Can’t see this mail? Click here to view it online

- ISSN 1995-5928 - Ingesluit LitNet Akademies

 

Nuusbrief 938

24/02/2023


  Krities Afrikaans

Suid-Afrika vandag: help jouself!

Pasverskyn

Hulle noem haar Carminda


Skrywer: E Kotze
Uitgewer: Kwela
ISBN: 9780795710506

Skipper Mias Mulder keer uit Walvisbaai terug na Ei-Land aan die Weskus toe hy hoor dat ’n ander man by sy verloofde kuier. Hy leen ’n motorfiets en pak die lang rit na sy tuisdorp toe aan. Op pad kom hy ’n vrou, Carminda, teë wat gestrand is en ’n geleentheid soek. Sy ry agterop die motorfiets saam en klou styf aan hom vas. Geleidelik word haar hartseer herkoms bekend.

Menings

Terwyl die Wysigingswetsontwerp op Outeursreg kommer wek, Eskom duidelik nie deur een individu gered kan word nie, en die regering sukkel om dwingende kwessies op te los, is die boodskap van Frans Rautenbach se nuwe boek meer as tydig: Suid-Afrikaners, help julself!

Die Wysigingswetsontwerp op Outeursreg (CAB): Die dreigende gevaar wat Suid-Afrika se kunste kan knak

Gys Visser
Seminare en essays

"Die fair use-beginsel ... word deur artikel 12A van CAB by ons reg geïnkorporeer. In wese beteken dit dat enige persoon of maatskappy byvoorbeeld groot dele van ’n boek kan herpubliseer of dit kan verwerk tot ’n film, sonder toestemming van die outeur, en bloot aanvoer dis 'billike gebruik'." Laat jou stem nou hoor!

Suid-Afrika kan slegs van onder na bo gered word

Jean Oosthuizen
Boeke en skrywers

"Hy glo dat diegene wat bereid is om vir minder as die minimumloon te werk, toegelaat moet word om dit te doen. Volgens hom sal hulle dan ten minste kos op die tafel en ’n voet in die arbeidsmark hê en vandaar opwaarts kan beweeg pleks daarvan om heeltemal werkloos te wees."

Koebaai De Ruyter, hallo donkerte my ou tjommie

Bettina Wyngaard
Rubrieke

"Ons skalpel: stembriewe. Ons maak die fout om te dink net nasionale verkiesings is belangrik, maar die realiteit is dat elke verkiesing ’n verskil maak, ongeag of ons in ons wyk stem vir ’n raadslid of nasionaal vir ’n president."

Suid-Afrikaners wil die land met Dialoog vir Aksie verenig en bou

Jean Oosthuizen
Menings

"Die land se inwoners is meer as keelvol vir die regering se onvermoë om noodsaaklike dienste te lewer. Die volk se moermeters het veral die laaste jaar of wat die hoogte ingeskiet. Dit lê tans dieper in die rooi as Eskom se meter op TV wat aandui wanneer die kragverbruik gevaarlik hoog is."

Die klimaatstelsel het reeds verander, volgens kundige

Freek Robinson, Francois Engelbrecht
Onderhoude

Freek Robinson gesels met klimaatkundige Francois Engelbrecht (Universiteit van die Witwatersrand) oor klimaatsverandering op ’n plaaslike en globale vlak, die wetenskap van klimaatsverandering, en die Parys-ooreenkoms oor klimaatsverandering.

Een jaar van oorlog: Ons gesels met Eben Viktor in Oekraïne

Izak de Vries, Eben Viktor
Onderhoude

Dit is ’n jaar sedert Rusland Oekraïne ingeval het. Ons gesels met Eben Viktor in Oekraïne.

Press release: Ukraine, a year of war crimes and resolve

LitNet
PEN Afrikaans

At least 13 Ukrainian and foreign journalists and media workers have been killed since 24 February 2022 while carrying out their professional duties.

