Can’t see this mail? Click here to view it online

- ISSN 1995-5928 - Ingesluit LitNet Akademies

 

Nuusbrief 709

26/07/2018


Krities Afrikaans

LitNet: Jou rand en sent

Pasverskyn

In Mamelodi het ek my God gevind

In 1982 ontvang Nico Smith ’n beroep na die NG Kerk in Afrika se Mamelodi-gemeente. In Mamelodi leer Nico en sy vrou Ellen die hart van die township se mense ken, en beleef swaarkry saam met hulle. Hulle leer wat dit beteken om swart te wees in Suid-Afrika onder apartheid. Hulle leer ’n ander God ken, nie die God van Nico se vaders nie, maar die God van die verworpenes en die verdruktes.

Skrywer: Nico Smith
Uitgewer: Lux Verbi
ISBN: 9780796321152
Prys:
R220

Boeke en skrywers

Rand en sent deur Suzaan Steyn: ’n onderhoud

Naomi Meyer, Suzaan Steyn
Skrywersonderhoude

"Jy kan maar sê jy't jou eie finansiële adviseur op jou boekrak."

Rand en sent deur Suzaan Steyn: ’n lesersindruk

Barend van der Merwe
Lesersindrukke

"Rand en sent is een van daardie praktiese boeke waarna mens weer en weer sal kan terugkeer vir praktiese raad oor finansiële sake, en oor wat mens moet doen om slaggate te vermy."

Tweespoor deur Helena Gunter: ’n resensie

Riette Rust
Resensies

"Gunter se werk is toeganklik, maar daag die leser terselfdertyd uit. Dis ’n skop teen die kop wat jou dwing om anders kyk."

Video: Steinhoff en die Stellenbosse Boys word bekendgestel

Naomi Bruwer, Izak de Vries
Skrywersonderhoude

James-Brent Styan se Steinhoff en die Stellenbosse Boys is Donderdag 19 Julie in die Hofmeyrsaal op Stellenbosch bekendgestel. Jan-Jan Joubert het met hom gesels.

Du Toitskloof | LitNet Eerste Slukkie: Steinhoff en die Stellenbosse Boys deur James-Brent Styan

LitNet
Du Toitskloof Wyne | LitNet Eerste Slukkie

LitNet publiseer in samewerking met Du Toitskloof Wyne uittreksels uit boeke wat pas verskyn het. Lees ’n gedeelte uit Steinhoff en die Stellenbosse Boys deur James-Brent Styan en kyk na Heino du Plessis se video-onderhoud met die skrywer.

Die rooikop en die redakteur en ander stories 1955–1959 deur André P Brink: ’n resensie

Izak de Vries
Resensies

"Die jonge, taamlik onskuldige André Brink het wel hierdie verhale om den brode geskryf, maar as jy sy oeuvre ken, sien jy alreeds vingeroefeninge van die persoon wat later ’n meesterskrywer sou word."

Uit die argief: Om ’n wilde perd te vang – Tom Gouws in gesprek met Bibi Slippers

Bibi Slippers, Tom Gouws
Skrywersonderhoude

"Om langsamerhand in jouself tuis te kom is my diepste begeerte." Tom Gouws is op 25 Julie oorlede. Lees ’n onderhoud met Bibi Slippers uit LitNet se argief.

Gilbert Gibson (1963–)

Erika Terblanche
ATKV|LitNet-Skrywersalbum

“In die volmaakte gedig kom die leser se verwagting en die digter se intensie soos ’n spits van ’n berg bymekaar. Maar dit gebeur natuurlik nooit nie. Daar is altyd ’n gaping.” Lees oor Gilbert Gibson se lewe en werk.

Katelknaap deur Leon van Nierop: ’n resensie

Ilse de Korte
Resensies

"Katelknaap word vertel vanuit die perspektief van die manlike hoofkarakter, Tristan Hansen, en daar was nog nie so baie romans wat ek gelees het wat so fokus op die diepste gedagtes, vrese en onsekerhede van ’n man nie."

