Can’t see this mail? Click here to view it online

- ISSN 1995-5928 - Ingesluit LitNet Akademies

 

Nuusbrief 807

09/07/2020


  Krities Afrikaans

LitNet: Reguit met Robinson

Pasverskyn

Maggie – My lewe in die kamp


Skrywer: Maggie Jooste
Uitgewer: Tafelberg
ISBN: 9780624090250

Maggie is die merkwaardige verhaal van ’n Afrikaanse tienermeisie en haar belewenis van die Anglo-Boereoorlog.

Menings

Reguit met Robinson: ’n Zoom-gesprek met Francis Petersen

Freek Robinson, Francis Petersen
Universiteitseminaar | University Seminar

Voortaan gaan Freek Robinson weekliks met belangrike Suid-Afrikaanse rolspelers gesels. Eerste aan die beurt is Francis Petersen, rektor van die Universiteit van die Vrystaat (UV). Freek gesels met Francis oor transformasie en die besluit om die standbeeld van oudpresident Marthinus Theunis Steyn te verwyder.

Boeke met Burger: ’n Zoom-gesprek met Hein Viljoen

Willie Burger, Hein Viljoen
Boeke en skrywers

In ’n nuwe LitNet-reeks voer Willie Burger voortaan tweeweekliks Zoom-gesprekke met boekemense oor aktuele boekesake. In hierdie week se gesprek praat hy en Hein Viljoen oor NP Van Wyk Louw.

#opdielug met Veronique Jephtas

Robyn van de Rhede, Veronique Jephtas
Onderhoude

Veronique Jephtas is een van die ses skrywers wat gekies is om in Julie in die Paulet-huis in Somerset-Oos te gaan woon vir die Jakes Gerwel-stigting en PEN Afrikaans Skrywersresidensie 2020. Robyn van de Rhede gesels met Veronique oor haar dramaproduksie Hoe change hulle (Toyota US Woordfees 2020), die toekoms van Kaaps en haar aktivisme.

Die lewe in ’n korona-hotspot

Bettina Wyngaard
Rubrieke

"Dis ’n nimmereindigende reeks begrafnisse, en meesal weet jy nie eens meer wie dood is nie."

’n Manifes vir Afrikaans – ’n repliek

Johan Bekker
Menings

"Geen Afrikaansinstansie of Afrikaansdosent het hom verwerdig om te reageer nie."

Die paper trail

Olivia M Coetzee
Rubrieke

"Miskien is die TikToks en die shares en die statusse en story updates tog deel van die boekhou wat wys dat die veliede ’n stem sal hê in die toekoms."

Gemaskerde grysaards

Jannie Gagiano
Menings

"Ek het oudword al sedert my geboorte onder lede en soos die jare aanstap, raak dit net al erger. As dit so aangaan kan dit later miskien my dood beteken."

Die smal of die breë weg? Stof tot nadenke ook vir georganiseerde landbou!

Christo van der Rheede
Menings

"Dit is die taak nou van Mboweni om die ekonomie op die herstelpad te plaas. Daarom sy beroep op almal om van die breë weg af te sien en hul tot die smal pad te wend."

"Vanuit mijn universitaire biotoop" ‒ Alwyn Roux in gesprek met Yves T’Sjoen

Yves T'Sjoen, Alwyn Roux
NeerlandiNet

"Internationale samenwerking is van cruciaal belang."

Nederlandse seemanstaal en Afrikaanse uitdrukkings – ’n onderhoud met Annél Otto en Else Boekkooi

Remona Voges, Else Boekkooi, Annél Otto
Onderhoude

"Al is ons taal minder as 400 jaar oud, gaan sy wortels veel en veel dieper. Dis waar ons wil uitkom, juis in hierdie tyd waarin soveel idiomatiese uitdrukkings besig is om in onbruik te raak."

