Can’t see this mail? Click here to view it online

- ISSN 1995-5928 - Ingesluit LitNet Akademies

 

Nuusbrief 1034

24/01/2025


  Krities Afrikaans

LitNet: Trump

Sir Herbert Baker: A biography

Author: John Stewart
Publisher: Jonathan Ball
ISBN: 9781776194162

After a Victorian architectural apprenticeship in London, Sir Herbert Baker went on to become the most prolific architect of his age in South Africa, where he designed numerous public buildings, churches, schools and private houses, including the Union Buildings, St George’s Cathedral and Groote Schuur. This is the first full biography from childhood and was written with full cooperation from his family and with access to his archive and private papers.

Menings

Die Johann Rossouw-gespreksreeks: Donald Trump en ’n nuwe wêreldorde?

Johann Rossouw
Seminare en essays

"Watter wêreldorde? Daar is nie tans so iets nie, maar miskien help hy die wêreld stabiliseer, was my onmiddellike reaksie. Hoekom?"

Bloed op die spore

Egmont Sippel
Menings

"Maar waar’s die siel van ’n nasie waarvan die president ’n pleidooi vir genade en barmhartigheid openlik en met minagting verwerp? Waar lê so ’n land se geestesgesondheid? Waar’s Amerika?"

Wat sê Bettina? Trump 2.0 in volle swang

Bettina Wyngaard
Rubrieke

"Alle aanduidings is in elk geval dat Trump 2.0 meer kragdadig gaan optree as voorheen, minder respek vir die reg gaan hê, meer onverdraagsaamheid gaan aanmoedig en al verder regs gaan skuif."

Trump en Suid-Afrika

Freek Robinson, Jakkie Cilliers
Onderhoude

Donald Trump is die afgelope Maandag as die 47ste Amerikaanse president beëdig. Wat beteken die Trump-presidensie vir Suid-Afrika? Freek Robinson praat met Jakkie Cilliers (Instituut vir Sekerheidstudies).

ATKV-SA Akademiepryse 2024: ’n onderhoud met Johann Rossouw

Johann Rossouw, Jean Oosthuizen
Onderhoude

"Dit is in hierdie lig fassinerend om te sien hoe waarskynlik die mees mimeties wedywerende, moderne Amerikaanse president, Donald Trump, hom nou bevind in ’n bondgenootskap met tegno-oligarge wat hierdie wedywering industrialiseer." Johann Rossouw se LitNet Akademies (Geesteswetenskappe)-artikel oor outomatisering as vername aspek van kunsmatige intelligensie (aan die hand van die denke van Bernard Stiegler en René Girard) is met ’n 2024-ATKV-SA Akademieprys bekroon. Jean Oosthuizen het met hom gesels oor sy navorsingsproses en hoe sy navorsing prakties toegepas kan word in die debat oor kunsmatige intelligensie en outomatisering in Suid-Afrika.

Jan Alleman vs ChatGPT: Kan KI uit regswerk gehou word?

Nico Geldenhuys
Kunsmatige intelligensie | Artificial intelligence

"[D]ie land se regspraktisyns wou hulself slap lag oor die nuus dat ’n litigant oënskynlik met ChatGPT-geskrewe hofstukke voor ’n hooggeregshofregter opgedaag het en gedink het hulle kan daarmee wegkom. Hierdie kollektiewe leedvermaak verklap wel iets van die eksistensiële krisis waarmee die globale witboordjiewerkskorps die laaste twee jaar worstel."

Loeriesfontein Hoërskool behaal ’n 100% slaagsyfer: oud-matrikulante vertel hoe hulle dit reggekry het

Naomi Meyer, Hendrik Urion, Marshalene de Jongh, Juanicia Bates, Jeandré van Wyk, Jody Tieties
SA Skoleseminaar | Schools Seminar

"As ek moes in ’n ander taal onderrig gehad het, sou dit slegter gegaan het. Afrikaans is my huistaal wat ek mee grootgeword het en dis die taal wat ek die meeste gebruik en verstaan."

