|
|
- ISSN 1995-5928 - Ingesluit LitNet Akademies
|
|
Nuusbrief 1058
11/07/2025
|
Krities Afrikaans
|
LitNet: Mens versus masjien |
 |
|
Skrywer: Jan Vermeulen
Uitgewer: Lapa
ISBN: 9780637007726
Kya Rothman het nog altyd haar diamanthalssnoer as haar kosbaarste besitting beskou. Haar ouers het dit met haar geboorte vir haar gegee, en die legende sê dat dit vervloek is. Kya het nooit veel waarde aan die stories geheg nie, selfs nie toe haar ma die dag ná haar geboorte oorlede is nie – die dag nadat haar pa die diamant gekoop het. Maar wanneer haar pa vals beskuldig word van die moord op sy beste vriend en hul lewens in duie stort, begin Kya wonder of daar dalk meer aan die legende is as wat sy gedink het.
|  |
|
 |
Trump-tariewe en die sitrusbedryf
Freek Robinson, Gerrit van der Merwe
Onderhoude
VSA-president Donald Trump het vandeesweek ’n 30%-tarief op alle Suid-Afrikaanse uitvoere na die VSA aangekondig wat vanaf 1 Augustus in werking tree. Freek Robinson gesels met Gerrit van der Merwe, bestuurshoof van Summer Citrus in Citrusdal, oor die Suid-Afrikaanse sitrusbedryf.
|
 |
Israel toets ons geloof
Riku Lätti
Menings
"Hoe dit ook al sy, my vriend vertel dat sekere Afrikaners hulle met die volk van Israel vereenselwig in die sin dat hulle ook hulself as 'uitverkore' wil bestempel."
|
 |
Wat sê Bettina? Verpligte diensplig en soldate se trauma
Bettina Wyngaard
Rubrieke
"Sou ons land anders wees as daar as deel van die WVK se verrigtinge ’n aanbeveling gemaak word dat almal wat in oorlog betrokke was, aan weermagkant en aan vryheidsvegterkant, vir verpligte gratis terapie moes gaan?"
|
 |
Pareltjes uit Amsterdam: Susan Coetzee-van Rooy van die Zuid-Afrikahuis
Johan Allers
Menings
Susan Coetzee-van Rooy het in Junie vanjaar by die Zuid-Afrikahuis-span in Amsterdam aangesluit. Susan is die eerste Suid-Afrikaanse direkteur van hierdie kultuur- en kennissentrum. Sy vertel vir Johan Allers meer oor haar passie vir tale en hoe sy haar pad na die Zuid-Afrikahuis op Keizersgracht gevind het.
|
 |
Die Johann Rossouw-gespreksreeks: Reisjoernaal
Johann Rossouw
Seminare en essays
"Toe ’n Europese reis my die eerste maal beskore word – na Parys, Frankryk van 5 tot 31 Desember 1994 – was dit ’n soort tuiskoms. Jy moes soontoe reis om, soos soveel andere voor jou, agter te kom jy is meer van hiér, van Afrika, as van dáár; en jy moes soontoe reis om ook te besef dat jy tog in ’n mate daar tuis voel."
|
Gewildste plasings op LitNet |
 |
Salsify, die see en die magiese getal ses
Maryke Roberts
Culinair
"Vanjaar beproef ons die bekroonde Salsify at The Roundhouse, wat ’n paar weke voor ons besoek aangewys is as die Eat Out-restaurant van die jaar; drie sterre behaal het; en by die Luxe Restaurant-toekennings ook drie sterre behaal het. Ons verwagtinge is in alle opsigte oortref."
|
 |
Uitnodiging: Joan Hambidge in gesprek met Antjie Krog
Voertaal
SASNEV
Graag nooi ons u uit na die volgende Orde van den Prince-byeenkoms wat in samewerking met SASNEV aangebied word. Joan Hambidge tree in gesprek met Antjie Krog oor haar outobiografiese roman Binnerym van bloed, wat in Mei 2025 gepubliseer is.
|
LitNet se Kommadagga-slypskool |
Etienne van Heerden Veldsoirée 2025 |
 |
Deel in die vreugde van die ATKV-Skryfskool
LitNet
Etienne van Heerden Veldsoirée
Hierdie kort video toon grepe uit 2024 se ATKV-Skryfskool toe Bernard Odendaal en Hans du Plessis die leiers was. Vir slegs R380 kan jy die kursus bywoon, en boonop is alle gespreksessies tydens die Etienne van Heerden Veldsoirée 2025 gratis vir deelnemers aan die ATKV-Skryfskool.
|
Die LitNet25 Afrikaanse Skrywersberaad |
 |
Selfportret met stellings
Jaco Fouché
LitNet25-skrywersberaad
"Eendag sal jy in jou vyftigs wees en uiteindelik glo mans huil nie, eenvoudig omdat huil nie help nie en dis hartverskeurend."
|
 |
Boekevat met Deborah: Die dood van Rachel April en Die boekengel
Deborah Steinmair
Boekrubrieke
In hierdie week se aflewering skryf Deborah oor Die dood van Rachel April deur PP Fourie as "’n heerlike literêre riller oor die kunswêreld en die leefwêreld van voorheen benadeelde jongmense in ’n nuwe bedeling, oor identiteit en tuishoort"; en oor liefdesverhale waarvoor mens nie jou neus hoef op te trek nie, soos Die boekengel deur Malene Breytenbach, al weet mens reeds "die sluimerende liefde [gaan] bot soos ’n roos."
