|
|
- ISSN 1995-5928 - Ingesluit LitNet Akademies
|
|
Nuusbrief 1075
07/11/2025
|
Krities Afrikaans
|
 |
|
Uitgewer: Pharos
ISBN: 9781868902576
Hierdie tweetalige woordeboek (Afrikaans-Engels | Engels-Afrikaans) is ’n splinternuwe, kompakte naslaanwerk wat ontwerp is vir vinnige toegang tot hedendaagse taalgebruik. Taalleiding sluit lettergreepverdeling, woordsoorte, verbuigings en genommerde vertalings in. Met meer as 17 000 Afrikaanse en Engelse trefwoorde, asook sowat 10 000 afleidings wat die hedendaagse Suid-Afrika weerspieël, is dit ’n moderne bron wat die dinamiese aard van beide tale vasvang.
|  |
|
 |
Graad 9: Natuurwetenskappe-vraestel en memo, derde en vierde kwartaal
LitNet
Notas, toetse en vraestelle
Is jy in graad 9 en het jy krag vir die eksamen? Van krag gepraat: In hierdie gratis oefenvraestel en memorandum deur Rouxlyn Botha is daar oefeninge oor elektrisiteit en stroombane – en die res van die werk wat jy vir jou eksamen moet hersien. Begin sommer nou voorberei en daar sal vir jou ’n lig opgaan sodat jy die werk beter sal verstaan!
|
 |
Graad 10: Wiskunde-vraestel en memo, vierde kwartaal
LitNet
Notas, toetse en vraestelle
Is jy in graad 10 en skryf jy binnekort Wiskunde-eksamen? Jy kan gerus hierdie gratis oefenvraestel en memorandum deur Lee-Ann Langeveld aflaai en saam met Jan in die voorbeeldsom uitwerk wat die koste is van ’n skootrekenaar wat hy vir skool benodig. Daar is natuurlik ook baie ander oefenvoorbeelde. Voorspoed met die voorbereiding!
|
 |
Graad 11: Wiskunde-vraestel en memo, vierde kwartaal
LitNet
Notas, toetse en vraestelle
Is jy in graad 11 en skryf jy binnekort Wiskunde-eksamen? Dan moet jy gou uitwerk wat die waarskynlikheid is dat Leslie en sy vriende vandag gaan fliek en of hulle eerder gaan branderplankry. Daar is ook nog meer oefenvoorbeelde in hierdie gratis vraestel en memorandum deur Lee-Ann Langeveld. Werk die vraestel uit en vaar goed in jou Wiskunde-eksamen! Binnekort is dit vakansie.
|
 |
Persverklaring: Erfenisstigting en Akademia ontsluit saam kennisskatkis
LitNet
Akademies en skole
Die samewerkingsooreenkoms beteken dat Akademia se nuwe akademiese programme – veral in geskiedenis en verwante studierigtings – nou regstreeks by hierdie unieke hulpbronne kan baat vind. Vir studente en dosente ontsluit dit ’n ryk, geïntegreerde navorsingsomgewing waar teorie en oorspronklike materiaal mekaar aanvul.
|
 |
Persverklaring: Prestasieprys van die Van Ewijck-Stigting weer beskikbaar
LitNet
NeerlandiNet
Daar kan weer aansoek gedoen word vir die Van Ewijck-Stigting se Prestasieprys van R100 000. Dit is ’n prys vir bewese prestasies wat reeds gelewer is en verband hou met die doelstellings van die Stigting, naamlik om die kulturele betrekkinge tussen Suid-Afrika en Nederland in die ruimste sin te bevorder. Dit sluit alle vertakkinge van die kunste of wetenskap in.
|
 |
So het hulle gelyk: Eugène Marais (1871–1936)
Jannie Pretorius
Visueel (Oktober 2025)
"Min Afrikaanse skrywers het oor die jare soveel durende aandag as Eugène Marais ontvang. Hy was ons eerste groot digter, en agt van sy gedigte is deur André P Brink in Groot verseboek van 2000 opgeneem. Wie weet nie van 'Winternag' en 'Die dans van die reën' nie?"
|
 |
Uitdrukkingsvryheid
Marianne Thamm
LitNet25-skrywersberaad
"Die inligtingsekosisteem in hierdie tyd van die algoritmes en gekonsentreerde media-eienarskap het verander van ’n passiewe infrastruktuur vir kommunikasie in die laat 1990’s tot ’n aktiewe wapen vir aanvalle op medemense, magsug en disinformasie in die 2000’s."