Die besoeker deur Antje Damm: ’n resensie

Magdel Vorster
Resensies

"Miskien is Die besoeker dan nie ’n kinderboek uitsluitlik nie; miskien is dit ’n prenteboek wat deur almal gelees moet word. Miskien moet almal gereeld daaraan herinner word dat daar altyd meer as een perspektief is waarvoor uitgekyk moet word."

Leeskringkompetisie: Rustenburg Leeskring as wenner aangewys

LitNet
Leeskringe

Uit die 78 leeskringe wie se inligting ontvang is, is die Rustenburg Leeskring deur middel van ’n gelukstrekking as die wenner aangewys. Hulle wen ’n boekpakkie wat deur NB-Uitgewers geskenk word.

Jong leser: wen met jou boekresensie!

LitNet
Jong lesers

Is jy op skool en wil jy vir ander leerders vertel van die boeke wat jy lees? Word ’n LitNet-sterleser en wen R500 kontant vir jou resensie!

Jong lesers: Die driehoekige sirkel deur Corrie Vorster

Abigail Tollig
Jong lesers

"Rassisme, selfbewustheid, tienerswangerskappe en die soeke na aanvaarding en innerlike vrede verander die vrolike melodie in ’n kreet wat tieners kan aanraak en inspireer om die regte ding te doen."

Jong lesers: Charlotte’s web deur EB White

Qaailah Raani Hussain
Jong lesers

"Ek sou hierdie boek aanbeveel vir almal om te lees en vir altyd op hulle boekrakke te hou vir toekomstige generasies."

Jong lesers: Die groot Klein Kaptein deur Paul Biegel

Ellard Rademeyer
Jong lesers

"Die boek is ’n bondel pret, avontuur en aksie. Jy wil dit net nooit neersit nie."

Bloedbande deur Wilhelm Verwoerd: bekendstelling

LitNet
Boeke en skrywers

Jy word uitgenooi na die bekendstelling van Bloedbande op 1 Augustus in Stellenbosch. Wilhelm Verwoerd sal met Lionel Louw in gesprek wees.

Persvrystelling: Montagu Boekefees, 26 tot 29 Julie 2018

LitNet
Feeste

Montagu se Boekefees, geborg deur Wesgro, vind van 26 tot 29 Julie plaas. Enige boekliefhebber – of jy Engels of Afrikaans is – sal ’n skrywer of boek by die Montagu Boekefees vind wat jou boekhart warmer sal laat klop.

Die volle verhaal

Crito
Blogs

"Terwyl ek persoonlik in baie onaangename gesprekke met my makelaar daaroor gewikkel is, is Steinhoff en die Stellenbosse Boys ’n boek wat nogal baie van my vrae help beantwoord het."

Menings

Israel: ondubbelsinnig ondemokraties

Marthie Momberg
Menings

"Arabies val weg as amptelike taal om plek te maak vir net Hebreeus, en Jerusalem – insluitend die besette Palestynse Oos-Jerusalem – is volgens die wet nou die hoofstad van Israel."

Grondhervorming: Onteiening sonder vergoeding?

Willie Breytenbach
Menings

"’n Laaste faktor waarvan iemand soos Cyril Ramaphosa goed behoort te weet – en sal weet – is dat onteiening sonder vergoeding van produktiewe landbou- en bosboubates nie net boere en agribesighede sal benadeel nie, maar ook – en veral – die banksektor."

Wolf met sy sakkie Royal Galas

Olivia M Coetzee
Rubrieke

"Hy’t my ’n Royal Gala gegie. Dit was my betaling."

Die stille verdwyn met Alzheimer’s

Bettina Wyngaard
Rubrieke

"Hoeveel van ons wese is nie opgesluit in ons ervarings, in ons herinneringe nie? En as jy dit verloor, is jy nog dieselfde persoon?"

