Can’t see this mail? Click here to view it online

- ISSN 1995-5928 - Ingesluit LitNet Akademies

 

Nuusbrief 1055

20/06/2025


  Krities Afrikaans

LitNet: Jou Veldsoirée-program

The shortest history of China

Author: Linda Jaivin
Publisher: Jonathan Ball
ISBN: 9781776195053

Journey across epic China – through millennia of early innovation to modern dominance in one riveting, fast-paced read. From ancient times to Xi Jinping, COVID-19 and the "wolf warriors", here is the vast, complex history of China, distilled into just 250 pages. Jaivin dismantles the idea of a monolithic China, revealing instead a nation of startling diversity. And she gives China’s women, from ancient warriors, inventors and rebels to their 21st-century counterparts, long overdue attention.

Etienne van Heerden Veldsoirée

Program: Etienne van Heerden Veldsoirée

LitNet
Etienne van Heerden Veldsoirée

Kom word deel van ’n besonderse ervaring.

Deel in die vreugde van die ATKV-Skryfskool

LitNet
Etienne van Heerden Veldsoirée

Hierdie kort video toon grepe uit 2024 se ATKV-Skryfskool toe Bernard Odendaal en Hans du Plessis die leiers was. Vir slegs R380 kan jy die kursus bywoon, en boonop is alle gespreksessies tydens die Etienne van Heerden Veldsoirée 2025 gratis vir deelnemers aan die ATKV-Skryfskool.

Slegs R380 vir die ATKV-Skryfskool én skouers skuur met skrywers

LitNet
Etienne van Heerden Veldsoirée

Om saam te vat: R380 betaal vir die skryfkursus, die kursusmateriaal en al die gespreksessies tydens die Etienne van Heerden Veldsoirée.

Die LitNet25 Afrikaanse Skrywersberaad

Daar is ’n witvlerknagtegaal wat net in Sanskrit sing

Dominique Botha
LitNet25-skrywersberaad

Hierdie voordrag deur Dominique Botha word as deel van die LitNet25 Afrikaanse Skrywersberaad aangebied. Dit is oorspronklik tydens verlede jaar se Etienne van Heerden Veldsoirée op 20 Augustus 2024 te Nxuba (Cradock) gehou.

Die LitNet25 Afrikaanse Skrywersberaad

LitNet
LitNet25-skrywersberaad

Die LitNet25 Afrikaanse Skrywersberaad sal oor ’n aantal maande strek.

Uit die argief

Etienne van Heerden Veldsoirée: fotogalery van die sprekers

Menán van Heerden
Etienne van Heerden Veldsoirée (2022)

Die derde Etienne van Heerden Veldsoirée het van 23 tot 25 September 2022 op Cradock plaasgevind. Gesprekke deur skrywers, gemeenskapsleiers en -aktiviste, akademici, advokate, landdroste en joernaliste het vir behoorlike pitkos in die skaduwee van Karoo-koppies gesorg. Menán van Heerden het foto’s van die sprekers geneem.

Suid-Afrikaanse samelewing weer eens by ’n kruispad: Gesprekke by die Etienne van Heerden Veldsoirée

Izak de Vries
Etienne van Heerden Veldsoirée (2022)

"In die laat jare tagtig het Suid-Afrika gesteier. Ons land was finansieel in ’n gemors, en die samelewing was vasgevang in ’n brutale geweldsklimaat. Uit daardie dryfsand het leiers verrys wat ’n verskil sou maak."

Menings

Trekvoëls in die politiek (20 Junie 2025)

Theo Venter
Menings

"Die onlangse aankondiging dat die jong dinamiese Liam Jacobs in die laatnag van die Demokratiese Alliansie (DA) na die Patriotiese Alliansie (PA) oorgeloop het en die onseremoniële uitskop van trekvoël Floyd Shivambu uit die MK Party (MKP) het my onwillekeurig laat dink aan ander bekende trekvoëls in ons politiek."

Die Kanadese G7-beraad: ’n voorspel tot die G20 in Suid-Afrika? (18 Junie 2025)

Theo Venter
Menings

"Die les vir Suid-Afrika en die G20-beraad is: Kry jou huis in orde en stel die sake reg wat reggestel kan word."

Die komplekse konflik tussen Israel en Iran (17 Junie 2025)

Theo Venter
Menings

"Die eerste implikasie is natuurlik groter onsekerheid in die geopolitieke omgewing in die Midde-Ooste, en dit het aanleiding gegee tot ’n 8%-styging in die olieprys."

