Can’t see this mail? Click here to view it online

- ISSN 1995-5928 - Ingesluit LitNet Akademies

 

Nuusbrief 937

17/02/2023


  Krities Afrikaans

LitNet: Die skerpgevylde oomblik

Pasverskyn

Ver in die wêreld


Samesteller: Frederik de Jager
Uitgewer: Tafelberg
ISBN: 9780624089575
Epub ISBN:
9780624089582

Ver in die wêreld is 23 stories oor die lewe in die buiteland. Sommige van die vertellings is suiwer fiksie en ander is intiem persoonlike ervarings. Dis verhale oor die verlies aan die bekende, die verlange huis toe, maar ook oor die aanpassing in die verre vreemde wat dikwels met ’n goeie skoot humor gepaard gaan. Skop jou skoene uit, sit agteroor en laat jou wegvoer na Engeland, Nieu-Seeland, Australië, Kanada, of na een van die ander plekke waar Suid-Afrikaners nesgeskop het.

LitNet Akademies-aankondiging

Boeke en skrywers

Petra Müller onder die woord: Karen de Wet gesels oor Die skerpgevylde oomblik

Karen de Wet, Melt Myburgh
Skrywersonderhoude

"Oor die uniekheid van Müller se werk is die laaste woord nog nie gesê nie." Melt Myburgh gesels met Karen de Wet oor Petra Müller: Die skerpgevylde oomblik, ’n huldiging, waarvan Karen die redakteur was.

Boekprobleme

Kerneels Breytenbach
Seminare en essays

"Sou dit nie hemels gewees het as mens manuskripte suiwer op literêre of vakkundige meriete kon publiseer nie, ongesteurd deur die eise en behoeftes van ’n uitgewer se bemarkingspan? En sonder ’n finansiële bestuurder wat jou kom aanspreek omdat jou publikasies nie winsgewend is nie?"

Die Sestiger-somerskool, Universiteit van Kaapstad: Die "bont begrafnis"

Francis Galloway
Menings

"Op 12 Februarie 2023 – 50 jaar gelede – was dit die eerste dag van ’n byeenkoms wat ’n onuitwisbare impak op die rol van die Afrikaanse skrywer en die aard van die Afrikaanse letterkunde sou hê."

In die fragmentarium 3

Breyten Breytenbach
Rubrieke

"Leser:
As jy maar weet
Jou stillees was ’n murmelende stroom
Waar ek moeg gereis kon buk
Op soek na die afwesige gesig
En my dors te les ..."

Kan Suid-Afrika se ekonomie gered word?

Freek Robinson, Frans Rautenbach
Skrywersonderhoude

Freek Robinson gesels met Frans Rautenbach oor sy jongste boek, Help yourself South Africa: How ordinary citizens can reform our broken economy (Footprint Press, 2023).

Om nadenkend te leef: kantaantekeninge by ’n paar gedigte van Antjie Krog

Sakkie Spangenberg
Menings

"Sy het my geflous omdat die gedigte daarin nie uitsluitlik godsdienstige temas aanroer nie, maar haar belewenis as jong meisie en getroude vrou verwoord."

Maryke Roberts en Bettina Wyngaard in gesprek oor Lokval

Maryke Roberts, Bettina Wyngaard
Skrywersonderhoude

"Opbouende kritiek is iets waaruit mens altyd kan leer. Daar is byvoorbeeld een keurverslag wat ’n aantal probleme in ’n vorige manuskrip uitwys. Daai kritiek was soos ’n meesterklas in skryfkuns, en ek bewaar dit soos goud."

Author’s Corner, episode 1: Ntabeni and Nyathi

Mphuthumi Ntabeni, Sue Nyathi
Books and writers

"The value in my books comes from writing about those things people don’t want to talk about. My intent is to get people talking as opposed to measuring. We need to start having robust conversations around those topics that make us uncomfortable."

Die gawe van groen: ’n onderhoud met Elmarié Dercksen

Naomi Meyer, Elmarié Dercksen
Skrywersonderhoude

"Dit was altyd die gawe van groen; dit was van die begin af die konsep."

’n Ma se soen

Crito
Boeke en skrywers

"Dis goed dat Boeke24 saam praat in die gesprek oor die groot kanonne, maar liefs nie op hierdie manier nie."

