|
|
- ISSN 1995-5928 - Ingesluit LitNet Akademies
|
|
Nuusbrief 963
18/08/2023
|
Krities Afrikaans
|
Decima
Skrywer: Eben Venter
Uitgewer: Penguin Random House
ISBN: 9781415210017
Eben Venter se boek kombineer outofiksie, fabel, ’n speurverhaal en die wetenskap, en is ’n dringende pleidooi vir die bewaring van een van die wêreld se megaherbivore. Decima is ’n elegiese werk vir baie stemme waarin die skrywer die aard van verlies in sy vele gestaltes besing en besweer.
|  |
|
 |
LitNet Akademies-resensie-essay: Plunder deur Antjie Krog
Stefan van Zyl
Resensies
"Met die eerste lees van Plunder het ek gedink: Krog is kwáád. Wéér. Stééds. Maar namate ek meer tyd met die bundel deurgebring het, het ek tot die besef gekom dat ek hier nie net met die beskrywing en oopskrywing van plundering op alle vlakke te make het nie, maar ook met die teer poëtiese verpakking en verwerking van individuele sowel as kollektiewe trauma – ’n vorm van narratiewe terapie."
|
 |
Laaste hulde aan Dan Sleigh
LitNet
In memoriam
Die skrywer Dan Sleigh is op 29 Julie 2023 oorlede. LitNet plaas – met toestemming – huldeblyke en foto’s deur familie en vriende. (Uit die skrywes sou mens kon aflei dat Dan Sleigh se grootwordjare en sy vroeë blootstelling aan ’n VOC-baken op die plaas waar hy gebore is, dalk die inspirasie kon wees vir sy volgehoue belangstelling, navorsing en skrywes oor die Suid-Afrikaanse geskiedenis.)
|
 |
Nuwe boekefees vier die suksesse van selfpublikasie
Jean Oosthuizen
Boeke en skrywers
"Die stigma wat dikwels aan selfgepubliseerde boeke kleef dat dit noodwendig van mindere gehalte is, is die afgelope naweek behoorlik die nek ingeslaan en verkeerd bewys tydens ’n splinternuwe boekefees in Somerset-Wes."
|
 |
Van vaders en vlugtelinge deur SJ Naudé: ’n resensie
Jaco Barnard-Naudé
Resensies
"Van vaders en vlugtelinge bied oorwegend inherente weerstand teen [Hannah] Arendt se idee van aardse vervreemding; dit kom in opstand daarteen en dra die idee oor dat die natuur ons, ten spyte van ons kosmiese uitgangspunt, sal oorleef."
|
 |
On that wave of gulls by Vernon Head: a book discussion
Paul Murray
Books and writers
"The reader of this book will soon find that Head writes as if he is birdwatching while writing. This strategy is an important feature in the book; there is an arrangement of the words, searching meaning, like turning out to watch birds – birds jumping around on the pages, flitting about in all directions."
|
 |
Philip de Vos (1939–)
Erika Terblanche
ATKV|LitNet-Skrywersalbum
Philip de Vos: “Rym is vir my baie belangrik. Ek maak kombinasies met rymwoorde, en dan kry ’n mens allerhande belaglike ryme wat jou op ’n spoor bring."
|
Op die redakteur se lessenaar |
 |
Aantekeningen in een Krog carnet
Yves T'Sjoen
Literatuur (2023)
"Dames en heren, hier is Plunder. Nu al durf ik het boek te rekenen tot de canon van de Afrikaanse lyriek. Niet alleen omdat de auteur hardnekkige taboes doorbreekt, maar omdat zij met haar eigengereide stem en stijl een discours ontwikkelt dat elke lezer van de sokken blaast en in een ontnuchterende spiegel de kwetsbaarheid van het zelf en de planeet laat zien."
|
 |
De politiek van het lichaam (Antjie Krog notitie #2)
Yves T'Sjoen
Literatuur (2023)
"Over sterfelijkheid, ouder-wordende lijven en het maatschappelijk stigma was nog niet eerder zo indringend geschreven in het Afrikaans. Dergelijke thema’s behoren blijkbaar tot een no go-zone in de Afrikaanse letteren, zoals een publiek debat aangeeft ter gelegenheid van Plunder."
