Can’t see this mail? Click here to view it online

- ISSN 1995-5928 - Ingesluit LitNet Akademies

 

Nuusbrief 910

28/07/2022


  Krities Afrikaans

LitNet: Die groot gesprek

Fresh off the press

Stolen focus: Why you can’t pay attention


Author: Johann Hari
Publisher: Bloomsbury Publishing (marketed in South Africa by Jonathan Ball)
ISBN: 9781526620163

Why have we lost our ability to focus? What are the causes? And, most importantly, how do we get it back? For Stolen focus, internationally bestselling author Johann Hari went on a three-year journey to uncover the reasons why our teenagers now focus on one task for only 65 seconds, and why office workers on average manage only three minutes. He interviewed the leading experts in the world on attention, and learned that everything we think about this subject is wrong.

Menings

SJ Naudé se toespraak by ontvangs van die Hertzogprys

SJ Naudé
Seminare en essays

"’n Seker manier om mense ontuis te laat voel in Afrikaans en om die taal in haar weerlose posisie skade aan te doen, is om onsensitiewe sentimente uit te druk rondom wie normaal of gewoon sou wees al dan nie, wie in die hoofstroom mag swem en wie in die systrome, wie in die kern hoort en wie maar op die rande moet bly beweeg. Dit is ’n gesindheid wat die huis van Afrikaans kan laat leegloop."

Lede van SA Akademie se Letterkundekommissie bedank oor Hennie van Coller se omstrede rubriek

Melt Myburgh
Menings

Marius Crous en Andries Visagie het as lede van die SA Akademie se Letterkundekommissie, onder voorsitterskap van Hennie van Coller, bedank weens die onaangenaamheid rondom menings wat Van Coller in ’n rubriek oor randfigure in kinder- en jeugverhale gelug het.

’n Nuwe klimaat

Andries Visagie
Fiksie

Andries Visagie skryf ’n kortverhaal: "Die professor gee gehoor aan Blaine van Wyk. Hy gee gehoor aan die oppertouleier se vaderlike aanbeveling. Hy gee gehoor aan prof Callie Steenkamp se ystereis. Werwelend stuur hy sy terugtrekking, sy onvoorwaardelike jammerlappie, sommer ook sy bedanking uit die Letterkundekommissie die überruim binne allie pad na Centurion."

Dit sou inderdaad skokkend wees: ’n analise van Hennie van Coller se ope brief aan SJ Naudé

Jean Meiring
Menings

"Van Coller sê onomwonde dat, sou hy homoseksualiteit saam met verkragting en molestering gelys het, dít skokkend sou wees ... Van Coller doen ... twee keer presies wat voor sy deur gelê is: hy lys homoseksualiteit 'saam met verkragting en molestering' ... Om Van Coller se eie woorde aan te haal: Dit is skokkend."

Die Grondwet, nie kansellering nie, omsoom die openbare gesprek

Frederik Rudolph van Dyk
Menings

"Die standpunt dat druk om ’n pos weens beskermde dog ongewilde stellings te ontruim geskei kan word van ’n persoon se reg om beskermde stellings te mag uiter, maak nie sin nie, want openbare bedankingsdruk kalwe juis weg aan daardie beskerming."

Hennie van Coller’s politicisation of children’s literature polemic

Darryl David
Opinion

"So to Anne-Marie Beukes. Rather than distance yourself from Van Coller’s article, which is inconclusive on the allegations of homophobic tendencies, in my humble opinion, distance yourself from the Snow White storyline of the organisation you head up."

Van Coller – storm in ’n espressokoppietjie

Bettina Wyngaard
Rubrieke

"Van Coller se artikel, op die oog af oor literatuur, het eintlik onbedoeld ’n belangrike ander gesprek oopgemaak, een oor wie gehoor word en wie mag kritiseer. Dis ook ’n belangrike les in hoe kritiek hanteer word."

SêNet: Kommentaar van ’n nagraadse student van professor Van Coller

Sulette Bruwer
SêNet-briewe

"Die artikel probeer ons dalk net aanpor om nou van oordrewe politieke korrektheid tot ’n gebalanseerde middelpunt aan te beweeg."

Persverklaring: Hennie van Coller bedank as voorsitter van die SA Akademie se Letterkundekommissie

LitNet
Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns

Die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns kondig aan dat prof Hennie van Coller, die voorsitter van ons Letterkundekommissie, sy bedanking ingedien het.

PEN Afrikaans-persverklaring: oor die polemiek van "randfigure" in kinder- en jeugliteratuur

PEN Afrikaans
PEN Afrikaans

Teen hierdie agtergrond doen ons ’n beroep op die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns om te verseker dat die Letterkundekommissielede wat geoorloofde griewe oor Van Coller se skrywe van 7 Mei ingedien het, nie verder geviktimiseer word nie. ’n Ope uitnodiging deur die SA Akademie aan diesulkes om weer die taak as kommissielede op te neem sou ver gaan om hierdie ongelukkige insidente se negatiewe impak te versag.

