Can’t see this mail? Click here to view it online

- ISSN 1995-5928 - Ingesluit LitNet Akademies

 

Nuusbrief 821

15/10/2020


  Krities Afrikaans

LitNet: Mondig

Pasverskyn

Braaibroodjies en burgers


Skrywer: Jan Braai
Uitgewer: Human & Rousseau
ISBN: 9780798181488

"Wie sou kon raai dat Jan en sy boeke wêreldbekend sou word vir braai! Die braaikoning is terug met ’n splinternuwe boek en dié keer ondergaan die nederige braaibroodjie ’n gedaantewisseling of twee. Vind liplekker hoender-, beesvleis-, vegetariese en veganistiese braaibroodjie- en burgerresepte wat jou gesin sal laat terugkom vir nog! En moenie dink Jan het van die suikertande vergeet nie – die boek bevat alles van soet tot sout, alles oor die vuur – dis mos nou lekker!"

Boeke en skrywers

Mondig

LitNet
Poësie

LitNet is 21 jaar oud. Met dié mylpaal in gedagte het digters vir ons verse geskryf. Lees die bydraes hier.

Kommadagga: Poskaarte van Paulet Huis | Postcards from Paulet House

LitNet
Slypskole

Kyk na die eerste foto’s van LitNet en die Jakes Gerwel Stigting se Kommadagga-slypskool wat Maandag 12 Oktober 2020 op Somerset-Oos begin het.

Boeke met Burger: ’n Zoom-gesprek met Chris van der Merwe

Willie Burger, Chris van der Merwe
Boeke en skrywers

In hierdie aflewering van Boeke met Burger praat Chris van der Merwe met Willie oor die velerlei kante van die olifant – en van die letterkunde.

Voëlvrou deur Marlize Hobbs: ’n resensiebrief

Nadine Petrick
Resensies

"Jy gooi jou pyn uit soos ’n toordokter sy dolosse. Jy verklap jou seerkry soos ’n pasiënt op haar shrink se couch. Jy spook by dié wat jou en ander magteloses te na kom."

LitNet Akademies-resensie-essay: Offers vir die vlieë deur Fanie Viljoen

Estelle Kruger
Seminare en essays

"Al het dit gelyk na doodlooppaaie, was dit vir my inderwaarheid asof ek deur ’n labirint stap – soveel keer kom ’n mens by dieselfde plek uit, maar die pad kronkel steeds vanaf die begin na die einde, hede en verlede vleg deurmekaar en vorm ’n digverweefde netwerk van oorsaak en gevolg. Wat ’n stimulerende leesavontuur!"

Maggie: My lewe in die kamp deur Maggie Jooste: ’n resensie

Maryke Roberts
Resensies

"En hoe dankbaar kan ons wees vir Maggie Jooste wat hierdie intieme kykie op haar swaarkry met ons deel. En nog dankbaarder dat dit bykans 60 jaar later in boekvorm uitgegee word."

Landbou Boerekos – die beste gebak deur Arina du Plessis: ’n resensie

Armand Aucamp
Resensies

"Kos is die een ding wat ons almal, oor grense heen, binne enkele sekondes in ’n oomblik kan plaas: ’n reuk, ’n smaak, ’n gevóél … nostalgie! En dit is presies wat Arina in haar boek so perfek regkry."

Finding my way: Reflections on South African literature by Duncan Brown – a book review

Kris van der Bijl
Books and writers

"Brown’s text reminds one of the special and continuous role that literature plays when one seeks to relate to the world one exists in. The book highlights how literature is that which is continuously imagining, connecting, exposing, blurring and knowing."

Review: A poor season for whales by Michiel Heyns

Helen Moffett
Books and writers

"Heyns’s ability to capture everyday social interactions with almost uncomfortably precise focus, and to blend moral philosophy into dialogue, is indeed reminiscent of Austen, a feature further underlined when he has his heroine struggle between sense and sensibility even as she reads Austen’s novel of that title."

De Achtste Zonnebloemen. De zoektocht naar van Goghs verdwenen schilderij door Pauline Vijverberg

Herman Meulemans
NeerlandiNet

"Dat het universeel thema van migratie zo spannend wordt beschreven, maakt de roman onvergetelijk."

