|
|
- ISSN 1995-5928 - Ingesluit LitNet Akademies
|
|
Nuusbrief 836
10/02/2021
|
Krities Afrikaans
|
Drol innie drinkwater
Skrywer: Churchil Naudé
ISBN: 9781928518853
Uitgewer: Naledi
Met sy briljante albums Kroeskop vol geraas en Kroesifaaid het Churchil Naudé hom in die voorste linie van Suid-Afrikaanse rap gevestig en nuwe, opwindende dimensies van Afrikaans ontgin. Partykeer is sy woorde soos die kartetse van masjiengewere, ander kere is dit weer balsem vir die siel teen ’n wêreld wat van sy trollie af geraak het. Hy vlek nie net ongeregtighede, blinde vooroordele, maatskaplike probleme en die stommiteite van die mensdom vlymskerp oop nie, maar dring ook deur tot diep in die hart van gewone mense se swaarkry en drome. Die stories bly by ’n mens spook lank nadat jy dit gelees en gehoor het. |
 |
|
 |
Karoobrokkies, ’n literêre reis
Willie Burger
Boeke en skrywers
"Literatuur se vermoë om ’n mens se belewenis van ’n bepaalde ruimte te kleur het ek tydens sestien dae se reis deur die Karoo herhaaldelik ervaar."
|
 |
Kanaän: ’n onderhoud met Sophia Kapp
Naomi Meyer, Sophia Kapp
Skrywersonderhoude
"Ja, ek het dit doelbewus so gekies, want dit gaan hier, soos in al my boeke, oor die idee dat ’n mens iewers hoort. Dat ’n mens aan mense en aan ’n plek behoort. Dis natuurlik dieselfde narratief wat die hele grondkwessie in die land onderlê: Dit gaan nie oor aan wie van ons die grond behoort nie, dit gaan oor wie van ons aan die grond behoort."
|
 |
Toekomsmens deur Isa Konrad: ’n onderhoud
Cliffordene Norton, Isa Konrad
Skrywersonderhoude
"Die beste wetenskapfiksie daag die leser uit om jou realiteit opnuut in oënskou te neem deur jou ’n alternatiewe realiteit aan te bied. Mens kan dit seker as sinlose bespiegeling afmaak, maar goeie wetenskapfiksie laat my nadink oor my eie wêreld: waar ons vandaan kom, waarheen ons op pad is, en ons plek in die kosmos."
|
 |
Lesersindruk: Toekomsmens deur Isa Konrad
Cliffordene Norton
Lesersindrukke
"Isa skep met Toekomsmens ’n interessante storie wat die leser intrek. Lesers van wetenskapfiksie sal makliker die boek kan lees en verwerk. Die skrywer se woordgebruik is mooi sonder om onnodig blommerig te wees."
|
 |
The lie of 1652: Retories regstellend, feitelik bedenklik?
Frederik Rudolph van Dyk
Resensies
"Want deur daardie petit histoires, oftewel 'klein geskiedenisse', ’n regverdige kans tydens hoofstroomgeskiedskrywing te gee, verryk ons die waarheidsoeke en bevestig ons getrouheid aan die volle menslike storie. Maar om onder andere hawens te verbeel waar hulle nie bestaan het nie, sal enige skeepsvaarder van die geskiedenis eenvoudig op die rotse lei."
|
 |
Persvrystelling: Laat jou gedig die lig sien | Bring your poems to light
LitNet
Afrikaanse Taalmuseum en -monument-portaal
Vir diegene wat dalk soms ’n bietjie dig voel as hulle pen op papier of vinger op sleutelbord plaas om ’n gedig op te tower, bied die Afrikaanse Taalmuseum en -monument (ATM) weereens ’n poëtiese oplossing: ’n virtuele werkswinkel met die geliefde digkunskenner Bernard Odendaal op Dinsdag 30 Maart 2021.
|
 |
Okay, okay, okay by Finuala Dowling: a book review
Janet van Eeden
Books and writers
"The paragraph above sums up for me the life of a woman writer who has to work while being the mainstay of a family. Even Jane Austen mentioned in her diaries how she wrote her novels in short bursts, hiding her work under a book when others came into the room, trying to find continuity between family interruptions."
|
 |
First sip: 1986 by William Dicey
Penguin Random House South Africa
LitNet Eerste Slukkie | First Sip
1986 was a pivotal year in South African history. It was the year of the vigilante, the year of the necklace – but also the year the talking began.
|
 |
Reguit met Robinson: ’n Zoom-gesprek met Jakkie Cilliers
Freek Robinson, Jakkie Cilliers
Onderhoude
Tyd vir ’n hersiene Nasionale Ontwikkelingsplan? Freek Robinson gesels met Jakkie Cilliers, stigter en voormalige uitvoerende direkteur van die Instituut vir Veiligheidstudies (ISS).
|
 |
’n Plig om te onthou?
