|
|
- ISSN 1995-5928 - Ingesluit LitNet Akademies
|
|
Nuusbrief 901
27/05/2022
|
Krities Afrikaans
|
LitNet: Inheemsheid en mag |
Mixtape van die liefde
Samesteller: Antjie Krog
Uitgewer: LAPA
ISBN: 9781776353590
Hierdie bundel gedigte verken die verskillende dimensies van die liefde: verliefdheid (’n rimpelvel hardloop); wat is die liefde? (my hart het in jou verdwaal); liefde in gesinsverband (wie is die stil kind?); liefde en pyn (ek volg net my hartseer); liefde en woede (ek haat en ek het lief); en liefde wat verder reik (o’s celebrate). Die hele spraakgemeenskap van Afrikaans is verteenwoordig in die bundel – van ons ouer digters soos Totius, Boerneef, Eybers, Opperman en Van Wyk Louw, tot opwindende nuwe stemme soos Ashwin Arendse, Bibi Slippers, Nathan Trantraal, Pieter Odendaal, Lynthia Julius en Ryan Pedro. Ronelda S Kamfer lewer die grootste bydrae met ses gedigte. |
 |
|
 |
Oor plek, inheemsheid en mag
Hein Willemse
Menings
"In die suide van Afrika het ’n slaaf uit die hartland van Tamilsprekende Indië ’n heenkome gevind en ’n nageslag nagelaat, net soos Danny Titus wat in sy naam die geskiedenis van verdrukking dra. Ons kan op uiteenlopende maniere Suid-Afrikaans wees, en daarvoor is inheemsheid nie ’n voorwaarde nie. Suid-Afrika behoort aan ons almal. Dit is waarvoor ons ons moet beywer." – Hein Willemse (Danny Titus-gedenklesing, DAK Netwerk, Mei 2022)
|
 |
Persverklaring: PEN Afrikaans oor die voorgestelde naamsverandering van die Afrikaanse Taalmonument
PEN Afrikaans
PEN Afrikaans
Daar is min instansies wat sigself so deeglik herbesin het as juis die Afrikaanse Taalmonument en -museum. Nie net is dit veelrassig nie, dit is ook een van die min ruimtes wat die slaweherkoms en die wesenlike invloed van die Islam op Afrikaans openlik vier en tentoonstel. | There are few institutions that have reimagined themselves as thoroughly as the Afrikaans Language Monument and Museum. Not only is it multiracial, but it is also one of the few spaces that openly celebrates and exhibits the slave origins and the substantial influence of Islam on Afrikaans.
|
 |
Die Charter of Compassion 12 jaar later
Bettina Wyngaard
Rubrieke
"Dalk het die tyd aangebreek dat vroue moet regeer. In elke land waar vroue aan bewind is, van Afrika tot Europa, word gesinne sentraal geplaas."
|
 |
Covid – waar ons nou trek
Elsabé Brits
Seminare en essays
"Mense is eensaam. Dit is nie die hermiet wat kies om alleen te bly nie, dit is die ganse planeet vol mense wat verby mekaar leef."
|
 |
’n Huldeblyk aan Marilyn Martin
Melvyn Minnaar
In memoriam
"Suid-Afrika se kunsgeskiedenis sal Marilyn Martin huldig vir ’n merkwaardige, selfs revolusionêre, loopbaan wat die bestaande kuns-kulturele hegemonie op sy kop gedraai het. Sy had die persoonlikheid (stylvol en innemend), die kennis (akademies priemend en ondersoekend) en die onverskrokke deursettingsvermoë om politici, ou wit manne, opposisie en toegewyde burokrate te hanteer."
|
 |
’n Drie duisend jaar oue papirusargief in die woestyn van Egipte ontdek
Gerrit van Wyk Kruger
Seminare en essays
"OxyrhynChus het uiteindelik vir meer as 1 000 jaar verlate gelê, ’n ruïne toegewaai in die woestyn. Toe die moderne opgrawings in Egipte begin het, is die groot afvalhoop by OxyrhynChus aanvanklik nie gesien as die moeite werd om argeologies ondersoek te word nie, totdat Grenfell en Hunt van Oxford, half teensinniglik, besluit het om dit te gaan oopgrawe."
|
 |
Elders gesien: Groot skrik teen Tafelberg
Gert Vlok Nel
Elders gesien
"Ek het nooit daar vuur gemaak nie en teen skemer altyd seker gemaak ek is alleen daar en het dan op die kant tussen die bosse gaan lê, sodat ek nie verras kan word nie."
|
 |
Oekraïne: Berigte te velde
LitNet
Menings
’n Oorsig van LitNet en Voertaal se berigte oor die oorlog in Oekraïne. | An overview of LitNet’s and Voertaal’s articles on the war in Ukraine.
