|
|
- ISSN 1995-5928 - Ingesluit LitNet Akademies
|
|
Nuusbrief 1054
13/06/2025
|
Krities Afrikaans
|
 |
|
Redakteurs en samestellers: Neil Cochrane en Alwyn Roux
Uitgewer: Naledi
ISBN: 9781067234577
Merang is ’n versamelbundel van nuwe Afrikaanse gedigte. Die bundeltitel beklemtoon die idee van feesviering, want “merang” beteken “fees” en behoort tot die leksikon van Kaapse Moesliemafrikaans. Merang is ’n kopknik aan die eeufeesviering van Afrikaans se amptelike status, maar vir die samestellers gaan dit om veel meer. Dit gaan primêr om die viering van die Afrikaanse digkuns en haar spore loop verder terug as 1925. Verder dien Merang as ’n inventaris van hoe en waaroor hedendaagse Afrikaanse digters dig, alhoewel ’n enkele versamelbundel nie die volledige prentjie kan skets nie.
182 gekeurde gedigte van meer as 80 digters is in Merang opgeneem.
|  |
|
 |
Die Suid-Afrikaanse onderwysstelsel en Afrikaans-kurrikulum: ’n Afrikaans-onderwyser van die Kaapse Vlakte deel sy ervarings
Faeed Amardien
SA Skoleseminaar | Schools Seminar
"My groot kommer en vraag is hoe lank ons wil voortgaan om hierdie onrealistiese kurrikulum op leerders af te dwing. Daar is ... ’n divorce tussen die realiteit (leerders) en die kurrikulum. Die instelling van die huidige kurrikulum (KABV 2012) spreek tot die leerder se nadeel, en hoe langer ons blindelings na hierdie narratief staar, hoe meer is ons medepligtig in die onreg wat leerders in skole ervaar. ... [D]aar moet erkenning gegee word aan leerders se identiteit en erfenis."
|
 |
Die lewende testament – Is daar regsekerheid in die Suid-Afrikaanse reg?
Marc Welgemoed
LitNet Akademies (Regte)
"Dit is belangrik dat regsekerheid aangaande die geldigheid van lewende testamente verkry word, aangesien ’n situasie kan ontstaan waar ’n persoon wat aan ’n terminale siekte ly, verwag dat behandeling gestaak of ’n ventilator afgeskakel moet word – en dat so ’n wens in ’n lewende testament vervat is."
|
 |
Wiskunde: Graad 8, kwartaal 2, toets en memorandum
LitNet
Notas, toetse en vraestelle
Is jy in graad 8 en los jy graag twee teelepels suiker in jou tee op? In hierdie gratis oefenvraestel van Lee-Ann Langeveld gaan jy ook leer om Wiskundesomme op te los – maar dis op ’n algebraïese wyse. Oefen die somme, drink ’n lekker koppie tee en behaal boonop hierdie kwartaal goeie punte in jou eksamen!
|
 |
Afrikaans Huistaal: Graad 11, kwartaal 2, hersieningsvraestel en memo
LitNet
Notas, toetse en vraestelle
Is jy in graad 11 en wil jy baie graag nou gedurende die Junie-eksamen by die fliek uitkom? Dis goeie raad om eerder nou vir jou eksamen voor te berei en in die vakansie ’n film te gaan kyk. Hierdie Afrikaans Huistaal-oefenvraestel en memorandum deur Zelda Brits kan gratis afgelaai word. Jy sal die vraestel moet deurwerk om te sien waarom springmielies as toeligtingsprent gekies word!
|
 |
Is djy dom of is djy free, wan dié issie freedomie
Olivia M Coetzee
SA Skoleseminaar | Schools Seminar (2017)
"Die Departement van Onderwys lykit vi my warry nie oo hoe en wat by die skole gebeerie, wan as hulle gewarry het dan sal klaskamesie volgeprop wôttie of hulle sal warry oo hoekô daa soe baie kinners uittie skool uit val."
|
 |
What are the alternatives to BBBEE?