Die dwaasheid van Israel se aanval op Iran se kernaanlegte

Eben Coetzee
Menings

"Trouens, Israel se aanval gaan in alle waarskynlikheid Irannese besieling om tot die kernwapenklub toe te tree, versterk."

Trump se uitvoerende bevele: Ses areas waarvan lande in Afrika en die Globale Suide moet kennis neem

Fanie Herman
Menings

"Dit is van kritieke belang vir lande in die Globale Suide en Afrika om die nuwe Amerikaanse administrasie se beleidsomgewing te verstaan ten einde voordeel daaruit te trek."

Dinkskrum: Oor spoke op ’n verlate en donker Karoo-dorp

Jason Lloyd
Rubrieke

"So steek ek toe vas in my spore toe ek die swart gewaad gewaar. Wie kan dit nou wees? Is dit miskien ’n misdadiger wat moeilikheid soek? Nee, hoekom praat of maak die persoon dan geen geluid nie?"

Stap vir geregtigheid én studenteregte

Maryke Roberts
Menings

"Die vierde Maatskaplike Geregtigheid-staptog is Maandag 16 Junie, Jeugdag, in Stellenbosch gestap. Dis ’n inisiatief van die Sentrum vir Maatskaplike Geregtigheid en die 13 kilometer-staptog van Stellenbosch na Kylemore via die historiese Ou Helshoogtepas is daarop gemik om fondse in te samel vir die #Aksie4Insluiting- (#Action4Inclusion-) inisiatief."

Springmielies: Die huis as argitek van die verbeelding

Nini Bennett-Moll
Rubrieke

"Jy moes verhuis. Jy het al hoe meer begin slaap – opgekrul gelê op die bed, die labirinte sluimer van ’n skulp, die infiniteit van dagdrome, die poësie van ’n verlore huis. Maande later in 'die nuwe plek' het jy my vertel dat jou verlange na die ou huis so groot is, jy droom snags in reekse daarvan. Elke aand wag jy jou droom in – en elke nag wag die huis jóú in."

Die goeie ou dae

Stefaans Coetzee
Menings

"Op pad skool toe smelt Hector saam met 20 000 kinders uit drie skole. Hy is nuuskierig en wil weet wat aangaan. Die massa skram stadium toe. In Moemastraat wag die polisie op hulle. Gewapen."

Verskoon my!

Gert van Jaarsveld
Menings

"Het u al opgelet: Hoe groter die oortreding is, hoe kleiner die verskoning."

Redemption road and second knocks

Darryl David
Opinion

"And as a nation, there was no prosthesis for the amputated soul of South African cricket before that majestic hundred by Aiden Markram. And that unforgettable partnership with a hobbled Temba Bavuma ..."

Gewildste plasings op LitNet: 11 tot 17 Junie 2025

LitNet
Als oor LitNet

Hier is die tien gewildste plasings op LitNet vir die week van 11 tot 17 Junie 2025.

Seen elsewhere: A Highveld boy

Graeme Addison
Opinion

"But frankly, I crave the meanness and bitterness of a metropolis perched on a dry ridge overlooking Africa’s greatest financial slum."

Nou op Voertaal

’n Anderse "familievergadering"

Heindrich Wyngaard
Nuusvinke

"Wat ons gedurende Covid ervaar het, was ’n eensydige affêre: Ramaphosa sou op die televisieskerm verskyn, agter die podium stelling inneem en dan sy verklaring aan ons voorlees. Wat nou moet gebeur, is dat almal in die familie ’n sê mag hê."

Suid-Afrika se teenwoordigheid by G7-beraad: ’n platform vir globale invloed

Jean Oosthuizen
Voorblad

"Suid-Afrika se deelname aan die G7 word egter beskou as ’n mylpaal in sy globale diplomasie."

ANC minister in spervuur oor Seta-aanstellings

Jean Oosthuizen
Voorblad

"Die Nkabane-Seta-kontroversie beklemtoon die brose aard van demokratiese verantwoording in Suid-Afrika."

Brittanje weier Malema ’n tweede keer ’n visum

Jean Oosthuizen
Voorblad

"Die VK se ministerie van binnelandse sake het Malema se aansoek om ’n visum die afgelope week vir die tweede maal binne twee maande afgekeur."

Jeugdag word gekenmerk deur ’n werklose jeug

Jean Oosthuizen
Voorblad

"Ondersteuners van ActionSA het gesê Jeugdag is bedoel om die land te herinner aan die moed en opofferings van die jongmense van 1976, maar dit is ook ’n pynlike weerspieëling van hoe ver daar nog gevorder moet word."

