Can’t see this mail? Click here to view it online

- ISSN 1995-5928 - Ingesluit LitNet Akademies

 

Nuusbrief 813

21/08/2020


  Krities Afrikaans

LitNet: Jou pikkewyn

Pasverskyn

Gee Afrikaans ’n kishou in die eksamen


Samesteller: Isabella Venish
Uitgewer: Best Books
ISBN: 9781776072071

Gee Afrikaans ’n kishou in die eksamen – Best Books-eksamenhulp vir graad 10 Huistaal-leerders bevat taalopsommings met toepaslike voorbeelde en taaloefeninge, sowel as konsepvraestelle om die grondslag vir sukses te lê. Elke hoofstuk bevat ’n begrips- en hersieningstoets.

Boeke en skrywers

Nuut by Penguin Random House South Africa: Augustus 2020

LitNet
Boeke en skrywers

Kyk watter nuwe boeke verskyn in Augustus 2020 by Penguin Random House South Africa.

kykNET-Rapport-boekpryse: 2020-kortlyste is hier!

LitNet
Boeke en skrywers

Die 2020-benoemdes vir die kykNET-Rapport-boekpryse, wat die Jan Rabie-Rapportprys vir nuwe prosa insluit, is pas bekend gemaak. Die pryse het vanjaar die meeste inskrywings ooit gelok.

Die kleinste ramp denkbaar deur Francois Smith: ’n bespreking

Kerneels Breytenbach
Boeke en skrywers

"Dit is nie ’n speurverhaal hierdie nie, ofskoon ’n soort speurtog aan die kern daarvan lê. Vir my is dit ’n karakterstudie, ’n ontginning van ’n personasie wat nie ’n verhewe, geïdealiseerde mens is nie. Gustav van Aardt verryk ons letterkunde ..."

Resensie: Afspraak met moord – in die kake van die Krugersdorp-kultus deur Jana Marx

Carla van der Spuy
Resensies

"Mens besef met die lees van die boek hoe gevaarlik en bisar dinge kan raak as dit onder die dekmantel van godsdiens plaasvind."

As jy van moord droom deur Deborah Steinmair: ’n resensie

Alta Cloete
Resensies

"As jy van moord droom word sterk aanbeveel vir lesers wat nie net aksie soek nie, maar ook bereid is om op ’n emosionele vlak uitgedaag te word."

Tweegevreet – ’n Aksieverhaal vir fynproewers

Melt Myburgh, Zirk van den Berg
Skrywersonderhoude

"As dit om tegniese vernuwing of filosofiese mymeringe gaan, is ek allermins literêr. Vir my gaan dit daaroor om eerlik en onderhoudend oor mense en dinge te skryf, en om clichés te vermy."

Skrywersonderhoud: Sidney Gilroy oor Middernag

Emilee Swart, Sidney Gilroy
Skrywersonderhoude

"Ek put genot daaruit om te weet dat almal met ’n visuele biblioteek in hul koppe rondloop en dat ek as skrywer sekere beelde en assosiasies met sinne en woorde kan uitlok sodat die leser ’n absolute suiwer beeld in hul geestesoog kan vorm van ’n toneel of karakter. Ek vermoed ek skryf flieks sonder die noodwendige draaiboek."

Korona-kortverhaalfees: Frederik de Jager oor "Maer vir net een dag"

Melt Myburgh, Frederik de Jager
Skrywersonderhoude

"Waar mense is, is daar altyd stories. Waar hulle saam eet, is daar nog meer stories. Kos en storie is keerkante van dieselfde munt."

Middeleeuse filosofie: ’n onderhoud met Johann Beukes

Johann Rossouw, Johann Beukes
Skrywersonderhoude

"Dit is die soort filosofie, synde (vir my) opnuut wysbegeerte, wat sedert twee dekades gelede ’n aanspraak op my hele wese gerig het: Ek het sedertdien net een begeerte en dit is om die metafisies beste in filosofie as (vir my) ten diepste ’n hermeneuties-ideehistoriese dissipline tot uitdrukking te bring."

Boeke met Burger: ’n Zoom-gesprek met Louise Viljoen

Willie Burger, Louise Viljoen
Skrywersonderhoude

In hierdie aflewering van Boeke met Burger praat die letterkundige Louise Viljoen met Willie Burger oor tendense in die Afrikaanse letterkunde.