Oekraïne: Berigte te velde

LitNet
Menings

’n Oorsig van LitNet en Voertaal se berigte oor die oorlog in Oekraïne. | An overview of LitNet’s and Voertaal’s articles on the war in Ukraine.

Wie se taal? Al weer, of nog steeds?

Bettina Wyngaard
Rubrieke

"Kom ons maak hierdie Moedertaaldag een waar ons ons liefde vir ons moedertaal in al haar skakerings wys."

Buitelug: ’n arts, sielkundige en pedagoog

Gerda-Marié van Rooyen
Seminare en essays

"Shinrin yoku ('woudbad') is nog ’n Japannese konsep. Hiervolgens word die siel en liggaam beïnvloed wanneer dit aan die natuur blootgestel word en lei hierdie kontak tot ’n gevoel van welstand, kalmte en hernuwing."

Poësie as ’n proses eerder as ’n voltooide produk: ’n onderhoud

Elzanne Coetzee, Natasha Harmse
Onderhoude

"Ons word van die een oomblik na die volgende blootgestel aan nuwe verbindings en verhoudings en ervarings, daarom is ons voortdurend besig om anders te word."

Taal en ver-taal II: Hermeneutiese perspektief op die Inferno

Cas Vos
Menings

"Hermeneutiek is die verskillende sleutels wat toegang tot die Inferno-woning gee."

Debat word volgens reëls van akkuraatheid en billikheid gevoer: ’n beknopte antwoord op Cas Vos

Jean Meiring
SêNet-briewe

"Ek laat my resensie sy eie praatwerk doen."

Vir God is daar geen sonde nie

Jannie Pretorius
SêNet-briewe

"Die ou verbond van sonde, belydenis en vryspraak het doodeenvoudig misluk. Laat ons dit maar prontuit sê."

Die rol van etiek en integriteit in die politiek en openbare lewe

Denis Venter
SêNet-briewe

"Wat vandag in die politiek en openbare lewe voorgehou word as integriteit, etiek, deursigtigheid en verantwoordbaarheid is grootliks afgewater. Daar is minder van ’n verwagting dat eerlikheid, openhartigheid en morele optrede sal geld, en daarom word al hoe minder ag daarop geslaan as hierdie deugde afwesig is."

Die bemarkingsmoontlikhede van e-boeke

Stefaans Coetzee
SêNet-briewe

"Gevestigde skrywers moet in hul kolligmaand behoorlik gloei om hul verkoopsyfers hoog te hou – hoekom nie die kolligtydperk verleng nie? Gebruik sosiale media vir bemarking daarvoor. Onthou net, 'kits' is die wagwoord. Dink Dana."

Nog gedagtes oor die bemarking van boeke

Stefaans Coetzee
SêNet-briewe

"Voordat ek en Anschen Conradie van #uitdieperdsebek vriende geword het, het ek haar op Lekkerleesboekrak gevolg om te sien wat sy aanbeveel. Haar eerlike indrukke het van haar ’n betroubare bron gemaak."

Elders gesien: Dahl se stories moet juis nie soet en voorbeeldig en prekerig vervelig wees nie

Marita van der Vyver
Elders gesien

"Want as jy eers begin met sensuur, hoe goed bedoel en edel jou motiewe ook al is, eindig jy onvermydelik met óf boosheid óf die soort absurditeit wat Roald Dahl se boeke nou tref, waar karakters nie vet of lelik mag wees nie, waar alles soet en voorbeeldig en prekerig moet word."

Elders gesien: Dawn-er-wetter-Graaffernetter!

Elise Bishop
Elders gesien

"Klub Libertas was langs Bokkie en Tokkie se town house en otherside die straat was Dawn se rooms. Die mansmense het sometimes one by one at a time daar ook ’n dop loop steek. So was said. Sometimes even twee of drie agtermekaar, glo. One by one."

COVID-19: Die jongste | The latest

LitNet
Menings

COVID-19: Kry die feite | Get the facts.

Uit LitNet se argief

Kan Suid-Afrika se ekonomie gered word?