Wat sê Bettina? Skietstilstand in Gaza

Bettina Wyngaard
Rubrieke

"Die groot vraag, vir my in elk geval, is hoekom Israel gehoor sal gee aan die verdere details van die skietstilstand die oomblik dat hulle al die gyselaars terug het?"

Imigidi and the (d)evolution of Xhosa culture

Mphuthumi Ntabeni
Opinion

"As much as I understand and respect the now common practice of clustering young boys under the care of a district surgeon or something similar, I lament the loss of other rituals in this arrangement. For one, unless families privately arrange this, there is now no teaching of the young men who they are amid the myriad clan origins. They come out of the mountains without any better or deeper understanding of their history and identity."

Agterstories: Hoe koffie ons ryk gemaak het

Johan Fourie
Rubrieke

"Soos Galofré-Vilà verduidelik, het hierdie ruimtes die inligtingsnetwerke van daardie tyd verteenwoordig, waar mense ingekom het om ’n koffie of ’n drankie te geniet, idees te deel en in kontak te kom met mense uit verskillende omgewings en dissiplines. Dit is waarom ek die ontstaan van die nywerheidsomwenteling in Engeland sou korreleer met die aankoms van Londen se eerste koffiehuis, wat in 1652 deur Pasqua Rosée gevestig is."

Dinkskrum: Die SAKP blaas ’n (welverdiende) roemlose aftog

Jason Lloyd
Rubrieke

"Wat Suid-Afrika eintlik nodig het, is ’n moderne konserwatiewe party, regs van die politieke spektrum, wat ’n teenvoeter gaan wees teen radikale linkses, toksiese feminisme en woke-isme wat dreig om alles en almal te vernietig."

Hiporheïese sones: die lewer van riviere

Handré Brand
Seminare en essays

"Net soos die menslike lewer voedingstowwe verwerk en skadelike stowwe in die liggaam ontgif, speel die hiporheïese sone ’n deurslaggewende rol in die filtrering en transformering van voedingstowwe en organiese materiaal. Dit reguleer die siklus van koolstof en stikstof, wat noodsaaklik is vir die handhawing van gesonde akwatiese ekosisteme."

In memoriam: Johan Diederick Ungerer Geldenhuys

Bittie Viljoen-Smook
In memoriam

"Vanaf 1979 kan hy as hoof van Nedbank Groep se taaleenheid en later as dokumentasiehoof, tot sy uittrede in 2007, sy passie en loopbaan kombineer en ’n tasbare bydrae tot doeltreffende kommunikasie op hoofsaaklik finansiële gebied, en veral die ontwikkeling en standaardisering van saketerminologie, lewer."

Geregtigheid?

Leona Conradie
SêNet-briewe

"Feminisme het my geleer dat sommige van ons tóg taaier as die ander is. Ek het geen idee hoekom ons as mens onsself moet verwyder van mekaar met die woorde ander en hulle nie. In die struggle is ons 'ons', maar die oomblik dat die een taai bruin vrou die stilte verbreek en praat, word sy die 'ander een', wat dinge onnodig moeilik maak."

Stop ontgroening!

Jaco Jacobs
Elders gesien

"As jou kind se menseregte aangetas word, moenie stilbly nie. Verkla die skuldiges by die onderwysdepartement, by die polisie, by die media. Ek weet van ’n hele paar ouers wat hul kinders maar stilweg vir terapie gevat het, eerder as om ’n bohaai op te skop en dalk geviktimiseer te word – en sodoende baan jy maar die weg vir die volgende sarsie slagoffers wat gaan deurloop."

New generational hate, fear and despair have been written

Andre Vlok
Seen elsewhere

"Early in this ceasefire, it is, beyond the brief respite, hope and emotions, all too clear that this conflict has gained nothing meaningful in conflict terms."

Uit die argief

VSA-verkiesing 2020: Wie ook al wen, gaan verloor

Jaco Kirsten
Seminare en essays (2020)

"Waar Trump hom egter onderskei het – en selfs sy mees geharde vyande moet dit erken – is die feit dat hy die meeste van sy groot verkiesingsbeloftes nagekom het. Beginnende by die ekonomie."

