|
|
- ISSN 1995-5928 - Ingesluit LitNet Akademies
|
|
Nuusbrief 972
20/10/2023
|
Krities Afrikaans
|
Soekenjin
Skrywer: Bibi Slippers
Uitgewer: Tafelberg
ISBN: 9780624093831
Soekenjin is ’n bundel oor begeerte, ’n versameling verse oor die lewe in die tyd van die Internet van Dinge.
Dit is gedigte oor die soeke na alles: liefde, die self, betekenis en die regte woord, en oor die sublieme en banale dinge wat ons as soekers vind. Die bundel ondersoek ook die vreemde afdraaipaadjies waarlangs ons nuuskierigheid, behoeftes en verslawings ons lei. |
 |
|
 |
Graad 5: Wiskundevraestel en memo, vierde kwartaal
LitNet
Notas, toetse en vraestelle
Is jy in graad 5 en is jy nou al baie lus vir die Desembervakansie? Die goeie nuus is dat jy in hierdie gratis oefenvraestel deur Lee-Ann Langeveldt ’n vraag aantref wat jou oor swem gaan laat nadink. Nog beter nuus is dat jy goeie punte vir jou Wiskunde-eksamen gaan kry as jy hierdie vraestel gebruik om voor te berei. (Die beste nuus is dis regtig ’n kort kwartaal en dis amper vakansie.)
|
 |
Graad 6: Wiskundevraestel en memo, vierde kwartaal
LitNet
Notas, toetse en vraestelle
Is jy in graad 6 en dink jy nou al aan die vakansie wanneer jy net kan ontspan? Dink hoe slim sal jy hierdie vakansie klink as jy raai wat die waarskynlikheid is dat van een van jou maats die skoppensboer of koningin van harte sal optel! As hierdie nou veels te moeilik klink, laai hierdie gratis oefenvraestel deur Lee-Ann Langeveldt af en berei sommer terselfdertyd voor vir jou eksamen hierdie kwartaal. Daar bestaan ’n groot waarskynlikheid dat jy sommer ’n goeie punt op jou rapport sal behaal.
|
 |
Die derde Swart Afrikaanse Skrywerssimposium is hier
Joel Claassen, Steward van Wyk
Onderhoude (OuLitNet) (2005)
"Ek dink ’n mens moet die gebruik van die konsep swart vir die doeleindes van hierdie simposia so ’n bietjie kontekstualiseer of omskryf. Dit gaan nie om ’n kleuraanduider nie, maar meer om ’n generiese omskrywing, en dus is dit ’n polities-ideologiese term wat verwys na mense wat hulle in verset teenoor die hegemoniese gebruike en praktyke gevind het."
|
 |
SV Petersen se tydskrifverhale
Steward van Wyk
LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) (2008)
"Hierdie tekste bied uitsonderlike insig tot die plattelandse en stedelike kultuur van die sogenaamde 'nieblanke' gedurende die 1940’s."
|
|
 |
Is daar hoop vir ’n vreedsame oplossing in die Israel-Hamas-konflik?
Bettina Wyngaard
Rubrieke
"Die oorgrote meerderheid van die mense wat nou in die Gaza-strook vasgevang is, is nie Hamas-lede nie. Daar is dokters, verpleegsters, onderwysers, joernaliste, vrugteverkopers, huisvroue. Gewone mense. Natuurlik is daar lede van Hamas ook, maar hoe skei mens in ’n stedelike gebied vegter van onskuldige burger? Niemand kan nie, en dit lyk ook nie asof die Israeli-weermag met hul Amerikaanse ondersteuners belangstel om dit te doen nie."
|
 |
Die mens was amper nie hier nie
Elsabé Brits
Seminare en essays
"Die storie oor ons evolusie, en hoe ons ontwikkel het, is ten nouste gekoppel aan die uitwissing en dood van ander spesies voor ons. Ons kan met reg vra of ons hier sou gewees het indien daar nie vorige massa-uitwissings was wat ons voorsate ’n hupstoot gegee het nie. Ons oervoorsate se storie is ook ons storie."
|
 |
Hou KI ’n bedreiging vir skrywers in?
