Can’t see this mail? Click here to view it online

- ISSN 1995-5928 - Ingesluit LitNet Akademies

 

Nuusbrief 788

27/02/2020


  Krities Afrikaans

LitNet: ’n Mondvol moedertaal

Fresh off the press

Cape Town: A place between

Writer: Henry Trotter
Publisher: Catalyst Press
ISBN:
9781946395252

Cape Town is a place between. Between two oceans, between first and third worlds, between east and west. So too the majority of its citizens, a people between black and white, native and settler, African and European. The Cape coloureds. This tween-ness complicates and perplexes. It threatens key conceptions we have about the histories, identities and cultures of those who live on the continent. It makes us wonder how we can understand a city that is most assuredly in Africa, though not – seemingly – of it?

Menings

Jonathan Jansen is korrek: Hy verstaan nie die "bohaai oor Afrikaans" nie

Frederik Rudolph van Dyk
Seminare en essays

"Daar is al ’n lang pad gekom met Afrikaans, en daar gaan nog harde bene gekou en ver gestap word. Jansen se onvermoë om ’n genuanseerde prentjie van die Afrikaanse gemeenskap te aanvaar is kortsigtig en bevooroordeeld, want hy versuim herhaaldelik en nougeset om sy posisie oor Afrikaanstaligheid in die lig van die feite te hersien."

Jonathan Jansen: Afrikaanse taalaktivisme beduiwel gesprek oor moedertaalonderrig

Melt Myburgh
Menings

"Omdat Afrikaans so lank dominant in Suid-Afrika was, heers daar ’n eksistensiële vrees onder baie sprekers dat die taal sal uitsterf. Taal kom saam met ras, en die twee kan nie geskei word nie."

Net lieven Heer weet

Hennie van Deventer
Blogs

“Natuurlik, Ouma,” kom dit blitsvinnig. “Die Here ken al 11 ampstale.”

Maak beurtkrag van Eskom ’n menseregte-oortreder?

Bettina Wyngaard
Rubrieke

"Voortdurende kragonderbrekings beteken nie net dat Eskom in sy grondwetlike plig faal nie. Dit maak van Eskom ’n aktiewe oortreder."

Die kêk is oep vi business?

Olivia M Coetzee
Rubrieke

"Ek gloe stellig God se nek is al see van hoe God God se kop skud oo alles wat biesag is om te gebee in die naam van God."

’n Namaste flow!

Olivia M Coetzee
Rubrieke

"Ek mien ôs hettie nodig om die neks pesoon se taal te praat om hulle menswies te erkennie, wan ’n 'Hallo' plus die waai van jou hand of die knik van jou kop is gelyk an 'Ek sien jou, Mens!'"

Hoe hettie lifestyle en cultural scene in Kaapstad ve’anner innie laaste 10 jare?

Tasneem Daniels
Menings

"Gone are the days wanner ’n mens moet honderde – ja, honderde! – rande spend op ’n aand uit innie CBD."

Nou in die verlede: Die "wonderwerk op ys"

Jako Bezuidenhout
Menings

"Veertig jaar gelede het een van die grootste sportskokke in die geskiedenis voor die wêreld afgespeel toe ’n totaal onervare amateur-mansyshokkiespan van die VSA die ervare sg Dream team van die Sowjetunie gedurende die Olimpiese Winterspele in Lake Placid, New York, geklop het."

Toyota US Woordfees

Toyota US Woordfees 2020: Chronologiese skrywersfees

LitNet
Toyota US Woordfees

Laai die chronologiese boekeprogram van vanjaar se Toyota US Woordfees hier af.

What the water remembers: ’n onderhoud met Pieter Odendaal

Cliffordene Norton, Pieter Odendaal
Toyota US Woordfees

"Ons probeer sin maak van die voortslepende traumas rondom water en hoe poësie ons kan help om hierdie traumas te begin genees."

Toyota US Woordfeeskortverhaalbundel 2020: ’n onderhoud met Madeleen Welman

Naomi Meyer, Madeleen Welman
Toyota US Woordfees

"Die verhaal ('Juffrou Heila se tuin') handel oor selfopgelegde alleenheid wat so toeneem dat ’n skewe perspektief van die lewe begin oorneem."

Toyota US Woordfeeskortverhaalbundel 2020: ’n onderhoud met Jelleke Wierenga

Naomi Meyer, Jelleke Wierenga
Toyota US Woordfees

"As kind was ek uitgelewer aan die vuil pote van verskeie mans, wat ek nou stelselmatig in my verhale uitroei."