Chardonnay ’n staatmaker danksy twee pioniers

Maryke Roberts
Culinair

Met Internasionale Chardonnay-dag wat op 22 Mei gevier is, was dit heel gepas dat mens hulde bring aan die pioniers wat hierdie druifsoort na Suid-Afrika gebring het en boonop wêreldklasstatus gegee het. Chardonnay is die tweede grootste witdruifaanplantings ter wêreld.

Leesimpressie: Kofferverhalen door Karin Amatmoekrim, Abdelkader Benali en Adriaan van Dis

Erik van den Bergh
Literatuur

"Een bundel met tien verhalen naar aanleiding van de meer dan 2000 koffers die migratiemuseum Fenix in Rotterdam de afgelopen jaren verzamelde."

Akademies en skole

Battery 9 as pioniers van industriële musiek binne die Afrikaanse rockmusiektoneel

Burgert A Senekal
LitNet Akademies (Geesteswetenskappe)

"Hierdie artikel bespreek die konteks waarbinne Battery 9 ontstaan het met verwysing na die globale en plaaslike industriëlemusiektoneel [...] en toon aan hoe Battery 9 ten opsigte van styl met hierdie tonele skakel, maar veral ook deur die temas wat in hul lirieke aangespreek word."

Praktiese riglyne vir kruislinguistiese en -kulturele vroeë kommunikasie-intervensie: ’n beoordeling deur belanghebbendes

Mariëtte Botha, Berna Gerber, Anita van der Merwe, Juan Bornman
LitNet Akademies (Opvoedkunde)

"Spraak-taalterapeute moet kliënte uit verskillende taal- en kultuuragtergronde kan bedien. Nietemin toon navorsing dat die besonderse diverse taal- en kultuurkonteks van Suid-Afrika bepaalde uitdagings vir hierdie terapeute inhou."

Wiskunde: Graad 9, kwartaal 2, vraestel en memorandum

LitNet
Notas, toetse en vraestelle

Is jy in graad 9 en het jy onlangs na die Comrades-marathon gekyk? In hierdie gratis oefenvraestel deur Lee-Ann Langeveld is daar voorbeeldsomme wat oor marathons handel. As jy die vraestel gebruik om vir jou eksamen voor te berei, kan jy dalk eerste plek met jou uitslae behaal!

Indeks: notas, toetse en vraestelle

LitNet
Notas, toetse en vraestelle

Hier is al die gratis studiemateriaal vir skole wat op LitNet beskikbaar is, gelys volgens graad.

Wiskunde met LitNet gratis op YouTube beskikbaar

LitNet
Notas, toetse en vraestelle

Kyk na hierdie video’s op LitNet se YouTube-kanaal – en teken sommer ook in!

Boeke en skrywers

Boekevat met Deborah: The Nicotine Gospel deur Sven Axelrad en Canary deur Onke Mazibuko

Deborah Steinmair
Boekrubrieke

Deborah Steinmair skryf in hierdie aflewering van haar boekrubrieke oor twee boeke – "een oor die soeke na betekenis via ’n kankerstokkie en een oor ’n fluitjieblaser wat op sy baadjie kry".

Twee boeke oor die leuens wat wit mense glo: ’n resensie

Stefaans Coetzee
Resensies

"Ek wens ek kon Evans se boek in daardie man se hand stop voordat sy haat en vrees op geweld uitloop. Maar bowenal wens ek hy wil Mitchell se boek lees, en hom afvra of hy homself nie in een van die jongmanne herken nie, in sy denke en ook sy woorde."

Meer oor Zuléka Smit, beter bekend onder die kleintjies as Tannie Ben

Surene Esterhuizen
Boeke en skrywers

"Haar passie en liefde vir kinders is duidelik sigbaar soos haar oë skitter, en is ook hoorbaar in haar borrelende stem."

Lien Botha (1961–)

Erika Terblanche
ATKV|LitNet-Skrywersalbum

"Ek pendel nog heelhuids tussen die visuele en geskrewe wêreld, en ek hoop en vertrou dat hierdie metodiek verwering sal verlangsaam." Lees meer oor die lewe en werk van Lien Botha in die ATKV|LitNet-Skrywersalbum, saamgestel deur Erika Terblanche.