|
Uit LitNet se argiewe | From LitNet’s archives |
 |
Afrikaans: the language of dissent
Menán van Heerden
From LitNet’s archives
This article aimed to demonstrate the various ways in which white and coloured Afrikaans speakers have resisted oppression throughout various eras in South African history: colonialism, Afrikaner nationalism, apartheid and the post-apartheid era. Since the era of colonialism, songs, newspapers, writers, academics, educators, students, theatre practitioners and hip-hop artists have all challenged repression – in Afrikaans.
|
 |
Wat het 10 jaar se demokrasie vir meertaligheid in Suid-Afrika bereik?
Marion Boers en Wilna Liebenberg
OuLitNet: Taaldebat (2004)
"Op 30 September vier die wêreld Internasionale Vertaaldag (IVD). Hierdie dag, wat ter nagedagtenis aan die beskermheilige van vertalers algemeen bekend staan as St Hiëronimusdag, word reeds sedert 1991 deur die Internasionale Vertalersfederasie (FIT) bevorder om die openbare aandag op hierdie grotendeels onsigbare beroep te vestig. "
|
 |
Handevat vir goeie hoop, 370 jaar ná Van Riebeeck
Heindrich Wyngaard
Nuusvinke
"Bruin mense kan tog na hulself omsien, dinge vir hulself doen. Hulle het nie die 'baas' se beterweterigheid of beste praktyke nodig nie. ’n Mens móét begrip vir die agterdog hê: Ons almal is immers goed vertroud met die land se geskiedenis – en dit strek tot by die aankoms aan die Kaap de Goede Hoop op 6 April 1652 van Jan van Riebeeck en sy VOC-geselskap. Maar wat is die geskiedenis tog?"
|
 |
Ramaphosa vra reguit, eerlike gesprek oor rassisme
Jean Oosthuizen
In het nieuws
"Om rassisme te beëindig gaan nie net oor die verandering van houdings nie; dit gaan ook oor die verandering van die materiële toestande wat vandag nog swart en wit Suid-Afrikaners skei."
|
 |
Personeeltekorte, aappokke, wol, koraalriwwe en stambome
Milton Webber
In het nieuws
"Reisigers moes Maandag opnuut ure lank by Schiphol-lughawe in toue staan weens ’n gebrek aan personeel, en treindienste in België is ingekort om dieselfde rede; aappokke ook in België en Nederland; Nederlandse boere sukkel al hoe meer om van hul wol ontslae te raak; nuwe hoop vir koraalriwwe; en Beethoven is ’n nefie ryker."
|
 |
Inperking het haar nie laat ophou reis nie
Marianne de Jager, Izak de Vries
Reizen
"Ek is van nature nuuskierig en ook op fisiese reise gesels ek graag met plaaslike mense. Op die virtuele reis sien jy jou vordering op die kaart, en kan jy ook beeldmateriaal kry van waar jy is. Dikwels het ek ook van die plekke gegoogle vir meer inligting en foto’s."
|
 |
Regter gaan rassisme by US ondersoek
Jean Oosthuizen
In het nieuws
"As deel van die ondersoek na voorvalle van rassisme wil die universiteit hê die kommissie moet in hulle verslag ook aanbevelings maak hoe om ’n kultuur van diversiteit, gelykheid en insluiting te verbeter."
|
 |
Real fiction: The revival of the Franschhoek Literary Festival
Karina Magdalena Szczurek
Books and writers
"We all have crocodiles to tame. Writing – and living, ageing, dying – does take courage. One day, we will all end up in 'the big library in the sky', to quote Deon Meyer. But before we do, we will continue raging in the service of The Story."
|
 |
Oupa Zombie deur Jaco Jacobs: ’n resensie
Anke Theron
Resensies
"Jy mag dalk geflous word om te dink hierdie is ’n lekker verbeeldingryke storie wat te goed klink om waar te wees, maar dit is steeds in die werklikheid geanker."
|
 |
’n Klassieke verhaal: Labirint deur Chanette Paul
Erla Diedericks
Lesersindrukke
"Labirint is geskoei op ’n storie in die Griekse mitologie wat vertel van die doolhof wat deur koning Minos onder sy paleis gebou is om sy stiefseun, ’n minotaurus met die kop van ’n bul en die lyf van ’n man, in weg te steek."
|
 |
Afvlerkmens: ’n onderhoud met Grant Jefthas
Naomi Meyer, Grant Jefthas
Skrywersonderhoude
"Met 'Scheme-Kind' verklaar ek trots dat ek van die ghetto is. Die 'ghetto' van Franschhoek, Mooiwater HOP Skema, wat die toeriste nie eens van weet nie. Ek verklaar: 'Kinders uit sulke skemas, plakkerskampe en plase kan dit ook maak!'"