Die kragtige oplewing van populistiese mobilisering in die eietydse internasionale stelsel – Deel 2: Oorsake en gevolge

Chris Nelson
LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) (2019)

"Die gebruik deur Donald Trump van die slagspreuk 'Make America Great Again' en die Britse kiesers se aandrang daarop om van die 'wankelende' EU weg te breek (Brexit) staan in die teken van hierdie samelewings en leiers se pogings om hulle te herposisioneer in afwagting van komende globale magsverskuiwings."

Is Afrika steeds vir die VSA van strategiese belang?

Theo Neethling
Seminare en essays (2023)

"Vir China is Afrika uiteraard van besondere belang vanweë die minerale hulpbronne wat nodig is vir die groei van die Chinese ekonomie, maar waarom sou die VSA steeds belang by Afrika hê en deur Agoa handelsbande met Afrikastate bly bevorder?"

Akademies en skole

Gestremdheidsreg: Die Suid-Afrikaanse posisie en die historiese verloop van die inkorporering van die Konvensie oor die Regte van Persone met Gestremdhede

Ilze Grobbelaar-du Plessis
LitNet Akademies (Regte)

"Die artikel gee ’n oorsig van die afgelope 30 jaar sedert die totstandkoming van Suid-Afrika se demokratiese bestel en bespreek die historiese ontwikkeling binne die regering om in die regte van persone met gestremdhede te voorsien."

Lewenswetenskappe: Chlorofil, fotosintese en blaarmyners – hoe om groen te bly

Rouxlyn Botha
Skole

"Terwyl plante fotosinteer, skakel hulle koolstofdioksied, water en ligenergie om in suurstof, water en koolhidrate. Die chemiese vergelyking lyk soos volg: 6 CO2 + 12 H2O + ligenergie → C6H12O6 + 6 O2 + 6 H2O."

Uitnodiging: Geskiedenissimposium en Hertzoggedenklesing, 31 Januarie 2025

LitNet
Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns

Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns nooi u hartlik uit na ’n Geskiedenissimposium op 31 Januarie 2025. Na afloop van die simposium word u uitgenooi na ’n skemeronthaal en daarna word ’n JBM Hertzoggedenklesing gelewer. Lees meer oor die program hier.

Indeks: notas, toetse en vraestelle

LitNet
Notas, toetse en vraestelle 

Hier is al die gratis studiemateriaal vir skole wat op LitNet beskikbaar is, gelys volgens graad.

Wiskunde met LitNet gratis op YouTube beskikbaar

LitNet
Notas, toetse en vraestelle

Kyk na hierdie video’s op LitNet se YouTube-kanaal – en teken sommer ook in!

Nou op Voertaal

Historiese slaagsyfer vir matrieks in ’n druipelingland

Heindrich Wyngaard
Nuusvinke

"En einde ten laas: Wat gaan ’n arbeidsmark met ’n werkloosheidsyfer van tussen 30% en 40% (afhangend van die definisie wat ingespan word) uit dié 'historiese' matriekslaagsyfer baat?"

"Skole se 30 persent slaagsyfer moet na 50 persent verhoog word"

Jean Oosthuizen
Voorblad

"BOSA het ook aan die speaker van die nasionale vergadering, Thoko Didiza, geskryf om ’n dringende parlementêre debat oor die stand van onderwys te versoek."

Werklose dokters en aptekers vaar die strate in

Jean Oosthuizen
Voorblad

"Verlede jaar September het dit aan die lig gekom dat van die totale aantal dokters wat hul gemeenskapsdiens in 2023 voltooi het, slegs 60% in befondsde poste as mediese beamptes in staatsfasiliteite aangestel is. Dit beteken dat 40% werk in die privaatsektor moes kry, of werkloos is, of moes emigreer."

