|
|
- ISSN 1995-5928 - Ingesluit LitNet Akademies
|
|
Nuusbrief 1025
07/11/2024
|
Krities Afrikaans
|
LitNet: Hoekom so ingewikkeld?
|
 |
|
Skrywer: Carina Stander
Uitgewer: Protea Boekhuis
ISBN: 9781485313601
Die moed loop hoog wanneer die twintigjarige Eron Verberger en sy pa, Gibor, saam met ’n skip terugkerende vlugtelinge vanaf die toevlugshawe in Afrika na hul vaderland, Gabriëllië, vaar. As honderdste Bergengel is Eron ’n visionêre versetleier en gewilde intellektuele rebel, maar hy word tot die uiterste getoets wanneer dit blyk dat die ou voorspellings oor die Uitdooftyd waar word.
|  |
|
 |
Troep: Die kleingeskiedenis van ’n oorlog
Freek Robinson, Bun Booyens
Onderhoude
Bun Booyens is die samesteller en redakteur van Troep: Die dinge wat hulle saamdra. Hy vertel aan Freek Robinson hoe hy te werk gegaan het om gewone mense se stories na te speur en om seker te maak dat ’n groot aantal mense se eie oorlogstories in hierdie boek opgeneem word.
|
 |
Die onsigbare deur PJO Jonker: ’n LitNet Akademies-resensie-essay
Chris van der Merwe
Resensies
"'Uit Afrika altyd iets nuuts' – so lui ’n ou Romeinse gesegde. Dit sou ’n mens ook van die Afrikaanse letterkunde kon sê. In ’n literêre landskap oorgroei met misdaadromans het daar so pas ’n debuutroman verskyn wat nuut en anders is: Die onsigbare van PJO Jonker. Vir my ’n verademing."
|
 |
KI en kopiereg: kreatiewe skryfwerk van die masjien versus kreatiewe skryfwerk van ’n mens
Willem Krog
Kunsmatige intelligensie | Artificial intelligence
"Wat is kreatiewe skryfwerk egter anders as scraping? Skrywers scrape die taalreëls, skryfreëls, woordeboeke, ander boeke, die internet en wat ook al om kreatiewe werk te produseer. Mondelinge oorlewerings word ook gescrape vir idees in skryfwerk. Wat doen KI dan anders? Gebruik ek as skrywer nie bloot gereedskap in die vorm van ChatGPT om hierdie scraping vir my te doen nie?"
|
 |
Kinderboeke deur kunsmatige intelligensie geskep?
Jaco Jacobs
Elders gesien
"Gebruik KI vir pret, maar koop vir jou kinders boeke wat deur regte, egte skrywers geskryf en deur regte, egte illustreerders geïllustreer is. Hulle is immers regte, egte lesers wat regte, egte boeke verdien."
|
 |
’n Huldeblyk aan Mellet Moll
Diana Ferrus
In memoriam
"djy was daai ou, het lekke’ in science en poetry
gebaljaa’, djy het presies soos ’n scientist
en diep soes ’n poet geskryf
ek dink’ie djy het writer’s block gekry nie
ek sien net discipline"
|
 |
Spore: Hans du Plessis (1945–2024)
Franci Greyling
In memoriam
"Hans het nooit 'afgepraat' nie; ’n mens is as’t ware saam op reis geneem deur ’n ervare toergids. Hy het altyd die onervarenes saamgenooi."
|
 |
The spirit of leadership by Reuel J Khoza: a review
Barend van der Merwe
Books and writers
"This is a deeply religious book, but it is so much more than that. Khoza reflects on a wide range of topics, such as the Atlantic slave trade, missionaries in Africa, the 1976 Soweto riots, Steve Biko and the Black Consciousness Movement, the South African transition to democracy, and leaders such as King Moshoeshoe, Thabo Mbeki and Nelson Mandela."
|
 |
Ons biblioteke: ’n onderhoud met René Schoombee
Braam Peens, René Schoombee
Boeke en skrywers
"Ek is die trotsste op hoe ons Durbanville Biblioteek getransformeer het in ’n sosiale kern wat mense van alle ouderdomme en agtergronde bymekaarbring. Om te sien hoe die biblioteek gegroei het van ’n plek waar boeke uitgeneem word na ’n plek waar werklik ’n verskil in die gemeenskap gemaak word." Hierdie onderhoud met René Schoombee is die tiende aflewering oor ons biblioteke.
|
 |
Blake gesels oor sy Jopie-boek by die Breytenbach Boekklub
Albert Blake, Evert Kleynhans, Engela Duvenage
Skrywersonderhoude
"Die meerderheid Suid-Afrikaners sal nie weet wie Jopie Fourie is nie. Daar is ook mense wat die omstrede gebeure onder die mat inskuif en vra waarom ons in 2024, in ’n land vol probleme, moet delf in die verlede."
|
 |
Quinn se jaar van kwik: ’n onderhoud met Zelda Bezuidenhout
Naomi Meyer, Zelda Bezuidenhout
Skrywersonderhoude
"Op ’n manier maak dit nie saak wat later in jou lewe gebeur nie, jou hoërskooljare word ’n soort bloudruk vir jou lewe. Dis waarom elke jeug- of jongvolwassene-boek wat ek skryf dieselfde subliminale boodskap dra: Jy is oukei net soos jy is!"
