Can’t see this mail? Click here to view it online

- ISSN 1995-5928 - Ingesluit LitNet Akademies

 

Nuusbrief 1079

05/12/2025


  Krities Afrikaans

LitNet: Tussen tale

Vredemaker

Skrywer: Reggie Peace
Uitgewer: Lux Verbi
ISBN: 9780796323767

Reggie Peace was 13 jaar oud toe hy by die kinderhuis se voordeur gaan aanklop het. Die kinderhuis bied hom stabiliteit en gou begin Reggie presteer, maar hy bly ontevrede met homself. Hy streef voortdurend na erkenning en aanvaarding, tot hy besef dat hy ’n keuse het: Kies die lewe, of kies ’n stadige dood. Reggie se verhaal is een van hoop. Sy storie is een van swaarkry, maar ook van uitdagings wat oorkom kan word. Hy vertel ook hoe om met Christus aan jou sy sterker anderkant uit te kom.

Akademies en skole

Kollig op akademikus Asambese Mkumatela: Meertaligheid in Suid-Afrika

Asambese Mkumatela
SteedsDink

Afrikaans is Asambese Mkumatela (US-Taalsentrum) se derde taal. Sy vertel meer oor onder andere haar ervarings as student by die Universiteit Stellenbosch en meertaligheid in Suid-Afrika. In LitNet Akademies se SteedsDink-video’s vertel Afrikaanse akademici van die interessante navorsing waarmee hulle besig is.

SteedsDink met LitNet Akademies: Asambese Mkumatela oor haar akademiese navorsing

Asambese Mkumatela
SteedsDink

In hierdie video gesels Asambese Mkumatela oor onder meer haar navorsing oor riglyne vir die ontwerp van ʼn taakgebaseerde sillabus met gefokuste pedagogiese vertaaltake vir Afrikaansvreemdetaalstudente, en Suid-Afrika as ’n meertalige land.

Sterwensbewustheid en lewensgenot in die boek Prediker en in gedigte van Breyten Breytenbach

Sakkie Spangenberg
LitNet Akademies (Godsdienswetenskappe)

"Die skrywer van hierdie artikel vergelyk en bespreek enkele gedigte van die Prediker en gedigte van Breytenbach waarin sterwensbewustheid en lewensgenot motiewe is, en wys op interessante ooreenkomste en verskille."

Beginner-onderwysers se ervarings van induksie in neoliberale skoolomgewings: ’n gevallestudie

Theo Adams, Jerome Joorst
LitNet Akademies (Opvoedkunde)

"Die doel van hierdie studie is ’n kritiese besinning oor die geleefde ervarings van beginner-onderwysers in vier Wes-Kaapse skole ten einde vas te stel wat nasionale beleidsvoorskrifte vereis oor die inlywing van beginner-onderwysers; hoe hulle dit ervaar; en hoe dit hul professionele ontwikkeling beïnvloed."

Indeks: notas, toetse en vraestelle

LitNet
Notas, toetse en vraestelle

Hier is al die gratis studiemateriaal vir skole wat op LitNet beskikbaar is, gelys volgens graad.

Wiskunde met LitNet gratis op YouTube beskikbaar

LitNet
Notas, toetse en vraestelle

Eksamentyd? Hersieningstyd? LitNet se video’s kan jou help. Kyk na hierdie video’s op LitNet se YouTube-kanaal – en teken sommer ook in!

Uit die argief

Die oorlewing van die niedominante tale van Suid-Afrika

Neville Alexander
SeminaarKamer (OuLitNet, 2001)

Bydrae gelewer by Die Burger se lesingreeks, KKNK 2001: "Om by die voorbeeld van die universiteit te bly: ’n universiteit wat voorgraads Afrikaansmedium-klasse aanbied, maar ook toesien dat ander tale op sekere maniere voorgraads en veral nagraads geakkommodeer word, is, soos ek die saak sien, nie '’n Afrikaanse universiteit' nie. Dit is wel ’n universiteit waar die handhawing en die verdere ontwikkeling van Afrikaans as taal gewaarborg word; ’n Afrikaans-georiënteerde universiteit, dus. Sulke universiteite is ’n conditio sine qua non vir die voortbestaan van Afrikaans as wetenskapstaal en as taal van die hoër kultuur."

Menings

Jaap Durant Annual Lecture: Restorative memory in the crafting of restorative justice contextual to indigeneity and slavery

Patric Tariq Mellet
Opinion

"At the outset, I must make note, on the subject of identity, that I believe that we as human beings are wired to collect identities (plural) and discard identities, from the day we are born to the day we die, and these go way beyond notions of race, ethnicity, colour and nation."