Die Voortrekkermonument: ’n onderhoud

Pieter GR de Villiers, Dolf Britz
Onderhoude

"Die Voortrekkermonument van Pretoria is onteenseglik een van die merkwaardigste geboue en monumente in ons land. Die gebou maak eenvoudig ’n stelling wat reaksie oproep en navorsing inspireer. Dit word verdag gemaak (’n Vrymesselaarstempel), afgemaak (’n fascistiese struktuur) en opgehemel (vergestalting van die Afrikanerroeping)."

My lang pad tot by die 16de Nelson Mandela-lesing

Reney Warrington
Menings

"Barack Obama se toespraak was nie lewensveranderend nie, maar wel ’n beaming van sekere universele beginsels waarvan ons al vergeet het."

The changing global higher education landscape: an interview

Hans Pienaar, Meng-Hsuan Chou
University Seminar

"As much as commentators like to argue that many education systems around the world have become more 'anglicised' or 'Americanised', it is important to remember that local actors – and here, I am referring to students – are not passive. Students today are more plugged into the news of the world, and demand that their professors explain the relevance of what is happening 'there', to 'here'."

Bridgitte Mathews aangewys as voorsitter van die ATKV-direksie

ATKV
ATKV-Portaal

"Bridgitte dien sedert 2014 op die ATKV-direksie. Sy beskik nie net oor ’n wye kennis van die Afrikaanse taal nie, maar is ook Engels, Zoeloe, Frans en Setswana magtig."

Draadloos

Yuri
SêNet-briewe

"Indien jy met ’n draadloos groot geword het, bly dit in jou bloed. Destyds, voor TV in Suid-Afrika bekend gestel het, was radio die ding. Dit of lees."

LitNet Akademies

Regulering van Nulgradering-Internetdienste in Suid-Afrika: quo vadis?

Barrie Gordon
LitNet Akademies (Regte)

"Nulgradering word glad nie gereguleer nie, en die gevolg is dat die mark dit uitbuit deur produkte aan te bied wat hul eie mededingende voordeel ten koste van ander rolspelers verhoog."

Skryfwerk

Sprokies in Kaaps: Sneeuwit ennie siewe dwergies

Olivia M Coetzee
Fiksie

"Toe antwoortie die spieël: 'My koningin, djy is baie mooi, ek liegie, maa Sneeuwit is baie mooier as djy.'"

Skryfkompetisie: 67-woord-gedig vir Mandela-dag 2018

In die lig van Mandela-dag wat op 18 Julie plaasgevind het, nooi LitNet jou om ’n gedig van 67 woorde te skryf. Jy mag oor enige onderwerp skryf, solank die woordtelling 67 is. Hier is nog kompetisie-inligting.

67-woord-gedig vir Mandela-dag 2018: Inskrywings

LitNet
Poësie

Hier verskyn die eerste inskrywings wat vir LitNet se skryfkompetisie "67-woord-gedig vir Mandela-dag 2018" ontvang is.

67-woord-gedig vir Mandela-dag 2018: Inskrywings II

LitNet
Skryfkompetisies

Hier verskyn die tweede lys inskrywings wat vir LitNet se skryfkompetisie "67-woord-gedig vir Mandela-dag 2018" ontvang is.

67-woord-gedig vir Mandela-dag 2018: Inskrywings III

LitNet
Skryfkompetisies

Hier verskyn die derde lys inskrywings wat vir LitNet se skryfkompetisie "67-woord-gedig vir Mandela-dag 2018" ontvang is.

Krotoa

Kim Cloete
Poësie

"Onthou my, want julle ken my en leer my kinders van môre hoe om hul spoke dood te lewe."

Hoverfly

Jemima Meyer
New writing

"Apparently in DRC they say:
when people clap for you,
take flight –
for you are a fly;
claps can end your life."