Bettina Wyngaard
Rubrieke
"Zuma en Malema drink deesdae saam tee. Het hulle vergeet van die bittere vyandskap wat daar op ’n stadium tussen hulle was, of is dit ons wat vergeet het Malema het eenmaal gesweer hy sal vir Zuma sterf?"
|
 |
Mediavrystelling: Só kan jy opsaal vir Afrikaans digitaal
LitNet
Afrikaanse Taalmuseum en -monument-portaal
Hierdie gewilde AWS-opleiding maak deel uit van VivA se Teksredaksieportaal, wat spesifiek geskep is om in die behoeftes van taalwerkers soos vertalers, teksredakteurs, skrywers, onderwysers, predikante, ensovoorts te voorsien.
|
 |
COVID-19 en die onderwys
Danie van Wyk
SA Skoleseminaar | Schools Seminar
"Die COVID-19-pandemie het die onderwys onder verdere druk geplaas en tektoniese verskuiwings veroorsaak in ’n stelsel wat reeds lank gebuk gaan onder erge wanadministrasie en merkbare agteruitgang."
|
 |
Die wáre "werklike stand" van die Suid-Afrikaanse nasie
Heindrich Wyngaard
Nuusvinke
"Die ekstase was tasbaar; die glimlagte breed. Die leiers en die land was in vuvuzelavervoering. Maar nou het die ballonne van pandemiebeheer wat in die atmosfeer vrygestel is, in die lug bo ons koppe gebars."
|
 |
Suid-Afrika se skyndemokrasie
Hans Pienaar
Nuusvinke
"Om te steel is om ’n revolusionêre aanslag op die 'commanding heights' van die nieswart ekonomie uit te voer ... En eise vir verantwoordbaarheid maak jou ’n ondermyner en rugsteker, wat jou selfs jou lewe kan kos."
|
 |
Ses van wêreld se gevaarlikste stede is in Suid-Afrika
Jean Oosthuizen
In het nieuws
"Die statistiekwebtuiste Numbeo.com, wat dié opname doen oor lewenskwaliteit, hoe duur dit is om in stede te woon, misdaadindekse en eiendomskoste regoor die wêreld, sê die opname oor misdaad in stede vir 2021 was ’n persepsie-indeks wat gebaseer was op respondente se gevoelens oor misdaad eerder as op misdaadstatistiek."
|
 |
Skole: Nederlandse ouers “staan op omvallen”
Izak de Vries
Meningen
"Dit wil voorkom of ’n klein bietjie VOC-DNS steeds skuil in die regerings van Nederland én Suid-Afrika. Ons mag verskillende tale praat, maar soms klink die kommunikasie van die onderskeie regerings aan die burgery maar baie dieselfde."
|
 |
Zuma en Malema hou ’n Nkandla-teepartytjie
Jean Oosthuizen
In het nieuws
Netwerk24 berig dat Julius Malema en EFF-afgevaardigdes Vrydagoggend in ’n helikopter by oudpresident Jacob Zuma se Nkandla-woning in die noorde van KwaZulu-Natal aangeland het.
|
 |
LitNet-blokraai: Valentynsdag
Estelle Kruger
Leefstyl
"Sondag is Valentynsdag. Hierdie blokraai kan alleen ingevul word, of saam met iemand spesiaal."
|
 |
#opdielug met Naaim Briesies
Robyn van de Rhede, Naaim Briesies
Onderhoude
Robyn van de Rhede gesels met rymkletser Naaim Briesies van Prins Albert. Naaim was in 2020 deel van die Jakes Gerwel Stigting en die Suidoosterfees se mentorskapprogram vir jong liriekskrywers, waar Frazer Barry van Tribal Echo die mentor was.
|
 |
Persvrystelling: ’n Huldeblyk aan ons First Lady of Song
LitNet
Suidoosterfees
Die Suidoosterfees en kykNET beplan ’n produksie om Sibongile Khumalo se bydrae tot die kunste te eer. Verskeie feeskunstenaars sal daaraan deelneem, asook kore wat by die fees se kompetisie gebaat het. Feesgangers kan die media en die Suidoosterfees se sosialemedia-platforms dopdou vir meer inligting oor die produksie.
|
 |
Vreemdeling
Marius Crous
Poësie
LitNet is 21 jaar oud. Met die ondersteuning van die Hiemstra Trust vier ons dié mylpaal met nuwe verse deur ons voorste digters. Lees Marius Crous se gedig hier.
|
 |
Skool vir die hof
Ou Gous
Poësie
"jy het gesê skool is nie vir jou
en vir die onnies was jy ’n kopseer
maar dis ’n moederhart wat nou treur"
|
 |
COVID-19-doodsengel
Marnus Kok
Poësie
"jy wonder wat sy drome vir homself was – en of hy daardie drome verwesenlik het.
