|
|
- ISSN 1995-5928 - Ingesluit LitNet Akademies
|
|
Nuusbrief 1038
20/02/2025
|
Krities Afrikaans
|
LitNet: Leerders, onderwysers en ouers!
|
 |
|
Skrywer: Deneys Reitz
Uitgewer: House of Emslie
ISBN: 9781037023132
Deur die sterre gelei: Die Anglo-Boereoorlog en daarna 1899–1943: Kommando, Trek voort, Geen uitspan is die trilogie van Deneys Reitz se drie boeiende boeke wat die gebeure van sy merkwaardige, aksiebelaaide lewe beskryf, en bied die leser ’n wonderlike insig in die gebeure in Suid-Afrika tussen 1899 en 1943 – gesien deur die oë van ’n vreeslose Suid-Afrikaanse avonturier wat ook ’n talentvolle skrywer was.
|  |
|
 |
Graad 8: Wiskundevraestel 2 en memorandum, eerste kwartaal
LitNet
Notas, toetse en vraestelle
Is jy in graad 8 en skryf jy binnekort nog ’n Wiskundetoets in die eerste kwartaal? As jy warm kry, is dit maar net omdat dit somer is. Geen ander rede om van angs te oorverhit nie! Jy kan hierdie gratis oefenvraestel en memorandum deur Lee-Ann Langeveld aflaai om jou te help voorberei. Jou punte sal sommer kook!
|
 |
Graad 9: Wiskundevraestel 1 en memorandum, eerste kwartaal
LitNet
Notas, toetse en vraestelle
Is jy in graad 9 en skryf jy binnekort ’n Wiskundetoets in die eerste kwartaal? Jy kan hierdie gratis oefenvraestel en memorandum deur Lee-Ann Langeveld aflaai om jou te help voorberei. Die vraestel sal jou onder andere help met geldsomme. As jy goeie punte behaal, sal jy ook besef daar is ’n skat binne jou opgesluit en jy kan vanjaar die Wiskunde bemeester!
|
 |
Graad 9: Wiskundevraestel 2 en memorandum, eerste kwartaal
LitNet
Notas, toetse en vraestelle
Is jy in graad 9 en skryf jy binnekort nog ’n Wiskundetoets in die eerste kwartaal? Jy sal net so breed soos hierdie emoji glimlag as jy hierdie gratis oefenvraestel en memorandum deur Lee-Ann Langeveld afgelaai en gebruik het en goeie punte vir jou toets behaal. Boonop is hier voorbeeldsomme van positiewe eksponente wat jy kan oefen.
|
 |
Top matriekuitslae ≠ beste onderwysstelsel
Michael le Cordeur
SA Skoleseminaar | Schools Seminar
"So wat kan erger wees as om matriek te druip? Dit is om jou gat af te werk sodat jy teen al die verwagting in slaag en met ’n matrieksertifikaat sit wat jou toegang gee tot ’n graadstudie maar daar is nêrens plek vir jou nie."
|
 |
Die Universiteit Stellenbosch se keuses in die 1990’s: in reaksie op Johann Rossouw
Andreas van Wyk
Universiteitseminaar | University Seminar
"As rektor van die Universiteit Stellenbosch van 1992 tot einde 2001 kan ek darem nie Johann Rossouw se verwronge weergawe van die US se strategiese keuses aan die einde van die ou staatkundige bedeling en die begin van die nuwe bedeling ná 1994 soos vervat in sy onlangse rubriek onbetwis so laat staan nie."
|
 |
Rasseverhoudinge in Suid-Afrika: verdoemend of versoenend?
Freek Robinson, Hermann Pretorius
Onderhoude
Hoe ervaar gewone Suid-Afrikaanse burgers rasseverhoudinge en rassisme in Suid-Afrika? Hermann Pretorius, hoof van strategiese kommunikasie by die Instituut vir Rasseverhoudinge (IRR), gesels met Freek Robinson oor die bevindinge van een van hul jongste meningspeilings. Hoe geloofwaardig is so ’n peiling? Pretorius lewer ook kommentaar oor Trump se presidensiële bevel en die gevolglike fokus op rasseverhoudinge in Suid-Afrika.
|
 |
Dis nie ’n ras-ding nie, dis ’n witmens-ding
Riku Lätti
Menings
"Wanneer liefde vir jouself en jou tipe so ver gevorder het dat dit haat insluit vir die ander, is daardie liefde giftig, ’n kanker, en is ons samelewing op pad na pyn."
|
 |
Wat sê Bettina? Die dag toe die begroting in die hek geduik het
Bettina Wyngaard
Rubrieke
"Die begrotingsrede is kort voordat dit op 19 Februarie voorgehou moes word, uitgestel tot 12 Maart. Die toespraak met al die gepaardgaande dokumentasie is alreeds na joernaliste gestuur. Minister Enoch Godongwana het klaarblyklik nie verwag dat daar teenkanting teen sy begroting sou wees nie."