Uitnodiging na Penseel en kie by die Toyota US Woordfees

LitNet
Toyota US Woordfees

Jy word uitgenooi na Penseel en kie by die Toyota US Woordfees op 9 Maart in Stellenbosch.

Bekendstelling van Jeanne Goosen – ’n lewe vol sinne deur Petrovna Metelerkamp

LitNet
Toyota US Woordfees

Jy word uitgenooi na die bekendstelling van Jeanne Goosen – ’n lewe vol sinne deur Petrovna Metelerkamp op 12 Maart in Stellenbosch.

Boeke en skrywers

Wenners van LAPA se Jeugromankompetisie bekend

LAPA Uitgewers
LAPA Uitgewersportaal

LAPA Uitgewers het op 26 Februarie 2020 tydens ’n glansgeleentheid in Pretoria die wenners van die Jeugromankompetisie 2019 aangekondig. Die Jeugromankompetisie word tweejaarliks aangebied.

As jy van moord droom: ’n onderhoud met Deborah Steinmair

Naomi Meyer, Deborah Steinmair
Skrywersonderhoude

"Ja, ek is vrekbang. En sal maar enige opstoppers absorbeer. Het ek ’n bronnelys? Nou kan ek nie onthou nie."

Skrywersonderhoud: Cas Vos oor Job en Met my hand op my hart

Remona Voges, Cas Vos
Skrywersonderhoude

"Die hele digwerk van Job draai om die vraag of daar ’n God is wat hierdie wêreld regverdig bestuur. Dit is ’n vraag wat steeds gestel word, wat alle mense raak en wat van tyd tot tyd elke gelowige se asem laat wegslaan."

Resensie: Toring van Jasmyn deur Derick van der Walt

Nadine Petrick
Resensies

"Die karakters praat duidelik nie bloot uit ’n reisgids of ’n internetartikel nie – Derick se persoonlike ervaringe en waarnemings sit lekker gemaklik en geloofwaardig in die teks."

Resensie: Die kind uit die wingerd deur Helene de Kock

Nini Bennett
Resensies

"De Kock verras in die hantering van ’n verskeidenheid karakters, maar sonder om enige een aan eendimensionele beelding oor te laat: Almal word volwaardige en onthoubare personasies uit eie reg."

Resensie: Klikbek deur Sidney Gilroy

Herschelle Benjamin
Resensies

"Hierdie fiksie sal ek beslis aanbeveel en dit verdien eervolle vermelding as ’n goeie debuut."

Resensie: A century of South African theatre deur Loren Kruger

Temple Hauptfleisch
Resensies

"Dit is ’n hoogs akademiese publikasie wat geskryf is om as ’n soort gesprek met eweknieë, ingewydes, nagraadse studente en kenners te dien."

Review: The night trains by Charles van Onselen

Natasha Harmse
Books and writers

"Van Onselen’s exposition of the night trains on the Eastern Main Line offers a clear and focused view of the circumstances surrounding the Mineral Revolution in South Africa."

FMR-resensie: Noorman deur SD Fourie

Danie Botha
Resensies

"Noorman bied ’n oorsig oor rasseverhoudinge oor dekades heen."

Soekend

Crito
Blogs

Crito bespreek resensies oor boeke wat onlangs verskyn het.

Lesersindruk: Wat die hart van vol is deur Peter Veldsman met Elmari Rautenbach

Louise Viljoen
Resensies

"Wat die hart van vol is is ’n uiters diggeweefde onthoureis."

Lesersindruk: Kyk na my deur Nataniël

Barend van der Merwe
Lesersindrukke

"Kyk na my is nie swaar leesstof nie. Dit is die ideale boek om te lees as mens sommer net wil ontspan."

Drie pare digtersvoete loop na Wellington

LitNet
Boeke en skrywers

Kom luister Sondag 1 Maart om 18:00 in Die Bôrdienghuis-teater by die Breytenbach Sentrum in Wellington hoe Breyten Breytenbach, Joan Hambidge en Dominique Botha op innoverende wyse en om die beurt van hulle jongste gedigte voorlees. Hulle lees ook mekaar se gedigte.

Invitation to the launch of To the volcano and other stories by Elleke Boehmer

LitNet
Books and writers

You are invited to the launch of To the volcano and other stories by Elleke Boehmer in Stellenbosch on 4 March.

Persvrystelling: Nathan Trantraal en Ronelda Kamfer by The Book Lounge (13 Maart 2020)

LitNet
NB-Uitgewersportaal

Nathan Trantraal en Ronelda Kamfer stel op 13 Maart hul nuwe digbundels, Oolog en Chinatown, by The Book Lounge in Kaapstad bekend. Hulle sal voorlees en met Ryan Pedro gesels oor hul werk en lewe in Grahamstad.

