|
|
- ISSN 1995-5928 - Ingesluit LitNet Akademies
|
|
Nuusbrief 1005
20/06/2024
|
Krities Afrikaans
|
 |
|
Skrywer: Danie Marais
Uitgewer: Tafelberg
ISBN: 9780624095002
Ek en jy bestaan nie is die langverwagte vierde bundel uit die pen van die bekroonde digter Danie Marais. Soos in sy vorige bundels is dit gedigte wat openhartige, intieme gesprekke met die leser aanknoop – hierdie keer oor die ongemakke van ras en klas. Dis ’n bundel oor die menslike middelklastoestand en die “unbearable whiteness of being” wat waag om te praat oor die dinge waaroor mense liefs stilbly in die woonbuurte van Stellenbosch, waar ’n koue burgeroorlog stil in die boomryke strate woed. |
 |
|
LitNet Akademies-NALN aanlyn katalogus |
 |
LitNet Akademies-NALN aanlyn katalogus: ’n onderhoud met Burgert Senekal
Burgert A Senekal, Menán van Heerden
Akademies en skole
Of jy ’n leeskringlid, akademiese navorser, joernalis of leerder is, kan jy NALN (Nasionale Afrikaanse Letterkundige Museum en Navorsingsentrum) nou via LitNet bereik. As jy byvoorbeeld op soek is na inligting oor ’n spesifieke skrywer, kan jy nou die LitNet Akademies-NALN-katalogus van meer as 38 000 papier- en digitale tekste aanlyn besoek. Hierdie katalogus strek so ver terug as 1973, NALN se stigtingsjaar, en lê as subdomein op LitNet se hoofraam.
|
 |
TK-lesing 1 (deel 3): Korpustaalbeplanning
Annelise de Vries
Seminare en essays
"In hierdie skryfstuk verwys ek graag na (net) enkele historiese momente om die aanloop van korpustaalbeplanning vir Afrikaans te illustreer. Dit is van waarde om te meld dat hierdie momente aan die begin nie doelbewuste korpusbeplanning vir Afrikaans ten doel gehad het nie, maar dat dit dikwels die produk was daarvan om ’n gemeenskaplike kommunikasiemiddel tussen verskillende kontaktale daar te stel."
|
 |
Die NALN-tydkapsule: Jan Rabie – Rondom 21
Leana Lategan
Menings (2019)
Reis saam met die Nasionale Letterkundige Museum en Navorsingsentrum (NALN) in Bloemfontein terug in die tyd. Jan Rabie is eerste aan die beurt, maar nuwe ontdekkings wag: Langenhoven se houtsneewerk; ’n handvol kinderboeke uit boekrakke van vergange jare; dalk die valstande van Erich Mayer, of die Rococo-meubels van Nancy de Villiers ... Wie weet?
|
 |
Zuma: messiah or populist?
Bhekisisa Mncube
Opinion
"Put differently, Zuma revived Buthelezi’s pre-1994 messaging in 2023 with a blend of false pro-black advocacy, myopic rule-by-chiefs nonsense, and promises to wannabe politicians and tenderpreneurs of a return to rent-seeking practices reminiscent of the Gupta era."
|
 |
Wilgenhof: Quo vadis, Willows?
David Willers
Universiteitseminaar | University Seminar
"I've heard of the blacklisting of campus speakers and the toppling of statues as a result of cancel culture and by the woke brigade generally, but cancelling an entire 'koshuis' must surely rank as a world first."
|
 |
Mites oor die Afrikaner en Afrikaans
Elsabé Brits
Rubrieke
"Mites oor wit Afrikaners en hulle heldedade is legio – soos daar stories in elke kultuur is. Máár ... wat sê die geskiedenis oor dié mense en 'die Taal' in ’n land waar gelyksoortigheid nog nooit bestaan het nie? Óf daar is halwe waarhede aan beide kante, óf daar is feite waaroor daar geswyg word."
|
 |
Treinboemel: skimme op skemer perronne
Nini Bennett-Moll
Rubrieke
"In die verlede het die groot ontdekkers besit geneem van nuwe, onontginde terrein; die moderne ontdekkers verfilm verbode terrein. Toegerus met ’n selfiestok, GoPro, ’n klein hommel en ’n rugsak waarin daar ’n slaapsak, gasstofie en opslaantentjie, termiese klere, hangmat, kos en gebottelde water is, durf die treinboemelaar sy ontdekkingsreise aan."