Heilna du Plooy (1947–)

Erika Terblanche
ATKV|LitNet-Skrywersalbum

"Daar moet ook plek wees vir al die variasies van ’n taal, van die loslittigste informele sêgoed tot die professionele terme en formele wetenskaplike formulerings. Alleen dan kan die taal sy gemeenskap in alle fasette van die lewe tot diens wees."

Project Paperclip: a reader’s impression of Bridget Krone’s youth novel, The Cedarville shop and the wheelbarrow swap

Irene Schoonwinkel
Books and writers

"This is definitely a novel I would recommend to anyone who wants to read something that embodies traditional South African words, phrases and sayings. It would certainly make an excellent gift for non-South African readers!"

Wimpers op lakens belig vrouwees: ’n lesersindruk

Louise Viljoen (JBay)
Lesersindrukke

"Die vertellinge begin gewoonlik waar die vroue ’n afspraak maak sodat Bredenhann hulle afneem. Reeds dán al vorm hy ’n idee van die vrou wat vir sy kamera gaan poseer, maar hy word telkemale verras, want vroue is soveel meer as hoe hulle lyk en wat hulle sê."

Persverklaring: 22 skrywers, 1 roman; Op pad na Grysberg

LitNet
Boeke en skrywers

"Dit is net Coetzee en Kerneels Breytenbach, wat die laaste hoofstuk neergepen het, wat weet hoe die boek eindig."

Persverklaring: Jou volgende avontuur wag

LitNet
PRH/LAPA-Uitgewersportaal

Met watter boek gaan jy huis toe?

Book launch invitation: Help yourself South Africa by Frans Rautenbach

LitNet
Books and writers

Frans Rautenbach and Footprint Press cordially invite you to attend this book launch on Tuesday, 21 February 2023 at The Book Lounge.

Persverklaring: Die Adam Small-fees se program is bekend

LitNet
Feeste

Die program van die Adam Small-fees is hier beskikbaar.

Boekbekendstelling: Etienne Leroux: Die rumoerige swart nar, ’n huldiging (redakteur: Hennie van Coller)

LitNet
Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns

Jy word uitgenooi na die bekendstelling van Etienne Leroux: Die rumoerige swart nar, ’n huldiging op 1 Maart 2023 in Pretoria. Anthea van Jaarsveld tree in gesprek met die redakteur, Hennie van Coller.

Op die redakteur se lessenaar

Op die redakteur se lessenaar: 11–17 Februarie 2023

LitNet
Op die redakteur se lessenaar

Hier is die boeke wat gedurende hierdie week op die redakteur se lessenaar beland het.

OuLitNet en LitNet se argief

Wat wild is, en wat mak

Petra Müller
Skrywersberaad (SeminaarKamer, OuLitNet)

"Ons gesels oor wat wild is, en mak. Ons gesels daaroor dat mense in Europa van die ystyd af in gemeenskappe gewoon het, saam-saam. En dat wit mense in koloniale omstandighede alleen moes uittrek, en alleen moes staanplek maak. En dat daar drie basiese tekste was in daardie staning teen die donker: die Bybel, die geweer en die gesin."

Petra Müller: Die skerpgevylde oomblik, ’n huldiging onder redaksie van Karen de Wet – ’n LitNet Akademies-resensie-essay

Kerneels Breytenbach
Resensies (1 Februarie 2023)

"Wat ek wel besef het met die lees van Petra Müller: Die skerpgevylde oomblik, is dat hierdie huldigingsbundel (en eweneens dié oor enige ander voormalige groot literêre geeste) volle sin sal maak alleen as mens dit met al haar publikasies byderhand kan lees."

Petra Müller (1935–2021)

Erika Terblanche
ATKV|LitNet-Skrywersalbum (2022)

"Om ’n gedig te skryf, is nie eens werk nie; jy moet net bereid wees om dit te doen." Lees oor Petra Müller se lewe en werk in die ATKV|LitNet-Skrywersalbum.

Sondagoggend en nege Post-Its van Petra

Rachelle Greeff
In memoriam (2021)

"Jou ouma, 'die beroemde Annie Skilpad, weduwee van mooi-Arend Dippenaar … Dis sý wat gesê het: Ek sal lank dood wees, dan sal julle nog van my praat'" – Rachelle Greeff bring hulde aan Petra Müller, wat op 25 Junie 2021 oorlede is.