PEN Afrikaans: Afrikaanse resensies en boekgesprekke in September 2020

PEN Afrikaans
PEN Afrikaans

Hier is PEN Afrikaans se oorsig van Afrikaanse resensies wat in September 2020 verskyn het en digitaal beskikbaar is. Daar is ook skakels na boekbesprekings of -gesprekke en voorlesings wat op die radio of TV uitgesaai is.

Elders gesien: Oproep vir bydraes tot Eugène N Marais-bundel

Jeanette Ferreira
Elders gesien

Die gevierde skrywer Eugène N Marais se sterfdatum 85 jaar gelede word op 29 Maart 2021 gevier. Minimal Press beplan ’n bundel ter herdenking van hierdie geleentheid. Bydraes wat die volle spektrum van Afrikaans verteenwoordig, sal verwelkom word.

ATKV-Woordveertjies vanjaar aanlyn

ATKV
Boeke en skrywers

Die ATKV-Woordveertjies bekroon jaarliks uitsonderlike prestasie rondom die Afrikaanse woord. Wenners sal van 19 tot 23 Oktober op die ATKV se Facebook-blad bekendgemaak word.

Persverklaring en uitnodiging: Stuur voorleggings vir 2021-kykNET-Rapport-boekpryse

LitNet
Boeke en skrywers

Uitgewers word hartlik uitgenooi om weer boeke voor te lê vir die kykNET-Rapport-boekpryse (2021).

Uitnodiging: Virtuele oorhandiging van die 2020-UJ-pryse vir Afrikaans

LitNet
Boeke en skrywers

Die kantoor vir Meertalige Taaldienste by die UJ nooi jou vriendelik uit om vanaf 16 Oktober 2020 na vanjaar se virtuele oorhandiging van die 2020-UJ-pryse vir Afrikaans op LitNet te kyk.

In memoriam

Rus in vrede, Ampie Coetzee

LitNet
In memoriam

LitNet het met leedwese verneem dat Ampie Coetzee oorlede is.

Menings

’n Onderhoud met Danie van Wyk, nuwe voorsitter van die DAK Netwerk

Naomi Meyer, Danie van Wyk
Onderhoude

"DAK is afgelei van die name van drie prominente Khoi-leiers aan die Kaap in die vroeё 1600’s, naamlik Doman, Autshumao en Krotoa."

Reguit met Robinson: ’n Podsending met Pieter-Dirk Uys

Freek Robinson, Pieter-Dirk Uys
Onderhoude

Die satirikus Pieter-Dirk Uys vier vanjaar sy 75ste verjaarsdag, tannie Evita haar 85ste. Freek Robinson gesels met Pieter-Dirk oor korona, korrupsie, Afrikaners en tannie Evita.

Dié twee vroue kan jou gene knip

Elsabé Brits
Rubrieke

"Emmanuelle Charpentier aan die Max Planck-eenheid vir die Wetenskap van Patogene in Berlyn en Jennifer Doudna van die Universiteit van Kalifornië, Berkeley, het [die Nobelprys] vir hulle genetieseredigeringstegniek, CRISPR-Cas9, gewen. Wat hulle ontdek het, kan die kode van die lewe herskryf deur onder meer ontslae te raak van kanker en oorerflike siektes."

"Herskep Afrikaans": Neville Alexander-gedenklesing 2020

Izak de Vries
Menings

"Alle monumente is deesdae kontroversieel – dink gewoon aan die beweging rondom #RhodesMustFall. Die Taalmonument mag dalk reeds vir alle Afrikaanssprekendes toeganklik wees, maar wat van ons ander inheemse tale?"

Oproep vir humanitêre hulp aan Afrika is laat, maar nodig

Jason Lloyd
Rubrieke

"Dis nodig om te noem dat die humanitêre krisis, of voedselnood, in Afrika nie ’n nuwe verskynsel is nie. Dit het reeds lank voor die uitbreek van COVID-19 veral hier in Afrika verwoesting kom saai."

