Can’t see this mail? Click here to view it online

- ISSN 1995-5928 - Ingesluit LitNet Akademies

 

Nuusbrief 811

06/08/2020


  Krities Afrikaans

LitNet: COVID-19 en jou gemoed

Pasverskyn

Nagjagter


Outeur: Jan Vermeulen
Uitgewer: LAPA
ISBN: 9780639600338

Die Holy Hunchback Vampire Slayer glo hy is ’n heilige wat die stad se vampiere moet uitwis. Sy eerste slagoffer vermoor hy met ’n houtpen deur die hart. Dit gebeur op die verhoog tydens die opvoering van die riller-drama Die Boggelrugvampierjagter.

Menings

Die sielkundige impak van COVID-19: ’n onderhoud

Antoinette Louw, Dap Louw
Onderhoude

"In effek gaan dit ook oor die verlies van beheer oor jou lewensituasie waaroor jy nog altyd beheer gehad het – beheer wat jy eintlik as gegewe aanvaar het, maar waarvan jy eers die ware intense impak besef as jy dit nie meer het nie."

Maar wat beteken #challengeaccepted regtig?

Bettina Wyngaard
Rubrieke

"Ek wonder hoeveel van die vroue wat hulle wit-en-swart foto’s plaas, die moeite gedoen het om uit te vind waaroor dit regtig gaan."

On the frontline: Interview with Reverend June Dolley Major

Olivia M Coetzee, June Dolley Major
Interviews

"Society covers up for husbands, fathers, grandfathers, neighbours who rape. We watch movies and there is so much sex and violence and the hero in the movie is mostly seen to have many sexual conquests. So sadly, rape is normalised."

Hoe gaan die DA hom strategies posisioneer teenoor die ANC?

Jason Lloyd
Rubrieke

"Is die tafel nou behoorlik met verskillende beleidsopsies vir die DA gedek om hulle daadwerklik so strategies te posisioneer om ’n tasbare alternatief vir die ANC te kan wees?"

Kuns ná COVID-19: Ironie in isolasie

Melvyn Minnaar
Seminare en essays

"Die klassieke, libertynse gedagte het juis die kunswerk tradisioneel in dié intieme verhouding voorgehou: een-tot-een, kyker en denker teenoor die uitdaging en omgang met die werk in oënskou. Die intimiteit van die gedig. Die nabyheid van die ets. Die roman wat in jou leestyd afspeel. Die beeldhouwerk wat net jóú driedimensionele ruimte deel."

Reguit met Robinson: ’n Zoom-gesprek met Johan Burger

Freek Robinson, Johan Burger
Onderhoude

Johan Burger praat met Freek Robinson oor waarom die misdaadsituasie in Suid-Afrika buite beheer is. Freek vra: "Is misdaad so endemies in ons samelewing dat dit al deel is van ’n hedendaagse normaal?"

Outomatiese spraak- en sleutelwoordherkenning in Afrikatale

Febe de Wet, Thomas Niesler
Seminare en essays

"Om byvoorbeeld die vermoëns van die bekende wetenskapsfiksierekenaars soos HAL in die fliek 2001 Space Odyssey en Star Trek se Computer te ontwikkel, vereis ’n ingewikkelde kombinasie van prosesse soos spraakherkenning, natuurlike taalbegrip, liplees, natuurlike taalgenerering en spraaksintese."

’n Onderhoud met die land se kaalbaskoning – ’n oudjoernalis onthou ...

Marietjie Warrington
In memoriam

"Vandag se jongmense sal heelwaarskynlik nie sy naam eien nie, maar vir baie van ons oudjoernaliste wat tydens die ‘80’s en ‘90’s gewerk het, sal dit moeilik wees om die kleurvolle persoonlikheid te vergeet."

Kwarantynketting: "’n Seisoen van onsekerheid" deur Alta Cloete

Alta Cloete
Kwarantynketting

"Jy onthou gesprekke met vriende, oomblikke in die natuur, ’n doodgewone rit na ’n doodgewone bestemming – en die doodgewone het nou spesiaal geword."

Hennie van Deventer onthou een van Volksblad se groot stories

Hennie van Deventer
Menings

"Die 'grootste' koerantstorie van my loopbaan? Ongetwyfeld die sluipmoord op HF Verwoerd op Dinsdag 6 September 1966. Ek was toe hoofsubredakteur."

WAT: #WysJouWoord vir Afrikaanse Taaldag

LitNet
Woordeboek van die Afrikaanse Taal-portaal

Moeg van by die huis rondsit terwyl die skole gesluit is? Raak kreatief in Afrikaans en illustreer jou gunstelingwoord.