Petra Müller: "’n Mengsel van die sublieme en alledaagse"

Hannes van Zyl
In memoriam (2021)

Petra Müller is op 25 Junie 2021 oorlede. Lees Hannes van Zyl se toespraak by die bekendstelling van haar bundel Die aandag van jou oë, wat in 2005 met die Hertzogprys vir poësie bekroon is.

Menings

Wie is Paul Mashatile?

Jan-Jan Joubert
Menings

"Enigeen wat al met Mashatile te doen gekry het, sal kan getuig dat hy ’n innemende, intelligente, gekultiveerde en ingeligte persoon is – wat bepaald ’n massiewe verbetering op Mabuza sal wees."

Moenie dat ek jou verveel met my reisherinneringe nie

Deborah Steinmair
Rubrieke

"Ek onthou die reuk van ongelooflike oudheid, mos en keisteen, geel velde, ’n vreemdheid in die lug, eeue se geskiedenis, ’n leeftyd se poskaarte wat lewe kry. ’n Versigtige herkenning op sellulêre vlak."

To Google or to Chat? Getting information is likely to change

Lara Aucamp, Izak de Vries
Kunsmatige intelligensie | Artificial intelligence

"Google makes about 80% of its revenue from search. And up until now, they’ve more or less had a monopoly on search, with over 90% of the world’s search queries going through Google. In fact, we don’t talk about searching for something online; we talk about googling it. But monopolies can fall. Remember Skype?"

Rassisme kan nie met rassisme beveg word nie

Jason Lloyd
Rubrieke

"Dan glo die ANC in die leuen dat almal en alles gelyk is. Dis ’n wêreldwye tendens met kommunistiese wortels om alles en almal gelyk te wil maak en verskille uit te vee."

Taaldinge: Ria Olivier praat oor Afrikaans in die klaskamer

Naomi Meyer, Ria Olivier
SA Skoleseminaar | Schools Seminar

"Baie Afrikaans-onderwysers bevind hulle in ’n moeilike situasie, want die kurrikulum bepaal dat hulle die leerders moet voorberei om in die gestandaardiseerde variëteit van Afrikaans te kan funksioneer, terwyl baie leerders se huistaal eintlik een van die ander variëteite is, bv Kaapse Afrikaans of Namakwalandse Afrikaans."

Hippokrates se vier temperamentstipes: ’n parodie

Nini Bennett
Rubrieke

"Ek wens ons was nie almal so nie. Maar ons is."

RISE Mzansi!

Irene Fischer
Menings

"Die rede hoekom ek juis na dié toer verwys het, is dat ’n spul 'skobbejakke' braaf genoeg was om iets te doen. Dís wat die land en die mense nou nodig het. AKSIE. Talle Suid-Afrikaners snel voort asof dit nie húlle verantwoordelikheid is om met ’n poop scoop rond te loop nie, want, ag, ek het dan ’n kar, ’n werk, geld, kos, klere, ’n huis, ’n TV."

Ons kort iets baie groter as net nog ’n Voëlvry

Koos Kombuis
SêNet-briewe

Koos Kombuis lewer ’n repliek op Irene Fischer se nuwe skrywe, "RISE Mzansi!": "Die gebroke land kan ons skilderdoek word."

Ek groet en dis vir laas

Hennie van Deventer
SêNet-briewe

"Soos ’n mens ouer word, word onder al hoe meer aktiwiteite ’n streep getrek. Óf jy trek dit self óf dit word vir jou getrek. So is dit nou eenmaal."

Kom ons bou aan hemel op aarde

Ben du Toit
SêNet-briewe

"Vir ons wat onsself nie wil laat definieer in terme van wat ons glo of nie glo nie, maar bloot ernstig opgeneem wil word as mede-menswaardige wesens, is die 'hemel' nie ’n hersenskim in die toekoms waarop ons hoop na die dood nie, maar iets wat ons nou alreeds tussen ons wil realiseer in die manier waarop ons met mekaar saamleef – en van mekaar verskil."

Bagatelle en chess

Elise Bishop
Elders gesien

"Ons het min gespeel, ’cause ek’t nooit remember waar die swart king en die wit king moet wees nie en forgot always was it knights of bishops eerste van die castle?"