Alles is nie net wit of swart nie; let ook op die grys gebiede tussenin

Jason Lloyd
Rubrieke

"Suid-Afrika bevind hom tans op ’n ongemaklike gebied van moeilike politieke en ekonomiese uitdagings wat nie maklik oplosbaar is nie. Oplossings vir dié kompleksiteit moet liewer nie net op die gebied van wit of swart areas gesoek word nie. Miskien moet die grys gebiede tussenin ook bewandel word om oplossings te vind."

Aster Berkhof (1920–2020): monumentale literaire erfenis over het dorp en de wereld

Herman Meulemans
NeerlandiNet

"Aster Berkhof, pseudoniem van Lode Van Den Bergh, een van de meest gelezen Vlaamse auteurs van de vorige eeuw, is op 29 september jongstleden overleden in zijn woonzorgcentrum – hoe mooi toch klinkt dat in het Afrikaans: aftreeoord – nabij Antwerpen."

Tienermeisies vertel self oor hulle ervarings van die grendelstaat

Christelle Fürstenburg
Onderhoude

"Opvallend is dat van dié dogters se stemme stiller geword het; hulle het ernstiger geraak, is meer teruggetrokke en meer volwasse, sodat hulle nie aldag meer oor tienergoed of lawwighede wil gesels nie."

Hoe ouer hoe skerper

Carla van der Spuy
Seminare en essays

Ons samelewing aanbid graag by die altaar van jeug, maar ’n vervaldatum vir ouderdom hoort eintlik net op kos in die supermark, skryf Carla van der Spuy (69). Jy kan ’n jong genie of ’n ou meester wees.

Elders gesien: "Só ’n begrafnis wens ek vir elke boer in hierdie land"

Naòmi Morgan
Elders gesien

"Dit was doodstil en oneindig vreedsaam in die kerkhof, en daar was groot dankbaarheid vir sy lewe by almal om die graf, want hierdie boer het nie gewelddadig gesterf nie."

Woorde as omhelsings

Lizette Rabe
Blogs

"Maar intussen, o intussen, het ons aan die begin van Maart laas vir mekaar omhels. Volwasse kinders vir hul bejaarde ma’s. Kleinkinders vir hul oumas. Ons het, o ons het, so ’n behoefte aan aanraking."

Akademies en skole

China se Gordel-en-pad-inisiatief (Belt and Road Initiative, BRI): Die vroeë invloed op Afrika

Fanie Herman
LitNet Akademies (Geesteswetenskappe)

"Die poging van China om lenings aan lande beskikbaar te stel vir die oprigting van infrastruktuur en ekonomieseontwikkelingsprojekte word wyd en syd deur waarnemers gekritiseer. Soos die projekte vorder en lande groter lenings aanvra, begin hulle sukkel om die lenings terug te betaal en val dan in die sogenaamde skuldlokval."

Vonnisbespreking: Die Konstitusionele Hof verskaf sekerheid oor die toepassing van die gemeenskaplikeoogmerk-leerstuk op verkragtingsake

Delano van der Linde
LitNet Akademies (Regte)

"Dit is onlogies om die leerstuk op misdade soos moord (hoewel baie wyd omskryf), waar ’n dader byvoorbeeld iemand met ’n mes kan steek of verwurg, toe te pas, maar nie op verkragting nie. ’n Mes penetreer tog op ’n soortgelyke wyse die menslike liggaam (al is dit nie op ’n intieme, seksuele wyse nie)."

Indeks: notas, toetse en vraestelle

LitNet
Notas, toetse en vraestelle

Hier is al die gratis studiemateriaal vir skole wat op LitNet beskikbaar is, gelys volgens graad.

Desimale breuke: Graad 6-wiskundevraestel en -memo

Wilhelm du Toit
Notas, toetse en vraestelle

Is jy in graad 6 en wil jy bybly met jou wiskunde? Hierdie vraestel en memo kan jou help om desimale breuke te oefen. Laai dit gratis hier af.

Ontlaering 2021: Eerste oproep om voorstelle

LitNet
Akademies en skole

Die tema van die aanlyn 2021-kongres is Geworteldheid: die onderrig van Afrikaans in spesifieke ruimtes. Voorleggings van tot 300 woorde word ingewag teen 31 Januarie 2021. Ons nooi veral opkomende akademici, en navorsers en dosente wat in België, Nederland, Pole, Aruba, die VSA en Namibië met/oor Afrikaans werk, om deel te neem.