Druk neem toe op Ramaphosa om minister in die presidensie te skors

Jean Oosthuizen
Voorblad

"News24 het vroeër berig hoe die Valke hul ondersoek afgehandel het na ’n tender van R2,5 miljoen wat die minister in die presidensie betrek het, terwyl sy in 2009 die munisipale bestuurder van die Ba-Phalaborwa-munisipaliteit was."

Gauteng-waterkrisis: Vol damme waarborg nie genoeg water nie

Jean Oosthuizen
Voorblad

"Munisipaliteite in die provinsie ervaar ’n voortdurende waterkrisis, met toevoer wat reeds in talle gebiede wisselvallig is."

Kaapstad is die wêreld se nommer een-stad vir 2025

Jean Oosthuizen
Voorblad

"Nadat Kaapstad in 2024 in die tweede plek geëindig het, het Kaapstad vanjaar die nommer een-plek op die Britse maatskappy se ranglys behaal."

Leesimpressie: Dius door Stefan Hertmans

Erik van den Bergh
Literatuur

"Een aansprekende roman over vriendschap, liefde en kunst met veel mooie passages en verrassende beelden. Volop verwijzingen naar renaissance en oudheid, muziek schilderijen, filosofie en cultuurgeschiedenis."

Leesimpressie: Dromenmakers door Abdelkader Benali

Erik van den Bergh
Literatuur

"Impressies van bezoeken van Abdelkader Benali en Hans Spekman, directeur van het Jeugdeducatiefonds aan 15 basisscholen, die in veel opzichten divers zijn, maar niet opvallend eigenwijs lijken. Nadrukkelijk positieve aanpak scholen overheersend."

Leesimpressie: Aangrenzende kleuren door Jakub Malecki

Erik van den Bergh
Literatuur

"In bijzondere, beeldende stijl geschreven roman, vol nauw verweven verhalen spelend in Pools dorp in 1927. Over leven en dood, lafheid en wraak, verlangen, liefde en religie."

Maskandi: Southern Africa’s Delta blues

Alex J Coyne
Muziek

"Maskandi has been around since the 1920s and 1930s, arising during a time when southern Africa was just as affected by the Great Depression as the rest of the world."

Skibidi – WTF? Reading Generation Alpha

Alex J Coyne
Over taal

"It’s not made up just out of memes, but contains explorations of absurdism, surrealism, multiverses and simulation theory – the concept that we might be living entirely in a generated computer simulation. While Gen Alpha slang might seem simple, it’s a deep rabbit hole of in-jokes and philosophical ideas."

Boere-braai in die Boere-Bahamas

Maryke Roberts
Reisgogga

"'Kobus Botha, vars van Frankryk, kook in Suid-Afrika se Boere-Bahamas en jy is genooi.' Wie sal nee dankie sê vir die kans om die gewilde Kokkedoor vuur en vlam-beoordelaar se kos op die wit sand van Saldanhabaai (Kobus noem dit Boere-Bahamas) te geniet?"

Uitnodiging: Poëziesymposium Breyten Breytenbach

Voertaal
Literatuur

27 februari: Breytenbach-specialisten Alwyn Roux (Zuid-Afrika), Yves T’Sjoen (België) en Francine Maessen (Nederland) kijken terug op het imposante oeuvre van deze onlangs overleden schrijver en beeldend kunstenaar.

Uitnodiging: Bekendstelling van Max Havelaar (Jaap Goedegebuure in gesprek met Ena Jansen)

Voertaal
SASNEV

Die Afrikaanse vertaling deur Ena Jansen van Max Havelaar deur Multatuli (die pennaam van Eduard Douwes Dekker) het onlangs by Protea Boekhuis verskyn. Die boekbekendstelling vind op 15 Februarie by SASNEV plaas.

Press release: The 15th MyFrenchFilmFestival

Voertaal
Film

MyFrenchFilmFestival, the original 100% online festival of French-language cinema, is back for its 15th edition.

Boeke en skrywers

Goue lint, my storie begint: Die effek van lees op kinders se breine

Anke Theron
Kinderboeke

"Lees is een van die vaardighede wat jou brein kan bemeester wat soms as vanselfsprekend aanvaar word. Ons verwag dit reeds van kinders vanaf sewejarige ouderdom om te kan lees. Maar wat presies gebeur in jou brein wanneer jy lees?"