Die Boetman-woede wat nooit heeltemal gaan lê het nie

Jean Oosthuizen
Seminare en essays

"Toe Chris Louw 25 jaar gelede in Mei 2000 sy beroemde ope brief 'Boetman is die bliksem in' laat publiseer het, het hy waarskynlik nie besef sy woorde sou ’n nasleep hê wat met elke nuwe Afrikaner-identiteitskrisis weer opklink nie."

Die Johann Rossouw-gespreksreeks: Die wêreld op sy kop gekeer – Gilles Kepel oor 7 Oktober 2023 en die voortslepende konflik in die Midde-Ooste

Johann Rossouw
Seminare en essays

"Die bedoeling van hierdie opstel is bloot om die belangrikste insigte van Kepel se boek weer te gee vir die Afrikaanse leser, aangesien die boek nog nie in Engels vertaal is nie."

Nuwe vakvereniging vir Afrikaans

Janien Linde
Akademies en skole

"Die ATLV is ’n inklusiewe vakvereniging wat kontak en samewerking wil bewerkstellig tussen enige persone wat in hul beroep en uit belangstelling die wetenskaplike ondersoek, onderrig en bevordering van die Afrikaanse letterkunde en taalkunde (en aanverwante vakdissiplines) nastreef."

Bestekopname na die matriekeksamen: ’n onderhoud

Maryna Besseling, Naomi Meyer
SA Skoleseminaar | Schools Seminar

"Die vraag is – voldoen die voorbereiding van werkers in hierdie land aan die eise wat die land het, of bou ons aan ’n akademiese kwalifikasie wat nie verskillende gawes van die kinders van die land in ag neem nie?"

Temba en sy Proteas op die wenpad, maar nog werk lê voor

Chris Heymans
Menings

"En daar vee Suid-Afrika se krieket-Proteas nou die dag vir Indië skoon uit die pad met ’n oortuigende oorwinning in die veels te kort reeks van twee vyfdag-toetse, nogal in Indië – een van die moeilikste plekke vir besoekende spanne om in te wen."

Die Lasarus-effek: Deneys Reitz (1882–1944)

Jannie Pretorius
Visueel

"Deneys Reitz se Commando: a journal of the Boer War, wat in 1929 gepubliseer is (in 1930 in Afrikaans), word wêreldwyd as een van die indringendste en lewendigste ooggetuieverslae van die Anglo-Boereoorlog (1899–1902) beskou."

Die Lasarus-effek: Thomas Ochse Honiball (1905–1990)

Jannie Pretorius
Visueel

"TO Honiball was ’n baanbreker en ’n reus in die Afrikaanse kultuur en kuns, en was veral bekend vir sy ikoniese strokiesprente. Hy is in Cradock, Oos-Kaap, gebore, en sy liefde vir tekenkuns het reeds toe hy ’n jong seun was, in Stellenbosch begin, waar hy op vaal, plat koshuisgrond met ’n stok sketse gemaak het."

Gewildste plasings

Gewildste plasings op LitNet: 26 November tot 2 Desember 2025

LitNet
Als oor LitNet

Hier is die tien gewildste plasings op LitNet vir die week 26 November tot 2 Desember 2025.

Nou op Voertaal

Afrikaners skryf tweede ope brief aan G20: "Verwerp die leuens oor ons vervolging"

Jean Oosthuizen
Voorblad

"’n Groep prominente Suid-Afrikaanse burgers, van wie die meeste as Afrikaners identifiseer, het op 3 Desember ’n tweede ope geskryf en dit dié keer aan die leiers van die G20-lande gerig. Hulle versoek die internasionale gemeenskap om die narratief van 'Afrikaner-vervolging' en 'wit volksmoord' ondubbelsinnig te verwerp."

Ekurhuleni se skandale voor Madlanga-kommissie ontbloot

Jean Oosthuizen
Voorblad

"Die openbaringe voor die kommissies het ernstige vrae laat ontstaan oor die munisipaliteit se bestuur van ’n begroting van meer as R65 miljard en die breër strafregstelsel."

Duisende polisievuurwapens gesteel

Jean Oosthuizen
Voorblad

"Dit is duidelik dat sistemiese probleme binne die SAPD die geweldsmisdaadkrisis dryf, maar die regering fokus steeds op die ontwapening van burgers in plaas daarvan om sy eie wapens te beskerm, het Cameron gesê."

Zuma glo verneder in Moskou te midde van skandaal oor Suid-Afrikaanse mans wat in Oekraïne-oorlog beland

Jean Oosthuizen
Voorblad

"Die Kremlin het hom glo geïgnoreer, hom vergaderings met president Wladimir Poetin en die minister van verdediging, Andrey Belousov, geweier, en hom eerder na ’n junior amptenaar gestuur wat versoek het dat hy sy pleidooi skriftelik indien."