Freek Robinson, Ismail Joosub
Opinion
Ismail Joosub is the manager of Constitutional Advancement at the FW de Klerk Foundation. He tells Freek Robinson that BBBEE has created 100 extremely rich individuals in South Africa, but has done little to nothing for the poor. What, then, are the alternatives?
|
 |
Op dees aarde: Alzheimer se siekte
Elsabé Brits
Rubrieke
"Daar word geraam dat 10% van mense van 65 jaar en ouer Alzheimer se siekte het, en dié syfer sal teen 2050 verdubbel. Hoe vorder die navorsing tans om dié komplekse breinsiekte te ontrafel? En wat het ’n virus en stampe teen die kop met alles te doen?"
|
 |
Die verlofparadoks
Handré Brand
Seminare en essays
"Werknemers wat jaarliks betaalde verlof neem, kom dikwels voor die volgende dilemma te staan: Moet ek heeltemal afskakel, ontkoppel, voluit vakansie hou, vergeet van alle werksverpligtinge en die kantoordinamika, of het ek ’n moreel-etiese verantwoordelikheid om op hoogte te bly van die voortgaande werksaktiwiteite? Kan verdeelde aandag nie moontlik problematies wees nie?"
|
 |
Spookwerkers in staatsdiens kos die land miljarde
Jean Oosthuizen
Voorblad
"Dit is ’n opsetlike medium vir sistemiese korrupsie. Volgens die Departement van Staatsdiens en Administrasie (DPSA) vereis die insluiting van ’n spookwerknemer in die regering se salarisbetalingstelsel dat minstens drie interne amptenare betrokke moet wees."
|
 |
Winter tref Suid-Afrika ten volle
Jean Oosthuizen
Voorblad
"Temperature sal baie koud bly, veral in die binneland, met ryp wat verwag word in dele van die Vrystaat en Noord-Kaap."
|
 |
Leesimpressie: Vrienden door Hisham Matar
Erik van den Bergh
Literatuur
"Over de doorwerking van een demonstratie in Londen in 1984 waarbij vanuit de Libische ambassade geschoten wordt op de demonstranten, een politieagente wordt gedood en elf mensen gewond raken."
|
 |
Vier vanjaar Internasionale Chenin-dag met ’n besondere vrou in gedagte
Maryke Roberts
Culinair
"Anna de Koning is amper ’n Suid-Afrikaanse Aspoestertjie-verhaal [...] Sy was Suid-Afrika se eerste vroulike grondbarones van kleur [...] Wynliefhebbers kan ’n heildronk op die merkwaardige Anna kom drink wanneer die huidige oesjaar van die Anna de Koning Chenin Blanc op vanjaar se #DrinkChenin-dag, Saterdag 14 Junie, op die plaas [Phesantekraal] te proe is."
|

|
 |
LitNet Tuishuise-inwoonskrywer 2025: ’n onderhoud met Ruhan Fourie
Naomi Meyer, Ruhan Fourie
Onderhoude
"’n Kernaspek van die herskryf van geskiedenis is die nuwe vrae wat ons van die verlede vra. Dis wanneer historici ophou nuuskierig raak oor die verlede dat geskiedenis begin stagneer. Nuwe vrae bring nuwe maniere van geskiedenis doen – metodologies, in vorm, en in temas. In die geval van [Beyers] Naudé is daar vele vrae wat opnuut gevra kan word: Tot hoe ’n mate was hy ’n propageerder van die Afrikanernasionalistiese projek, of was hy meer ’n produk daarvan?"
|
 |
Speurhond Willem in Japan deur Elizabeth Wasserman: ’n kinderboekresensie
Magdel Vorster
Kinderboeke
"Die Speurhond Willem-boeke neem lesers op spannende én snaakse speuravonture, maar is en bly in wese reisverhale. Wasserman slaag nes met haar Elf dae-tienerreeks met hierdie reeks steeds uitstekend daarin om vir nege- tot twaalfjariges feit en fiksie kreatief te kombineer en pakkende stories te skep en te vertel, én haar lesers daarmee te vermaak."
|
 |
Heil die Leser!: Pandora se kruik en ander euwels
Nini Bennett-Moll
Boekrubrieke
"Pandora is ’n uiters genietlike en toeganklike roman. Spruyt verras as sosiale kommentator par excellence. Sy takel bogenoemde ongemaklike en belangrike geopolitieke brandpunte kaalvuis, ’n subteks wat nie die verhaallyn verswaar nie, maar eerder as slim metatekstuele kommentaar ’n boeiende kwaliteit aan die roman verleen."