US se Afrikaans en Nederlands-departement rig ope brief aan Akademie: Onthef Van Coller van sy pligte

LitNet
Menings

"Indien die SA Akademie met prof Van Coller se mening geassosieer word ... sal dit vir ons moeilik wees om beurse van die Akademie aan ons studente as opsie voor te hou, en ook om hulle aan te moedig om byvoorbeeld aan die jaarlikse studentesimposium deel te neem."

SASNEV-persverklaring: Van Coller moet verskoning vra

LitNet
Menings

SASNEV-bestuursraad: "Dit is ons eenparige mening dat een individu se standpunte nie die pogings van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns om relevant in die breë Suid-Afrikaanse gemeenskap te wees op hierdie manier in die wiele mag ry nie."

Solidariteit: "Hoe kan ons help, Eskom?"

Freek Robinson, Dirk Hermann
Onderhoude

Eskom het ’n kritieke vaardigheidstekort. Freek Robinson gesels met Dirk Hermann, bestuurshoof van die vakbond Solidariteit.

USAN 2022 – ’n onderhoud met Mart-Mari van der Merwe

Naomi Meyer, Mart-Mari van der Merwe
Onderhoude

"Vir my meestersgraad in Afrikaanse taalkunde is ek besig om prototipiese Afrikaanse taboewoorde te ondersoek."

USAN 2022 – ’n onderhoud met Samantha Miller

Naomi Meyer, Samantha Miller
Onderhoude

"Ek is veral geïnteresseerd in die Afrikaanse uitgewersbedryf. Blootstelling van minderheidstale in die buiteland en die verkoop van neweregte is veral my passies."

Sisulu and Socrates

David Willers
Opinion

"This brings me to the strange case of Sisulu and Socrates, who have become unlikely bedfellows in this fight to speak your mind, albeit from diametrically opposed corners."

Oekraïne: Berigte te velde

LitNet
Menings

’n Oorsig van LitNet en Voertaal se berigte oor die oorlog in Oekraïne. | An overview of LitNet’s and Voertaal’s articles on the war in Ukraine.

COVID-19: Die jongste | The latest

LitNet
Menings

COVID-19: Kry die feite | Get the facts

OuLitNet en uit LitNet se argief

ABSA Die Ketting: Nanette van Rooyen gesels met Carina Diedericks-Hugo

Nanette van Rooyen, Carina Diedericks-Hugo
OuLitNet (2005)

"En ek juig veral oor die wegbeweeg van die verkrampte idee dat Afrikaanse jeugboeke outomaties oor weeskinders, die dood, sukkelende plase en egskeiding moet gaan. Die druk is op die skrywers om verhale te skryf waarby jongmense aanklank sal vind."

Die Leesveldtog: ’n Klompie wenke en ’n bietjie inspirasie

Adinda Vermaak
OnderwysNet op OuLitNet

"As geld skaars is, vergeet van nuwe boeke. Gaan by tweedehandseboekwinkels! Koop soveel boeke as wat jy of die kinders kan bekostig om jou klasversameling aan te vul."

Hoe het jy jou hart op boeke verloor?

Andries Bezuidenhout
LitNet-argiewe (2011)

"Ek het my hart op boeke verloor met ’n hele rits kinder- en jeugboeke wat uit Sweeds en Deens vertaal is. Ek skuld die vertaler(s) van hierdie boeke baie. Daar is Karelsen-op-die-dak met sy vriend Lielebroer, en natuurlik Pippie Langkous."

Toe ons oneindig was: ’n onderhoud

Cliffordene Norton, Zelda Bezuidenhout
Skrywersonderhoude (2020)

"Die titel verwys na die boek se eindtoneel, een van daardie situasies waar dit voel asof tyd stilstaan en iets baie belangrik aan ’t gebeur is. Almal van ons kom sulke dinge oor in ons lewens. Ek onthou veral sulke oomblikke uit my tienerjare saam met vriende. ’n Mens voel asof jy sweef, asof moontlikhede onbeperk is."

Uit deur Fanie Viljoen

Dewald Koen, Coenraad Walters
LitNet-argiewe (2014)

"Wat Brent egter uitsonder tussen sy skoolmaats, is die groeiende gewaarwording dat hy anders is as hulle."

Nou op Voertaal

Verdeelde ANC wil red wat daar te red is

Jean Oosthuizen
In het nieuws

"Die konferensie, wat vandag (Donderdag 28 Julie) begin, duur tot Sondag. Dit volg kort op die hakke van die party se provinsiale verkiesingskonferensie in KwaZulu-Natal (KZN) waar die Zuma-faksie die oorhand gekry het."