Boeke en skrywers

Jakes Gerwel se soet nalatenskap vir Afrikaans

Melt Myburgh
Boeke en skrywers

"Sy pa was ’n eweneens formidabele man wat vir sy tien kinders ’n skool gebou het, want daar was geen skool naby nie. Hierdie skool het die plek geword waar vele ander Oos-Kaapse kinders hulle geleerdheid ontvang het …"

Karel Benjamin se storie

Annari van der Merwe
Boeke en skrywers

"Staan uit die water uit! (Kwela Boeke, 1996) is waarskynlik die eerste boek in Afrikaans oor ’n werkersgemeenskap wat van binne uit geskryf is deur ’n volmondige lid van daardie gemeenskap ... Karel Benjamin gebruik die uitsonderlikste Afrikaans [wat] ryk is aan uitdrukkings onbekend aan ons ... Inderdaad ’n outentieke nuwe stem in Afrikaans. En ’n nuwe soort skrywer in Afrikaans."

Boeke en die ongewastes

Deborah Steinmair
Rubrieke

"Hulle het soos my familie begin voel, of soos eendmossels wat op my aangepak het. Ek was jonk en Calvinisties met ’n skuldkompleks so groot soos Tafelberg. Hulle het al meer in my oë begin kyk en later moes ek die dorp verlaat om hulle af te skud."

"Storie-idees meld gedurig aan, ek voer hulle nie altyd so getrou uit nie"

Cliffordene Norton, Anzil Kulsen
Skrywersonderhoude

"Alles het net bymekaargekom, sodat hierdie storie geskryf moes word. Ek het kwaai aan myself getwyfel weens die sensitiwiteit van die verhaal, maar ek het net geweet dit moet geskryf word."

The ultimate cat guide: ’n onderhoud met Yolanda Wessels

Naomi Meyer, Yolanda Wessels
Skrywersonderhoude

"Ek is versot op katte ... en mense is geneig om te dink ’n kat is net ’n kat, ’n selfsugtige selfversorgende eenkantdier. Dit is so ironies, want hulle is van die allerbeste kamerade wat daar is!"

Korona-kortverhaalfees: Rika Cloete oor "’n Kwessie van geloof"

Melt Myburgh, Rika Cloete
Skrywersonderhoude

"In 2005 het ek ’n DLitt et Phil in Duitse Letterkunde aan die Universiteit van Johannesburg verwerf. Dit was ’n natuurlike uitvloeisel van my destydse beroep as lektor, maar ek moet beken dat ek meer tuis voel as woordkunstenaar."

Berna Ackerman (1935–2015)

Erika Terblanche
ATKV|LitNet-Skrywersalbum

"Hoekom word ons tog so ontroer deur die dinge wat ons self skryf? Seker maar omdat ʼn mens moeilik afstand kry van die dinge wat jyself beleef het." Berna Ackerman se LitNet | ATKV-Skrywersalbum-inskrywing is nou volledig met nuwe inligting bygewerk.

Grendelgedagtes

Crito
Blogs

"Skielik, so tussen die formele aanloop en die uiteindelike groen lig, is daar iets wat mens sommer baie stip laat lees."

The South African Writers’ Circle: An interview with the chairperson

Remona Voges, Sally Sinclair
Books and writers

"Writing is a solitary occupation, and writers enjoy being able to exchange ideas with other writers. The Circle provides them with this opportunity."

Reader impression: Talking to strangers by Malcolm Gladwell

Barend van der Merwe
Books and writers

"Talking to strangers made me realise yet again that one cannot separate one field of study from the other. History and psychology go hand in hand."

Ingrid Jonker Prize: Shortlist 2020

LitNet
Books and writers

The shortlist for the Ingrid Jonker Prize for debut volumes of poetry in English published in 2018 and 2019 has been announced. The prize is alternately awarded on an annual basis to a first volume of poetry in Afrikaans or English – the two languages in which Ingrid Jonker herself wrote.

PEN Afrikaans Nuusbrief: Junie 2020

LitNet
PEN Afrikaans

Lees PEN Afrikaans se nuusbrief van Junie 2020 hier.

Akademies en Skole

Taal-in-onderwys-beplanning in die Noord-Kaap en Vrystaat. ’n Beoordeling van twee taalverwerwingsprogramme in skole

Jani de Lange, Theodorus du Plessis
LitNet Akademies (Opvoedkunde)

"Een van die belangrikste uitdagings is die feit dat Nama nog nie as TAT geïnstitusionaliseer is nie en dat die implementering van die IIAL nie heeltemal vlot verloop nie. Die studie van die implementering van Sotho as TAT in Philippolis wys dit uit."