|
 |
In conversation with Hannes Barnard about Halley’s Comet
Hannes Barnard, Izak de Vries
Books and writers
"They run for their lives as dusk turns into night. Bullets fly as he gets closer. They stop breathing because it’s making too much noise. Still, Rudie comes closer. And closer."
|
Op die redakteur se lessenaar |
 |
Graad 6: Wiskundevraestel en -memo, tweede kwartaal
LitNet
Notas, toetse en vraestelle
Is jy in graad 6 en kry jy koue rillings as jy die woord "Wiskunde" hoor? Met die vraestel en memo wat Wilhelm du Toit vir LitNet opgestel het, gaan jy die werk maklik onder die knie kry! Dit is gratis hier beskikbaar.
|
 |
Gespierde Afrikaans
LitNet
Akademies en skole
Konklusie of gevolgtrekking? Kontradiksie of teenstrydigheid? LitNet Akademies wil navorsers graag help om meer gespierde Afrikaans te skryf. Die Gespierde Afrikaans-lys word deurlopend bygewerk. Kyk watter nuwe woorde is toegevoeg.
|
 |
Die rooi tekkies
Hendie Grobbelaar
Fiksie
"Elisa laat sak die mes en vee ’n straaltjie sweet langs haar neus met haar voorskoot se soom af. Sy is in elk geval te swak om te baklei. Die mens voor haar kon haar al lankal oorrompel het as hy wou. Hy lyk soos die branderplankryers wat gereeld hier verby haar huisie stap strand toe, verbleikte stuk hout onder een arm vasgeklem. Onskadelik."
|
 |
Nonnetjie van Aardt se laaste dag op aarde
Maretha Maartens
Fiksie
"Mans is ons gewoond, het sy nog gedink. Hulle is ons handigheid, ons geskrop en gemop gewoond. Hulle staan aan die ander kant van die streep en los ons op die terrein wat ons vir onsself afgebaken het, hulle ten goede."
|
 |
Wind
Anton Döckel
Fiksie
"In die stormwind moes Aaron uit sy kamer kom om die windpomp te gaan vasmaak, want die dam loop oor. Die windpomp skree: Wat draai jy my arm so agter my rug in op? Ons loer deur die gordyne; bang dat Windvoёl ons sal sien. Aaron loop koes-koes; hy is ook bang. Golwe waai oor die dam se walle. So moet die see seker lyk, sê Sussie, net groter ... baie groter. Maar rond, sê ek."
|
 |
Hipoksie
Adelle van Wyk
Fiksie
"Elizabeth, dit is onnodig om so plat te praat. Dié sou sy nou al moes gehoor het oor die kussingsloop as Ester se praat nog gewerk het. Pal is sy reggehelp, asof háár Afrikaans vuil skollegoedwater is."
|
 |
Duine
Johann Crous
Fiksie
"Soveel mooi en blink het ek in my hele lewe nie gesien nie. Dit was die binnekant van Leonard-hulle se sinkhuisie wat prentjiemooi op die sandvlaktes tussen die Port Jacksonbome en die bloekoms gestaan het."
|
 |
Kiekie
Martin Labuschagne
Poësie
"herinneringe het hierdie karkas
tot manlikheid laat swel
en van binne uitgehol"
|
 |
Windmill
Heidi Henning
New writing
"She plays a sound
Drawn from a deep-water source
She holds power"
|
 |
Ek wil
Neo Mehlomakulu
Poësie
"ek wil almal voor God laat sit
en hulle Hom laat vra of ek
enigsins betrokke was
toe Hy my geskape het"
|
 |
Indemnity: ’n filmresensie
Leon van Nierop
Film
"Taute het in die onmoontlike geslaag: om ’n onverwagse rowwe-diamant-kwaliteit aan plaaslike aksie te gee. .... Hier is ’n visueel-geletterde regisseur wat ritme, ruimte, voorkoms, spanning en impak verstaan."
|
 |
LitNet: Privaatheidskennisgewing | Privacy notice
LitNet
Als oor LitNet
LitNet wil jou as leser die versekering gee dat ons daarop ingestel is om jou persoonlike inligting wat by ons in bewaring is, te beskerm. | LitNet would like to assure you as a reader that we are committed to protecting your personal information held by us.
|

Konklusie of gevolgtrekking? Kontradiksie of teenstrydigheid?
LitNet Akademies wil navorsers graag help om meer gespierde Afrikaans te skryf. |
|