Freek Robinson, Frans Rautenbach
Skrywersonderhoude

Freek Robinson gesels met Frans Rautenbach oor sy jongste boek, Help yourself South Africa: How ordinary citizens can reform our broken economy (Footprint Press, 2023).

Tyd vir die burgerlike samelewing om weer hande te vat?

Freek Robinson, Tim du Plessis
Onderhoude

Tim du Plessis sê Suid-Afrikaners is vandag byna weer waar ons in die tagtigs was – met ons rûe teen die muur. Toe was dit die burgerlike samelewing wat die regering gedwing het om te verander. Hoe nou gemaak? En hoe kan gewone mense help? Watter organisasies het die vermoë om ’n verskil te maak?

Reguit met Robinson: ’n Zoom-gesprek met John Mathuhle, Barend la Grange en Giel Bekker

Freek Robinson, John Mathuhle, Giel Bekker, Barend la Grange
Onderhoude

Die afgelope naweek het die gemeenskap van Senekal en Matwabeng in die Oos-Vrystaat hande gevat, in teenstelling met verlede Oktober se rasseverdeling en -geweld. Freek Robinson gesels met pastoor John Mathuhle, South Africa Day se bedryfshoof Barend la Grange, en Giel Bekker, voorsitter van die Senekal-Matwabeng Gemeenskapsforum, oor versoening- en samewerkingsmoontlikhede op Senekal.

Reguit met Robinson: Kroonstad neem eienaarskap

Freek Robinson, André van Pletzen
Onderhoude

Die gemeenskap van Kroonstad, Kwêla se Dorp van die Jaar 2022, ruk self hul dorp reg, onder die vaandel van die organisasie Ignite & revive. Freek Robinson gesels met die sakeman André van Pletzen, ’n stigterslid van hierdie niewinsgewende inisiatief.

Kan gemeenskappe, organisasies, munisipaliteite en die regering hande vat?

Freek Robinson, Barend la Grange, Chris Opperman
Onderhoude

Hoe kan Suid-Afrika se maatskaplike probleme aangespreek word? Freek Robinson gesels met Chris Opperman, die stigter van die Afrikaner-Afrika-Inisiatief (AAI), en Barend la Grange, die bedryfshoof van die organisasie South Africa Day.

The Copyright Amendment Bill: an interview with Sadulla Karjiker

Sadulla Karijker, Catrina Wessels
Interviews

"For me, as Chair of Intellectual Property, the Bill represents an attack on intellectual property law from a basis of ignorance. It has the potential to create great uncertainty going forward. It comes down to abolishment of property rights and the depreciation of intellectual property as an economic driver."

Nuwe kopieregwetgewing: Wat skrywers moet weet

Catrina Wessels
Boeke en skrywers

"Indien die wysigingswetsontwerp op 1 September deur die Nasionale Vergadering aanvaar word, gaan dit ... na die individuele provinsies vir hul inspraak. Dit is moontlik dat provinsies hul eie openbare konsultasies oor die wysigingswetsontwerp sal hou, waar dit in die belang sal wees van alle skeppende kunstenaars – skrywers, kunstenaars, komponiste, rolprentvervaardigers – om hul sê te sê. Daar is baie op die spel."

Persverklaring: Skrywers kan 1 September ernstig skade ly

PEN Afrikaans
PEN Afrikaans

PEN Afrikaans het al herhaaldelik ons kritiek op die wetsontwerp geformuleer. Die kritiek geld helaas steeds, aangesien dié opspraakwekkende wetsontwerp, ten spyte van grootskaalse teenkanting, slegs kosmetiese veranderinge ondergaan het en steeds op ’n verreikende verswakking van kopieregbeskerming en ’n ontneming van skrywers se bestaande inkomstestrome neerkom.