Kunstenaar en skepping: Sheila Cussons en die problematiek van die kunstenaar

Carine Janse van Rensburg
LitNet Akademies (Geesteswetenskappe)

"Die poësie van Cussons gee meermale uiting aan haar intense begeerte om die wonder van die skepping, die Goddelike, die mistieke ervaring vas te vang."

Graad 6: Afrikaans Huistaal – Junie-hersieningsvraestelle en memorandums

Eugene van der Westhuizen
Notas, toetse en vraestelle

Is jy in graad 6? Wil jy hersiening doen vir die Junie-eksamen, ook al lyk hierdie skooljaar heeltemal anders? Hier is gratis hulp! Laai Afrikaanse toetse (vraestel 1, 2 en 3) en memoranda wat deur Eugene van der Westhuizen opgestel is, hier af.

Wiskunde met LitNet: Graad 6 – langdeling

Lee-Ann West
Notas, toetse en vraestelle

Lee-Ann West is ’n wiskundeonderwyser wat nou tydens die inperkingstyd jou wiskundelewe vir jou makliker kan maak. Jy kan gereeld ’n kort video kyk wat oor verskillende wiskundige konsepte handel. Hier is ’n video oor langdeling spesifiek vir die graad 6’e.

Indeks: notas, toetse en vraestelle

LitNet
Notas, toetse en vraestelle

Die Indeks is nou volledig bygewerk.

Diskrete modelle

Pieta van Deventer
Skole

In hierdie aflewering van sy verrykingsartikels bespreek Pieta van Deventer die wiskundige konsep van diskrete modelle.

Nou op Voertaal

Angelie Sens, nieuwe directeur Zuid-Afrikahuis: "Onze collecties weerspiegelen een gedeeld koloniaal verleden."

Ingrid Glorie
Zuid-Afrikahuis

"Op 1 maart begon Angelie Sens aan haar nieuwe baan als directeur van het Zuid-Afrikahuis in Amsterdam. Twee weken later ging Nederland grotendeels op slot. Nu de coronamaatregelen stapsgewijs worden versoepeld, is het tijd om vooruit te kijken. Wat kunnen we van het Zuid-Afrikahuis verwachten?"

Stichting tot Bevordering van Culturele Betrekkingen Nederland-Zuid-Afrika: ’n onderhoud

Cliffordene Norton, Ellie Kroon
Interviews

Die stigting beoog om kulturele verhoudings en wedersydse begrip tussen Nederlandse burgers en burgers van Suid-Afrika en Namibië op die gebied van taal en kultuur te bevorder. Cliffordene Norton gesels met Ellie Kroon, bestuurslid van die stigting.

Raster en Terras hebben mijn hang naar internationalisme geïntensiveerd – Erik Lindner

Willem de Vries, Erik Lindner
Literatuur

"Ik heb gedacht: Terras doe ik om een internationale ruimte open te houden, Revisor voor mijn eigen schrijven." Erik Lindner het met Willem de Vries gesels oor sy werksaamhede by die tydskrif waar hy vroeër vanjaar uitgetree het, hy bespreek internasionalisering en vertaling, en vertel van verskeie komende publikasies en projekte.

Gaan Cyril sy kaarte skommel?

Jean Oosthuizen
In het nieuws

"Daar word al hoe harder in die wandelgange gefluister oor die moontlikheid van ’n kabinetskommeling ondanks die feit dat die land steeds vasgevang is in die koronaviruspandemie."

Breaking the cycle of abuse

Mike van Graan
Nuusvinke

"Is this what we as human beings are cursed to do, or what we curse ourselves to do, since we have agency and are not mere 'pawns of history': to repeat, rather than learn from, history? Will we forever be engaged in a cycle of the once abused now abusing others?"

Leefstyl

Netflix Originals Series, a way to travel the world

Reney Warrington
Lifestyle and entertainment

"As travelling will be a complicated affair for the foreseeable future, I love the (fictionalised) glimpse these shows offer into other countries, other cultures."

Film review: Eurovision Song Contest: The story of fire saga

Reney Warrington
Lifestyle and entertainment

"If Netflix continues to make such unfunny, listless, meandering money-spinners, I might look for my film fix elsewhere."