|
 |
Verdomp, ek wonder oor ver-
Gert van Jaarsveld
Menings
"Ek dink hier moet ons maar volstaan met wat in een etimologiese woordeboek aangedui word as een van die funksies van ver-, naamlik dat dit geen betekenis byvoeg nie, maar die grondvorm versterk en benadruk. Die naaste wat ek aan verdomp kon uitvind, is die Nederlandse verdomme (godverdomme). Waar die p in Afrikaans vandaan kom, weet ek verbrands nie."
|
 |
Lisbon 1755 and Tulbagh 1969: a tale of two earthquakes
David Willers
Opinion
"The powerful 1969 earthquake that struck the Western Cape in South Africa caused widespread destruction, but also became a moment for the government to reinforce racial segregation under the guise of reconstruction. ... The rebuilding of Lisbon, on the other hand, represents one of the most significant Enlightenment-inspired urban projects of the 18th century."
|
 |
Ook mý imam Muhsin
Laurie Gaum
In memoriam
"Ek het sy denke, sy geloof en sy menswees oor die jare sien ontwikkel. Hy het dit verfyn tot die konsep van ’n 'deernisvolle Islam' (a compassion-centred Islam) wat, vir dié wat die openheid kon hê om te luister, die grense van seksualiteit, genderidentiteit en -uitdrukking begin oorskry het."
|
 |
’n Huldeblyk aan Joha van Dyk
Simone Hough
In memoriam
"In haar kort lewe het Joha ook swaarkry, persoonlike worsteling en seer verlies geken. En met daardie ervaring kon sy met baie volwasse insig en nuuskierigheid oor moeilike temas skryf en by die leser ’n diep emosie uitlok om die skoonheid daarin te ervaar."
|
 |
Moord op Suid-Afrikaanse gay imam maak wêreldwyd opslae
Jean Oosthuizen
Voorblad
"Sy dood het ’n golf van veroordeling en protes opgelewer van die LGBTQ+-gemeenskap, regeringsamptenare en internasionale organisasies soos ILGA World, wat ’n deeglike ondersoek na die moontlikheid van ’n haatmisdaad geëis het."
|
 |
Tallinn: Broosheid en heldedade in die toenmalige Oosblok
Maryke Roberts
Reisgogga
"Ons het ’n fassinasie met die voormalige Oosbloklande – asof enige besoek daar jou herinner aan die dae van Russiese spioene en afluisterapparate en dramas op die televisie. ... As dit nie vir die ligskakelaars, kragproppe en moderne blompotte was nie, kon jy regtig in enige eeu vasgevang wees."
|
 |
Leesimpressie: "Ik weet me geen raad" door Willy Lindwer en Aline Pennewaard
Erik van den Bergh
Literatuur
"Filmmaker en auteur Willy Lindwer – kind van vluchtelingen – ontdekte bij het oud papier een bundel met tweehonderd brieven aan het Comité voor Joodsche Vluchtelingen in Amsterdam van Joden uit Duitsland, Oostenrijk, Polen en Tsjecho-Slowakije die hun leven wilden redden door naar Nederland te verhuizen."
|
 |
flikker-gram, saamgestel deur Marlies Taljard: ’n resensie
Nini Bennett-Moll
Resensies
"Afgesien van die perspektiewe van digtende dokters, is die verse geskryf vanuit die oogpunt van Jan Alleman se belewenisse met mediese verskynsels in al hul gedaantes: vanuit die perspektief van die pasiënt, die toeskouer/voyeur, en die mediese werkers. Ons is almal deelgenote aan mediese praktyke ..."
|
 |
Lucas Mangope deur Oupa Segalwe: ’n resensie
Barend van der Merwe
Resensies
"Waar Mangope se openbare lewe as stormagtig beskryf kan word, met die tipiese elemente van sukses, verraad, geweld, twis, mislukking, tragedie en drama waaraan politici se loopbane dikwels gekenmerk word, is daar veel aan sy persoonlike lewe wat eweneens as stormagtig beskou kan word."
|
 |
Heil die Leser!: Die waarde van selfhelpboeke en motiveringslektuur
Nini Bennett-Moll
Boekrubrieke
"Die lewe kom sonder ’n handleiding. ’n Mens word uitgelewer aan allerlei onvoorsiene uitdagings en krisisse. ... Ons, as lesers en skrywers, genees mekaar met stories. ’n Voorbeeld hiervan is ’n Vrou staan op, Ilse Verster se opvolg op haar blitsverkoper, So lyk ’n vrou."
|
 |
Die oorlog is verby, kameraad
Albert de Vos
Boeke en skrywers
"Die tragikomiese hoorspel handel kortliks oor ’n 'loser', ’n staatsamptenaar genaamd Lafras Verwey, wat droom om uit sy vaal omstandighede te ontsnap. Lafras word genader deur ’n man wat hom vra om geheimsinnige pakkies vir hom af te lewer."
|
 |
Dominique Botha (1971–)
Erika Terblanche
ATKV|LitNet-Skrywersalbum
"Afrikaans kom uit die klowe, en na die klowe sal sy terugkeer. Gooi ’n klip. Plant ’n hoeksteen. Dis jou keuse. Ontspan egter. Sy is nie ’n spook nie. Sy is veldasem. Aangeblaas deur groot geeste. Onder die Skylte vannie Jirre." Lees meer oor die lewe en werk van Dominique Botha in die ATKV|LitNet-Skrywersalbum, saamgestel deur Erika Terblanche.