Ramaphosa kort straks "kragdadigheid" vir sy kragplan

Heindrich Wyngaard
Nuusvinke

"Uiteindelik dui sy (langverwagte) aankondiging van die kragplan heel moontlik veral daarop dat ’n staatshoof nie noodwendig 'daadkragtig' of 'kragdadig' hoef op te tree om op beslissende of kragtige wyse leiding te gee nie. Maar dalk sal dit juis nodig wees om te verseker dat die plan tot spoedige en suksesvolle uitvoering kom."

Ramaphosa se kragplan sal fyn dopgehou word

Jean Oosthuizen
In het nieuws

"President Cyril Ramaphosa se regrukplan om die land se energiekrisis te oorkom, is met gemengde gevoelens deur politieke partye en energiekenners ontvang."

Bekende letterkundige ontruim sy pos na omstrede rubriek

Jean Oosthuizen
In het nieuws

"Die storm wat in die Afrikaanse letterkunde losgebars het oor ’n omstrede rubriek deur een van die land se bekende letterkundiges, Hennie van Coller, het gelei tot sy bedanking as voorsitter van die Letterkundekommissie én as raadslid van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns."

Algemeen-Nederlands Verbond (Afdeling Kaapstad) en Zuid-Afrika

Yves T'Sjoen
Meningen

"De nieuw opgerichte leerstoel Nederlandse taal- en letterkunde en cultuurkunde in Zuid-Afrika is vast en zeker meer inclusief, met oog voor cultureel-etnische diversiteit, de uitkomst van samenspraak tussen docentenplatformen voor neerlandistiek (Kaapse Forum en Noordelijk Kennisnetwerk), SAVN (Suider-Afrikaanse Vereniging vir Neerlandistiek) en departementen Afrikaans en Nederlands in Zuid-Afrika en in Namibië."

Idealisme en de Wereldbibliotheek

Hendrik-Jan de Wit
Literatuur

"Het zijn vaak beduimelde exemplaren; de oude, vooroorlogse boeken van goedkopere uitgevers zoals Uitgeverij Wereldbibliotheek. Deze ideële uitgeverij maakt vlak na de oprichting het boek bereikbaar voor een grote groep lezers. De uitgaven zijn goedkoop. De achterliggende maatschappij – de Maatschappij tot verspreiding van Goede en Goedkoope Lectuur – beoogt dat ook. Het veroorzaakt een revolutie in de boekenwereld."

Boeke en skrywers

Afrikaanse jeugboeke vandag: ’n perspektief deur NB-Uitgewers

Michelle Cooper, Simone Hough
Boeke en skrywers

"Dit is vir ons veral belangrik om jong skrywers te vind en te ontwikkel. Dit is noodsaaklik dat tienerinhoud ook deur jong mense self geskep word en dat hulle ’n nuwe generasie se stem kan byvoeg tot die groter literêre aanbod in Afrikaans."

Afrikaanse jeugboeke vandag: ’n perspektief deur PRH/LAPA Uitgewers

Nandi Lessing-Venter, Shawna-Leze Meiring, An-Mari do Carmo
Boeke en skrywers

"As ’n karakter geskep word slegs vir die doel om ’n 'randfiguur' te verteenwoordig, gaan ’n egtheid onmiddellik verlore. Die meeste skrywers sal kan getuig dat karakters in hulle stories ’n wil van hulle eie het. Hulle ontwikkel en groei saam met ’n storie."

Wedervaringe van ’n boeregesin deur Victor Pohl: ’n resensie

Jean Meiring
Resensies

"Of dít, gesien wat vandag in die wêreld aan ’t gebeur is, ’n billike slotsom is, is dalk te betwyfel. Oor die waardering wat Afrikaanse lesers vir Emslie en Delport se liefdesaak sal hê, kan daar egter geen twyfel wees nie."

Krummels is mos die lekkerste deel: ’n gesprek oor boeke, kos en die lewe

Maryke Roberts, Emile Joubert
Skrywersonderhoude

"Fiksie en joernalistiek is heeltemal, heeltemal verskillende dissiplines. Talle briljante joernaliste – nie almal nie! – faal as romanskrywers, en goeie romansiers wat soms gevra word om joernalistiek te pleeg, sukkel om twee feite binne 3 000 woorde te betrek."

Omvattend en deeglik: ’n Lesersindruk van ELP Stals se Die geskiedenis van Die Broederbond

Barend van der Merwe
Lesersindrukke

"ELP Stals se geskiedenis van die AB is goed gebalanseerd en dit is die belangrikste en omvattendste boek wat nog oor die AB verskyn het. Hy skram geensins weg van omstrede sake nie, en lewer verskeie vars insigte in die geskiedenis van dié omstrede organisasie."