Oekraïne: Berigte te velde

LitNet
Menings

’n Oorsig van LitNet en Voertaal se berigte oor die oorlog in Oekraïne. | An overview of LitNet’s and Voertaal’s articles on the war in Ukraine.

COVID-19: Die jongste | The latest

LitNet
Menings

COVID-19: Kry die feite | Get the facts.

Nou op Voertaal

Jakes Gerwel Stigting-Passa Porta schrijversresidentie: Vlaamse schrijver Tom Naegels

Hendrik-Jan de Wit, Tom Naegels
Interviews

"Ik ben bezig aan een ambitieus boekproject – een geschiedenis van België als migratieland, die uitlegt hoe migratie de Belgische samenleving veranderd heeft, op alle mogelijke niveau’s: economisch, sociaal, cultureel, demografisch, politiek. ... Het is altijd de bedoeling geweest om het verhaal te vertellen tot vandaag, dus werk ik nu aan de Belgische migratiegeschiedenis van 1978 tot nu."

Jakes Gerwel Stigting-Passa Porta schrijversresidentie: Vlaamse schrijver Neske Beks

Hendrik-Jan de Wit, Neske Beks
Interviews

"Ik verheug me heel erg op de schrijvers die ik daar ga ontmoeten."

Suid-Afrika deur ’n Duitse oog

Willemien Orth
Reizen

"Suid-Afrikaners noem hulleself die reënboognasie, maar ek het die sonskynmense diep in my hart weggesluit en hulle saam na die koue, grys Europa gebring."

Boek over 50 jaar IVN-geschiedenis voor iedereen gratis te downloaden

Ingrid Glorie
Academisch

"Eind 2021 verscheen De Internationale Vereniging voor Neerlandistiek. Hoe het groeide, een overzicht van 50 jaar IVN-geschiedenis geschreven door Jaap Grave. Het boek concentreert zich hoofdzakelijk op de institutionele geschiedenis van de IVN. Zuid-Afrika komt echter uitgebreid aan bod in het hoofdstuk over de opvatting van de IVN-besturen over de politieke gebeurtenissen van hun tijd."

Universiteite ontken beweerde diskriminasie teen wit Afrikaanse studente

Jean Oosthuizen
In het nieuws

"Twee voorheen wit Afrikaanse universiteite is in die spervuur oor beweerde taal- en rassediskriminasie teen wit Afrikaanse studente tydens verwelkomingsgeleenthede op die onderskeie kampusse aan die begin van die akademiese jaar."

Ramptoestand kan Suid-Afrika in ’n "rampdemokrasie" verander

Jean Oosthuizen
In het nieuws

"Solidariteit voel ook baie sterk daaroor dat dit ingrypende stappe gaan verg om die elektrisiteitskrisis te hanteer. Die probleem lê volgens hulle egter juis daarin dat die regering tot dusver nie die politieke wil gehad het om die regte dinge te doen nie."

Nog ’n metro se burgemeester is die goue ketting kwyt

Jean Oosthuizen
In het nieuws

"Om deesdae ’n burgemeester te wees in een van die land se metro’s wat deur koalisieregerings regeer word, blyk een van die mees riskante beroepe in die land te wees."

Persbericht: Azille Coetzee en Bibi Burger van "Turksvy"

Voertaal
Zuid-Afrikahuis

In deze aflevering van Footnotes gaan we in gesprek met Azille Coetzee en Bibi Burger, de oprichters van de feministische nieuwsbrief Turksvy. Verschillende schrijvers, kunstenaars en denkers schrijven, creëren en denken mee over feminisme in Afrikaans. Azille en Bibi gaan in gesprek met Francine Maessen over het belang om feminisme in de Afrikaanssprekende gemeenschap te cultiveren en de woordenschat uit te breiden.

Akademies en skole

Die ontwikkeling van globale vaardighede in ’n Afrikaans Eerste Addisionele Taal-handboek vir graad 12-leerders

Cornelia van der Berg, Alta Engelbrecht
LitNet Akademies (Opvoedkunde)

"In hierdie artikel poog ons om eerstens vas te stel wat die KABV ten opsigte van die ontwikkeling van globale vaardighede vereis en hoe dit vervolgens in die vraestelle en ’n goedgekeurde KABV-handboek van Afrikaans EAT neerslag vind."

