|
|
- ISSN 1995-5928 - Ingesluit LitNet Akademies
|
|
Nuusbrief 887
18/02/2022
|
Krities Afrikaans
|
LitNet: Skole, die regering en taal |
’n Huldiging: Elsa Joubert ‒ Die verste grens verby
Redakteur: Thys Human
Uitgewer: SA Akademie vir Wetenskap en Kuns
ISBN: 9780949977052
’n Huldiging: Elsa Joubert ‒ Die verste grens verby is die negende bundel in die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns se prestigereeks oor Hertzogpryswenners. In hierdie bundel bied vriende en literatore nuwe perspektiewe op die skrywer en haar uitgebreide oeuvre. ’n Gedig wat Hertzogpryswenner Johann de Lange enkele dae na Elsa Joubert se oorlye geskryf het, is ook in die bundel opgeneem: "Van vele reise & deur vele huise / het jy oplaas tuisgekom op jou pad. / In die laaste, laatste foto’s val / die skadu’s jou binne soos ’n stad. / Die lig buite straal deur jou vensters in / & jy hoor die einde sê: Kom ons begin." |
 |
|
 |
Skoleseminaar: Volg die gesprek (2022)
LitNet
SA Skoleseminaar | Schools Seminar
Volg en neem deel aan die gesprek rondom Suid-Afrikaanse skole. | Follow and join the ongoing conversation on South African schools. |
 |
Graad 8: Wiskundevraestel en -memo, eerste kwartaal
LitNet
Notas, toetse en vraestelle
’n Seekat se agt tentakels bestaan glo uit ses arms en twee bene. Is jy in graad 8 en is vanjaar die jaar wat jy Wiskunde onder die tentakels gaan kry? LitNet kan help! Lee-Ann West het ’n vraestel en memo opgestel waarmee jy die splinternuwe werk kan oefen.
|
 |
Wiskunde met LitNet op YouTube
Lee-Ann West
Notas, toetse en vraestelle
Hier is ’n speellys van wiskundevideo’s op LitNet se YouTube-kanaal. Lee-Ann West verduidelik die wiskunde vir verskillende grade.
|
 |
Bystanddood in die regswêreld
Willem Landman
Seminare en essays
"Maar die debat oor die etiek van bystanddood moet aanbeweeg na ’n debat oor die etiek van die wettiging van bystanddood." Willem Landman besin oor die openbare beleid en wetgewing aangaande bystanddood. Deel gerus jou siening met LitNet in kommentare onderaan hierdie aflewering.
|
 |
China se partyweermagmodel in Afrika
Fanie Herman
Seminare en essays
"Mao se partyweermagmodel word sedert Angola se onafhanklikheidswording in 1975 deur die MPLA gebruik om lede van die gewapende magte in die beginsels van Mao te onderrig." – Fanie Herman verduidelik hoe die Chinese hul partyweermagmodel in Afrika toepas.
|
 |
The mouse with no whiskers
Marguerite Poland
Opinion
"The need for comfortable multilingual interaction from childhood is crucial in establishing respect and a sense of community in a country of diverse people." – Marguerite Poland remembers Benjamin Mahlasela, her Xhosa language tutor at Rhodes University 50 years ago.
|
 |
Ôs moet oek ôse milestones celebrate
Tasneem Daniels
Menings
"En daai is die reason hoekom ôs moet die news vannie 10 kramats in Kaapstad wat heritage status in December 2021 gekry’t, celebrate ..."
|
 |
Elders gesien: Graaffernet-mense
Elise Bishop
Elders gesien
"Anton Rupert se pa I didn’t know, maar dink hy was ’n prokureur in Kerkstraat. Practise gehad in die Parity 3rd Party se gebou oorkant die Advertiser. Hulle family, veral Anton en sy kind Johann, het so baie vir Graaff-Reinet se geskiedenis betekent. Hulle is later Stellenbosch toe."
|
 |
Danie van Niekerk: hulde aan die uitgewer
Hannes van Zyl
In memoriam
"Sy rol as uitgewer is oplaas ook dié van ’n uitsonderlike mens met goeie insig in sake van die dag en ruim aandag aan skrywers, medewerkers en sy gesin."
|
 |
Ons het ver [...] versit deur Patrick J Petersen: ’n resensie
Courtneigh Ess
Resensies
"Dit is, om Ngũgĩ wa Thiong’o se woorde te gebruik, ’n literêre monument. Dis ’n stem wat steeds hard praat, oor jare heen, selfs oor die dood heen. ’n Dringende stem. ’n Dwingende stem. ’n Stem van en vir vryheid en bevryding."
