|
|
- ISSN 1995-5928 - Ingesluit LitNet Akademies
|
|
Nuusbrief 884
27/01/2022
|
Krities Afrikaans
|
Van Humpata tot Upingtonia
Skrywer: Nicol Stassen
Uitgewer: Protea Boekhuis
ISBN: 9781485311959
Nicol Stassen is die voorste kenner op die gebied van die Dorslandtrekkers en hul merkwaardige swerftogte na die binneland van Suider-Afrika. In Van Humpata tot Upingtonia vertel hy op boeiende wyse hoe dit gebeur het dat ’n aantal trekkers in 1885 die republiek Upingtonia in die noorde van Damaraland gestig het. William Worthington Jordan, ’n bruin man en een van die merkwaardigste persone wat gedurende hierdie jare in Suider-Afrika geleef het, het ’n belangrike rol gespeel in die stigting hiervan. Sy tragiese dood en die ondergang van die vergete republiek Upingtonia word van naderby belig. |
 |
|
 |
Die stert wat die hond swaai
Bettina Wyngaard
Rubrieke
"Maar ons almal weet baie goed dat wanneer Malema en Nxesi van 'buitelanders' praat, dan fokus hulle nie op die Duitsers en Britte en Amerikaners wat hier werk nie. O nee, die 'buitelanders' wat hulle teiken, kom almal uit ander dele van Afrika."
|
 |
Reguit met Robinson: ’n videogesprek met Jaco Deacon
Freek Robinson, Jaco Deacon
Onderhoude
Wat is die vaardighede wat matrikulante vir die nuwe eeu en die ekonomie benodig? Hoe floreer ’n skool in moeilike omstandighede? Watter rol speel moedertaalonderrig? Freek Robinson gesels met Jaco Deacon, uitvoerende hoof van die Federasie van Beheerliggame van Suid-Afrikaanse Skole (Fedsas).
|
 |
Dit is tyd vir ’n "volkskongres" oor Afrikaans
Piet Muller
SA Skoleseminaar | Schools Seminar
"Net soos wit kinders, is bruin en swart Afrikaanssprekende kinders vandag letterlik en figuurlik ons volk se toekoms en daar moet soos kleinode na hulle omgesien word. Hulle moet die soort onderwys ontvang waarmee hulle suksesvol in die postindustriële ekonomie kan meeding."
|
 |
Hoekom het Lindiwe Sisulu nog ’n werk?
Bettina Wyngaard
Rubrieke
"Maar selfs terwyl ons almal weet dis hoe dinge werk in Suid-Afrika, is Lindiwe Sisulu se politieke voortbestaan een of ander wonderwerk. Toegegee, sy het die famous van, maar vir hoe lank kan mens nou eintlik op jou ouers se reputasie ry?"
|
 |
Die paartie-tapes
Nini Bennett
Rubrieke
"Vandag se generasie het nie die vaagste benul van die frustrasies – en vreugdes – wat die musiekliefhebbers van die sewentiger- en tagtigerjare beleef het nie."
|
 |
Emeritusaartsbiskop Desmond Mpilo Tutu as "messiaanse" figuur gehuldig
Raymond van Diemel
Menings
"Tutu se God is die menslike God – en daarom ook die laggende God, soos hy dikwels aangevoer het. Hy is die God wie se beeld ons nie alleen dra nie, maar wat via diegene wat Hom bely die wêreld (wil) omskep in die ruimte waar ons mekaar vind en as medemense dien."
|
 |
Vir prof Jaap: ’n gedig as huldeblyk
Willem de Swyger
In memoriam
"ek roep jou vanmôre voor die gees
ek sien jou weer duidelik
op daardie klassiekgeworde koerantfoto’s
beide swart en wit ..."
|
 |
Pieter Uys (1956–2022)
Johann Lodewyk Marais
In memoriam
Die digter, taalkenner, taalpraktisyn en konseptualiseerder in die reklamebedryf Pieter Uys is op 16 Januarie 2022 in Johannesburg oorlede. Johann Lodewyk Marais bring hulde aan hom.
|
 |
Elders gesien: Meat Loaf in Swapo-wêreld
Ben du Toit
Elders gesien
"Ek gaan luister eenkant in ’n hoek. Die lirieke is vars, uitdagend, rou. Met 'Paradise by dashboard light' kyk die troepe betekenisvol in my rigting. Soek reaksie. Ek ignoreer dit. Hulle speel die plaat Bat out of hell (1977) oor en oor en ek verwonder my al meer oor die slim en poëtiese woorde en musiek."
|
 |
Elders gesien: Uitrysondae
Elise Bishop
Elders gesien
"Ouma het solank ’n haarnet opgesit, ’n skoon hankey uitgehaal, en gedêb met Potters en Moore, en onder die horlosieband ingedruk. Sy was reg vir die uitstappie as Oupa van die sidestoep roep. En vinnig buk sy oor die medisynekassie langs haar bed vir ’n mespunt Mentholathym in die neusholtes, just in case die stof haar hay fever gee."
|
 |
Nachoem M Wijnberg oor Liedjes/Liedjies: "Vertalen maakt een belangrijk deel uit van wat poëzie is."