SA Akademiepryse 2021: nominasies ingewag

LitNet
Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns

Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns vestig graag u aandag op die Akademiepryse wat in 2021 vir toekenning oorweeg word. Volledig gemotiveerde voorstelle vir enigeen van hierdie pryse word ingewag. Die sluitingsdatum is 31 Januarie 2021.

In memoriam

In memoriam: David Piedt – ’n toonaangewende lewe

Heindrich Wyngaard
In memoriam

"Soos soveel ander byeenkomste moes die KKNK egter ook noodgedwonge afgestel word weens die wêreldwye koronapandemie, wat reeds meer as 50 000 Suid-Afrikaners geïnfekteer het en die lewe van meer as 8 000 geëis het. Dié virus het nou die David wat die apartheid-Goliat oorwin het, neergevel."

In memoriam: Zandra Bezuidenhout onthou vir MM Walters

Zandra Bezuidenhout
In memoriam

"In die Afrikaanse letterkunde was daar maar één MM Walters, enig in die manier waarop hy met sy deurdagte aanpak en noukeurige vakmanskap aktuele temas sou invoer, dit in diens van die digkuns sou uitbuit, en met sy volstrek eie toonaard bekendheid sou verwerf."

Nou op Voertaal

Musiek en siekte: Hoe het die 1918 Spaanse griep "geklink"?

Wilken Calitz
Muziek

"Tydens die navorsing het die tema van musiek wat tydens siekte-epidemies ontstaan het, my talle kere gelei na die bewerings dat 'Ring a ring o’ rosies' sy ontstaan het in die Groot Griep van 1665–1666. ... En hier kry ek die volgende: ’n huil, lag, dans en melankoliese tema-en-variasies op die eenvoudigste liedjie denkbaar."

Suid-Amerika – Deel 3: Die Iguazu-waterval, Brasilië en gesprekke met vreemdelinge

Ingrid van der Walt
Reizen

"Wanneer vertrou ons en wanneer nie, en meer belangrik, waarom nie? Gesigsuitdrukkings en gevoel speel tog ’n belangrike rol. Ons kan nie een sin met Johannes gesels nie. Tog sit ons nou en eet aandete saam met hom."

Bij KuierKos vind je boerewors, biltong, beskuit … en echt Zuid-Afrikaanse gastvrijheid

Ingrid Glorie
Interviews

"Voor veel Zuid-Afrikanen gaan gezelligheid en lekker eten hand in hand. Het zijn twee zaken waar Zuid-Afrikanen die in het buitenland wonen, dikwijls naar terugverlangen. Dat weten Marnella Erasmus en haar man Andreas Döckel maar al te goed. Daarom zijn ze zes jaar geleden KuierKos begonnen."

Wellness brought to you by a marketing company

Mike van Graan
Nuusvinke

"If we think we face a huge existential threat because of the coronavirus, we are deceiving ourselves, for the bigger and ever-growing threat is from the virus of corruption that has infected just about every sector of our society."

Woede oor plundering van COVID-19-fondse

Jean Oosthuizen
In het nieuws

"Die kriminele wat daarvoor verantwoordelik is, het volgens die SARK bewys dat hulle nie eers afgeskrik word deur ’n vernietigende globale pandemie of mense wat besig is om van die honger om te kom nie."

Zuma of Ramaphosa, wie kies jy?

Jean Oosthuizen
In het nieuws

"Ramaphosa het ’n nuwe era in die Suid-Afrikaanse politiek beloof en ’n nuwe daeraad vir Suid-Afrikaners in die vooruitsig gestel, vry van korrupsie en staatskaping. Die nuwe besem het egter nie lank skoon gevee nie."

Keelvol Suid-Afrikaners sê ANC moet voertsek

Jean Oosthuizen
In het nieuws

"Die ANC-moet-voertsek-veldtog het op Twitter die tonge los gehad. Dit is veral die onlangse nuus oor korrupsie ten opsigte van COVID-19-verwante tenders wat die land se inwoners warm onder die kraag het."

Mediese kenners sê drankverbod moet waai

Jean Oosthuizen
In het nieuws

"Die Suid-Afrikaanse Mediese Navorsingsraad sê die verbod op alkoholverkope kan reeds binne twee weke opgehef word sonder dat dit enige nadelige invloed sal hê op die bestryding van die COVID-19-pandemie."

Akademies en skole

Riglyne vir die mediëring van omstrede kwessies in Nederlandse en Afrikaanse jeugverhale

Elize Vos, Janneke de Jong-Slagman, Ronel van Oort
LitNet Akademies (Opvoedkunde)

"Die belangrike rol van die taalonderwyser as medieerder kan ’n dieper omvang aan die onderwys verleen, aangesien jeugdige lesers voorberei word om beter en meer meelewende burgers in ’n diverse samelewing te wees."

