelling: Dié NATi Jong Sterre moet jy beslis dophou

LitNet
Suidoosterfees

"Die waarde van jong kunstenaars wat saam met gevestigde kunstenaars werk, kan nie genoeg beklemtoon word nie. Vir ons by Suidooster is dit belangrik om by ontwikkelingsprojekte betrokke te wees, en dit is ’n riem onder die hart dat die Jong Sterre by Atlantic Studios, waar die sepie verfilm word, kon plaasvind."

Persvrystelling: Deon Meyer en Coenie de Villiers se Karoo Suites by Kaapse inryteater

LitNet
Suidoosterfees

"Deon Meyer en Coenie de Villiers beywer hulle lank reeds vir die ontwikkeling van jongmense met potensiaal. Hulle eerste produksie kon – in samewerking met die Atterbury Trust – bykans ’n miljoen rand skenk aan leerders in die Karoo. Die opbrengs van hierdie kaartjieverkope sal aangewend word om die Suidoosterfees en die Jakes Gerwel Stigting se liriekskryf-mentorskapprogram uit te brei."

Persverklaring: "Ek wou nog sê ..." – Ode aan ’n lewende monument vir meertalige poësie

LitNet
TV

Programaanbieder en digter Daniel Hugo beskryf dié projek en die bloemlesings wat daaruit spruit as "’n monument vir al die tale van Suid-Afrika". In elk van die tien episodes van "Ek wou nog sê ..." gesels hy met Afrikaanse digters oor hulle werk en hul uitkyk op die lewe. Seisoen 4 begin op Maandag 14 Desember om 19:30 op VIA.

Portale

Swart Vrydag- en Kubermaandag-winskopies by die WAT

LitNet
Woordeboek van die Afrikaanse Taal-portaal

Borg twee woorde vir die prys van een. Kyk watter winskopies kan jy nog vandag en op Maandag by die WAT raakloop.

Nuwe skryfwerk

Kommadagga-opinie: Goeie chaos

Stef Cupido
Menings

"Ons het dierbare burgers, soos Ampie Coetzee en dominee Boshoff, verloor, maar het ook al die titel Dorp van die Jaar gedra deur Kwêla, die show wat kykNET uitsaai. En Andrew Murray, ’n leraar en gestuurde van God aan die Nederduitse Gereformeerde Kerk in Suid-Afrika, sit steeds op dieselfde plek waar hy uitkyk oor ons dorp."

kortstondig word jy mondig

Fanie Olivier
Poësie

LitNet is 21 jaar oud. Met die ondersteuning van die Hiemstra Trust vier ons dié mylpaal met nuwe verse deur ons voorste digters. Lees Fanie Olivier se gedig hier.

Bosveldbederf

Driekie Grobler
Poësie

"wanneer die storm uitgewoed is
en bosloeries hul danklied aanhef
eggo dit gul deur die kampwerf"

My sonskyn

Loretta Szikra
Poësie

"Jy’s die odeur van die veld
ná die eerste lentereën;
die donder wat ’n storm
soos ’n slagorkes laat dreun."

Saluut aan Eugène Marais

Hennie Smith
Poësie

"Uit die genepoel
van die Afrikanerdom
het jy gekom
geniale profeet
wat die woord
sou meet"

Ek wil vir jou nog ’n Kersfees skryf

Melandi Loots
Poësie

"ek wil weer vir jou my hart toedraai
met Desember-papier
vol foto’s en gisters van my en jou"



Konklusie of gevolgtrekking? Kontradiksie of teenstrydigheid?
LitNet Akademies wil navorsers graag help om meer gespierde Afrikaans te skryf.

KONTAK

[email protected]

021 886 5169


© 2020 LitNet. Alle regte voorbehou | All rights reserved