Olivia Coetzee gesels oor die Jakes Gerwel Stigting en PEN Afrikaans Skrywersresidensie 2020

Menán van Heerden, Olivia M Coetzee
Skrywersonderhoude

"Die proeses om ’n idee te groei tot in ’n volle storie is die lekkeste ding op die aarde. Die proeses roep ’n mens om jouself net oep te maak vi die storie om deu te kô, en al die editors in my kop te vra om ees stil te bly."

Jeugboeke met Johannes: ’n Zoom-gesprek met De Wet Hugo

Johannes Meyer, De Wet Hugo
Skrywersonderhoude

Johannes Meyer, ’n dertienjarige leerder aan Laerskool Stellenbosch, gesels met De Wet Hugo oor sy jongste boek, Die gevaarlikste speletjie op aarde.

Marita van der Vyver (1958–)

Erika Terblanche
ATKV|LitNet-Skrywersalbum

"As ek dan ’n verantwoordelikheid het teenoor Afrikaans, is dit om te bly skryf daarin."

Professor Paul de Keyser en Zuid-Afrikaanse dissertaties: Ernst van Heerden promoveert in Gent

Yves T'Sjoen
NeerlandiNet

"Dankzij archiefonderzoek aan de Universiteit Gent, meer bepaald in de nalatenschap van professor Paul (Pietje) de Keyser, is een document opgedoken waarin bijzonderheden staan over de promotie van Ernst van Heerden."

LAPA: Ware Noord deur Elsa Winckler – ’n video

LAPA Uitgewers
LAPA Uitgewersportaal

In hierdie video verduidelik Elsa hoe die ware gebeure rakende die ineenstorting van die Metodistekerk in Somerset-Wes haar geïnspireer het om die verhaal te skryf.

Press release: The virtual launch of Heart of a strong woman by Xoliswa Nduneni-Ngema

LitNet
NB-Uitgewersportaal

You are invited to the launch of Heart of a strong woman by Xoliswa Nduneni-Ngema on 24 August 2020. She will be in conversation with Fred Khumalo.

Uitnodiging: Aanlyn bekendstelling van Plek van poue deur Henriëtte Linde-Loubser

LitNet
LAPA Uitgewersportaal

Jy word vriendelik uitgenooi na die aanlyn bekendstelling van Plek van poue deur Henriëtte Linde-Loubser op Dinsdag 25 Augustus om 19:00.

Persvrystelling: Koning Shaka-boekprojek

LitNet
Boeke en skrywers

Ek (Wouter Jacobus Gildenhuys) werk aan ’n prestigepublikasie getiteld Die invloed van Shaka op kuns, literatuur en die samelewing, wat in Afrikaans en Zoeloe met ’n addendum in Engels by Naledi gaan verskyn. Die sluitingsdatum vir bydraes (gedigte) is uitgestel na 30 September 2020, waarna alles in Afrikaans en Zoeloe vertaal sal word.

Onthou

Aansoeke ingewag vir LitNet en die Jakes Gerwel Stigting se Kommadagga-slypskool

LitNet
Slypskole

Aansoeke word ingewag vir LitNet en die Jakes Gerwel Stigting se Kommadagga-slypskool wat van 12 Oktober tot 1 November 2020 op Somerset-Oos aangebied word.

Nou op Voertaal

AfriForum in diplomatieke geskille betrokke

Jean Oosthuizen
In het nieuws

"Die burgerregteorganisasie AfriForum bevind hom midde-in ’n diplomatieke geskil tussen Suid-Afrika en Botswana."

ANC gekap omdat lede wegkom met korrupsie

Jean Oosthuizen
In het nieuws

"Zandile Gumede is Woensdag ingehuldig ten spyte van die voortslepende bedrog- en korrupsiesaak teen haar wat verband hou met ’n multimiljoenrand-vullisverwyderingstender."

Zuma moet weer hof toe

Jean Oosthuizen
In het nieuws

"Dié slag is dit een van vele vroue wat hom hof toe sleep en nie die staat nie."

Inperking het ekonomie onberekenbare skade berokken

Jean Oosthuizen
In het nieuws

"Die landbou-organisasie Saai het sy stem gevoeg by diegene wat meen die verslapping van die inperkingsregulasies wat die naweek deur president Cyril Ramaphosa aangekondig is, is te laat en te min."