|
 |
Photo gallery of Featherston Booktown, New Zealand
Darryl David
Books and writers
Darryl David is the organiser of numerous book festivals in South Africa. This year, he delivered the keynote address at the biennal conference for the International Organisation of Booktowns in New Zealand at the national Featherston Booktown, which is an hour’s drive from Wellington. He shares some of his photos of the visit to New Zealand with LitNet’s readers.
|
 |
Topsy Smith (1914–1985)
Erika Terblanche
ATKV|LitNet-Skrywersalbum
"Ophou skryf, sal ek nie maklik nie en selfs die hartoperasie sal my nie langer as wat nodig is van my pen en papier weghou nie." Lees meer oor Topsy Smith se lewe en werk in hierdie ATKV|LitNet-Skrywersalbum, opgestel deur Erika Terblanche.
|
 |
Persverklaring: LAPA-Jeugromankompetisie 2025
LAPA Uitgewers
PRH/LAPA-Uitgewersportaal
LAPA nooi graag alle skrywers en voornemende skrywers uit om al daai wonderlike stories wat die wêreld vol lê, op te raap, neer te skryf en met ons en ons lesers te deel. Jy het meer as ’n jaar tyd om seker te maak jy kom in aanmerking vir een van die fantastiese pryse ter waarde van R60 000. Inskrywings sluit 30 November 2025.
|
 |
Press release: Winners of the 2024 Sunday Times Literary Awards announced
LitNet
Books and writers
The winners of the annual Sunday Times Literary Awards were announced in Johannesburg on 31 October 2024, where author Jonny Steinberg was the recipient of the Sunday Times Non-Fiction Award for his work Winnie and Nelson: Portrait of a marriage (Jonathan Ball Publishers). Andrew Brown received the Sunday Times Fiction Award for The bitterness of olives (Karavan Press).
|
 |
Karnaval van die diere: die skrywende waterkewer eerder as die jollie bobbejaan
Willie Burger
SeminaarKamer, OuLitNet (2005)
"Deur op enkele temas in die roman te fokus, word daar gepoog om meer aandag op die roman te vestig en minder op ’n politieke debat buite die roman om. Wanneer meer aspekte van die roman ondersoek word as bloot die verhaalgebeure, blyk dit dat ’n 'histories-politieke' interpretasie ook veel meer genuanseerd behoort te wees."
|
 |
Hoe dit gekom het dat ek Poppie geskryf het
Elsa Joubert
SeminaarKamer, OuLitNet (2004)
"Ek dink waarom die boek ’n groot impak gehad het, was dat amper elke leser geweet het wat daar staan, is die waarheid. Selfs ’n Poppie of ’n Stone of boetie Hoedjie of Plank nie net geken het nie, maar op sy erf had."
|
 |
Kennis van sensuur
André P Brink
SeminaarKamer, OuLitNet (2004)
"Wat is, te midde van dit alles, die heel moeilikste?
Om met elke boek wat jy skryf in die diepste diepte van jou gewete te probeer luister na wat daardie boek self vir jou sê oor hoe hy geskryf wil en moet word: om nie enigiets sagter te stel om volgende keer by die sensors te probeer verbykom nie; maar om ook nie moedswillig enigiets stérker te stel net om hulle uit te tart nie. Want skryf is ’n donners moeilike – en gevaarlike – ambag. En as jy nie bereid is om dáármee eerlik te wees nie, moet jy liewer nooit die pen opneem nie."
|
Op die redakteur se lessenaar |
 |
Hoe Trump die Withuis gewen het
André-Pierre du Plessis
Menings
Die vingerwys het begin. Binne-in die Demokratiese Party word ieder en elk blameer vir Kamala Harris se nederlaag. Maar die Amerikaanse burger André-Pierre du Plessis argumenteer almal móés sekerlik Donald Trump se terugkeer as Amerikaanse president verwag het.
|
 |
The morning after
JL Powers
Opinion
"For all you South Africans reading this, I hope you cheer us on over the next four years as we Americans – we sometimes foolish and arrogant, but also generous and kind, Americans – learn these incredibly valuable lessons. I’m standing strong for hope, change and generosity of spirit."
|
 |
D-Dag
Egmont Sippel
Menings
"Maar Musk is die vuurpyl wat Trump tot in die Withuis wil turbo."
|
 |
Bela-wet: Op ’n heuwel daar ver
Heindrich Wyngaard
Menings
"En dit is wat gelei het daartoe dat die land Dinsdagoggend ’n oranje-gekleurde, eietydse Groot Trek (opmars, saamtrek) uit die uithoeke van die land, op ’n heuwel met ’n uitsig oor die hoofsetel van die RNE, gade geslaan het."
|
 |
Die toename in die verspreiding van disinformasie in Afrika
Fanie Herman
Menings
"In die laaste sewe jaar het 300 miljoen Afrikane toegang tot sosiale media verkry. Daar is tans meer as 400 miljoen aktiewe sosialemediagebruikers en 600 miljoen internetgebruikers op die kontinent. Afrika is ’n kontinent wat toenemend van sosiale media gebruik maak om inligting te bekom en te versprei."
|
 |
Die sepiewêreld is armer sonder Danie Odendaal
Leon van Nierop
In memoriam
"Danie het presies verstaan hoe om die regte akteur vir ’n rol te kry, praatbare, gemaklike, dikwels spitsvondige dialoog vir daardie akteur te skryf (of te laat skryf), en die karakters deurgrondelik deel van die volkskultuur te maak. Afrikaanse televisie sou soveel armer gewees het sonder 7de laan."
|
 |
Wie’s baas op die RNE-plaas?