Imke van Heerden
Kunsmatige intelligensie | Artificial intelligence
Die Istanboelse akademikus Imke van Heerden besin oor die toekoms van skeppende skryfwerk, en diep vroeë kompergeskiedenis op om oor hierdie vraagstuk na te dink.
|
 |
Die Nobelpryswenner vir 2023: Jon Fosse, die stem van die onsêbare
Mellet Moll
Seminare en essays
"Die Nobelprys vir letterkunde is sedert 1901 aan 120 wenners toegeken en Fosse het die prys verower vir sy vernuwende bydrae om met veral sy vernuwende dramas en prosa '’n stem te gee aan die onsêbare', soos reeds hier bo vermeld. Heelwat van die karakters in sy werke is buitestanders, en eksistensiële kwessies soos selfdood en waansin kom aan bod. Die onsêbare behels onder meer die diepgang van kreatiwiteit, angst, liefde, skande, verwerping, grasie en genade."
|
 |
Die stereotipering van vroue
Nini Bennett
Rubrieke
"Dit is inderdaad so dat mens ander nie op rigiede wyse in kassies, kompartemente – noem dit wat jy wil – kan plaas nie. Maar dit is wel die geval dat die narratiewe onderliggend aan menslike gedrag en prototipes in patrone bly uitspeel. Hier volg ’n paar van die vroulike stereotipes."
|
 |
Katvis deur Annelie Botes: ’n boekbespreking | Toyota US Woordfees 2023
Maryke Roberts, Chris Botes
Toyota US Woordfees
"Dit sou makliker wees om die son te oortuig om in die weste op te kom as om Annelie te oortuig om ’n boek halfpad te los." Maryke Roberts het ’n gesprek met Chris Botes, Annelie Botes se man, gelei. Annelie sterk tuis aan na ’n hele paar operasies en kon nie die fees bywoon nie.
|
 |
Sirkelgang deur Johann Lodewyk Marais: ’n resensie
René Bohnen
Resensies
"Marais het veral as ekodigter bekend geword en in Sirkelgang kom die groter spektrum van die Antroposeen en spesieverse aan bod. Ter bewaring, ter optekening, ten einde insig en begrip te verkry, bou die digter bundel vir bundel aan ’n geheel wat verrys soos ’n argief of ’n diorama teen die horison."
|
 |
Laaste kans: ’n boekebrekfis met Marita van der Vyver
Christiaan J de Swardt, Marita van der Vyver
Skrywersonderhoude
"Hoewel hierdie boek nie ’n Covid-storie is nie, gebeur daar dinge, en op ’n manier is dit tog ’n bewusmaking van die skaduwee van die pes wat oor ons gehang het. Die karakters weet nie wat op hulle wag nie, hoewel die lesers ’n vermoede het ..."
|
 |
Kammawaarwêreld deur Estelle Kruger: ’n resensie
Dewald Koen
Resensies
Kammawaarwêreld is ’n roman waarby talle lesers aanklank sal vind. Met die einde van die jaar wat nader kruip, is hierdie die ideale roman om tydens die vakansie te lees en te besin oor die lewe en die betekenis daarvan. Want soms wil elke mens dalk net vir ’n wyle van sy of haar eie 'storie' ontsnap en die nagmerrie in ’n sprokie omskep."
|
 |
Madibaland @ Bookbedonnerd 2023: an interview with Darryl David
Naomi Meyer, Darryl David
Lifestyle and entertainment
"When we created Book Town Richmond, that Obama phrase, 'the audacity of hope', was uppermost in my mind. Because it was sheer audacity to create a Book Town with not a cent to our names. It was sheer audacity to think that writers and bibliophiles would travel nearly 1 000 kilometres to a book festival. And somehow, here we are. Seventeen years later. Against all odds."
|
 |
Press release: UJ announces shortlist for the 2023 UJ Prize for Translation
LitNet
Books and writers
The University of Johannesburg (UJ) is delighted to present the shortlist for the esteemed 2023 UJ Prize for Translation. This accolade acknowledges the remarkable achievements of translators in the realm of literary translation. UJ received a multitude of entries, each demonstrating remarkable quality, making the process of shortlisting both demanding and rewarding.
|
Op die redakteur se lessenaar |
 |
Busrit in die aand: ’n resensie | Toyota US Woordfees 2023
Izak de Vries
Toyota US Woordfees
"Hierdie produksie het natuurlik my oog gevang weens die titel, maar die feit dat Frank Freeman die kitaar sou optel, was my grootste dryfveer om dit te gaan kyk. Dié kêrel mag maar ’n kitaar hanteer."
|
 |
Die Moeder: a review | Toyota US Woordfees 2023
Estelle Terblanche
Toyota US Woordfees
"The set was extremely realistic at the start of the play, but became more chaotic and broken as the play progressed. It paralleled Anna’s own mental decline."
|
 |
Jessie, die man en die maan: a review | Toyota US Woordfees 2023
Estelle Terblanche
Toyota US Woordfees
"Carlo Daniels delivers a highly energised and nuanced performance. His physicality is commanding. It is not an easy piece to act in. There are huge physical demands, a highly packed text, multiple characters to play and a very wide emotional range required."
|
 |
Die dag toe Guppie sweef: a review | Toyota US Woordfees 2023
Klara van Wyk
Toyota US Woordfees
"Die dag toe Guppie sweef is unique children’s theatre that refrains from being didactic. For children who are growing up in an increasingly complicated world, and in a country with fraught tensions, it is essential that we encourage them to ponder solutions rather than prescribing to them with answers. And to listen, dream and take a good leap of faith when needed – much like Guppie."