Dichter, filosoof en theoloog Willie van der Merwe: "Dit leven – ook het allermooiste ervan – heeft alleen waarde omdat het vergankelijk en vervlietend is"

Ingrid Glorie
Academisch

In die vierde van ’n reeks onderhoude (LitNet Akademies internasionaal) wat Ingrid Glorie met Europese en Suid-Afrikaanse akademici (in Europa) voer oor hul navorsing wat aansluit by geakkrediteerde navorsingsartikels wat in LitNet Akademies gepubliseer is, gesels sy met die Suid-Afrikaner Willie van der Merwe (filosoof, digter en teoloog).

Pinot noir van Hemel-en-Aarde

Maryke Roberts
Culinair

"Op 18 Augustus het die wêreld Pinot Noir-dag gevier, en drie salige dae in Hemel-en-Aarde buite Hermanus, waar van Suid-Afrika se bekendste en bekroonde pinot noirs gemaak word, is die ideale manier om die mense agter dié wenkultivar te ontmoet en ook sommer ons kennis oor die wynstyl te verbreed."

Kleine schelpjes herinneren Nederland koppig aan het slavernijverleden

Ingrid Glorie
Cultuur

"In Judith Westervelds fotocollages gaan de schelpjes een gesprek aan met historische documenten, de Zeeuwse kustlijn en een anatomisch oor. Is Nederland gereed om de eigen rol in het slavernijverleden onder ogen te zien?"

Common threads – the ties that bind India and Africa through fabric

Cliffordene Norton, Meera Venkatachalam
Academisch

"As we began writing, we realised that we were telling the story not just of the cloth trade between India and Africa, but of other movements which were intertwined with the cloth trade – such as the slave trade from Africa to India, and free and unfree migrations of people from the Indian subcontinent to Africa."

Nuwe weergawe van Amanda Strydom se lied "A child in a faraway land" vier Madiba se nalatenskap

Marli van Eeden, Amanda Strydom
Muziek

"Die lied is ’n gebed wat smeek vir vrede en vreugde in ’n onseker tyd."

Menings

Reguit met Robinson: ’n Zoom-onderhoud met Schalk Burger sr

Freek Robinson, Schalk Burger sr
Onderhoude

Na miljarde rande se verliese sal dit ongeveer 3–5 jaar neem vir die bedryf om te herstel. Freek Robinson gesels met Schalk Burger sr, eienaar van die Welbedacht-wynlandgoed in Wellington, oor die krisis in die wynbedryf.

In gesprek met Bernard Lategan: Gevorderde Navorsingsinstitute as keerwal teen vervlakking

Pieter GR de Villiers, Bernard Lategan
Onderhoude

"Nogtans is die 'wetenskap' die enigste verweer wat ons het om ons op te beroep in hierdie tyd van onsekerheid en kwaksalwery. Nie as ’n kitsoplossing nie, maar as ’n tydsame, uitmergelende en dikwels frustrerende soeke na die ware toedrag van sake en die bes moontlike verstaan van dinge."

Dankie virrie party time, Uncle Cyril

Bettina Wyngaard
Rubrieke

"Vedag suip perty, môre het hulle hangover, maa’ oormôre gan hulle beginne onthou. Hulle gan onthou hulle het ‘ie wêk ‘ie, wan hulle employer is bankrot na vyf maane sonne income. Hulle gan onthou lat die kospakkies wat beloewe is, nie by ammel uitgekom het ‘ie."

Dit skort aan omgeedoepa

Freek Robinson
Menings

"Hoekom is dit dat ’n swart familie sulke wrang vrugte pluk in ’n bedeling wat veronderstel was om hulle lewens beduidend te verbeter? ... Dis ’n verhaal van ’n gebrek aan omgee, soos met die Life Esidimeni-skandaal. Dis ’n verhaal van sommige verpleegpersoneel wat nie respek het vir pasiënte nie."

Gesprek: Omstrede kwessies in Afrikaanse en Nederlandse jeugliteratuur

Estelle Kruger, Elize Vos, Janneke de Jong-Slagman, Ronel van Oort, Nicol Faasen, Henriëtte Loubser
Onderhoude

Ronel van Oort: "Voordat daar van selfgerigte lees gepraat kan word, behoort leerders in multikulturele klasse eerstens sodanig deur die onderwyser geïnspireer te word om letterkunde te geniet, en tweedens om leesstrategieë te gebruik om selfgerig te kan lees en leer."