Mediaverklaring TRIBUO: Nuwe ondersteuningsfonds vir die kunste

LitNet
Leefstyl

Die TRIBUO-fonds is ’n inisiatief om die uitvoerende kunste in hierdie uitdagende tye ’n hupstoot te gee. Tribuo, Latyns vir "ek gee", bied ’n geleentheid om ’n belegging in Suid-Afrika se uitnemende kunstenaars te maak.

Nuwe dramareeks begin 14 Julie op kykNET

LitNet
kykNET Portaal

Spoorloos: Heksejag is kykNET, DStv-kanaal 144, se nuwe drama wat vanaf Dinsdag 14 Julie om 20:00 uitgesaai word.

In memoriam

George Hallett (1942–2020): Flitse van ’n fotograaf se lewe

Heindrich Wyngaard
In memoriam

"Oor die fotograaf George Hallett word daar gesê dat hy sonder twyfel een van Suid-Afrika se grootstes was; en as dit waar is wat Baldwin oor Delaney geskryf het, dat gróót kuns slegs uit liefde geskep kan word, dan het geen groter minnaar al ooit ’n kamera vasgehou as die cat George Hallett nie."

Ennio Morricone: meester van die klankbaan

Leon van Nierop
In memoriam

"Hier is een van die weinige rolprentkomponiste wie se musiek nie alleen sekere beelde opgeroep het met slegs enkele note nie, maar waarna sonder beelde geluister kon word."

Nuwe skryfwerk

Korona-kortverhaalfees: ’n Kwessie van geloof

Rika Cloete
Fiksie

"Die ou man kyk hom met skrefiesoë aan en reik uit na die haelgeweer wat langs hom teen die muur aangeleun staan. En omdat Markus gelukkig ’n man vir ’n halwe woord is, maak hy hom dadelik uit die voete."

Liefde in die tyd van Korona – en daarna

Marius F Ackermann
Fiksie

"Dalk is hy after all nie so ’n slegte ou nie. Vroumense het hom nog altyd senuweeagtig gemaak, maar in Belinda se teenwoordigheid ontspan hy, voel hy vir die eerste keer na die man wat hy kan en behoort te wees."

Moddergat se klein Moses

Anthony Stockwell
Fiksie

"Maar van al die gegroet vir ander gesinslede en uitvra oor hulle gesondheid en kwale, het Pa genoeg gehad. Sy harde uitroep laat my verstaan – die tronkstraf sal onmiddellik hervat moet word!"

Lugkastele

Estelle Kruger
Poësie

"Swierige kleuredos
tooi my wêreld
met stapels van
ander koninkryke"

Godswonder

Ernst Fernando Dos Santos
Poësie

"donkerblink
die lense in jou oë,
ragfyn jou vlerke
bolrond en ligblou"

Golgota

Amanda Ahave De Meillon
Poësie

"terwyl die reuk van dood
aan drie houtkruise hang
sak die nag soos ’n roukleed neer"

Ek droom nog

Deon Swanepoel
Poësie

"in my jeug was die bome se groen anders,
die son het lig en spatsels donkergroen
oor die blare geverf met ’n kunstenaarskwas"

Storm within

Anthony Stockwell
New writing

"Release the cables wound around
Your lungs so tight that not a sound
Of truly you can squeeze it through
To open up for all to view"

Tercet for Kieva

Ferdi Wheeler
New writing

"at a delicate and fragile eighty
she still wears mascara
lavender and lace"

Elders gesien

Elders gesien: COVID-19 kan met niks anders vergelyk word nie

Douwleen Bredenhann
Elders gesien

"Die hele wêreld, ja, die HELE wêreld, baklei op die oomblik teen ’n virus wat niemand nog verstaan of heeltemal kan definieer nie. Besef dit, en miskien sal jy dan begin verstaan dat COVID-19 met niks anders vergelyk kan word wat ons tot dusver in ons leeftyd ervaar het nie."



Konklusie of gevolgtrekking? Kontradiksie of teenstrydigheid?
LitNet Akademies wil navorsers graag help om meer gespierde Afrikaans te skryf.

KONTAK

litnet@litnet.co.za

021 886 5169


© 2020 LitNet. Alle regte voorbehou | All rights reserved