Nuwe skryfwerk

Midi, of iets gewen en iets verloor

Andries Bezuidenhout
Poësie

LitNet is 21 jaar oud. Gedagtig aan dié mylpaal het die webjoernaal, met die ondersteuning van die Hiemstra Trust, digters genader om verse vir ons te skryf. Hier is Andries Bezuidenhout aan die woord.

Winter

Christo Meyer
Poësie

"Ma nou wat djy beslyt het
Om ’n niewe begin te maak
Is da niks wat ek kan doen
Om die storm te kalmeerie"

Vlinderkind

Driekie Grobler
Poësie

"dat jy nie soos die rigiede norm
sal kan dartel van blom tot blom
maar jou nektar sal vind
deur windop te beur"

Bring vir my die nag

Morné du Preez
Poësie

"Bring my die nag
met sy swart sluier helder hunkermaan
waar my vingers woorde soek
grensloos oor die taal van jou lyf"

Die kolonel

Louis du Plessis
Poësie

"Vir twee dae sweet ons
meer as wat mens kan
onder Oupa die leier,
die kolonel, die man"

ligvoets lewe

Desmond Gird
Poësie

"ek sou so graag wou
meer opreg leef in die hede
die heerlike hier en nou
met minder steur aan ou verbrou"

Die stem

Jerome Coetzee
Poësie

"Ek haat die een met die spraak,
die skril, dun iets, wat die digter niks
baat en die bully materiaal gee vir
’n grap en ’n kerfplek."

Poskantoor-tou (vir hernuwing van motorlisensies)

Jannie Pretorius
Poësie

"Eenduisend-vyfhonderd-ses-en-tagtig rand
(betaal ek met vreugde, die kaartmasjien wérk);
ek stap uit met drie nuwe skyfies
en prys die Heer, die Poskantoor is ’n kerk"

Albatros

Morné du Plessis
Poësie

"Is jou stilsweef ’n sonopkoms
’n geskakeerde refraksie
in die eb en vloei van getye,
van lewe en dood."

Lokval

Andries Fourie
Poësie

"In ’n konsentrasiekamp van weelde
is my onheil toegedraai"

Candles

Jemima Meyer
New writing

"Thick candles enjoy the heat. Though their glow melts
those next to them, wax drips and widens
their feet – their foundations grow."

Belydenis oor my woorde

Jerome Coetzee
Poësie

"Ek leer woorde lieg
Ek skryf die leuens
Ek verwag nie dat julle
Moet verstaan nie"

Moord hier naby

Dawid de Villiers
Fiksie

"Moord is mos ’n vreeslike ding. Dit is skurke wat moor. As hulle inbreek en gekeer word. As kompetisie uitgeskakel moet word. As jy in jou eie bed wakker word en iemand ’n pistool voor jou kop hou, jou goed vat en dan skiet. Maar hierdie moord was anders."

Leefstyl

Stam: ’n onderhoud met Louw Venter

Naomi Meyer, Louw Venter
Film

"Ek koester ’n droom vir Afrikaanse film wat op sy eie twee bene kan staan op die wêreldverhoog. Onverbonde aan die vrees oor teer punte vir plaaslike gehore. Afrikaanse film wat broos, dapper en modern is op dieselfde manier as onafhanklike kunsfilms soos dié vanuit Suid-Korea, Suid-Amerika en Europa."

Afrikaanse rolprent Stam verower internasionale toekenning

Marli van Eeden, Louw Venter
Film

"Film moet ons júis ontstel. Maar ook ontroer en laat lag en laat smag en laat dink. Stam is in elk geval ’n internasionale co-production met Nederland, so dinge beweeg al klaar in die regte rigting. In daai konteks beteken erkenning op ’n internasionale vlak vir my baie."

Oorlewendes van apartheid deur die lens

Johan Myburg
Kuns

Johan Myburg lewer verslag oor die Universiteit Stellenbosch se aanlyn foto-uitstalling Through the eyes of survivors of apartheid.