|
 |
Die moord op Deveney Nel deur Julian Jansen: ’n resensie
Carla van der Spuy
Resensies
"Hierdie boek is nodig. Met die lees daarvan het ek egter besef dat dit eerder ’n nuttige handleiding vir ouers en die gemeenskap is oor die gevaartekens wat geweldsmisdaad voorafgaan as ’n boek oor die persoonlike besonderhede van Deveney."
|
 |
Eveleen Castelyn (1928–2004)
Erika Terblanche
ATKV|LitNet-Skrywersalbum
"Vir my is dit harde werk om te dig. ’n Gedig volg sy eie stadige proses. Vandat ’n gevoel of indruk in digvorm by my opkom, neem dit dae of selfs weke van oor en oor tik tot ’n gedig na my sin is." Lees meer oor Eveleen Castelyn se lewe en werk in die ATKV|LitNet-Skrywersalbum, saamgestel deur Erika Terblanche.
|
 |
Afrikaanse resensies en boekgesprekke in Junie 2025
PEN Afrikaans
PEN Afrikaans
Hier is PEN Afrikaans se oorsig van Afrikaanse resensies wat in Junie 2025 verskyn het en digitaal beskikbaar is. Daar is ook skakels na boekbesprekings of -gesprekke en voorlesings wat op die radio of TV uitgesaai is.
|
 |
Uitnodiging: Boekbespreking van Karooseun van Vosburg deur Franklin Sonn
LitNet
Boeke en skrywers
Sluit aan by die bekendstelling van Franklin Sonn se indrukwekkende outobiografie, Karooseun van Vosburg, tydens ’n gesprek met Michael le Cordeur by Oude Leeskamer in Stellenbosch op 23 Julie 2025. Die boek vertel van hierdie vryheidsvegter-ikoon se vormingsjare in Queenstown in die Oos-Kaap, ná sy geboorte in Vosburg in die Karoo in 1939. Moenie hierdie merkwaardige geleentheid misloop nie.
|
Op die redakteur se lessenaar |
 |
Kunsmatige-intelligensie-Jesus-kletsbotte se uitdaging vir teologie: ’n verkennende studie
Anné Hendrik Verhoef
LitNet Akademies (Godsdienswetenskappe)
"’n Teologiese uitdaging wat KI skep en wat nog nie aangespreek is nie, is die bekendstelling van verskeie 'Jesus-kletsbotte', soos AI Jesus en Virtual Jesus. Die teologiese uitdaging wat hierdie kletsbotte bied, is uniek en waarskynlik die belangrikste KI-verwante kwessie vir teologie: Hulle boots nie ’n mens na nie, maar vir God."
|
 |
Verbode gedagtes in stereo by die Vrystaat Kunstefees 2025: ’n onderhoud met Jani Marais
Maryke Roberts, Jani Marais
Teater
"Verbode gedagtes in stereo is ’n verhaal van een vrou se ongesensureerde, ongeredigeerde ervarings, maar is ’n stem vir almal; ’n klankbord waar mense kan besef hulle is nie stukkend nie, hulle is nie siek nie, hulle is mens, en menswees is nie romanties nie." Maryke Roberts gesels met Jani Marais oor dié toneelstuk.
|
 |
Bacchus tot Bekker by die Vrystaat Kunstefees 2025: ’n onderhoud met Amore Bekker
Maryke Roberts, Amore Bekker
Teater
Een van die ligter vertonings by vanjaar se Vrystaat Kunstefees wat van 15 tot 19 Julie in Bloemfontein gehou word, is Bacchus tot Bekker, met die nimlike radiopersoonlikheid van RSG-faam, Amore Bekker. Sy gesels hier met Maryke Roberts: "Dit was ’n vuurdoop. Teater gaan oor dissipline en konsentrasie."
|
 |
Semi-soeter (Netflix) is semi-bitter
Réney Warrington
Film
"Semi-soeter is eerstens ’n generiese romkom. Die geykte Hollywood-resep is daar. Die mense en die Kaap is mooi. ... Die spelers het almal hope talent, niemand mompel nie, en hier en daar styg hul vertolkings bo die draaiboek uit. As Hélène Truter uithaal en wys, dan luister jy. Dit is egter omtrent waar die goeie nuus eindig."
|
 |
Persverklaring: Die Hulde aan helde-reeks by die Vrystaat Kunstefees 2025
LitNet
Feeste
Kom vier die lewens en bydraes van drie ikoniese figure in die Afrikaanse letterkunde en teater: Peter Blum (met Henning Pieterse en Andries Visagie in gesprek), Corlia Fourie (in gesprek met Leana Lategan) en Nico Luwes (in gesprek met Anthea van Jaarsveld) by die ATKV Boeke-oase, UV-kampus, tydens die Vrystaat Kunstefees in Bloemfontein op 15, 17 en 18 Julie 2025.
|
 |
Animal Farm
Martiens Labuschagne
Poësie
"Alles verrot
Alles kapot
Alles bevreesd verenig
onder die soeklig"
|
 |
Stilte
Jeanne Henning Els
Poësie
"waar tarentale
teen sonsondergang
in die populierbome kwetter"
|
 |
Kameruil
Zebulon Kochk
Poësie
"Ek voel nes ’n witkruisarend
wat kronkel met swiers"
|
 |
Ouma Foenie
Janica Flink
Poësie
"Jou sitplek is leeg;
ek mis jou elke dag nog meer.
Dankie vir jou bakbroodresep –
ek sal dit met my hart bedek."
|

Konklusie of gevolgtrekking? Kontradiksie of teenstrydigheid?
LitNet Akademies wil navorsers graag help om meer gespierde Afrikaans te skryf. |
|