|
 |
Plunder: Artistieke samenwerking tussen Berlinde De Bruyckere en Antjie Krog (Antjie Krog notitie #1)
Yves T'Sjoen
Literatuur en kunst (2023)
"De bevruchtende mediale interactie tussen Krogs lyriek en (reproducties van) beeldend werk van De Bruyckere is bijzonder suggestief en betekenisrijk. De dichtbundel Plunder, waarin overigens geen afbeeldingen van of verwijzingen naar De Bruyckeres kunstinstallaties en grafisch werk zijn opgenomen, is in feite ontstaan in een samenspel, of beter een dialoog, met werk van De Bruyckere. De dichterlijke compositie heeft vanuit tekstgenetisch oogpunt dus een overweldigend visuele dimensie die voor Zuid-Afrikaanse, Engelstalige en Nederlandstalige lezers buiten beeld blijft."
|
 |
Taxi violence – who is to blame?
Freek Robinson, Geordin Hill-Lewis
Interviews
Santaco has now approached the court to challenge the legality of taxis being impounded, something which the mayor of Cape Town, Geordin Hill-Lewis, seems to welcome. Freek Robinson asked Hill-Lewis: Why now? And what next?
|
 |
Onthou die gevare van ongeërgdheid
Frederik Rudolph van Dyk
Menings
"Die diskoers rondom die jongste weergawe van die lied was weer eens uiteenlopend, maar hierdie keer tog anders. Daar is ’n besliste verandering in die weerklank. Meer meningsvormers wat gewoonlik die bovermelde soort oordele gevel het, was aansienlik meer krities teenoor Malema."
|
 |
Dié "koddigheid" kan die dice vi’ Kaaps verkeerd laat val
Heindrich Wyngaard
Menings
"In die proses van die 'bewuste etnifisering van Kaaps', ontkom die taalmedium aan die stereotipiese bedoelings van diegene wat in Small se era na Kaaps as 'Capey' en 'Gamat-taal' verwys het. Die pedagogie van sogenaamde platvloersheid word bevorder deur die [na my mening] koddigheid van hedendaagse Kaaps-spelwyses en -skryfstyle, en in die afwesigheid van nuutskeppinge in die taal, word 'eerder hindernisse in die leesproses' geskep. Dit laat die dice vi’ Kaaps verkeerd val."
|
 |
Global warming: Keep calm and carry on
David Willers
Opinion
"Today, we are all metaphorically still afraid of being buried alive, only this time under an invisible cloud of carbon dioxide strangling our planet. The equivalent to our coffin bells is planetary temperature readings that go back to 1940."
|
 |
Vetsug, jou gene en die mediese wetenskap
Elsabé Brits
Menings
"Honderde gene, die manier waarop die liggaam vet stoor en hoe die brein eetlus beheer, asook verskeie omgewingsfaktore, bepaal saam ’n mens se gewig en liggaamsgrootte. Toe vetsug meer algemeen begin raak het, het kwaksalwery met sy leë beloftes bygekom om die waters van ’n mediese stryd te vertroebel."
|
 |
Laat my mense speel!
Hermione le Roux-Ellis
Menings
"Dit lyk my nou dat skaak die volgende slagveld is vir transgender mense. Transgender vroue mag nie teen cisgender vroue speel in FIDE-toernooie nie."
|
 |
"Nieuwkomers": Hoe om deur immigrasie die nuwe met die oue te versoen
Heindrich Wyngaard
Nuusvinke
"In wese kom dit daarop neer dat ruimte geskep moet word vir die nuwe, indien 'vreemde', tradisies en waardes wat saam met die 'nieuwkomers' aankom. Omdat dit nie ’n koloniale of imperiale inval is nie – nie Rusland wat op grondgebied beslag lê teen die bepalings van internasionale konvensies nie – is die versugting van die nuwelinge gewoon dat hulle hul geloof en gebruike moet kan uitleef. Of so wil dit voorkom ..."