Annelie Botes (1957–2024)

Erika Terblanche
ATKV|LitNet-Skrywersalbum

"Ek glo nie aan daardie storie van vreeslike inspirasie nie. Skryf is eenvoudig harde werk. Elmboog-ghries, dis waaroor dit gaan – soveel te meer omdat skryf op selfdissipline berus." Lees meer oor die lewe en werk van Annelie Botes in dié ATKV|LitNet-Skrywersalbum, saamgestel deur Erika Terblanche.

Hoekom stort Koos Kombuis koud?

Koos Kombuis
Boeke en skrywers

Koos Kombuis leef in die jaar 2025, maar in oranje Amerika het die moderne era skynbaar nog nie aangebreek nie. Hoe gemaak? Hoe kan skrywers hul lesers probeer verstaan? Koos deel nog vrae, maar hy het darem raad ook (nie vir die VSA nie, maar vir homself). Sy hulp kom uit twee boeke wat hy graag aanbeveel. Skakel in, dan vertel hy sommer vir jou hoekom hy deesdae koud stort.

Vrypostige verslag van ’n (ydele) debuutdigter

Jannie Pretorius
Boeke en skrywers

"Ja, ek het en sal aanhou skryf omdat ek die aanstuwing voel. Ek was sonder twyfel oormoedig en oorgeesdriftig in 2024, maar gun my die luukse en dwaasheid daarvan."

Die hol gevoel deur RR Ryger: ’n lesersindruk

Izak de Vries
Lesersindrukke

"Toe RR Ryger se Die hol gevoel die eerste keer gepubliseer is, was dit soos ’n knie in regse knaters. Daar is tans weer hopeloos te veel regse knaters wat luidrugtig rondswaai. Die heruitgawe van Die hol gevoel kom op ’n baie goeie tyd."

Geloofsgedigte deur Cas Vos: ’n lesersindruk

Pieter Verster
Lesersindrukke

"Die Psalms speel en behoort so ’n belangrike rol te speel in die kerk en die Christelike gemeenskap dat die volledige en betekenisvolle bydrae van Cas Vos tydig en waardevol is."

Die Bybel, die Christelike godsdiens en die waarheid deur Sakkie Spangenberg as koel en welberedeneerde versameling: ’n lesersindruk

Barend van der Merwe
Lesersindrukke

"Omdat godsdiens bepaalde psigologiese en kulturele dimensies het, sal die kerk nie verdwyn nie. Gemeenskappe is verknog aan tradisie, maar weens die ontploffing in kennis sal die kerk se historiese meesternarratief van sondeval-verlossing-eindoordeel waarskynlik toenemend herverpak word."

Vernietig deur Michel Houellebecq

Louis van Niekerk
Elders gesien

"Wat ’n monumentale werk, so anders as wat ek Houellebecq leer ken het."

Afrikaanse resensies en boekgesprekke in Desember 2024

PEN Afrikaans
PEN Afrikaans

Hier is PEN Afrikaans se oorsig van Afrikaanse resensies wat in Desember 2024 verskyn het en digitaal beskikbaar is. Daar is ook skakels na boekbesprekings of -gesprekke en voorlesings wat op die radio of TV uitgesaai is.

Die kinder- en jeugliteratuurskryfskool in Wellington: Pieter van Zyl vertel hoe sy boek gebore is

Naomi Meyer, Pieter van Zyl
Skrywersonderhoude

"My ma, Nellie Winifred de Villiers van Zyl, is die rede hoekom ek so graag kinder- en jeugboeke wil skryf. ... Met die vergeetagtigheid wat vir haar al meer ontstellend geraak het, het ek geweet ons tyd is min om ons projek te voltooi. Dis hoekom ek ingeskryf het vir die kinderboekskryfkursus om te slyp aan die manuskrip."

Persverklaring: Die derde kinder- en jeugliteratuurskryfskool is om die draai!