Kommentaar deur PEN Afrikaans op die Wysigingswetsontwerp op Outeursreg, 13 van 2017

PEN Afrikaans

Hierdie reaksie op die Wysigingswetsontwerp op Outeursreg, 13 van 2017 sal voorgelê word aan die voorsitter van die Portefeuljekomitee op Handel en Nywerheid. PEN Afrikaans vra dat jy help om die belang van hierdie kommentaar te beklemtoon deur jou naam, of dié van jou organisasie/uitgewery/onderneming, ter ondersteuning hieraan te koppel.

Comments by PEN Afrikaans and PEN SA on the Copyright Amendment Bill, No 13 of 2017

PEN Afrikaans

This response to the Copyright Amendment Bill, No 13 of 2017 will be submitted to the Chairperson of the Portfolio Committee on Trade and Industry before the deadline for comments on the 7th of July 2017. PEN Afrikaans and PEN SA invite you to support this submission.

Nou op Voertaal

Orania maak nou die oë oop – oor selfdoen

Heindrich Wyngaard
Nuusvinke

"Die subteks was duidelik: Dit was bedoel om aan te dui hoedat die (wit, Afrikaner-) inwoners van hierdie dorp self moue oprol en paaie bou, soos wat hulle met elke ander vorm van infrastruktuur en elke vorm van dienslewering doen. Selfdoen en selfonderhoudend wees is die motto."

Eskom belowe en paai terwyl fase 8-beurtkrag wink

Jean Oosthuizen
In het nieuws

"Suid-Afrikaners is letterlik en figuurlik in die duister oor die kragsituasie nadat die land die afgelope week nader as ooit vantevore gekom het aan fase 8-beurtkrag."

De Ruyter se skielike vertrek laat die poppe dans

Jean Oosthuizen
In het nieuws

"Opposisiepartye en burgerlike organisasies het hom as ’n held bestempel. Hulle prys hom as heldhaftige fluitjieblaser, terwyl die ANC vuur spoeg en dreig om hom hof toe te sleep."

Ramaphosa en Cele moet skuld dra vir bloedbad, sê politieke partye en burgerregte-organisasies

Jean Oosthuizen
In het nieuws

"Verskeie opposisiepartye het hul oproep aan president Cyril Ramaphosa herhaal om Cele af te dank, terwyl Ramaphosa self ook blameer word vir wat sommige as ’n bloedbad bestempel."

Plunder: Artistieke samenwerking tussen Berlinde De Bruyckere en Antjie Krog (Antjie Krog notitie #1)

Yves T'Sjoen
Kunst

"De bevruchtende mediale interactie tussen Krogs lyriek en (reproducties van) beeldend werk van De Bruyckere is bijzonder suggestief en betekenisrijk. De dichtbundel Plunder, waarin overigens geen afbeeldingen van of verwijzingen naar De Bruyckeres kunstinstallaties en grafisch werk zijn opgenomen, is in feite ontstaan in een samenspel, of beter een dialoog, met werk van De Bruyckere. De dichterlijke compositie heeft vanuit tekstgenetisch oogpunt dus een overweldigend visuele dimensie die voor Zuid-Afrikaanse, Engelstalige en Nederlandstalige lezers buiten beeld blijft."

Stoepsit Fees 2023 draws visitors despite weather

Barbara Manning
Festivals

"Festivalgoers enjoyed not only the bonhomie on local stoeps, but also demonstrations, an interesting talk on the fascinating geology of the area, arts and crafts (mostly made in Rhodes) and locally made preserves and pickles."

Los jou stres by die Bosjes-hek

Maryke Roberts
Reizen

"Jou stres bly duskant die Du Toitskloof-tonnel agter as jy deur die Slanghoek- en Waaihoekberge omring word op pad na Bosjes. En wanneer die Bosjes-hek agter jou toeskuif en die wit kurwes van die glasmuur-kapeldak jou tot stilte dwing, voel jy ’n ander mens," skryf Maryke Roberts.

Persverklaring: Die eerste Alfred Schaffer-erelesing (7 Maart 2023, Kaapstad)

Voertaal
SASNEV

Die SAVN, SASNEV en die Taalunie nooi u hartlik uit na die eerste Alfred Schaffer-erelesing.