|
 |
UKkasie: ’n terugblik en ’n gesprek
Johannes Froneman, Maryna Blomerus
Onderhoude
"Ons was onapologeties trots Afrikaans. Omdat ons in die buiteland gewoon het, het ons gesien hoe subkulture in multikulturele samelewings trots omgaan met hul eie identiteit en dat hoewel almal doodpragmaties Engels gebruik vir besigheid, daar nie van hulle verwag is om hul identiteite prys te gee nie."
|
 |
Ramaphosa waarsku teen ondermyning van die Grondwet en demokratiese instellings
Jean Oosthuizen
In het nieuws
"Die President sê deur hul stemme het Suid-Afrikaners dit duidelik gemaak dat hulle die basiese benodigdhede van ’n lewe wil hê wat gemaklik, gelukkig, gesond en veilig is. Deur hul stemme het hulle gewys dat hulle genoeg kos wil hê om te eet. Water wat skoon is. Bekostigbare elektrisiteit wat altyd beskikbaar is."
|
 |
"Zuma-manuskrip" steeds onvoltooid
Heindrich Wyngaard
Nuusvinke
"Wat politieke waarnemers en konstitusionaliste in die politiek en in die breër samelewing intussen ’n kollektiewe sug van verlugting sal laat slaak, is die vooruitsig dat ’n (ver)swak(te) MK van die mag ontneem sal word om sy ongrondwetlike agenda in werking te stel."
|
 |
Heftige reaksie oor Wilgenhof se voorgestelde sluiting
Jean Oosthuizen
In het nieuws
"Vir sommige is die hele bohaai oor Wilgenhof ’n storm in ’n teekoppie en ’n verlies aan tradisie. Ander beskou dit as ’n geleentheid om te wys die universiteit is ernstig om te transformeer tot ’n instelling waar alle Suid-Afrikaners welkom voel. Dit volg nadat die US ’n aanbeveling van ’n paneel aanvaar het dat Wilgenhof, die universiteit se oudste manskoshuis is, gesluit moet word."
|
 |
Wat sê Bettina? deur Bettina Wyngaard: ’n resensie
Sidney Gilroy
Resensies
"Herhalende kwessies oor gender, kulturele identiteit, politieke vraagstukke en sosiale euwels borrel onverpoosd na die oppervlak om die leser se gewete te verontrus. Ons is ’n samelewing wat steeds siek is, laat Wyngaard ons deurgaans weet. Hier is die medisyne. Hier is die kuur. Gaan jy dit drink of gaan jy die dokter steeds wantrou?"
|
 |
Die groot Afrikaanse blokraaiboek, saamgestel deur Gerda Engelbrecht: ’n resensie
Estelle Kruger
Resensies
"Ek het een van elk van die genoemde blokkiesraaisels ingevul en watter heerlike ervaring. Party van die raaisels is moeilik omdat dit ’n hele idioom bevat (byvoorbeeld 'in jou dop kruip') en ek was nie daarop voorbereid nie. Wat natuurlik heerlik uitdagend was, was die koderaai, my gunsteling – regtig diep dink en al die breinselle gebruik."
|
 |
FMR-resensie: Twa die tydloper deur Anoeschka von Meck
Antoinette Coetzee
Resensies
"Soms lees ’n mens ’n roman wat soos ’n stel Russiese houtpoppies ineenpas. Elkeen vertel sy eie storie. Maar in hierdie geval kom ons poppe uit die harde wêreld van Namakwaland en die Richtersveld. En hul praat Afrikaans. In streektaal so eie aan hierdie deel van Afrika dat die skrywer dit met voetnotas vir die leser toeganklik maak."
|
 |
FMR-resensie: Claremont Daisy deur Willie Hoods
Antoinette Coetzee
Resensies
"Reeds van die begin toon die roman trekke van ’n tipiese tragedie. Die agtergrond van hierdie onstuimige tyd in Suid-Afrika van net ná die Tweede Wêreldoorlog tot en met die vroeë tagtigerjare dui immers op ’n atmosfeer waar trauma gedy. Hierdie somberheid word egter op ’n treffende manier realisties gehou deur die beskrywings van die alledaagse lewe van die inwoners van Claremont en Lady Selborne."
|
 |
Afrikaanse resensies: Nuwe ruimtes?