Nóg Engelse taalhegemonie: Die georganiseerde regsberoep trap in ’n ou etiese sponsdoring

Frederik Rudolph van Dyk
Menings

"Meertaligheid in hierdie verband is daarvan afhanklik dat dit vir die LPC prakties en gerieflik (practicable and convenient) is. Dit is weer so goed as om te redeneer dat sistemiese regstelling van onreg sal plaasvind vir sover dit vir die onderdrukker gerieflik en prakties is."

Die roeping van filosofie

Willie van der Merwe
Seminare en essays

"Die vraag, sê hy, moet deur elkeen wat meedoen aan die filosofie vanuit sy situasie en op ’n persoonlike wyse gestel word, want dit is die enigste wyse waarop daar met die vraag omgegaan kan word."

Akademies en Skole

BEd Grondslagfase-afstandsleerstudente se ervaring van administratiewe ondersteuning aan die Noordwes-Universiteit

Benita Taylor, Willem J van Vollenhoven, Annemarie Loubser
LitNet Akademies (Opvoedkunde)

"Die NWU ondersteun afstandsleerstudente met die suksesvolle voltooiing van afstandsleerstudie en beskou administratiewe ondersteuning as ’n prioriteit, aangesien afstandsleerstudente oor die algemeen vele uitdagings ervaar."

Die ontleding van sosiogramme om die impak van koöperatiewe basisgroepe op positiewe interafhanklikheid in klasverband te ondersoek

Christa van Staden
LitNet Akademies (Opvoedkunde)

"Die COVID-19-pandemie, wat sedert Maart 2020 veroorsaak het dat kontakonderwys wêreldwyd na aanlyn onderwys moes oorskakel, plaas die fokus op die doeltreffendheid waarmee leer en koöperatiewe leer in aanlyn omgewings gefasiliteer en geëvalueer word."

Wiskunde met LitNet-video: Bewerkings met desimale breuke vir graad 7

Lee-Ann West
Notas, toetse en vraestelle

In hierdie video maak Lee-Ann West graad 7-leerders touwys met bewerkings van desimale breuke. Niemand hoef in hierdie inperkingstyd agter te bly nie! Laat Lee-Ann jou wys hoe om somme te doen.

Graad 10 Eerste Addisionele Taal – Taaloefening en memo met Best Books

Marelize Swanepoel
Notas, toetse en vraestelle

Hier is ’n lekker taaloefening en memo vir graad 10 Afrikaans EAT-leerders uit Best Books en Marelize Swanepoel se Eksamenhulp-boek.

Leefstyl

"Ek het maar ’n ding vir papier" – Lucinda Neethling gesels oor stopanimasie en haar nuwe enkelsnit

Remona Voges, Lucinda Neethling
Musiek

"Verkenners is almal weerloos as hulle op ’n nuwe plek beland, en so ook mense in verhoudings. Dis moeilik om iemand te leer ken en dis moeilik om iemand toe te laat om jou te leer ken. Wérklik te leer ken. Die inperking het baie mense geforseer om weer hul naastes te leer ken, en ook hulself."

Plaashuis – ’n onderhoud met Dian Weys

Martin Laubscher, Dian Weys
Film

"Hoe sou jy te werk gaan indien jy gevra word om só ’n toneel skoon te maak? Dit is ook uit respek vir diegene wat werklik op ’n plaas aangeval is dat hierdie kortfilm weier om ’n aanval voor te stel en eerder fokus op wat ná ’n plaasmoord gebeur."

Geniet die KKNK en Mothership Studios se reeks aanlyn konserte

Marli van Eeden, Hugo Theart
KKNK

"Musiek is nodig in dié tye."

Press release: Captivating new short dance film celebrates work of William Kentridge

LitNet
Lifestyle and entertainment

In a world first, a captivating new short dance film created by Cape Town City Ballet and Norval Foundation honours the work of internationally acclaimed artist William Kentridge. In an imaginative marrying of ballet and sculpture, the online film is inspired by and set against a stage of Kentridge’s Why should I hesitate: Sculpture exhibition.

Portale

Veels geluk, liewe ATKV!