Groot mylpale vir tannie Evita en Pieter-Dirk Uys

Maryke Roberts, Pieter-Dirk Uys
Theater

"Elke dag het sy ups en downs. Optimisme is altyd beter as vrees. Hoe kan jy bang wees vir iets waarvoor jy kan lag?"

Dit zijn de namen: Mabel Malherbe Leeskring se Nederlandse verbintenis (#2)

Monica Hammes
Literatuur

"Gedurende die 85 jaar is 156 Nederlandse boeke bespreek. Sestien hiervan was vertalings uit ander wêreldtale voordat vertaling in Afrikaans op dreef was."

Breyten schrijven #8: Breytenbachs lyriek door de blik van dichters, conversatie met Joan Hambidge

Yves T’Sjoen, Joan Hambidge
Literatuur

"Vir my is die liefdesgedigte van kardinale belang en ek meen dat die debuut die ysterkoei moet sweet ’n besonder belangrike bundel was: die outobiografiese ek, die surrealistiese beelde en die verbeelding wat (in daardie stadium) nog nie beleef is in Afrikaans nie."

Leesimpressie: Vandaag was weer erger dan gisteren door Salih El Saddy

Erik van den Bergh
Literatuur

"'Nog heviger dan heftig.' Zeer aangrijpend, bijzonder toegankelijk geschreven dagboek roept woede op over wat zich in Gaza voltrekt, schaamte over niet-ingrijpen en respect voor de arts die zorgvuldig noteerde wat hij meemaakte in het Al-Shifa-ziekenhuis, 'een plek waar de grens tussen leven en dood vervaagt'."

Leesimpressie: Het aanwezige been door Arnon Grunberg

Erik van den Bergh
Literatuur

"Amusante, kleurrijke en goed geschreven bundel met 24 verhalen. Internationale oriëntatie, brede variatie aan thema’s en veel fraaie zinnen."

Boeke en skrywers

TT Cloete-gedenklesing: Hokkies, hoekies, allerlei brille en paradigmas – TT Cloete en sy lesers

Marius Crous
Seminare en essays

"Die titel van hierdie lesing ontleen ek aan ’n opmerking wat TT Cloete maak in Die ander een is ek (2013), ’n boek wat ek besonder waardeer, omdat dit digters en hulle eksentrieke gewoontes so normaal laat lyk."

Praatjie oor Vlam in die sneeu: U3A Hermanus, 21 Augustus 2017

Francis Galloway
Boeke en skrywers

"Wees goedgesind teenoor Jonker en Brink, die jong geliefdes, en bring hulle so terug in die lewe sonder om hulle in te boks in vooroordele of bespiegeling."

Boekevat met Deborah: Die drie weduwees deur Irma Venter en Nobody’s girl deur Virginia Giuffre

Deborah Steinmair
Boekrubrieke

"Ek wil oor twee boeke skryf. Die eerste is, genadiglik, fiksie – misdaadfiksie. Die tweede is niefiksie, outobiografies en absoluut sielvernietigend."

Napraat, systap of emuleer? Boeiende hulde aan Wilma Stockenström: ’n resensie van Nogmaals vir die bysiende leser

Hein Viljoen
Resensies

"Dit het uiteindelik ’n baie mooi boek geword, vanaf die treffende ontwerp van Christiaan Diederichs (sy laaste ontwerp) op die voorblad tot by die slotgedig deur Ilse van Staden en die teks op die agterblad."

Audi alteram partem – hoor die ander party

Anschen Conradie, Izak de Vries
LitNet25-skrywersberaad

Anschen Conradie het Saterdag 29 November 2025, as ’n spesiale Koker-toekenning, ’n erepenning van die Afrikaanse Taalraad ontvang. In Julie 2025 het Conradie opgetree by die Etienne van Heerden Veldsoiree as deel van die LitNet25 Afrikaanse Skrywersberaad, waar Izak de Vries en lede van die gehoor haar uitgevra het oor haar liefde vir boeke en haar enorme bydrae tot die bemarking van lees.

Koos Prinsloo (1957–1994)

Erika Terblanche
ATKV|LitNet-Skrywersalbum

"Skrywery is baie intiem. Ek sal dinge op papier doen wat ek nie in die geselskap van ander kan doen nie." Lees meer oor Koos Prinsloo se lewe en werk.

Leesstof vir die Kersdae

Koos Kombuis
Boeke en skrywers

Koos Kombuis wens almal ’n goeie feesgety toe en beveel boeke aan wat heerlik lees sonder om ’n moeë brein te irriteer.

Klankbaan deur Stefan Schutte: ’n lesersindruk

Etienne Lombard
Lesersindrukke

"Die verhaal speel af oor een aand in ’n kroeg. Dit is ’n bekende ruimte, amper argetipies, waar mense hul maskers laat sak, waar toevallige ontmoetings dikwels meer onthullend is as beplande gesprekke."