|
 |
Bientang, soveel meer as ’n weggooi-opmerking teen die kakapusa
Denver Breda
Resensies
"Vandag is daar die Shell drilling sagas ensovoorts, en tog was dit ons Khoi-mense wie vir duisende jare na die see gekyk het, en vandag word ons eintlik misgekyk. Kakapusa (amnesia) is iets wat ek altyd in my kuru, my werk, sit."
|
 |
Grootgeluk: ’n onderhoud met Jan van Tonder
Naomi Meyer, Jan van Tonder
Skrywersonderhoude
"In ’n stadium het Jenny vir my gesê ek moet onthou dis nie ’n biografie wat ek skryf nie: 'Vertel die stórie.' Dit het my baie gehelp. Ek kon net die essensie van die werklikheid gebruik waar dit nodig was en sodoende by die waarheid van my verhaal bly."
|
Op die redakteur se lessenaar |
 |
Moeder van alle oorloë dreig oor moedertaal by skole
Jean Oosthuizen
In het nieuws
"Solidariteit se bestuurshoof, Dirk Hermann, sê dit gaan die moeder van alle gevegte wees. Hy het op Facebook gesê aan die een kant moet hulle kliphard veg om die staat se kaping van skole te keer."
|
 |
Nelson Mandela se huis word ’n luukse hotel
Jean Oosthuizen
In het nieuws
"Die hotel se webwerf beloof om elke ervaring onvergeetlik te maak. Die gaste sal in elke kamer iets persoonlik van Mandela se lewe ervaar, insluitend foto’s en briewe van belangrike herinneringe van Madiba se lewe, sowel as subtiele verwysings na sommige van die historiese oomblikke waarby hy betrokke was."
|
 |
"Naar het nieuwe normaal"
Milton Webber
In het nieuws
"België en Nederland versoepel koronamaatreëls; vragmotorbetogers misluk in hulle pogings om Den Haag en Brussel lam te lê; en tronkstraf word bepleit vir diegene wat gays wil 'genees'."
|
 |
Beswaarde NGK-lidmate wil eie sinode stig
Jean Oosthuizen
In het nieuws
"Die groep konserwatiewes sê hulle sal bid vir die kerkleiers, predikante en teologiese dosente wat, volgens hulle beskouing, in die waan van die tydsgees leef en hulle nie meer ten volle beywer vir die eer van God nie."
|
 |
Sataniese Kerk is die duiwel in ná grumoord op kind
Jean Oosthuizen
In het nieuws
"Volgens die Sataniese Kerk is elkeen verantwoordelik vir hul eie dade en moet onder die gevolge daarvan ly. Die Suid-Afrikaanse Sataniese Kerk sê hulle hoop dat geregtigheid seëvier en dat die moordenaar met die volle gesag van die wet gestraf sal word."
|
 |
Ingrid Winterbach en Nederlandse vertaler gesels oor Die troebel tyd
Willem de Vries
Zuid-Afrikahuis
Die Nederlandse vertaling van Ingrid Winterbach se voorlaaste roman, Die troebel tyd, is onlangs bespreek as deel van die Zuid-Afrikahuis in Amsterdam se reeks oor Afrikaanse skrywers en boeke, Boeken uit het Huis (in samewerking met die Taalunie). |
 |
Vra die veearts: Husky hardloop nou op drie bene
Marianne Lomberg
Mens en dier
Denise skryf: "My husky hardloop die afgelope paar dae op drie bene. As jy aan haar been raak, nader aan die knie en ondertoe, byt sy. Wat kan ek gebruik?" Lees Marianne se antwoord.
|
 |
Vra die veearts: My hond eet nou wortels
Marianne Lomberg
Mens en dier
Cornelia skryf: "Ek het ’n chihuahuahondjie. Nou het sy van gister af kwaai begin rou wortels eet. Sy wil nie ophou eet nie. Sy soek aanhoudend nog." Lees Marianne se antwoord.
|
 |
Persbericht: De imaginaire Sjaalman-papers
Voertaal
Literatuur
Jacqueline Bel en René van Woudenberg ontvangen in een reeks lunchbijeenkomsten gasten uit en rondom de VU die iets vertellen over en naar aanleiding van die imaginaire Sjaalman-papers. In september 2022 wordt de serie, die loopt tot de zomer van 2023, voortgezet.