De Waal Venter (1942–2022)

Erika Terblanche
ATKV|LitNet-Skrywersalbum

"Die samelewing mag verander, maar ons drang om te skep is onvernietigbaar eie aan ons."

First sip: My journey to the top of the world by Saray Khumalo

LitNet
LitNet Eerste Slukkie | First Sip

"I certainly didn’t need a fancy brand of clothes or an expensive handbag. That realisation never left me. I had never been a status-conscious shopper, but my buying patterns changed permanently after that Everest trip. My philosophy is that I don’t need much, but I’ll spend money on what’s important."

Gedane sake

Crito
Blogs

"Jean Meiring skryf op LitNet oor Ruan Kemp se tweede roman, Wit leuen. Dit is ’n belangrike resensie omdat dit die streep trek onder die Gedeeltelik bewolk-geskiedenis waarmee Kemp se literêre loopbaan afgeskop het."

Op die redakteur se lessenaar

Op die redakteur se lessenaar: 21 tot 28 Julie 2022

LitNet
Op die redakteur se lessenaar

Hier is die jongste pasgepubliseerde boeke wat op die redakteur se lessenaar beland het.

Akademies en skole

Vrouevertalers en -tolke van Khoesan-tale in die Suid-Afrikaanse koloniale geskiedenis: ’n morfogenetiese perspektief

Maricel Botha
LitNet Akademies (Geesteswetenskappe)

"Wat die sosiale rol van vertaling in meer algemene sin betref, bied hierdie navorsing ’n sterk beklemtoning van die motto van die sosiologie van vertaling: dat vertaling geensins bloot ’n neutrale, funksionele aktiwiteit is nie, maar hoogs weerspieëlend van sosiale eienskappe is."

Graad 3: Wiskundevraestel en -memo, derde kwartaal

LitNet
Notas, toetse en vraestelle

’n Rukkie gelede het jy nog op ’n driewiel rondgery. Nou is jy al graad 3 en moet jy oefen vir volgende jaar se eerste Wiskunde-eksamen! Met Lee-Ann West se oefenvraestel is die voorbereiding sommer groot pret. Laai die vraestel en memo gratis hier af.

Graad 6: Wiskundevraestel en -memo, derde kwartaal

LitNet
Notas, toetse en vraestelle

As jy in graad 6 is, weet jy teen hierdie tyd dis so seer soos ’n bysteek as jy nie vir jou Wiskundetoets voorberei het nie. (Jy weet natuurlik ook die byekorf bestaan uit heksagonale selle, of hoe?) Met hierdie gratis oefenvraestel en -memo deur Lee-Ann West is die toetsreeks so soet soos heuning! Gebruik die oefenvraestel en -memo om vir die kwartaal se werk voor te berei.

Indeks: notas, toetse en vraestelle

LitNet
Notas, toetse en vraestelle

Hier is al die gratis studiemateriaal vir skole wat op LitNet beskikbaar is, gelys volgens graad.

Nuwe skryfwerk

"om te roei sonder hawe"

Antjie Krog
Drama

LitNet se Stemme | Voices | Amazwi is ’n reeks kort, kragtige monoloë, aangebied in samewerking met die Suidoosterfees, NATi en die ATKV. Kyk hier na Hannah Borthwick se vertolking van Antjie Krog se "om te roei sonder hawe". Die teks van die monoloog is hier beskikbaar, asook ’n gesprek tussen Hannah en regisseur Nicole Holm.

Depressie

Janica Flink
Poësie

"Nog ’n sny op my arm
ek kry skoons warm.
My lewe voel soos ’n nagmerrie"

Samesyn

Jannie van Niekerk
Poësie

"In die herfs
wanneer die wind waai
koester ek vir jou."

Sonsopkoms

Margaret Cordier
Poësie

"Onaards uit die vallei tussen klip
lê uit klei, die berg ’n skip"

Leefstyl

Vandag op die Woordfees TV-boekeprogram: Donderdag 28 Julie 2022

LitNet
Toyota US Woordfees

Het jy geweet jy kan vanjaar na al die boeke-items kyk wat jy verlede jaar op die TV misgeloop het – én nuwe boekgesprekke ook luister? Hier is vandag se Woordfees TV-boekeprogram.

Privaatheidskennisgewing

LitNet: Privaatheidskennisgewing | Privacy notice

LitNet
Als oor LitNet

LitNet wil jou as leser die versekering gee dat ons daarop ingestel is om jou persoonlike inligting wat by ons in bewaring is, te beskerm. | LitNet would like to assure you as a reader that we are committed to protecting your personal information held by us.



Konklusie of gevolgtrekking? Kontradiksie of teenstrydigheid?
LitNet Akademies wil navorsers graag help om meer gespierde Afrikaans te skryf.

KONTAK

litnet@litnet.co.za

021 886 5169


© 2022 LitNet. Alle regte voorbehou | All rights reserved