Akademies en skole

Wildmisdaad: ’n konseptuele definisie

Inge Snyman
LitNet Akademies (Regte)

"Die voorgestelde definisie van wildmisdaad dui verder aan dat sodanige misdaad met ander ernstige verwante misdade soos dokumentbedrog, geldwassery, belastingontduiking en korrupsie verband hou. Met die eerste oogopslag lyk dit of dié interpretasie nie deel uitmaak van die konsep van wildmisdaad binne die Suid-Afrikaanse konteks nie."

Indeks: notas, toetse en vraestelle

LitNet
Notas, toetse en vraestelle

Hier is al die gratis studiemateriaal vir skole wat op LitNet beskikbaar is, gelys volgens graad.

Graad 11: Wiskundevraestel en -memo, eerste kwartaal

LitNet
Notas, toetse en vraestelle

Is jy in graad 11 en is jy al in Wiskunde gevra om getalsinne sonder die gebruik van ’n sakrekenaar te vereenvoudig? Lee-Ann West se vraestel gaan jou wys hoe eenvoudig dit is. Klik hier om die vraestel en memo gratis in PDF-formaat af te laai. Dis so eenvoudig soos borrels blaas!

Persverklaring: Akademia vier die belangrikheid van moedertaalonderrig op Internasionale Moedertaaldag

LitNet
Akademies en skole

Volgens die Wêreld- Ekonomiese Forum (WEF) is ’n enkeltalige onderwysstelsel sowat 8% goedkoper as ’n veeltalige onderwysstelsel, maar die totale koste verbonde aan ’n sesjaarsiklus sonder moedertaalonderrig is vanweë herhaling en hoë uitvalsyfer 27% duurder.

Persverklaring: Paul Roos word 157 jaar oud

LitNet
Skole

Op 1 Maart 2023 word Paul Roos Gimnasium 157 jaar oud. Paul Roos beplan ’n aksiebelaaide verjaardagweek. Alle skole in die land word voorts genooi om vir LitNet persverklarings van hul aktiwiteite te stuur sodat dit met die LitNet-gemeenskap gedeel kan word.

Boeke en skrywers

Ver in die wêreld: ’n onderhoud met Frederik de Jager

Naomi Meyer, Frederik de Jager
Skrywersonderhoude

"En nou is daar die groeiende aantal mense wat die land wil verlaat. Hulle kan ook met vrug eers die boek lees voor hulle hul planne finaliseer."

In gesprek met David Ralph Viviers, skrywer van Mirage

Emma Kotze, David Ralph Viviers
Skrywersonderhoude

"Ek was definitief daarop gerig om ’n boek te skryf wat Suid-Afrikaans was, wat hier gewortel is. In ’n baie spesifieke landskap. Die gebruik van Afrikaanse frases, in beide spraak en vertelling, het byna voor die hand liggend gevoel."

Wat lees Koos Kombuis in Februarie?

Koos Kombuis
Boeke en skrywers

Wat is die kletsbot ChatGPT se antwoord op Koos Kombuis se versoek: Bestaan daar ’n stad met die naam Simoelégri (nav Jaco Fouché se Simoelégri. Stad van onrus)?

Esta Steyn (1945–)

Erika Terblanche
ATKV|LitNet-Skrywersalbum

"Waar kom stories vandaan, wonder ek? En waar gaan soek jy die begin en die einde? Ek weet regtig nie. Ek weet net dat daar partymaal ’n fontein van vreugde uit die hemel oor mens oopgaan. En dan word die druppels woorde op papier."

Iets vir baas én Klaas: ’n lesersindruk van Impossible bosses

Barend van der Merwe
Lesersindrukke

"Wat nogal verfrissend is, is dat daar in die boek op ’n heel genuanseerde manier na hierdie 'moeilike bestuurders' gekyk word. Die klem word gelê op die feit dat eienskappe nie noodwendig altyd inherent goed of sleg is nie. Alles word bepaal deur die situasie en konteks."