LitNet
Kinderboeke

Teen net R2500 per maand kan jy jou skryfdrome vlerke gee en jou naam op boekrakke sien. Die kursus begin Saterdag 25 Januarie 2025.

Press release: Learning and teaching poetically – AVBOB Poetry

LitNet
Books and writers

As we prepare to celebrate International Day of Education on 24 January, the AVBOB Poetry Project has invited Lisa Julie, poet, performer and literary scholar, to reflect on what it means to write, learn and teach poetically: "The word I like to associate with education is 'nourishment', which connotes sustenance. We typically think of nourishment only in terms of the body. But education is also a constituent of self-preservation."

Leefstyl

Springmielies: Die terapeutiese waarde van oorlogsfilms

Nini Bennett-Moll
Rubrieke

"Of dit nou deur persoonlike selfrefleksie of die konfrontasie van historiese trauma is, oorlogsfilms bied by wyse van katarsis en die skep van empatie ’n ruimte om genesing te fasiliteer."

I can buy myself flowers: an interview with Mike van Graan

Naomi Meyer, Mike van Graan
Lifestyle and entertainment

"I’d like to think that she is a sympathetic character with whom many women may resonate, on the one hand, and on the other hand, that the piece challenges men to think a little more, or a little differently, about relationships and gender roles and to be more mindful of our behaviour and attitudes."

Filter of Americano? Gewoon, groot of mega?

Hannes Visser
Elders gesien

"Nie te lank gelede nie, kon mens by ’n koffiewinkel op die stoep gaan sit en koffie bestel en die keuses was warm of koue melk. Dit was ongekompliseerd. Deesdae is dit soos ’n aanlegtoets."

Persverklaring: Fiëstas 2025 – hier is die benoemdes

LitNet
kykNET Portaal

Die Fiëstas-paneel het in 2024 sewe kunstefeeste – KKNK, Suidoosterfees, Innibos, Vrystaat Kunstefees, Klein Karoo Klassique, Momentum Beleggings Aardklop en Toyota Stellenbosch Woordfees – bygewoon om al die debuutproduksies te sien wat op die planke gebring is. Die benoemdes vir die kykNET Fiëstas vir die feesjaar van 2024 is nou bekend.

Persverklaring: Frieda van der Heever by Die Boer in Durbanville, 7 Februarie 2025

LitNet
Musiek

Kom luister na Frieda van den Heever op 7 Februarie by Die Boer-teater in Durbanville. Sy gaan saam met die uitstekende musikante Mauritz Lotz en Jonno Sweetman op die verhoog wees.

Nuwe skryfwerk

Die Mol

Marius F Ackermann
Fiksiekompetisies

"Vir weke daarna was die weduwee Helberg se slotwoorde ’n onderwerp van bespreking in die departement se teekamer. Is dit moontlik, is dit denkbaar dat hulle geliefde kollega en prof inderwaarheid verpulp is?"

Ek kom van ver af

Estelle Nagel
Fiksiekompetisies

"Die koggelmander sal sy koppie Noorde toe draai, die skilpaaie sal begin loop en die loopmense sal weer terugkom. Seuns met dun swepe wat vooruit loop. Die wolke vee vooruit, soos branders."

As die stiltes skree

Juanita Louw
Poësie

"Dit prut en met ’n seker hand lig ek die swaar wateremmer op en gooi die kole dood.
En die stiltes word stil."

Die stiltes tussen ons woorde

Kayla Hartman
Poësie

"dat dit die stiltes
tussen ons
woorde
is
wat my hart
jou huis maak"

Gossiping trees

Heidi Henning
New writing

"An uninterrupted meeting of the minds,
Discussing thoughts, anecdotes
From the mother branches"



Konklusie of gevolgtrekking? Kontradiksie of teenstrydigheid?
LitNet Akademies wil navorsers graag help om meer gespierde Afrikaans te skryf.

KONTAK

litnet@litnet.co.za

021 887 0212


© 2024 LitNet. Alle regte voorbehou | All rights reserved