|
 |
Persbericht: Uitnodiging webinar Internationale Moedertaaldag 2022
Voertaal
Over taal
Ter gelegenheid van de Internationale Moedertaaldag op 21 februari organiseren de Taalunie, de UNESCO-commissies van Nederland, Vlaanderen en Suriname, de Nationale Taalraad Suriname, het Regionaal Informatiecentrum van de Verenigde Naties voor West-Europa, het Informatiecentrum van de Verenigde Naties voor het Caribisch gebied, en Drongo hierover daarom een live webinar.
|
 |
Afrikaanse mense praat seks
Bradley Daniels, Izak de Vries
Onderhoude
"Maar my reis om met seks te werk het oor ’n lang pad bymekaargekom toe ek my meestersgraad by New York University (NYU) voltooi het. Hier het ek meer oor seks en seksualiteit geleer."
|
 |
Persverklaring: Skryf nou Suidoosterfees 2022 se datums in jou dagboek
LitNet
Suidoosterfees
Die Kaapse Dokter bied altyd die beste medisyne, soos ’n volgepakte Suidoosterfeesprogram vanaf 27 April tot 1 Mei 2022 by Kunstekaap in Kaapstad. Vanjaar gaan feesgangers getref word deur ’n warrelwind van uitstekende teater, musiek, dans en boekgesprekke.
|
 |
Uitnodiging: Kunspraatjie – Alex Duffey oor William Kentridge
LitNet
Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns
Jy word hartlik uitgenooi na ’n lesing van Alex Duffey wat handel oor Suid-Afrikaanse kuns vanaf Dinsdag 22 Februarie 2022 om 18:00. Die lesing sal op Facebook en YouTube beskikbaar wees.
|
 |
Zeitz MOCAA releases a commemorative publication Home is where the art is
LitNet
Lifestyle and entertainment
Like its exhibition counterpart, Home is where the art is, the book, has been curated into five thematic sections that give insight into the experience of lockdown: relations, the garden, outside, inside and time. Through imagery and text, each theme is explored in varied dimensions.
|
 |
Wen, wen, wen met derde Dramaweb SA!
LitNet
KKNK
Suid-Afrika se jong akteurs wat aan vanjaar se derde Dramaweb SA aanlyn kompetisie gaan deelneem, moet veters vasmaak en hare agteroor kam, want die pryse vir 2022 se talentkompetisie gaan hul soos ’n stormwind tref!
|
 |
Inskrywings vir derde Dramaweb SA open
LitNet
KKNK
Suid-Afrika se jong akteurs wat hul talent wil slyp en landswyd teen hul eweknieë wil deelneem, kan binnekort vir die derde Dramaweb SA aanlyn kompetisie inskryf.
|
 |
Kennisgewing: WAT-kantoorbestuurderbetrekking
LitNet
Woordeboek van die Afrikaanse Taal-portaal
Die suksesvolle Afrikaanssprekende kandidaat moet oor besondere taal- en rekenkundige vaardigheid beskik. Rig aansoeke aan die Hoofredakteur, Woordeboek van die Afrikaanse Taal.
|
 |
As Kleinmond brand
Lerumo van Zyl
Poësie
"Ek verwonder my nog oor die mooi
van eindelose groen, spatsels geel
klossies parmantig’ sewejaartjierooi"
|
 |
In ’n oogwink
Elizabeth Wolmarans
Poësie
"Die siel agter die oë gee die lewe sy kleur,
in vriendskappe en ondervindings getrou gereflekteer.
Gefokus, gemik deur ’n teleskoop op ’n punt,
kan die seile skielik draai teen die aanslag van die wind"
|
 |
Seer
Christo Meyer
Poësie
"Die pyn het kom nesskop in my hart
Soos ’n bosluis op die rug
Van ’n uitgeteerde hond"
|
 |
LitNet: Privaatheidskennisgewing | Privacy notice
LitNet
Als oor LitNet
LitNet wil jou as leser die versekering gee dat ons daarop ingestel is om jou persoonlike inligting wat by ons in bewaring is, te beskerm. | LitNet would like to assure you as a reader that we are committed to protecting your personal information held by us.
|

Konklusie of gevolgtrekking? Kontradiksie of teenstrydigheid?
LitNet Akademies wil navorsers graag help om meer gespierde Afrikaans te skryf. |
|