Lenteskool vir liefdesverhaalskrywers: inligting en inskrywingsvorm

LitNet
Slypskole

Die ATKV-Skryfskool van die Noordwes-Universiteit, in samewerking met die liefdesverhaaluitgewer LAPA Uitgewers, bied van Donderdag 6 September tot Saterdag 8 September 2018 ’n slypskool in die skryf van romantiese fiksie aan. Nog inligting en die inskrywingsvorm is hier beskikbaar.

Leefstyl

Aardklop 2018: Volledige program beskikbaar

LitNet
Aardklop

Aardklop 2018 se volledige program is hier beskikbaar. Die program is weer eens sorgvuldig saamgestel en belowe opwindende verskeidenheid.

African Gothic: ’n teaterresensie

Dalene Vermeulen
Feeste

"African Gothic is die Engelse vertaling en verwerking van Reza de Wet se 1986-drama Diepe grond. Die Engelse titel van die produksie plaas die teks onmiddellik in die kader van die gotiek – die gehoor kan dus ’n riller met moord, doodslag, bloedskande en ander grilgebeure wat op Afrika-bodem afspeel, te wagte wees. In hierdie opsig stel African Gothic nie teleur nie."

Vrystaat Kunstefees: ’n kort oorsig

Mercy Kannemeyer
Feeste

"Die Afrikaanse landskap is egter ongelukkig so verdeeld dat dit samewerking bemoeilik. Ek wil graag glo daar is meer mense wat wíl saamwerk om die taal te red en van hul eie agendas ontslae sal raak ten einde ’n taalharmonieuse omgewing te skep waarin verskeie mense kan leef. Benoude katte maak benoude spronge, maar nou is nie die tyd daarvoor nie. Dis tyd vir werk."

Skole

Graad 6: Afrikaans Huistaal, September, oefenvraestel 2

Anize Koetsier
Notas, toetse en vraestelle

Hier is ’n gratis oefenvraestel en memorandum vir Afrikaans Huistaal. Die vraestel fokus op leesbegrip en taalstrukture en -konvensies.

Graad 6: Afrikaans Huistaal, September, oefenvraestel 3

Anize Koetsier
Notas, toetse en vraestelle

Hier is ’n gratis oefenvraestel en memorandum vir Afrikaans Huistaal. Die vraestel bevat leesbegripsoefeninge en vrae oor taalstrukture en -konvensies. Lisa bespeel ook haar klavier!

Nou op Voertaal

Die talle vertalings van Riet de Jong-Goossens: ’n tuiste vir Afrikaans in Nederlands

Willem de Vries, Riet de Jong-Goossens
Interviews

Riet de Jong-Goossens is reeds vir dekades ’n gerekende, meermale-bekroonde vertaler van Afrikaanse werke in Nederlands. Ná die verskyning van ’n sestigtal vertaalde boeke in verskeie genres en nóg wat uit haar pen op pad is, het sy per e-pos met Willem de Vries oor die uitdagings en vreugdes van literêre vertaling gesels.

God praat Afrikaans met HemelBesem en Raj Mohan: ’n teaterresensie

Marli van Eeden
Cultuur

"Die gehoor word herinner aan Afrikaans se kulturele bande met Nederlands, en Afrikaans se oorsprong uit Nederlands, maar ook dat Afrikaans ’n taal uit eie reg is. Afrikaans is ’n taal vir almal wat hom praat. ’n Taal van vele fasette. HemelBesem wil die idee afbreek dat Afrikaans net vir die Afrikaner is, dat dit ’n taal net vir wit mense is."

Sport, die afgod, se donker kant

Martie Retief-Meiring
Nuusvinke

"Hoe manifesteer ’n diepgewortelde rassisme? Hoe manifesteer die nooitvergete druk van apartheid? Hoe 'gevaarlik' is dit om mense met sulke verskillende agtergronde saam in een span te sit?"

KONTAK

litnet@litnet.co.za

021 886 5169


© 2018 LitNet. Alle regte voorbehou | All rights reserved