Willem de Vries, Daniel Hugo, Nachoem M Wijnberg
Interviews
Die poësie van Nachoem M Wijnberg het vir die digter Alfred Schaffer die deur na die skryf van poësie geopen. Só het Schaffer gesê toe hy gevra is na wat Wijnberg, een van die belangrikste eietydse digters in Nederland, vir sy eie skryfwerk beteken, en die nuus dat Daniel Hugo Wijnberg se bundel Liedjes in Afrikaans as Liedjies (imprimatur) vertaal het. Willem de Vries gesels met Wijnberg en Hugo oor die pasverskene bundel vertaalde poësie Liedjes/Liedjies.
|
 |
Staalkaart van actuele taalkunde
Ingrid Glorie
Taaldiscussie
"Op 1 augustus 2021 nam Nicoline van der Sijs (1955) afscheid als hoogleraar Nederlandse Taalkunde aan de Radboud Universiteit. Ter gelegenheid van haar emeritaat verscheen het omvangrijke liber amicorum Wat gebeurt er in het Nederlands?! Deze bundel laat goed zien hoe relevant en veelzijdig taalkunde kan zijn. Vooral als je bij het onderzoek gebruikt maak van de nieuwe mogelijkheden van het digitale tijdperk."
|
 |
Verstekelinge, vlugtelinge, verraaiers, voëlgriep en vokale protes
Milton Webber
In het nieuws
"’n Verstekeling is op Schiphol in die neuswiel van ’n vragvliegtuig uit Suid-Afrika aangetref; omstredenheid oor The voice of Holland kring verder uit; die Switserse Anne Frank-fonds het die bevindings van die ondersoekspan oor die beweerde verraaier van Anne Frank en haar gesin skerp gekritiseer; gewelddadige betogings wil stem verleen aan diegene wat skynbaar nie gehoor word nie; en voëlgriep rig groot skade in die landbou aan."
|
 |
Wêreldbekende Robbeneiland word glo verwaarloos en wanbestuur
Jean Oosthuizen
In het nieuws
"Daar word al maande in die media berig dat hierdie historiese erfenis van Suid-Afrika gruwelik verwaarloos word, vervalle is en in ’n toestand van wanorde verkeer. Toeriste wat die eiland besoek, kla ook oor die buitensporige prys wat hulle moet betaal om daarheen te gaan. Die eiland is een van die land se belangrikste post-1994 erfenissimbole."
|
 |
Wes-Kaap spog met van die wêreld se gewildste bestemmings
Jean Oosthuizen
In het nieuws
"TSI gebruik die nuutste tegnologie om die krag van kunsmatige intelligensie toe te pas om sentimente van mense se voorkeure te ontsyfer. Dit is die eerste keer ooit dat bestemmings regoor die wêreld op so ’n wyse gerangskik word om die plekke te ontdek wat werklik die mees geliefd is."
|
 |
Covid-kenners meen maskers en ramptoestand is uitgedien
Jean Oosthuizen
In het nieuws
"Hy glo wel dat diegene wat weier om ingeënt te word, die gevolge moet dra. Hy sê sulke mense sal moet aanvaar dat sekere deure vir hulle gesluit sal word soos wat met die tennisspeler Novak Djokovic in Australië gebeur het."
|
 |
Weerstand teen verpligte COVID-19-inentings bou op
Jean Oosthuizen
In het nieuws
"Ten spyte van ’n oorwig getuienis dat inenting teen COVID-19 help om die verspreiding van die virus te bekamp en help voorkom dat mense ernstig siek word of sterf as gevolg daarvan, is daar hewige teenstand onder baie Suid-Afrikaners wanneer dit by verpligte inentings kom."
|
 |
Graad 1: Wiskundevraestel en -memo, eerste kwartaal
LitNet
Notas, toetse en vraestelle
Bewerkstellig ’n aptyt by jou graad 1-kind vir Wiskunde, soveel as vir roomys – deur aan hierdie lekker vraestelle van Lee-Ann West te proe. In hierdie vraestelle word aandag gegee aan die werk waarmee die kinders nou, aan die begin van die jaar, besig is.
|
 |
Graad 3: Wiskundevraestel en -memo, eerste kwartaal
LitNet
Notas, toetse en vraestelle
Help jou graad 3-kind om al die Wiskunde-balle in die lug te hou met hierdie nuttige oefenvraestelle, opgestel deur Lee-Ann West. Die vraestelle is toegespits op die gedeeltes van die werk waarmee die kinders nou besig is.
|
 |
Graad 7: Wiskundevraestel en -memo, eerste kwartaal
LitNet
Notas, toetse en vraestelle
Al is jy in graad 7, onthou jy sekerlik dat Sneeuwitjie sewe dwergies in die sprokie leer ken het. Onthou ook om jou Wiskunde sommer vroeg te begin oefen – met hierdie nuttige vraestel en memo wat deur Wilhelm du Toit opgestel is.