Maar veral wonder jy by wie se huis die COVID-19-doodsengel nog gaan aandoen"
|
 |
My generasie
Julian-Rodriques Jacobs
Poësie
"liefde
so ’n eenvoudige woord
met so komplekse betekenis
meer ’n leefwyse as uitdrukking
maar sê, sê ons dit so graag"
|
 |
In memoriam
Salvia Ockhuis
Poësie
"Jy leef nog in my woorde,
seer-mooi in my onthou;
in die wasem van my asem,
in my hart se teerste vou"
|
 |
Die merinoboer en die koster van Campbell
Jannie Gagiano
Fiksie
"So buig of bars, duiwel of te not. By die kerkdeur moet hy uit. Hy skep moed as hy dink aan hoe Voltaire hom op sy sterfbed verset het teen ’n priester se aanbeveling dat hy sy laaste asem moes gebruik om die duiwel af te sweer."
|
 |
Namib Desert
PP Odendaal
New writing
"Waves of dunes continue into the desert
– death traps in the shifting sands.
Here, compass bearings start to waver
and directions become unclear."
|
 |
Gila Leah
Frans Calitz
Fiksie
"Die volgende dag sal my vir ewig bybly. Die koerante is vol daarvan. Gila Leah is dood. Filantroop. Dogter. Blommekind. Dood, sonder dat ek weer met haar gepraat het."
|
 |
Yesteryear
PP Odendaal
New writing
"The vast open farms of youth,
where horizons were clear
and bush trails led to secret hideouts."
|
 |
The maze
PP Odendaal
New writing
"We are enveloped in a hollow sky.
Our search for truth unmasks the void
and its uncertain quantum probabilities"
|
 |
Tietie, leeuwyfie, jou glo in my het my gemaak
Marlene le Roux
In memoriam
"Soos net met ’n diva, was Tietie se brose liggaam bedek met ’n rooi kleed toe die lykdraers haar kom haal. Dit het my onmiddellik opgeval, want Tietie en rooi lippe was sinoniem."
|
 |
Repliek op Jean Oosthuizen en God Is daar ’n ander antwoord
Talbot Sadler
SêNet-briewe
"My dank aan Jean Oosthuizen dat hy my reggehelp het oor die identiteit van die skrywer van die boek God Is daar ’n ander antwoord. Ek het inderdaad 'die pot misgesit'. Hierdie regstelling oor die skrywer verander egter niks aan die boek self nie."
|
 |
Skerpste
Crito
Blogs
"Annelise Erasmus is die mees gewikste resensent wat in die afgelope jaar oor nuwe Afrikaanse boeke geskryf het. Sy het die beste oog in die bisley van die resepsiologie. Haar resensies is ’n skouspel van gesonde verstand en filosofiese intuïsie."
|
 |
Ek was, ek is, ek sal wees
Lizette Rabe
Blogs
"Nuwejaarsvoornemens? Wat praat jy van nuwejaarsvoornemens? Was mos glad nie ’n nuwe jaar met nuwe energie nie? Waar wil jy hê moet voornemens vandaan kom?!"
|
 |
Blokraai-blog
Estelle Kruger
Blogs
As jy nuuskierig is oor wie die ontwerper en onderhouer van hierdie blog is, kan jy my reis met blokraaisels lees. Skryf gerus iets oor jou eie ervaring met blokraaisels in die kommentaarblokkie aan die einde van my storie.
|
 |
Eindelik: Arnold sien sy leeu!
Hennie van Deventer
Blogs
"As padingenieur het my vriend Arnold de Goede vele paaie in die Krugerwildtuin gebou. In al die jare nooit ’n leeu gesien nie. Die laaste dag van sy wildtuin-skof laai die ouens hom in ’n helikopter vir ’n laaste, desperate soektog. Vuilbaard kruip steeds weg."
|

Konklusie of gevolgtrekking? Kontradiksie of teenstrydigheid?
LitNet Akademies wil navorsers graag help om meer gespierde Afrikaans te skryf. |
|