Ingrid Jones se inperkingsresepte word ’n kookboek en tydskrif: ’n onderhoud

Maryke Roberts, Ingrid Jones
Kos en wyn

"Dit voel soos my tribe ..."

Kiss the ground – is there hope?

Reney Warrington
Film

"Generally, I had wanted to save all the bees and the flowers and the rivers, but this time around, I had a clear plan."

Persverklaring oor Wesens: ’n eerste vir Afrikaanse filmteater

LitNet
Film

’n Vreemde voorwerp land op 3 Desember 1967 op ’n boer se plaas in die Karoo. Wat volg, is ’n raaisel wat jou sal boei tot op die laaste oomblik.

Nou op Voertaal

Dialoog: Yves T’Sjoen en Alwyn Roux in gesprek oor hulle projekte

Yves T'Sjoen, Alwyn Roux
Academisch

"Dit is vir my besonder aangenaam om in gesprek te tree met Yves T’Sjoen oor ons aparte en gesamentlike akademiese projekte."

"I’m a Dutchman if I do!"

Ingrid Glorie
Taaldiscussie

"Voor het vermakelijke naslagwerk De Dutchionary verzamelde taaljournalist Gaston Dorren allerlei Engelse uitdrukkingen met het woord 'Dutch' erin. In deze uitdrukkingen komen de 'Dutch' er dikwijls slecht van af. We zijn onbeschaafd, zware drinkers en natuurlijk zuinig. Dorren gaat op zoek naar de historische oorsprong van deze clichés. Eén troost: in veel gevallen werden niet de Nederlanders bedoeld, maar de Duitsers."

Magda de Vries en Liza Grobler: Dansdialoog om die marimba

Izak de Vries, Magdalena de Vries
Muziek

"Ek hou van buitengewone dinge – dit is veilig om te sê ek is ’n nonkonformis. As musikant voel ek dit is belangrik om Suid-Afrikaanse talent te erken en te bevorder. Om hierdie rede het ek besluit om drie jong plaaslike komponiste opdrag te gee om werke vir marimba te komponeer."

Blomtyd in die Weskus Nasionale Park

Izak de Vries
Reizen

"Wanneer dit blomtyd is, word Postberg vir ’n beperkte aantal motors per dag oopgestel. Toelatings tot daardie deel van die park gebeur regdeur die dag, maar dit is veiliger om vroeg op te staan en seker te maak dat jy nie té laat opdaag en weggewys word, of baie lank moet wag nie."

Bruin onderwyser in die pekel omdat hy sê hy is swart

Jean Oosthuizen
In het nieuws

"’n Bruin Wes-Kaapse onderwyser is in die moeilikheid omdat hy geweier het om as bruin geklassifiseer te word toe hy aansoek doen vir ’n onderwyspos. Hy het homself op sy CV as 'African' bekendgestel in plaas van 'Coloured' omdat hy gekant is teen rasseklassifikasie."

Ramaphosa se brief oor plaasmoorde lok wye reaksie

Jean Oosthuizen
In het nieuws

"Die landbou-organisasie Agri SA en die burgerregte-organisasie AfriForum het uiteenlopend reageer op president Cyril Ramaphosa se reaksie op die moord van Brendin Horner en die onlangse gebeure in Senekal."

ANC-minister sê Carl Niehaus is ’n boef

Jean Oosthuizen
In het nieuws

"’n Yslike bekgeveg het op Twitter uitgebreek tussen twee senior lede van die ANC, naamlik die minister van vervoer, Fikile Mbalula, en een van oudpresident Jacob Zuma se vurigste ondersteuners, Carl Niehaus."

Portale

Uitnodiging: 49ste JBM Hertzog-gedenklesing

LitNet
Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns

Jy word uitgenooi na die 49ste JBM Hertzog-gedenklesing wat op 21 Oktober om 18:00 gratis op die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns se Facebook-bladsy aangebied word. Fransjohan Pretorius is vanjaar die spreker.



Konklusie of gevolgtrekking? Kontradiksie of teenstrydigheid?
LitNet Akademies wil navorsers graag help om meer gespierde Afrikaans te skryf.

KONTAK

021 886 5169


© 2020 LitNet. Alle regte voorbehou | All rights reserved