Duifblou deur Mariane le Roux: ’n lesersindruk

Linda Roothman
Lesersindrukke

"Ek beveel Duifblou aan as ’n nuttige gids in die helingsproses van tieners wie se lewens deur trauma ontwrig is."

Persverklaring: Jan Rabie & Marjorie Wallace-Skrywersbeurs 2026 toegeken

LitNet
Boeke en skrywers

Robert Balfour, rektor en visekanselier van die Universiteit van Wes-Kaapland (UWK), kondig met trots aan dat die Jan Rabie & Marjorie Wallace-Skrywersbeurs vir 2026 aan SP Benjamin toegeken is.

Op die redakteur se lessenaar

Op die redakteur se lessenaar: 29 November tot 5 Desember 2025

LitNet
Op die redakteur se lessenaar

Hier is die boeke wat onlangs op die redakteur se lessenaar beland het.

Leefstyl

Pareltjes uit Amsterdam: ART ZOO

Johan Allers
Leefstyl

In hierdie video besoek Johan Allers ART ZOO, ’n projek deur Jaap Sinke en Ferry van Tongeren wat onder die kollektiewe naam Darwin, Sinke & van Tongeren (dikwels afgekort as DS&vT) sake doen.

Vannie wal, af: ’n teaterresensie

Dianne Du Toit Albertze
Teater

"Tog weet mens een ding as jy die stuk klaar beleef het: Harris is hier om te bly. Ons spoel saam weg op die Eersterivier na dieper water, na stiller grond. Vannie wal, af los ons met die vraag: Wat bly oor van ons sonder die liefde?"

Ses dinge djy’t by It’s boogie time ge’miss!

Tasneem Daniels
Teater

"By It’s boogie time is Ree Cornelius my niewe boogie champion, want hy’t ’n leqqa 'Copacabana'-opening number vi ôs gesing, met back-up dancers wat Lolla, Tony en Rico impersonate met yellow feathers en do the cha-cha en alles oppie stage!"

Die potensiële konflikkoek

Rita le Grange
Leefstyl

"Ek kan sien sy het iets dringend op die hart. Sy fluister geheimsinnig dat die koek toe nie lyk soos ek gevra het nie."

Boas’e kom in Mei

Nelanie van Schalkwyk
Leefstyl

"In geloof het ek ’n boekie nader getrek en elke week ’n brief geskryf vir my koning wat sou kom. Die Boas wat ek nog nie ken nie, maar my begeerte was reeds na hom."

Kinkels in die kabel

René Brits
Leefstyl

"My broer het my verras met my droommotor, ’n spierwit Rolls-Royce. Alles was net perfek en alles het perfek uitgewerk. Natuurlik moes daar egter ook kinkels in die kabel wees!"

Nuwe skryfwerk

Born again in an Uber ride

Keamo Koenaite
New writing

"The driver was a youthful man with a very hairy back, which I could see through the slight space his shirt left. Thobani was the guy’s name. He was cool. Very hairy, but very cool." This short story was completed during the Kommadagga workshop and residency at Paulet House in KwaNojoli in the Eastern Cape. The workshop was presented by the Jakes Gerwel Foundation in cooperation with LitNet and Huisgenoot.

Die maan kom saam

Thérèse Fensham
Fiksie

"Sy pa vou sy arms knus om Akili se skouers, hou hom styf vas nes sy ma, en hul boot vaar aan en aan, al hoe nader aan hul nuwe land, vaar en vaar sag, swewend in die blink baan van die maan op die see."

Om weg te breek

Hannes Stander
Fiksie

"Sy sug. 'Mens moet darem jou followers op hoogte hou van jou shenanigans, of hoe?' Sy knipoog skalks. 'Ek gaan dit hashtag as "Om weg te breek van dit alles".'"

Afrikaner?

Chris Botha
Poësie

"hierdie kant of daardie kant val ek heeltemal uit
ek’s ’n my-pa-Afrikaner, niemand anders se buit"

Klein weerlose

Marne Marais
Poësie

"Aan my rug kant sal jy veilig bly
Klein weerlose kind
Vir jou sal ons ’n warm huisie moet vind."

Vergifnis

Anoniem
Poësie

"spaar jou eie tyd
en ontevredenheid
draai die spieëltjie
op die lewe"



Konklusie of gevolgtrekking? Kontradiksie of teenstrydigheid?
LitNet Akademies wil navorsers graag help om meer gespierde Afrikaans te skryf.

KONTAK

litnet@litnet.co.za

021 887 0212


© 2025 LitNet. Alle regte voorbehou | All rights reserved