|
 |
O, Amsterdam
Alma Rossouw
Reizen
"jy duik my plat langs jou kuns
ek smul aan die stroop van jou vingers
aan jou historiese lippe hang ek, proe ek, smag ek
na daardie kalwerliefdeflikkering"
|
 |
’n Menger-maler-mixer in Nederland
Riëtte Hugo
Reizen
"Wat is die gom wat almal aan mekaar bind? Die soeke na verwantskappe – 10 of meer geslagte gelede is hier aan die suidpunt van Afrika ’n Hollandse hutspot begin, aan daardie gemeenskaplike gereg smul ons nog almal."
|
 |
Kontrasterend
Madeleine Parsons
Reizen
"Die ooglopendste vir my was die deurlopende kontras tussen die oue en die nuwe. Eerstens was daar die teenstellings in argitektuur en boustyl. Eeue oue smal wonings wat tuimelend-skeef hang langs stokou gragte, in die skadu van Lego-vormige wolkekrabbers."
|
 |
Veelpartyhandves vir Suid-Afrika meer as net anti-ANC
Jean Oosthuizen
In het nieuws
"Daar is ooreengekom dat hulle gedeelde visie vir Suid-Afrika ’n nuwe regering sal wees wat ’n regverdige, inklusiewe en welvarende Suid-Afrika bou, gebaseer op geleenthede, vryheid en veiligheid vir al sy burgers."
|
 |
Eskom voorspel ’n donker beurtkragweek
Jean Oosthuizen
In het nieuws
"Om noodreserwes aan te vul sal fase 1-beurtkrag gedurende die dag tussen 05:00 en 16:00 geïmplementeer word, en sal fase 3-beurtkrag oornag van 16:00 tot 05:00 voortduur. Hierdie patroon sal onbepaald herhaal word."
|
 |
Marmite-koek vir die onthou
Karen Hart
Kos en wyn
"Die tafels het gekreun onder al die borde eetgoed wat Prince Albert se dorpstannies aangedra het. Maar al wat ek onthou, is die koddige klein broodvierkantjies, botter en Marmite in die middel, alkant aan die buitekant gesmeer met ’n botter-Marmite-mengsel en in fyn biltong gerol."
|
 |
Persverklaring: Johaar Mosaval was ’n legende uit eie reg
Marlene le Roux
In memoriam
As Suid-Afrikaners was ons bevoorreg om hierdie balletlegende van Distrik Ses ons eie te noem: Die eerste swart balletdanser wat by die Royal Ballet aanvaar is, wat gedans het by die kroning van wyle koningin Elizabeth II in 1953.
|
 |
Pil
Chase Rhys
Stemme | Voices | Amazwi
Vir Stemme, LitNet se dialoogprojek saam met die Suidoosterfees, NATi en die ATKV, is tien dramaturge genader om kort dialoë te skryf. Twintig akteurs is gevra om daarin te speel en tien regisseurs het elkeen ’n stuk afgerond. In Chase Rhys se dialoog Pil vertolk Enrico Hartzenberg en Morné Steyn die rolle. Basil Appollis was in die regisseurstoel.
|
 |
Stemme in 2023 | Tien dialoë
LitNet
Stemme | Voices | Amazwi
Vir Stemme, LitNet se dialoogprojek saam met die Suidoosterfees, NATi en die ATKV, is tien dramaturge genader om kort dialoë te skryf. Twintig akteurs is gevra om daarin te speel en tien regisseurs het elkeen ’n stuk afgerond.
|
 |
Gay-wies
Preston Mouritz
Poësie
"praat nooit van haar man se gejôlery
in hul huwelik nie
en hoe sy ok maar smag vir die Here-hand
om haar deur te dra nie"
|
 |
Debat
Neo Mehlomakulu
Poësie
"verskaf deur egomaniese doodsengele,
wat stry oor wie hom die beste,
na sy dood kan gooi."
|
 |
Ek wil lippe natmaak
Willem de Swyger
Poësie
"hier tussen rotskuns
en velde vol blomme
tuit my hart se kring
al wyer uit ..."
|

Konklusie of gevolgtrekking? Kontradiksie of teenstrydigheid?
LitNet Akademies wil navorsers graag help om meer gespierde Afrikaans te skryf. |
|