Nou op Voertaal

Persbericht: Angelie Sens directeur Zuid-Afrikahuis

Voertaal
Zuid-Afrikahuis

Het bestuur heeft mevrouw Sens per 1 maart 2020 benoemd tot opvolger van Judith Calmeyer Meijburg, die adjunct-directeur bij Geonovum is geworden.

Louise Viljoen vertel van jonger geslag digters wat waag in Afrikaans

Louise Viljoen, Willem de Vries
Academisch

Die gerekende literator Louise Viljoen het aan Willem de Vries vertel van haar ervaring van die leerstoel Zuid-Afrika: talen, literaturen, cultuur en maatschappij in Gent wat sy onlangs beklee het, gee haar indrukke van die sesde Afrikaans-kollokwium, bekyk die gang van bande tussen Afrikaans en Nederlands, vertel van die werk van ’n jonger geslag Afrikaanse digters en kyk terug op meer as 40 jaar in die tuig as dosent.

Suid-Amerika ‒ deel 1: Peru en die onvermydelike ongemak van reis

Ingrid van der Walt
Reizen

"Ons probeer maak soos die mense dáár maak. Ongemaklik, seg baie. Groot avontuur, seg ons."

Hugo en T’Sjoen deel insigte en nuus oor Claus se grootse werk Het verdriet van België, wat binnekort in Afrikaans verskyn

Willem de Vries, Daniel Hugo, Yves T'Sjoen
Interviews

Die veelsydige Vlaamse meester Hugo Claus se roman en magnum opus, Het verdriet van België, verskyn binnekort in Afrikaans. Daniel Hugo verwys na die boek as die grootste uitdaging én hoogtepunt van sy vertaalloopbaan.

Suid-Afrikaners is onder die wêreld se grootste pessimiste

Jean Oosthuizen
In het nieuws

"Misdaad en geweld bly die grootste rede waarom Suid-Afrikaners een van die negatiefste bevolkings in die wêreld is."

Left out of the narrative – an interview with Loes Oudenhuijsen

Cliffordene Norton, Loes Oudenhuijsen
Academisch

"It is somewhat paradoxical to feel this freedom while studying women who are confronted with stigmatisation for choosing a certain freedom by not conforming to the sexual norms."

Van die hoofpad afgedwaal: Staproetes en swemplekkies in en om Kaapstad

Marli van Eeden
Reizen

"Somer is byna agter die rug, maar Februarie is bekend daarvoor om jou vir oulaas te laat hyg van die hitte. Stof dus jou stapskoene af en geniet die laaste paar sonstrale met dié lekker staproetes in en om die Kaap-omgewing."

LitNet Akademies

Die invloed van plek en ruimte op die identiteitskonstruksie van vrouemigrante binne die Suid-Afrikaanse konteks na aanleiding van Zebra crossing (2013) deur Meg Vandermerwe

Marietjie Lambrechts
LitNet Akademies (Geesteswetenskappe)

"Studies oor migranteproblematiek ignoreer die unieke probleme wat vrouemigrante in gasheerlande ervaar, en hul posisie verdien veel meer aandag as wat tans die geval is."

’n Kritiese blik op 21ste-eeuse onderrig en leer deur ’n onderwyser- en leerderbril

Marné Pedro, Michele van der Merwe
LitNet Akademies (Opvoedkunde)

"Onderwysers moet leerders by samewerkende leeroefeninge betrek en tegnologie gebruik om nuwe, voorheen ondenkbare take te skep en om samewerkende, konstruktivistiese en outentieke leerervarings te ondersteun."


Leefstyl

’n Onderhoud met Laudo Liebenberg: “Ek wil dit voluit doen tot ek kunsmis word”

Henry Cloete, Laudo Liebenberg
Musiek

"Met Afrikaans kan ek net myself wees, aangesien dit my moedertaal is en die woorde voel eerlik."

Miela’s Box – ’n onderhoud met Tasneem Daniels

Cliffordene Norton, Tasneem Daniels
Suidoosterfees

"Dit het baie tyd gevat en ek dink ek moes certain discoveries oo my eie identities ee’ste maak voorat ek hierie toneel kon klaa skryf."

Oorgeklankte Turkse TV-reekse verower die wêreld

Carla van der Spuy
TV

"Dis byna ’n soort gevoel van déjà vu na die begindae van televisie toe talle gewilde oorsese televisiereekse in Afrikaans oorgeklank is. Carla van der Spuy, ’n selferkende Turkse-drama-slaaf, vertel meer van die lang proses agter die skerms om Afrikaans so gemaklik oor Turkse akteurs se lippe te hoor rol."