|
 |
Die 5de Swart Afrikaanse Skrywersimposium: Die voortgesette tersaaklikheid van ’n intellektuele tradisie
Luan Staphorst
Menings
"'Swart' kan in dié opsig ’n beweegruimte skep waarin die diskoers rondom Kaaps as 'onafhanklike bruin taal' produktief teengewerk kan word. Dit was in hierdie opsig ook opvallend dat die kernvoorstanders van die Kaaps-as-onafhanklike-bruin/Kullit-taal-diskoers nié by SAS5 teenwoordig was nie, ten spyte daarvan dat vele van daardie individue op die een of ander wyse aan UWK verbonde is en aan vorige simposiums deelgeneem het."
|
 |
Skeppende KI se uitdagings en oplossings vir akademiese vaktydskrifte
Burgert A Senekal
Universiteitseminaar
"Dit is ’n uitdaging vir vaktydskrifte om KI-geskepte manuskripte te identifiseer, omdat die betroubaarheid van die tydskrif op die spel is. Dit is egter nie genoeg om op die integriteit van skrywers te vertrou of hulle te laat verklaar wanneer hulle KI-hulpmiddels ingespan het nie, want in enige stelsel waar ’n vorm van geldelike beloning aan uitsette gekoppel is, sal mense ’n kortpad na sulke uitsette vind."
|
 |
Narratief-gebaseerde geneeskunde: enkele opmerkings
Handré Brand
Seminare en essays
"Persoonlike narratiewe van pasiënte vorm ’n kernbelangrike deel van doeltreffende gesondheidsorg, hetsy of dit binne die spreekkamer as ’n intervensie gefasiliteer word, of buite die spreekkamer deur middel van ekspressiewe verhaalskrywing of dramatisering verkry word."
|
 |
So het hulle gelyk: ID du Plessis (1900–1981)
Jannie Pretorius
Visueel
"'Rietfontein' van ID du Plessis was die eerste gedig wat jare gelede aan my begin kleef het. Dit is volledig opgeneem in ons Afrikaanse handboek in matriek – in 1981. Daar was vir my iets magies, dramaties en boeiend aan dié ballade."
|
 |
So het hulle gelyk: Jan FE Celliers (1865–1940)
Jannie Pretorius
Visueel
"Daar is weldeeglik oor Jan FE Celliers geskryf. Ek wil daarom kortliks op sy omvangryke oorlogsdagboek fokus. Hierdie dagboek, in Nederlands geskryf, het my oor die jare groot plesier verskaf."
|
 |
Elders gesien: Ons stem – die vergete meerderheid
Elzida Becker
Elders gesien
"Ons is die gewone Suid-Afrikaners. Ons lyk verskillend, ons klink verskillend, ons aanbid verskillend, en tog deel ons meer as wat ons verskil. Ons is ouers, ons het ouers, ons werk, ons leef, en al wat ons wil hê, is kos op die tafel, ’n dak oor ons kop en vrede in ons huis. Ons is die mense wat nie op Twitter baklei nie, wat nie verklarings teken nie, wat nie aan protesoptogte deelneem nie. Ons is moontlik die meerderheid, maar ons stem word selde gehoor."
|

|
 |
’n Afrikaanse skrywer in die Lae Lande: oor skrywerspolitiek, die oorgang van die tye en ’n vertaalde lewe
Yves T’Sjoen, Etienne van Heerden
Literatuur
"Op universiteit het ek gesit en luister na WEG Louw wat Kloos, Nijhoff, Holst, Perk en ander met ’n gedrae stem voordra tydens die bedompige, warm somersmiddae van die jare sewentig, met Afrika se sonbesies wat buite die lesingsaal se vensters sing en die studente wat swetend en tjoepstil sit en luister. Louw se voorlesings van die Tagtigers se pragtige sonnette het my as bloedjong eerstejaarstudent getref nes die film Woodstock of Jimi Hendrix my ’n dwarsklap gegee het – glo my vry, dit was ’n kulturele ingryp in my brose psige. Ek het gedink hulle – Perk en Kloos en dié snare – is baie cool." Yves T’Sjoen gesels met Etienne van Heerden.
|
 |
DA eis antwoorde oor Ramaphosa se nefie
Jean Oosthuizen
Voorblad
"Die SOE se jongste optrede het ook opslae gemaak toe hulle op 9 Oktober Maumela se luukse Sandton-herehuis deursoek en ’n vloot Lamborghini’s, kunswerke en selfs ’n speelgoed-Range Rover gekonfiskeer het."