|
 |
Press release: AVBOB Poetry – Mystery
LitNet
Books and writers
When writing a poem, do you feel you have to record everything you think and feel about a particular topic, so that your readers will know exactly how they ought to think and feel about it too? Peter Anderson, an associate professor of English at the University of Cape Town, shares a poem that shows how important mystery and understatement are to any creative enterprise.
|
Op die redakteur se lessenaar |
 |
Die Adam Small-gedenklesing en voorsitterskap van die SBA: ’n onderhoud met Michael le Cordeur
Naomi Meyer, Michael le Cordeur
Feeste
"Sal Kaaps ooit deel word van die kurrikulum? Is daar jonger skrywers wat Small se oeuvre verder gaan neem? Hoe sien bruin mense hul toekoms met Afrikaans?" Michael le Cordeur, die nuwe voorsitter van die Stigting vir Bemagtiging deur Afrikaans (SBA), praat hieroor – asook oor die Adam Small-gedenklesing, dié naweek by die Adam Small-fees.
|
 |
Cape Flats Book Festival was ’n vibe!
Tasneem Daniels
Feeste
"Omtrent 20 mense in en om Mitchells Plain hettie workshop attend ennit was mashallah om te sien hoeveel mense interested is om ’n memoir te skryf en specific details oo hulle liewens oppie page te sit."
|
 |
Persverklaring: Kuns is alles by Suidoosterfees 2025
LitNet
Suidoosterfees
Kuns is meer as vermaak – dit help ons om die lewe en die wêreld beter te verstaan, en by feeste skep dit kosbare werksgeleenthede en stimuleer die plaaslike ekonomie. Vanjaar word die Suidoosterfees van 30 April tot 4 Mei in Kaapstad aangebied, waarna SOF Junior, ’n minifees vir onderwysers en skoliere, van 5 tot 8 Mei volg.
|
 |
Press release: Nominees announced for the 60th Fleur du Cap Theatre Awards
LitNet
Lifestyle and entertainment
Celebrating six decades of recognising excellence in theatre, the panel of judges and sponsor Heineken Beverages are proud to announce the nominees for the 60th Fleur du Cap Theatre Awards. The winners will be revealed at a dazzling ceremony on Sunday, 23 March at the iconic Cape Town Stadium.
|
 |
Press release: Africa’s first AI opera autoplay redefines performance art
LitNet
Lifestyle and entertainment
Africa’s first AI-generated opera is set to disrupt traditional performance art with a bold and immersive production that blends choreography, generative soundscapes and machine learning. Due to be performed at Flipside at the Baxter Theatre from 26 to 29 March 2025, autoplay by acclaimed choreographer and director Louise Coetzer interrogates the intersection between identity, autonomy and the digital landscapes that define modern existence.
|
 |
Persverklaring: Die Endlerkonsertreeks 2025 – ’n inspirerende begin vir die jaar
LitNet
Musiek
Die eerste seisoen van die gesogte Endlerkonsertreeks, aangebied deur die US Konservatorium, open op Vrydag 21 Februarie. Gehore kan uitsien na uitvoerings deur bekende internasionale kunstenaars, soos die Nederlandse orrelis Minne Veldman en die Russiese pianis Roustem Saitkoulov, sowel as ’n ryk verskeidenheid kamermusiek, koorwerke, orkesmusiek en jazz.
|
 |
’n Oog vir ’n oog
Eugene Pienaar
Fiksiekompetisies
"Maar dan lig William sy hand van die vloer af op en plaas dit op Ben se arm. 'My skuld ... is betaal, boer,' fluister hy byna onhoorbaar."
|
 |
Nagmaal by Vliegepoort
Attie Snyman
Fiksiekompetisies
"Dominee Prinsloo is uit die veld geslaan, want so iets het hy nog nooit beleef nie. So ’n dramatiese skuldbelydenis het dominee Prinsloo nog nooit gehoor nie. Dit is aangrypend."
|
 |
In Eden se bloed
Bester Meyer
Poësie
"gul en vol lewe
soos jou oë se bruin
waaruit daar ook vir my
’n ewige son sal verskyn."
|
 |
Phone
Carla Botha
New writing
"Inside this device
Numbers of people and lies"
|
 |
Koerant
Jannie Meyer
Poësie
"Is dié dan ’n sein
oor iets oor ons Afrikanerwees,
dat Afrikaans besig is om te verdwyn?
Of is ek net ouderwets met te veel vrees?"
|
 |
Sal U my vashou
Johan van der Merwe
Poësie
"wil U ’n flenters siel optel
as die rowers my vir dood gelos het
sal U my wonde verbind en my optel
hier langs die pad van stukkende mense"
|

Konklusie of gevolgtrekking? Kontradiksie of teenstrydigheid?
LitNet Akademies wil navorsers graag help om meer gespierde Afrikaans te skryf. |
|