|
 |
Moord, kos en boeke: Bonnie Espie se Making a killing verras
Annette Havenga
Boeke en skrywers
"Espie bring met Making a killing ’n heerlike draai in wat as knusmisdaadstories beskryf word (in Engels ’n cosie). [...] Haar inspirasie vir Making a killing het gekom uit die plattelandse dorpie en sy mense waar sy nou woon."
|
 |
Stefaans Coetzee in conversation with Joanne Hichens
Stefaans Coetzee, Joanne Hichens
Books and writers
"I would really stress to writers, especially creative writers – of fiction and also of creative nonfiction – to develop your voice, your style; don’t turn to AI to develop it for you. There’s a wooden quality to this sort of prose that’s a bore to read."
|
 |
Ecce deus! deur Johan Retief: ’n lesersindruk
Barend van der Merwe
Lesersindrukke
"Met sy argumente skort daar niks, maar sover die kritiek teen godsdiens gaan, is die inhoud van hierdie boek nie genuanseerd nie, en gevolglik ook nie besonder interessant nie. Ecce deus! sal eerder as ’n besondere basiese en inleidende kritiese oordeel tot godsdiens beskryf kan word."
|
Die LitNet25 Afrikaanse Skrywersberaad |
 |
Kinderliteratuur se komvandaan tot vandag
Anke Theron
LitNet25-skrywersberaad
"Lees kinders nog? Wat ons eintlik moet vra, is: Lees ons as volwassenes nog en wys ons vir kinders dat dit lekker is om te lees?"
|
ATKV-Skryfskool by die Etienne van Heerden Veldsoirée in Nxuba/Cradock |
 |
Deel in die vreugde van die ATKV-Skryfskool
LitNet
Etienne van Heerden Veldsoirée
Hierdie kort video toon grepe uit 2024 se ATKV-Skryfskool toe Bernard Odendaal en Hans du Plessis die leiers was. Vir slegs R380 kan jy die kursus bywoon, en boonop is alle gespreksessies tydens die Etienne van Heerden Veldsoirée 2025 gratis vir deelnemers aan die ATKV-Skryfskool.
|
 |
Tribuo Conference 2025: an interview with Lakin Morgan-Baatjies
Naomi Meyer, Lakin Morgan-Baatjies
Opinion
"While the theme of arts and money is critical – artists absolutely need funding to continue their work – my presentation was not just about finances. It was about the often overlooked but essential role of arts administrators in the creative and cultural industries. I spoke about how arts administrators are no longer just support personnel; we are visionaries, policy influencers, systems-builders and change agents."
|
 |
Annie+Helen, ’n drama oor Helen Keller
Maryke Roberts
Teater
"Die bekroonde akteur Willem Dafoe het op ’n keer gesê: 'Goeie teater daag ons denkwyse uit en moedig ons aan om te fantaseer oor die wêreld waarvan ons droom.' Hierdie stelling is waar vir baie klassieke teaterstukke, maar beslis van toepassing op die pas bekroonde Annie+Helen, ’n drama oor Helen Keller wat vanjaar by die KKNK op Oudtshoorn gedebuteer het."
|
 |
Skermgreep: The Phoenician scheme – ’n filmresensie
Leon van Nierop
Film
"Wat is reg en wat is verkeerd? vra die rolprent. In The Phoenician scheme is daar baie verkeerd! Dit skep ’n teelaarde om ’n rolprentavontuur te begin wat slegs by Anderson se dissipels sal aanklank vind."
|
 |
Die vrou met die trollie
Zalman Davis
Reis
"Sy staan die meeste oggende aan die einde van Phạm Văn Đồng-pad, naby ’n elektriese paal met ’n plastieksak daaraan vasgebind. ’n Bejaarde vrou. Sy dra altyd dieselfde koniese hoed, dieselfde wit handskoene en beweeg met dieselfde skewe stap. Sy loop vinnig, maar sonder om te jaag. Haar trollie, bymekaargehou met tou en geroeste draad, rol voor haar uit en maak ’n skuurgeluid met elke stoot."
