|
|
- ISSN 1995-5928 - Ingesluit LitNet Akademies
|
|
Nuusbrief 1086
06/02/2026
|
Krities Afrikaans
|
LitNet: Ons onthou Lady Di |
 |
|
Skrywer: Martin Steyn
Uitgewer: LAPA
ISBN: 9781779860507
Skimme en spoorsoekers bevat 21 stories wat uit die donker verbeelding van Martin Steyn gekruip het, insluitend sy eerste gepubliseerde storie en ’n vervolgverhaal met AO Colin Menck (Donker spoor, Skuldig). Stories oor hunkering, trauma en onmoontlike keuses. Stories met donker draaie en wrang kinkels. Stories oor skimme en spoorsoekers.
|  |
|
 |
Diana Ferrus (1953–2026)
Erika Terblanche
ATKV|LitNet-Skrywersalbum
Diana Ferrus se ATKV|LitNet-Skrywersalbum is nou volledig bygewerk. Sy het gesê: "My doel op aarde is om deur middel van die skeppingsproses vrede te bevorder; vir myself en die mense met wie ek te doen kry. Wat saak maak, is respek vir ander mense. Wat nié saak maak nie, is uit watter agtergrond hulle kom."
|
 |
Lady Di, die Cape Flats Book Festival het dié jaar iets gekort
Keith Oliver Lewis
Boeke en skrywers
"’n Taxi vol skoolmeisies raak skielik a makeshift geskiedenisklas. Gaireyah leer oor die tragiese storie van Sarah Baartman en die catalyst rol wat Aunty Di se poësie gespeel het om ons ancestor se remains huis toe te bring."
|
 |
In memoriam: Diana Ferrus
Mercy Kannemeyer
In memoriam
"Sy’t ons nie net herinner aan ons komvandaan nie. Sy’t die pad vorentoe in ons visier gestel."
|
 |
Uit die argief (2006): Afrikaans en ek
Diana Ferrus
Menings
"Afrikaans is my moedertaal, my spreektaal, my liefdestaal, my bidtaal, my bakleitaal. Ek onthou my ma se stem, my ouma se kampvuurstories, my pa se vermaninge in Afrikaans, maw my herinneringe leef voort in Afrikaans."
|
 |
Press release: Tribute to Diana Ferrus
LitNet
In memoriam
"Diana was more than a poet. She was a moral compass, a voice for the silenced, and a healer who transformed pain into purpose through language. Her work carried the power to restore dignity, to confront injustice, and to inspire healing across generations."
|
 |
Swartbooij and Titus by Karen Jennings: a review
Riley Herbert-Henry
Books and writers
"History likes its villains tidy and its violence abstract. Karen Jennings refuses both. Swartbooij and Titus opens a wound in the Cape’s colonial past and rubs salt into it, asking not who was right, but who was wronged, who was left to carry the memory when the smoke cleared."
|
 |
Oop boek: skrywersonderhoud met Fourie Botha
Karen de Wet, Fourie Botha
Skrywersonderhoude
In die nuwe "Oop boek"-reeks gesels Karen de Wet met skrywers. In hierdie eerste aflewering praat Fourie Botha oor sy derde digbundel, Kolam: "Miskien werk dit ’n bietjie soos ’n vryery: Die eerste ronde is die opwindendste."
|
 |
Werkswinkel van ’n dig-dirigent: ’n skrywersonderhoud
Naomi Meyer, Elsibe Loubser McGuffog
Skrywersonderhoude
"Soms sal ek vir maande lank net gedigte skryf. Nie juis omdat ek emosies wil of moet uitdruk nie, maar bloot omdat ek tyd gemaak het om op die regte vlak te vibreer. Dis moeilik om te beskryf, want dit is vir my ’n tipe spirituele gevoel. Elizabeth Gilbert het op ’n slag dit beskryf. Kreatiwiteit is soos hierdie energie wat van buite af sommer net aangehardloop kom, dalk soos ’n warrelwind, ’n gevoel wat op jou afpyl. As die dag kom, moet jy tyd maak om dit te vang."
|
 |
Nuut, alles nuut deur Jopie Coetzee: ’n lesersindruk
Annalize Marx Hills
Lesersindrukke
"Nuut, alles nuut neem die leser op ’n tweeledige reis deur die Pase. Eerstens is daar ’n nuutskepping in die Afrikaanse digkuns, ’n heptalogie – sewe gedigte van sewe strofes elk – oor dié wat self daar teenwoordig was se emosionele belewenis van die woorde van óf die profete óf die engele, of van Jesus self."
|
 |
Persverklaring: Adam Small-fees
LitNet
Feeste
Die Pniël Erfenis- en Kultuurtrust nooi u hartlik uit na die 2026-Adam Small-fees – ’n fees van herinnering, taal en kultuur – in die jaar waarin Adam Small 90 sou geword het.
|
Op die redakteur se lessenaar |
 |
Laatwerk en identiteit in die poësie van Breyten Breytenbach: ’n korpusondersoek
Anke Irene van der Merwe
LitNet Akademies (Geesteswetenskappe)
"Hierdie artikel spruit uit die navorsing wat onderneem is vir ’n omvattende ondersoek wat Breyten Breytenbach se volle Afrikaanse poëtiese oeuvre verdeel het in vier tydperke wat met mekaar vergelyk is ten einde vas te stel of tekens van laatwerk opgemerk kan word en, indien wel, as watter soort laatwerk dit getipeer kan word."