|
 |
Persverklaring: Jan H Maraisprys – nominasies vir 2022 ingewag
LitNet
Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns
Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns wag nominasies in vir die Jan H Maraisprys vir 2022. Die doel van die prys is om erkenning te gee vir ’n uitstaande bydrae tot Afrikaans as wetenskapstaal. Nominasies sluit op 25 Februarie 2022.
|
 |
SA Akademiepryse 2022: nominasies ingewag
LitNet
Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns
Die SA Akademie wag nominasies in vir die toekenning van Akademiepryse in die kategorieë wat in 2022 aan bod kom. Die finale sluitingsdatum vir nominasies is 15 Februarie 2022.
|
 |
Eet my woorde: Inskrywings (10)
LitNet
Skryfkompetisies
Die skottelgoed kan wag tot later – dis nou eers leestyd! Hier is die 10de groep inskrywings wat vir LitNet se skryfkompetisie "Eet my woorde" ontvang is. Die kompetisie het reeds gesluit.
|
 |
Eet my woorde: Inskrywings (11)
LitNet
Skryfkompetisies
Die lekkerste lekker wat jou nie gaan vet maak nie. Lees die 11de groep inskrywings wat vir LitNet se skryfkompetisie "Eet my woorde" ontvang is. Die kompetisie het reeds gesluit.
|
 |
Eet my woorde: Inskrywings (12)
LitNet
Skryfkompetisies
Breek ’n broodjie, maak ’n koppie drinkgoed en geniet die 12de groep inskrywings wat vir LitNet se skryfkompetisie "Eet my woorde" ontvang is. Die kompetisie het reeds gesluit.
|
 |
Eet my woorde: Inskrywings (13)
LitNet
Skryfkompetisies
Van die hand tot die mond ... Hier is die 13de groep inskrywings wat vir LitNet se skryfkompetisie "Eet my woorde" ontvang is. Die kompetisie het reeds gesluit.
|
 |
Eet my woorde: Inskrywings (14)
LitNet
Skryfkompetisies
Die woorde is nog lank nie koud nie – hier is die 14de groep inskrywings wat vir LitNet se skryfkompetisie "Eet my woorde" ontvang is. Die kompetisie het reeds gesluit.
|
 |
Eet my woorde: Inskrywings (15)
LitNet
Skryfkompetisies
’n Dag sonder ’n gedig is soos ’n dis sonder sout. Hier is die 15de groep inskrywings wat vir LitNet se skryfkompetisie "Eet my woorde" ontvang is. Die kompetisie het reeds gesluit.
|
 |
Buigbreek deur Margaret Cordier: ’n lesersindruk
Barend van der Merwe
Lesersindrukke
"Die oorhoofse tematiek van Buigbreek is dié van die mens as nomaad, ewig op reis deur die hoogtes en die laagtes, die stiltes en die storms van die lewe."
|
 |
Abraham H de Vries (1937–)
Erika Terblanche
ATKV|LitNet-Skrywersalbum
"Die verskil tussen waarheid en leuen, tussen werklikheid en verdigsel is – wat stories betref – nie ter sake nie." Lees oor Abraham H de Vries se lewe en werk.
|
 |
Probleme probleme
Crito
Blogs
"Die hoop het toe nie beskaam nie. Rapport het afgelope Sondag vorendag gekom met ’n noemenswaardige resensie ..."
|
 |
Sampioene
Karen Hart
Kos en wyn
"Maar daardie sampioene ... Kyk, as ’n Karookind jou sê jy kan maar die vleis los en net van die sampioene gee, dan moet jy weet – dis blerrie lekker."
|
 |
Ekstasis and the intricacy of intimacy
Ashlin Winckler
Lifestyle and entertainment
"From water drops cascading down the skin to the smell of naartjie juice on your fingertips, this stunning study of the interconnectedness of identity is perhaps the gentle reminder we all need to savour the human experience and all its delicious complexities."
|
 |
Liedjieskrywers! Oudisies binnekort vir ATKV-Crescendo
LitNet
ATKV-Portaal
Enige iemand met ’n hart vol lirieke en ’n notaboekie vol deuntjies kan nou aansoek doen vir die ATKV-Crescendo-program. Jy kan dalk in die musikale voetspore van die Suid-Afrikaanse supersterre soos Anneli van Rooyen, Whaden Johannes en Jodi Jantjies volg, deur aan te sluit by die ATKV-Crescendo-gesin.
|
 |
Desember
Willem de Swyger
Poësie
"ek maak my oë toe
sê stil dankie
raak bewus
van hierdie goue oomblikke"
|
 |
Weesmens
Melandi Loots
Poësie
"ek stap deur ’n huis
waarvan die mure
behang is met geraamde drome"
|
 |
Terug tot niks
Pieter Loots
Poësie
"waar die mens
soos ’n kers
homself verteer om te leef"
|

Konklusie of gevolgtrekking? Kontradiksie of teenstrydigheid?
LitNet Akademies wil navorsers graag help om meer gespierde Afrikaans te skryf. |
|