Persverklaring: PEN Afrikaans Vertaalfonds ondersteun vertalings van werk deur Antjie Krog, Etienne van Heerden en Constant van Graan

PEN Afrikaans
Boeke en skrywers

PEN Afrikaans maak met trots bekend dat die volgende drie vertalings van Afrikaanse werke vertaalsubsidies sal ontvang: ’n Nederlandse vertaling van Binnerym van bloed deur Antjie Krog, ’n Italiaanse vertaling van Die swye van Mario Salviati deur Etienne van Heerden, en ’n Albanese vertaling van Jungu Josh: Die goue kalbas deur Constant van Graan.

PenAfrican: Reflections on Women’s Prize for Fiction 2025

Mphuthumi Ntabeni
Books and writers

"What we ask of literary prizes is not infallibility, but integrity, imagination and boldness. The awarding of a prize should strive to be as fearless and far-reaching as the fiction it celebrates."

Persverklaring om in te skryf: Die Ingrid Jonker-prys vir Afrikaanse poësie 2025

LitNet
Boeke en skrywers

Digters of hul uitgewers word uitgenooi om in te skryf vir die Ingrid Jonker-prys vir Afrikaanse poësie van 2025.  

Op die redakteur se lessenaar

Op die redakteur se lessenaar: 16 tot 20 Junie 2025

LitNet
Op die redakteur se lessenaar

Hier is die boeke wat onlangs op die redakteur se lessenaar beland het.

Leefstyl

Tribuo-konferensie 2025: ’n onderhoud met Gideon Lombard

Naomi Meyer, Gideon Lombard
Onderhoude

"Daar is verrassende ooreenkomste tussen kunstenaars en entrepreneurs: Albei begin met niks behalwe ’n idee nie. Albei moet waag. Albei leef tussen mislukking en moontlikheid. Maar sonder finansiële ondersteuning – of dit nou vir ’n toneelstuk, ’n produk of ’n maatskappy is – bly selfs die sterkste idee dikwels net ’n droom."

Tribuo-konferensie 2025: ’n onderhoud met Theresa Olivier

Naomi Meyer, Theresa Olivier
Onderhoude

"[M]ens kan soveel meer met kunsjoernalistiek in ’n digitale era doen!"

Tribuo Conference 2025: an interview with Marlene le Roux

Naomi Meyer, Marlene le Roux
Interviews

"The arts and money have a peculiar relationship. People too often think they don’t 'need' the arts, forgetting the role it plays in social cohesion and the building of a nation."

Persverklaring: Toyota Stellenbosch Woordfees 2025 – programbekendstelling

LitNet
Toyota Stellenbosch Woordfees

Die 2025 Toyota Stellenbosch Woordfees is gisteraand op onvergeetlike wyse bekendgestel by die elegante Lanzerac-wynlandgoed in Stellenbosch, waar media en borge bymekaargekom het om die amptelike bekendstelling van vanjaar se feesprogram te vier.

Persverklaring: Momentum Aardklop kyk terug en vereer ...

LitNet
Aardklop

Die program vir 2025 se Momentum Aardklop-fees, #DieKunsVanFees, is pas bekendgestel.

Press release: Access, support and opportunity forged my path to Khayelitsha Fashion Week

Marlene le Roux
Lifestyle and entertainment

"To top it all, Khayelitsha Fashion Week gave me the courage to walk the runway without my crutches! Draped in the beautiful designs of the highly talented local creatives!"

Nuwe skryfwerk

Boom van kennis

Anton van Rensburg
Poësie

"So proe ook ons,
kinders van ’n eerste mensepaar,
aan eie bas en boom
die wrange smaak
van die verbode vrug."

Totale beheer

Chris Botha
Poësie

"vir politici is hul polisie baie werd
hul polisie hou politici op die perd"

Herfs in my hart

Kayla Hartman
Poësie

"Maak wel ’n wyse keuse 
oor watter blare gly
anders sal jy dalk teen somer
sonder blare bly"

Die onthouvrou

Michelle Oosthuizen
Fiksie

"'Is dit dan net ’n vrou wat onthou?' vra sy haar nakende self in die spieël. Sy onthou die woorde van ’n liedjie wat sy iewers gehoor het: 'Vergeet om te vergeet en onthou om te onthou.'"

My volk is in my mond

Martiens Labuschagne
Poësie

"Met ’n verbleikte paspoort
het ek
my erfdeel
versaak"



Konklusie of gevolgtrekking? Kontradiksie of teenstrydigheid?
LitNet Akademies wil navorsers graag help om meer gespierde Afrikaans te skryf.

KONTAK

litnet@litnet.co.za

021 887 0212


© 2025 LitNet. Alle regte voorbehou | All rights reserved