Boere-souttert sonder grêndgeit

Karen Hart
Kos en wyn

"Die tert weet nog steeds waar hy vandaan kom en giggel so in sy binneste oor die aanstellerigheid van sy grênder niggies, die quiches."

Skreeusnaakse swart komedie The producers laat jou van alle sorge vergeet

Maryke Roberts
Teater

"Hoewel die Suid-Afrikaanse weergawe so effens van die 1967-storielyn afwyk, is dit steeds so skreeusnaaks en donker soos meer as 50 jaar gelede."

Kinders vannie suburbs: “Die wêreld het vriendelikheid nodig”

Henry Cloete
Musiek

"As jy nie eerlik is in jou musiek nie, hoe wil jy dan hê jou musiek moet goed doen?"

Fotogalery: Adam Small-fees 2020

Izak de Vries, Johannes Nieuwenhuys
Feeste

Die Adam Small-fees, wat deur Darryl David georganiseer is, het van 21 tot 23 Februarie 2020 in Pniël plaasgevind. Johannes Nieuwenhuys en Izak de Vries deel hulle foto’s.

Akademies en skole

Wiskunde met LitNet: graad 4 – vermenigvuldiging (driesyfergetal met ’n eensyfergetal)

Lee-Ann West
Skole

In hierdie week se video behandel Lee-Ann West vermenigvuldiging vir graad 4-leerders. Kyk by die skoleblad watter video’s nog bygevoeg word!

Wiskunde met LitNet: graad 5 – optelling van tot vyfsyferheelgetalle (kolommetode)

Lee-Ann West
Skole

In hierdie week se video behandel Lee-Ann West optelling van tot vyfsyferheelgetalle vir graad 5-leerders. Teken in by LitNet om nog weeklikse video's te ontvang!

Persvrystelling: NP Van Wyk Louw vir vandag-lesing 2020

LitNet
Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns

Die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns, in samewerking met Afrikaans-departemente van verskeie universiteite in Suid-Afrika, reël ’n Louw-herdenking op 18 en 19 Junie.

Persvrystelling: SA Akademie doen ’n beroep op ouers om hulle te vergewis van die voordele van moedertaalonderrig

LitNet
Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns

Op Internasionale Moedertaaldag 21 Februarie dink mens onwillekeurig aan jou eie moedertaal, die taal waarin mens spontaan kan praat, ontspanne kan lees, werk, skryf en droom. Moedertaaldag gee erkenning aan die ongeveer 7 000 afsonderlike tale wat miljarde mense regoor die wêreld daagliks gebruik om hulle lewens te leef.

Nuwe skryfwerk

Kode

Charleine Collins
Poësie

"om diep te sien,
nie bloot te raai"

Hartseer

Salvia Ockhuis
Poësie

"die wete van jou wegwees
wat weer en weer bly wond"

If John Steinbeck had been a poet, I would have loved him

Abigail George
New writing

"I have a certain knowledge of madness that no one else speaks of, a certain kind of madness that comes alive at midnight."

Eenvoud

Lydia le Roux
Poësie

"In die eenvoud was alles perfek.
Dit was net ek en jy teen die wêreld."

Formateer

Willem de Vries
Fiksie

"’n Reuse-hert beweeg stadig deur die lug na die kyker. Dit spring van papier, na ’n glibberige strook mikrofiche en dan deur ’n rekenaarskerm waarna dit bestaan uit ’n digte, spokerig gloeiende string ene en nulle in die vorm van ’n hert."

Portale

Johan Combrink-lesing 2020: ’n oorsig en foto’s van die geleentheid

Jean Oosthuizen, Izak de Vries
ATKV-Portaal

"Maak van lees ’n fees."

Persvrystelling: Streel jou ore met dié gesproke woorde en musiek

LitNet
Afrikaanse Taalmuseum en -monument-portaal

Die Afrikaanse Taalmuseum en -monument (ATM) bied Saterdagmiddag 29 Februarie 2020 ’n opwindende program met musiek en stories uit die boonste rakke. Die veeltalige, multikulturele program beloof om Afrikaans in al haar pragtige gedaantes te laat pronk om sprekers en niesprekers met ’n unieke, gesellige gees te omarm.



Konklusie of gevolgtrekking? Kontradiksie of teenstrydigheid?
LitNet Akademies wil navorsers graag help om meer gespierde Afrikaans te skryf.

KONTAK

litnet@litnet.co.za

021 886 5169


© 2020 LitNet. Alle regte voorbehou | All rights reserved