|
 |
Toorkombuis: Ek onthou vir Mamma – en haar peppermint crisp-tert
Karen Hart
Kos en wyn
"My ma kon nie bak om haar lewe te red nie. [...] Deel van haar pligte as skoolhoof se vrou was om reg te staan met koeke en terte vir funksies en verjaardae in die personeelkamer. Ek weet nie hoe nie, maar op die een of ander manier het sy oorleef. [...] Een van haar reddingsboeie was daardie peppermint crisp-tert wat nou nog by my spook."
|
 |
Persverklaring: Momentum Aardklop stel sy program vir 2025 bekend
LitNet
Aardklop
Momentum Aardklop se program vir 2025 is pas bekendgestel! Die fees vind vanjaar van 7 tot 12 Oktober oudergewoonte in Potchefstroom plaas. Daar is komedie, drama, tragikomedie, musiek in bykans elke denkbare genre van klassiek tot voetestamp, en vermaak vir die jonger geslag. Daar is gesprekke, laatnagkuiers, kos te kus en te keur, tienertoneel, rondleidings en boeke vir Afrika. Daar is legendariese name, en nuwe name waarvan kennis geneem moet word. Daar word teruggekyk en vereer, en vorentoe gekyk en geïnnoveer.
|
 |
Persverklaring: Kompetisie bied platform vir musikale 50-plussers – ATKV
ATKV
ATKV-Portaal
Die musikant Cor Uys, ’n jare lange vennoot van die ATKV, bied in samewerking met ATKV-Buffelspoort en PLUS 50-tydskrif die Andante Plus50-musiekkompetisie aan. Alle senior burgers 50 jaar en ouer, behalwe professionele en voltydse kunstenaars wat steeds as musikante bedrywig is, mag deelneem.
|
 |
Persverklaring: ATKV-DigiToneel – Top 8 gereed
ATKV
ATKV-Portaal
Die ATKV se gewilde TV-realiteitsreeks Gekies vir die kollig keer in 2025 vir die vyfde keer terug na jou skerm – en vanjaar is die tema eenvoudig onweerstaanbaar: magneties. Soos hemelliggame wat mekaar aantrek in ’n perfekte wentelbaan, is agt uitsonderlike jong akteurs vanjaar gekies om na die stel van dié realiteitsreeks genooi te word, waar hulle hul finale treë gaan gee voordat die kameras vir hierdie seisoen begin rol.
|
 |
Press release: La ronde at the Baxter from June 20 to 12 July
LitNet
Lifestyle and entertainment
Nothing is quite as it seems in Arthur Schnitzler’s provocative play La ronde, directed by Leila Henriques, as it heats up the Baxter Studio stage this winter from 20 June to 12 July 2025. Far more than an erotic carousel, the play exposes the transactional nature of modern relationships, where the lines between agency, desire and self-worth are constantly blurred.
|
 |
Aritmies klop my hart
Martin Labuschagne
Poësie
"aritmies klop my hart
oor ’n oneweredige
verdeling van smart."
|
 |
Jeug
Von Villon
Poësie
"toe geluk nog spruit uit
sonskyn en moerbei
systap diep waterstrome
groot wilgers vreesloos die niet in"
|
 |
Langs die pad gekry
Johan van der Merwe
Poësie
"eendag langs die pad
het ek jou gekry
toe ek verby gister geloop het
op my pad na myself"
|
 |
Bosbaadjie
Nico Jansen
Poësie
"met my eie magsnommer
en my eie R1
en my eie stewels
het ek besef
hoe swaar die baadjie wérklik was"
|
 |
Op reis sonder ’n goodbye
Christiaan Eybers
Fiksie
"Die wond is rou. Jy het op reis gegaan sonder ’n goodbye. Jy vlieg nou hoog en is veilig."
|
 |
A mother awaits
Daniel Manchest
New writing
"Let Your spirit nourish.
Add courage to the mother’s womb.
Let Your peace dispel the fear
And grow into love so dear."
|

Konklusie of gevolgtrekking? Kontradiksie of teenstrydigheid?
LitNet Akademies wil navorsers graag help om meer gespierde Afrikaans te skryf. |
|