Heindrich Wyngaard
Nuusvinke
"Hierdie 'enkele kompromis' sou kon verwys na een van drie moontlike beleidspunte, naamlik die nasionale gesondheidsversekering, die BELA-wet oor onder meer skole se taal- en toelatingsbeleid, of dalk ook buitelandse beleid."
|
 |
Leesimpressie: BAM door Jelle Brandt Corstius
Erik van den Bergh
Literatuur
"Een levendig verslag van een treinreis van 4 287 kilometer door een afgelegen deel van Rusland. Brandt Corstius en twee kunstenaars ontdekken, dankzij het Baikal-Amoer Magistrale (BAM), een onbekende, koude wereld. Het drietal heeft elkaar leren kennen dankzij de poëzie van Boris Ryzji."
|
 |
Leesimpressie: Winarta door Basuki Gunawan
Erik van den Bergh
Literatuur
"Een opnieuw gepubliceerde novelle van Indonesische schrijver Basuki Gunawan (1929–2014) die na de onafhankelijkheidsstrijd tot de eerste lichting Indonesische studenten in Nederland behoorde en aan de Universiteit van Amsterdam promoveerde in de sociologie."
|
 |
Kersies aansteek bring innerlike vrede
Maryke Roberts
Reisgogga
"Aan die voete van die wêreld se grootste brons Boeddha, Vairocana, in die wêreld se oudste houtstruktuur, die Tōdai-ji-tempel, stoot ’n beampte die spierwit kersies in ’n houtboksie reg. So vinnig as wat hy regstoot, so vinnig neem hande die kersies en steek hulle aan. Ek wonder hoeveel kersies hy daagliks uitpak en regpak."
|
 |
Amsterdam, een fijne stad!
Stephen Fourie
Reizen
"Nederland, Suid-Afrika, Amsterdam en Afrikaans se wortels is so inmekaargevleg, dit sal moeilik wees om daardie vlegsel los te maak. Vir my is die gemene deler natuurlik die taal."
|
 |
SteedsDink met LitNet Akademies: Willa Boezak oor sy akademiese navorsing
Willa Boezak
SteedsDink
In hierdie video gesels Willa Boezak oor sy navorsingsfokus en sy gepubliseerde navorsing. Hy lewer kommentaar oor politiek in die kerk, postapartheid Suid-Afrika, geloofstaal, spiritualiteit en teologiese etiek. In LitNet Akademies se SteedsDink-video’s vertel Afrikaanse akademici van die interessante navorsing waarmee hulle besig is.
|
 |
Graad 10: Lewenswetenskappe, vraestel en memo, vierde kwartaal
LitNet
Notas, toetse en vraestelle
Is jy in graad 10 en het jy onverwags gedurende die eksamen die behoefte om baie tyd by die gimnasium te spandeer? Laai hierdie gratis Lewenswetenskappe-vraestel deur Rita Engelbrecht af met voorbeelde van vrae wat juis uitwys hoe belangrik dit is om oefening te doen. Onthou: Dis ’n goeie plan om eers vir jou eksamen voor te berei en daarna oefening te gaan doen.
|
 |
Intimiteit op Afrikaanse TV skuif grense
Annette Havenga
TV
"Intieme tonele en sekstonele is slegs toneelspel, maar dit is die hele produksiespan se werk om dit eg te vertoon. Die onus om dit so gemaklik moontlik te maak vir die hele span rus op die skouers van die intimiteitskoördineerder."
|
 |
Skeppingsprag
Anita van der Walt
Poësie
"Goudgeel topaas ontplof
op berge se omlynde toppe
as son baldadig sy laaste kleure mors"
|
 |
Die daisy dwaal weer
Johan van der Merwe
Poësie
"sy ken die geheime
sy ken die vuur
sy ken hartseer"
|
 |
Hart verloor
Willem de Swyger
Poësie
"as ek aan Stellenbosch dink
dink ek eerste aan wingerde
hier het ek twee keer my hart verloor"
|
 |
Wildekooi
Heinrich Matthee
Poësie
"Wat wil jy in dié vlae van nagreën maak,
die as weer aanlont binne my?
Die duin en wildegras sal oor jou waak."
|

Konklusie of gevolgtrekking? Kontradiksie of teenstrydigheid?
LitNet Akademies wil navorsers graag help om meer gespierde Afrikaans te skryf. |
|