|
 |
SteedsDink met LitNet Akademies: Mariëtte Geyser oor haar akademiese navorsing
Mariëtte Geyser
SteedsDink
Mariëtte Geyser is ’n boer en ’n akademikus. In hierdie video gesels sy oor onder meer die landbou-ekonomie, insluitend klimaatsfinansiering, internasionale mededingendheid, nuwe markte, risikobestuur, uitvoerregulasies en voedselsekerheid. In LitNet Akademies se SteedsDink-video’s vertel Afrikaanse akademici van die interessante navorsing waarmee hulle besig is.
|
 |
Afrikaans Huistaal: Graad 6-vraestelle en memoranda, eerste kwartaal
LitNet
Notas, toetse en vraestelle
Is jy in graad 6 en sê jou ouers jy moet hard werk om plek in ’n goeie hoërskool te kry? LitNet kan jou help! Laai hierdie gratis Afrikaans Huistaal-vraestelle en memoranda deur Eugene van der Westhuizen af en begin sommer nou al voorberei vir die eerste kwartaal se toetsreeks.
|
 |
Wat sê Bettina? Teleurstellende uitspraak in Mbenenge-tribunaal
Bettina Wyngaard
Rubrieke
"Hoe kan enige slagoffer van seksuele geweld nou verwag dat die regter haar gaan glo? Daar is alreeds ’n probleem dat seksuele geweld onderrapporteer word. Met die regters se onderrokke wat nou so uithang, bestaan die gevaar dat hierdie tendens gaan vererger."
|
 |
John Steenhuisen wankel
Theo Venter
Menings
"Dit is egter onbillik om die probleem van bek-en-klou toe te skryf aan Steenhuisen alleen, want hy het in werklikheid ’n verswakkende biosekerheidstelsel van meer as 30 jaar in die Departement Landbou geërf."
|
 |
Dis ’n wrap, almal!
Antoinette Louw
Menings
"Die publiek sien ons in mooi rokke by die Silwerskermfees; ons verskyn in tydskrifte. Maar daai rok is geleen en daar is nie kos in die yskas nie. Letterlik."
|
 |
Die vlugtelinge-verhaal kry ’n ander kleur
Heindrich Wyngaard
Nuusvinke
"Die nuutste verwikkeling is die aankoms sowat drie weke gelede van ’n bruin gesin in die dorpie Sue Hills in die staat South Dakota – in die ysige koue van ’n Amerikaanse winter – en dit is hul warm glimlagte wat jou opval in beeldmateriaal van onderhoude wat op YouTube gelaai is."
|
 |
Dit gons oor moontlike nuwe DA-leier
Jean Oosthuizen
Voorblad
"Die raaisel oor die presiese aard van sy aankondiging het egter verdiep toe Steenhuisen ’n foto saam met sy boodskap op X gepos het van ’n ikoniese historiese foto uit 1948 waarin die Amerikaanse president Harry S Truman ’n koerant ophou met die opskrif 'DEWEY DEFEATS TRUMAN'."
|
 |
Leesimpressie: Omtrent liefde en dood door Erwin Mortier
Erik van den Bergh
Literatuur
"Drie maanden na het overlijden van Jef Geeraerts en acht jaar na de dood van diens vrouw Eleonore, begint Mortier met het vastleggen van de herinneringen van zijn man Lieven en hemzelf aan hun vriendschap. Dat leidt tot een zeer persoonlijk, intens en goed geschreven boek."
|
 |
Die Kantoor op kykNET en Showmax: ’n TV-resensie
Leon van Nierop
TV
"Die Kantoor is ’n mockumentary of tonguitsteekdokumentêr – vol snydende grappe wat spot met suf kantoorwerkers wat polonie aan Klerksdorp verskaf. Die verlore siele oorleef ten spyte van hul sieldodende, vervelige werk en geobsedeerde bestuurder. ... ’n Aangeleerde smaak."
|
 |
Die laaste seer wat ek bring
Fazel Dick
Poësie
"En tog, in my stilte,
fluister ek sag:
Miskien, eendag, sal my stukkend ook iets moois maak."
|
 |
Aardklop
Sandra Skinner
Fiksie
"Sy snuif die lug. Dit ruik na skaap. Sy adem die eiesoortige kruiegeur van ankerbossies diep in. Teen die laaste lig pronk ’n paar springbokke in die huiskamp voor hulle koers vat berg se kant toe."
|
 |
Nog woorde
Anoniem
Poësie
"woorde wentel
om my om
bye en die korf
seevoëls en die trawler"
|
 |
Feeshoog
Sanette Scheepers
Poësie
"Dek dan die tafel
in letters heilig wit,
woorde versagtend verguld"
|

Konklusie of gevolgtrekking? Kontradiksie of teenstrydigheid?
LitNet Akademies wil navorsers graag help om meer gespierde Afrikaans te skryf. |
|