Crito
Boeke en skrywers
"Dit is te vroeg om nou al te probeer voorspel wat sal gebeur, maar ek hoop van harte dat die verskraling van gedrukte media, en die rol van die kuberruim, op ’n manier nuwe ruimtes vir die resenseer van Afrikaanse boeke sal laat ontstaan. Miskien ’n ydele droom, maar gun my dit."
|
 |
Pirow Bekker (1935–)
Erika Terblanche
ATKV|LitNet-Skrywersalbum
"Skryf is ’n voortdurende onvrede met die tevredenheid. Daarom is dit half jammer ’n skrywer is net een maal in hierdie wêreld. Ek sê altyd ’n mens moet drie lewens hê: om te lewe, om te lees, om te skryf." Pirow Bekker se skrywersalbum is nou bygewerk.
|
 |
Marked by Gillian D’achada: reader impression
Christien Neser
Books and writers
"Teachers who have used Sharkey in their classes will feel very comfortable moving on to Marked. It is a solid classroom reader. It has enough flesh on the bone to tick all the boxes of the curriculum, while offering the children a fast-paced, enjoyable read."
|
 |
Persverklaring: kortlys vir die UJ-prys 2024
LitNet
Boeke en skrywers
Dit is ’n voorreg om die volgende vier boeke wat deur die beoordelaars uitgesonder is vir die kortlys van die UJ-prys 2024 bekend te maak. Hier is die inligting.
|
Op die redakteur se lessenaar |
 |
kykNET Silwerskermfees 2024: ’n onderhoud met Tina Kruger
Naomi Meyer, Tina Kruger
kykNET Portaal
"Ons hou aan films maak, ons hou aan droom, ons hou aan stories vertel. En die Silwerskermfees hou aan vernuwe om soveel filmmakers as moontlik geleenthede te bied om hul unieke stemme te laat hoor, te ontwikkel en ’n speelvak te bied waar daardie werk kan skitter."
|
 |
Persverklaring: Filmmakers en TV-bedryf gaan skitter by 12de kykNET Silwerskermfees
LitNet
kykNET Portaal
"Ons glo in die toekoms van Afrikaanse film en televisie, in die belangrikheid van ’n wye verskeidenheid stemme, en in die krag van stories om lewens te verander." Só sê Waldimar Pelser, direkteur van M-Net se Premium-kanale, oor die 12de kykNET Silwerskermfees wat vanjaar vanaf 28 tot 31 Augustus by die Bay Hotel en Theatre on the Bay in Kampsbaai plaasvind.
|
 |
Press release: Spotlight on filmmakers and the TV industry at 12th kykNET Silwerskerm Festival
LitNet
Lifestyle and entertainment
"We believe in the future of Afrikaans film and television, in the importance of a wide variety of voices, and in the power of stories to change people’s lives." These are the thoughts of Waldimar Pelser, director of M-Net Premium Channels, on the 12th kykNET Silwerskerm Festival, to be held from 28 to 31 August this year at the Bay Hotel and Theatre on the Bay in Camps Bay.
|
 |
Die lekker lewe – koffie en lamsboud
Karen Hart
Kos en wyn
"My liefde vir koffie het op Volmoed begin. Ek was agt jaar oud en het deur die opening in die plankheining geklim om by tant Martjie langsaan te gaan kuier. Veral wanneer sy koffiebone op die oop vuur in ’n groot ou ysterpot gerooster het." Lees meer oor Karen Hart se potgebraaide lamsboud met koffie en bosbessies.
|
 |
Soms
Salomé Borngräber
Poësie
"in die koggelende kersvlam
sien ek jou skadubeeld dans"
|
 |
Slagoffer van omstandighede
Christo Meyer
Poësie
"jy het geglo hy sal verander
aan daardie hoop het jy bly klou
al het jy bewus geraak
van sy liefde vir ’n ander vrou"
|
 |
Foto op my skerm
Marida Weilbach
Poësie
"ek lê
op my bed
en sien dis jy
jou foto
op my skerm
vibreer"
|
 |
Ballingskap
Marius Nigrini
Poësie
"maar soms word ’n flikkering
tog waargeneem duskant kontoere
wat soos die oë van ’n ou man lyk"
|

Konklusie of gevolgtrekking? Kontradiksie of teenstrydigheid?
LitNet Akademies wil navorsers graag help om meer gespierde Afrikaans te skryf. |
|