|
 |
Voorkamerfees oorbrug kultuur, genres en grense
Maryke Roberts
Cultuur
"Wat in September 2003 met vyf verskillende roetes begin het en 350 besoekers gelok het, het vanjaar 1 300 besoekers oor sewe roetes gelok. Altesaam 68 kunstenaars het in 21 verskillende aanbiedinge in huise bo en onder die treinspoor, met of sonder fênsie voorkamers, opgetree."
|
 |
’n Bloem-boekklub raak BookBedonnerd: ’n besoekersindruk deur die Bloem Boek Kartel
Annamarie du Preez
Feeste
"Die punt is: Daar is mense soos Darryl David. En Harrie en Abrie van Mapsa. Wat na ’n plek soos Richmond kyk en ’n ding daar raaksien. En wat werk om daai ding te laat gebeur. Oor jare. Met moeite. Met passie, en deursettingsvermoë. Met soms meer en soms minder geld. Wat aanhou glo die mense sal kom. En die mense kom. En die mense vier."
|
 |
HA Fagan (1889–1963)
Erika Terblanche
ATKV|LitNet-Skrywersalbum
"Ek voel dankbaar dat ek lank genoeg gelewe het om die Afrikaner in sy stryd om erkenning en gelykberegtiging van homself, sy taal, sy kultuur, en sy tradisies te sien seëvier. Nou bly my nog die een bede oor: mag hy hom in die oorwinning net so groot en edel toon as in die stryd." Lees meer oor die lewe en werk van HA Fagan in die ATKV|LitNet-Skrywersalbum, saamgestel deur Erika Terblanche.
|
 |
Fading footprints: In search of South Africa’s first people by José Manuel de Prada-Samper: a book review
Luan Staphorst
Books and writers
"The first chapter also provides a vivid portrait of a cultural, linguistic and continental outsider’s journey to this most enigmatic of collections. That he is further unafraid of discussing his own missteps relative to working with the material, and of reflecting on major personal events that tie in with his research, such as his father’s passing from cancer while trying to start an academic career, marks this section as particularly moving."
|
 |
Pareltjes uit Amsterdam: Jannie du Toit in Amsterdam
Johan Allers
Leefstyl
Oudkorrespondent Johan Allers woon al vir langer as drie dekades in Amsterdam. Nou afgetree, spring hy gereeld op sy fiets op soek na nuwe en ou pareltjes uit Amsterdam. In die volgende video spring hy saam met Jannie du Toit in ’n motor. Hulle soek na parkeerplek terwyl hulle gesels oor musiek, taal, fietse, kitare en linkerstuurmotors.
|
 |
Persverklaring: Joalette vat weer die pad met haar potjie deur Namibië
LitNet
kykNET Portaal
Ná ’n geurige eerste seisoen is Op pad met my potjie terug vir nog heerlike avonture vanaf Vrydag 28 November 18:30 op kykNET (DStv-kanaal 144) – en dié keer verken Joalette de Villiers ander dele van Namibië. Sy reis verder en dieper die land in om nog meer unieke gemeenskappe, plekke en potjies te ontdek.
|
 |
Seen elsewhere: I spent three days in Salzburg
Luna Paige
Lifestyle and entertainment
"What an interesting and peaceful place. There is a strange quiet about this city that caught me off guard. It almost feels as if one is walking in an old movie set in a studio mimicking a city."
|
 |
Die vlugteling
Stefaans Coetzee
Fiksie
"Ek maak aantekeninge, deel die mans in groepe in: Vlagswaaiers, die spreekwoordelike Facebook-warriors. Baksteenskieters, mans wat moontlik sal oorgaan tot aksie, maar nét onder die invloed van drank en groepsdruk, en nét sabotasie."
|
 |
Die boerbok in die kombuis
Nato Zondagh
Fiksie
"Sowat twintig minute verloop voor die dokter se swierige kar in ’n stofwolk op die werf stilhou. Intussen hervat die vrou haar breiwerk. Sy oordink wat haar man gesê het. Sy is nuuskierig. Loop kombuis toe. Sy deins vervaard terug wanneer sy die boerbok sien wat op sy agterpote teen die muur aanleun."
|
 |
Skyndood
Ansie Nel
Poësie
"Lig op jou kop; al gryns jy, glimlag.
Ons sterf een keer, leef elke dag."
|
 |
verlore skapie
Driekie Grobler
Poësie
"daar skuil onrus in jou oë
en weerstand in jou mond"
|
 |
My winkel
Jacques Wessels
Poësie
"hoe nou gemaak
tussen so ’n verhewe lus
en die broodnodige familiekos?"
|

Konklusie of gevolgtrekking? Kontradiksie of teenstrydigheid?
LitNet Akademies wil navorsers graag help om meer gespierde Afrikaans te skryf. |
|