Authors’ Corner episode 2: Ntabeni and Pitt

Mphuthumi Ntabeni, Bridget Pitt
Books and writers

"I find that stories often have their own objectives, which I only discover while writing, or sometimes after writing."

Press release: Book launch – Noni Jabavu, a stranger at home

LitNet
NB-Uitgewersportaal

You are invited to the book launch in Rosebank on Tuesday, 28 February 2023. Click here for more information.

Persverklaring: ’n Voorreg om op Internasionale Moedertaaldag VivA-Uitgewers bekend te stel

LitNet
Boeke en skrywers

Die volgende groot Afrikaanse skrywer wag om ontgin te word, en ons wil daarmee help. Iewers is daar ’n storie wat ’n kind gaan laat lief raak vir lees, iewers is daar ’n storie wat die emosies van ’n leser perfek sal kan verwoord en iewers is daar ’n digitale tuiste vir Afrikaanse inhoud – by VivA-Uitgewers.

Op die redakteur se lessenaar

Op die redakteur se lessenaar: 17–24 Februarie 2023

LitNet
Op die redakteur se lessenaar

Hier is die boeke wat gedurende hierdie week op die redakteur se lessenaar beland het.

Leefstyl

Adam Small Festival 2023: an interview with Darryl David

Naomi Meyer, Darryl David
Lifestyle and entertainment

Darryl David praat met Naomi Meyer oor vanjaar se Adam Small-fees, wat op 24 tot 26 Februarie in Pniël plaasvind. | Darryl David chats to Naomi Meyer about this year’s Adam Small Festival, taking place in Pniël from 24 to 26 February 2023.

Suurlemoenpoeding en die geneuk met nostalgie

Karen Hart
Kos en wyn

"Dié poeding kom lê soos ’n liggeel wolkie, met die tinteling van suurlemoen, op jou tong. En jy kan net eenvoudig nie genoeg kry nie. Ek het gesien hoe die bak krimp en nie eens skuldig gevoel nie."

Persverklaring: Opelugmusiekkonserte keer terug na die KKNK

LitNet
KKNK

Ses groot opelugmusiekkonserte word vanjaar by die KKNK aangebied om die post-pandemie-vryheid behoorlik te vier.

Persverklaring: My hart is ’n muurbal by die Baxterteater

LitNet
Teater

Hierdie teaterstuk is van 6 tot 18 Maart op die planke – by die Golden Arrow Studio van die Baxterteater in Kaapstad. Hier is nog inligting.

Press release: Andrew Warburton and Christopher Cockburn in concert

LitNet
Lifestyle and entertainment

KZN’s eminent musical doctors, Cockburn and Warburton, play masterpieces for four hands at one piano.

Press release: The lantern festival | Persverklaring: Vanjaar se tema is Lanternfees

LitNet
Lifestyle and entertainment

A McGregor night food and wine event on Saturday 25 February 2023. | Die meeste van die plaaslike eetplekke het saamgespan om hul onderskeie unieke disse ten toon te stel.

Nuwe skryfwerk

Leë lanings

Heilna du Plooy
Poësie

"die wete van die geskende mond
lê leesbaar in die mooiste oë
en verloopte liefdes hang die stiltes
van die mooiste liedere vol."

Kuur

Heilna du Plooy
Poësie

"met liggetinte water lê sy die gloed
deur die venster neer op papier
laai dan die kwas swaar met pigment
en skilder sorgsaam ’n kuur"

Seetaal

Heilna du Plooy
Poësie

"daar moet oerwoorde wees
om oor die see te praat"

IV Son-net

Heilna du Plooy
Poësie

"Op die strand die dowwe mens, kwalik in staat
om die oordaad na ander te weerkaats."



Konklusie of gevolgtrekking? Kontradiksie of teenstrydigheid?
LitNet Akademies wil navorsers graag help om meer gespierde Afrikaans te skryf.

KONTAK

litnet@litnet.co.za

021 886 5169


© 2022 LitNet. Alle regte voorbehou | All rights reserved