LitNet
ATKV-Portaal

Ná 90 jaar word die kernwaardes van die ATKV steeds met onverdunde ywer aktief en doelgerig gehandhaaf en tot uitvoering gebring in belang van sy lede en die breër gemeenskap.

Persvrystelling: Lesing – Die Lintonpaneel

LitNet
Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns

Die SA Akademie nooi u hartlik uit na die eerste lesing van reeks 2 van Alex Duffey se lesingreekse wat virtueel op Dinsdag 25 Augustus 2020 stiptelik om 18:00 gebeeldsend word.

PEN Afrikaans Nuusbrief: Augustus 2020

PEN Afrikaans
PEN Afrikaans

Lees PEN Afrikaans se nuusbrief van Augustus 2020 hier.

Persvrystelling: #WysJouWoord vir Afrikaanse Taaldag – kompetisie se sluitingsdatum uitgestel

LitNet
Woordeboek van die Afrikaanse Taal-portaal

Die Woordeboek van die Afrikaanse Taal se kreatiewe #WysJouWoord-kompetisie se sluitingsdatum is uitgestel tot 21 Augustus. Alle leerders 18 jaar en jonger word uitgenooi om aan die kompetisie deel te neem.

Persvrystelling: Korona se spitsvondiges vir Taaldag bekroon

LitNet
Afrikaanse Taalmuseum en -monument-portaal

Die wenner, Fawa Conradie, en die twee naaswenners, Nikita Naudé en Karel Dampies, het saam R4 000 en jaarpermitte losgeslaan én hul gedigte sal saam met dié van die ander nege (vir eers virtueel) in die Groen Galery uitgestal word.

Nuwe skryfwerk

Korona-kortverhaalfees: Maer vir net een dag

Frederik de Jager
Fiksie

"Dáárdie uur: soos die laaste oase voor die woestyn, die wanhopige tog deur die nag tot verlossing die volgende oggend daag, ’n varksworsie in botter gebraai by haar twee gebakte eiers. Maar sy dissiplineer haar: Sy wag tot halfagt."

Ma, waar is Ma nou?

Collin Greger
Fiksie

"Die snaakse gevoel as jy by die graf sit en dit voel nie of Ma daar is nie. Sy het nogal ’n sterk teenwoordigheid gehad, jy het van haar geweet."

Thomas Mann

Jacobus Swart
Poësie

"agter die lessenaar
in jou studeerkamer
die vergestalting van ’n eeu met ’n vulpen"

Kleur

Berdéhan Brand
Poësie

"die maan het rooi gaan lê oor kimberley se gat
en ons het gedwaal in die spirale van die stad
nes die reëlmaat van jou ribbekas
note uit die savoy swart op jou weinig wit ivoor
’n dialek gemoduleer het"

Kaleidoskoop van ’n vriendskap

Estelle Kruger
Poësie

"Jy het my pelgrimspad in die labirint
met ’n mosaïek van kleur bestrooi soos vir ’n sterrekind"

Veerkrag

Margaret Cordier
Poësie

"in die uitgestrekte hemelsfeer
waar die grysgrou glinstermaan
my opraap in sy baan"

Feit

Risha Lötter
Poësie

"ek mag ontvang ek mag verdryf
ek mág solank ek saggies is: beskeie soos ’n vyeblaar"

Twee gedigte deur Risha Lötter

Risha Lötter
Poësie

"daar is dou in jou swye
in die gras van jou holtes ontbreek antwoorde"

Elders gesien

Elders gesien: "Ek verlang na lockdown"

Johannes Bertus de Villiers
Elders gesien

"Wat is post-lockdown skuldgevoel? Dis die deel van jou wat skuldig voel omdat jy meteens besef jy gaan na lockdown verlang."

Elders gesien: Om renosters te bewaar

Kabous Meiring
Elders gesien

"Om renoster-fatigue te hê is heeltemal verstaanbaar, die bumper stickers rondom die kwessie was sekerlik een te veel, maar helaas die stropery duur tog voort."



Konklusie of gevolgtrekking? Kontradiksie of teenstrydigheid?
LitNet Akademies wil navorsers graag help om meer gespierde Afrikaans te skryf.

KONTAK

litnet@litnet.co.za

021 886 5169


© 2020 LitNet. Alle regte voorbehou | All rights reserved