"Ons gaan weer nuut begin": Kraak en Snak (2018) deur Rouxnette Meiring as ekodistopiese jeugverhale

Henriëtte Loubser
LitNet Akademies (Opvoedkunde)

"In Kraak en Snak word ’n wêreld verbeel wat vreesaanjaender is as ooit voorheen. Verlies aan persoonlike vryheid word uitgebeeld, asook ’n stryd om oorlewing in ongekend vreemde omstandighede."

Graad 5: Afrikaans Huistaal-vraestel en memo, eerste kwartaal

LitNet
Notas, toetse en vraestelle

Is jy in graad 5 en sal jy eerder aan dolfyne, vrugteslaai en ’n vakansie in die wildtuin dink as aan die voorbereiding vir jou toets? Wees bly, want in hierdie voorbereidingstoets kan jy oor al hierdie onderwerpe lees. Agterna ken jy sommer ook jou Afrikaans Huistaal-werk op die punte van jou vingers. Hierdie vraestel van Eugene van der Westhuizen is, soos al LitNet se oefenvraestelle, gratis beskikbaar. Laai dit hier af.

Indeks: notas, toetse en vraestelle

LitNet
Notas, toetse en vraestelle

Hier is al die gratis studiemateriaal vir skole wat op LitNet beskikbaar is, gelys volgens graad.

Leefstyl

The banshees of Inisherin: ’n filmresensie

Leon van Nierop
Film

"’n Enkele rolprentskoot sê dikwels meer as bladsye vol woorde, soos verskeie emosiebelaaide skote in hierdie meesterstuk bewys."

The Winelands Philharmonic Orchestra: ’n onderhoud | an interview

Naomi Meyer, Reghardt Kühn
Musiek

"Ons wil baie graag bydra tot die ontwikkeling van klassieke musiek in die gemeenskap en ons is besig om ons pad te karteer om dit op ’n konstruktiewe en ’n volhoubare manier te doen." | "We really want to contribute to the development of classical music in the community and we are mapping out our path to do it in a constructive and sustainable way."

Hansard se vaslegging kry ander betekenis hier

Maryke Roberts
Teater

"Diana smeek Robin om sy woorde aan die Britse publiek goed te kies, hulle te help om die groter prentjie te sien, maar sy verweer is dat die Britte ’n konserwatiewe nasie is en nie wil hê dinge moet verander nie."

A midsummer night's dream word ’n mondwateraand in Maynardville

Albert Maritz
SêNet-briewe

"En as jy dink jy gaan sukkel om Shakespeare te verstaan, maak jy ’n fout. Die akteurs en die regisseur doen wat Hyland al telkemale reggekry het. Hulle maak die teks, wat op die oog af vir die ongeoefende oog moeilik lees, meer as verstaanbaar; hulle skep ’n pretproduksie wat jy nie wil mis nie."

Nuwe skryfwerk

Versstiltes: haikoes

Ina Bergh
Poësie

"Plantasie vere
weerkaatsing op die water
fleurige flaminke"

Besoektyd

Dibi Breytenbach
Fiksie

"Dit is warm buitekant die Poorte omdat dit binne stapafstand van die ander hek is: ’n lelike, slap draadkonstruksie wat lyk asof dit deur ’n amateurhekmaker aanmekaargeslaan is. Voor die hek sit ’n geel hond wat sy lip dreigend lig elke keer as Gabriël in sy rigting kyk."

Dwaaldrome

Caren Kearley
Poësie

"ander kere verdwaal ek alleen
met ’n hand vol broodkrummels
en my wit wolkombersie."

Afrikaans Eerste Addisionele Taal

Marius Botha
Poësie

"(al om die beurt:
die een altyd skugter,
die ander een nugter)
leer ons mekaar van
ngomso se drome en die spoke van gister"



Konklusie of gevolgtrekking? Kontradiksie of teenstrydigheid?
LitNet Akademies wil navorsers graag help om meer gespierde Afrikaans te skryf.

KONTAK

litnet@litnet.co.za

021 886 5169


© 2022 LitNet. Alle regte voorbehou | All rights reserved