|
 |
Tuis, ek’s liefie: ’n resensie | Toyota US Woordfees 2023
Analize Viljoen
Toyota US Woordfees
"Judy en Johnny is ’n paartjie wat vreeslik gelukkig getroud is. Soos wat mense in die 1950’s gelukkig getroud was. Byna soos in die ou grappie – die een is gelukkig en die ander een is getroud."
|
 |
Woordmusiek: ’n resensie | Momentum Beleggings Aardklop 2023
Mariska Bolleurs
Aardklop
"Dit was ’n meersterklas in storievertel. Die verhoog is strak beklee met ’n klavier, ’n paar kitare en swart-en-wit foto’s van drie legendes: Antoinette Kellermann, Jana Cilliers en Vinette Ebrahim. Coenie de Villiers se Woordmusiek bied ’n meesterklas aan in die fynere kuns van woord-en-musiek."
|
 |
Talk to me: ’n filmresensie
Leon van Nierop
Film
"Dit is die grieselrige reis na die eindbestemming wat Talk to me een van die suksesvolste skokfilms van die afgelope paar jaar gemaak het."
|
 |
Nederland se koningshuis besoek Suid-Afrika
Jean Oosthuizen
In het nieuws
"Suid-Afrika en Nederland het die afgelope week die bande tussen die twee lande verder versterk tydens die Nederlandse staatsbesoek van koning Willem-Alexander en koningin Máxima."
|
 |
Minder beurtkrag en goedkoper brandstof wink dalk
Jean Oosthuizen
In het nieuws
"Daar is moontlik ’n lig aan die einde van die donker tonnel vir vuisvoos Suid-Afrikaners wat die afgelope tyd onder stygende brandstofpryse en aanhoudende beurtkrag deurgeloop het."
|
 |
Momentum neem toe om ANC te probeer verslaan
Jean Oosthuizen
In het nieuws
"Verskeie ontwikkelings is besig om hernude momentum te gee aan samewerking tussen partye en die betrokkenheid van burgerlike organisasies. Verskeie burgerlike organisasies het begin om Suid-Afrikaners onder een sambreel, #Convergence4SA, saam te snoer en aan te moedig om volgende jaar te gaan stem."
|
 |
Die dorp is McGregor
Maryke Roberts
Reizen
"Amelia is net so mal oor geskiedenis soos ek, en die McGregor Erfenisstigting se navorsing op hul webblad oor die ou McGregor Sekondêre Skool, waarin ons bly, is in die klein verwelkomingsboekie in ons kamer vervat."
|
 |
Clos Malverne: Oos, wes, tuis nie bes in hierdie geval
Maryke Roberts
Reizen
"Michelle, gasvryheidsbestuurder, het flussies vertel dat Seymour Pritchard die 10 hektaar-plaas Malvern Heights in 1969 by kolonel JW Bellingham gekoop het, wat die plaas vernoem het na die golwende heuwels rondom Malvern in sy geboorteland, Engeland."
|
 |
Nostalgiese Londen
Maryke Roberts
Reizen
"Ons lag as ons die dinge onthou wat hy gewys en vertel het, soos 'Look right' wat op die paaie geverf is sodat oorsese toeriste wat gewoond is die verkeer kom van ’n ander rigting, nie omgery word nie."
|
 |
Franklin
Nathan Trantraal
Stemme | Voices | Amazwi
Vir Stemme, LitNet se dialoogprojek saam met die Suidoosterfees, NATi en die ATKV, is tien dramaturge genader om kort dialoë te skryf. Twintig akteurs is gevra om daarin te speel en tien regisseurs het elkeen ’n stuk afgerond. In Nathan Trantraal se dialoog Franklin vertolk Cantona James en Veronique Jephtas die rolle. Melissa Myburgh was in die regisseurstoel.
|
 |
Lente in die Noord-Kaap
Anton van Rensburg
Poësie
"As U voete saggies
oor klein-klein grassies loop,
hoor clivia en kalossie,
en kelk ’n aron vlamwit oop."
|
 |
Ek het alles prysgegee
Willem de Swyger
Poësie
"maar die skoonheid
van die lug se blou
van die lente se groen
spook steeds by my"
|
 |
Vanselfsprekend
Loretta Szikra
Poësie
"die klein dingetjies
en edelaardige dade
waarvan ons die waarde
so graag onderskat"
|
 |
Wederkoms
Jacques Boshoff
Poësie
"dit is dekades later
en ek sien my pa nog soms in drome
maar onvolledig
want tyd is ’n besem wat die onthou
wreed en sonder ophou
wegvee"
|

Konklusie of gevolgtrekking? Kontradiksie of teenstrydigheid?
LitNet Akademies wil navorsers graag help om meer gespierde Afrikaans te skryf. |
|