Vroulike karaktersubjektiwiteit: die strategiese gebruik van nomadiese skryf deur Eleanor Baker

Hennie van Coller, Marian Human-Nel
LitNet Akademies (Geesteswetenskappe)

"Die onderliggende hipotese is dat Baker hardnekkig haar eie weg ingeslaan en bly skryf het oor vroue se strewe na ’n ander identiteit as dié van die onderdanige vrou, en die gestereotipeerde voorstelling daarvan."

Graad 8 Eerste Addisionele Taal – Taaloefening en memo met Best Books

Alta Engelbrecht
Notas, toetse en vraestelle

Hier is ’n lekker taaloefening en memo vir graad 8 Afrikaans EAT-leerders uit Best Books en Alta Engelbrecht se Eksamenhulp-boek.

Boeke en skrywers

Resensie: Move the border: A history of the greatest battles of the Angolan Border War 1966–1989 deur Marius Scheepers

André Wessels
Resensies

"Nieteenstaande die kritiek wat hier en daar hier bo uitgespreek is, lewer Marius Scheepers se Moving the border: A history of the greatest battles of the Angolan Border War 1966–1989 sonder enige twyfel ’n bydrae tot die beter verstaan van die sogenaamde Grensoorlog en is dit ’n belangrike toevoeging tot die Grensoorlog-historiografie."

Boekebesinning: Danie du Toit se intrekpoësie ná ’n boek oor die faalstaat

Frederik Rudolph van Dyk
Lesersindrukke

"Is daar fout daarmee om die tjokke-tjokke-tjok en warm straling van die tuimeldroër te gaan uitsoek? Het ons dit dalk lank nie gedoen nie, en onsself so bemoei met Groot Onderwerpe dat ons die nuanses van klein leef vergeet het?"

Lesersindruk: Worteltoon gaan jou vang deur Laantie le Roux

Berdéhan Brand
Lesersindrukke

"Die boek sal vir seker ’n aanwins wees vir skole. Dit bied ruimte vir interpretasie, selfondersoek, groeplees, gedeelde lees, voorspellings, menings wat beredeneer kan word, ’n visuele skatkis vir interpretasiedoeleindes, identifikasie, die verwantskap tussen oorsaak en gevolg, begripsontwikkeling en dan die belangrikste aspek – om ’n liefde vir lees te ontwikkel."

Wilken Calitz oor sy musiekloopbaan en oor sy debuutroman

Maryke Roberts, Wilken Calitz
Leefstylonderhoude

"Ek is nie heilig op my werk nie. As jy die regte mense kies, word jou teks net beter."

Femicide in South Africa – an interview with Nechama Brodie

Cliffordene Norton, Nechama Brodie
Books and writers

"It’s important that we understand that femicide is not something that happens only when there is a big story in the news – but it is systemic, and it has been happening over a long period of time; it exists as part of a broader society that has allowed and encouraged violence to be used as a solution or as a means to an end."

Boekuittreksel: Maggie – My lewe in die kamp deur Maggie Jooste

LitNet
NB-Uitgewersportaal

"In elke ronde tentjie het ’n paar Kakie-komberse op die vloer gelê, dit was al. Ma het een kombers op die grond gegooi en toe ons sewe om die paal in die middel gaan sit het, was die ou tentjie stampvol."

Korona-kortverhaalfees Maryna Blomerus oor "Doodsnaaks"

Melt Myburgh, Maryna Blomerus
Skrywersonderhoude

"Ek kies ’n plek of gebeurtenis uit my eie lewe wat storiewaardig is. (In 'Doodsnaaks' was dit die Aprilgek-poets op my eks.)"

Nuut by LAPA in Augustus | New releases in August

LAPA Uitgewers
LAPA Uitgewersportaal

Kyk watter nuwe boeke in Augustus 2020 by LAPA verskyn.

PEN Afrikaans: Afrikaanse resensies en boekgesprekke in Julie 2020

PEN Afrikaans
PEN Afrikaans

Hier is PEN Afrikaans se oorsig van Afrikaanse resensies wat in Julie 2020 verskyn het en digitaal beskikbaar is. Daar is ook skakels na boekbesprekings of -gesprekke en voorlesings wat op die radio of TV uitgesaai is.

Uitnodiging: Zirk van den Berg in gesprek met Melt Myburgh oor Tweegevreet

LitNet
Boeke en skrywers

Jy word vriendelik uitgenooi na ’n aanlyn gesprek oor Zirk van den Berg se boek Tweegevreet op Dinsdag 11 Augustus om 19:00.

Uitnodiging: Aanlyn kuier met François Smuts oor Slagoffers

LitNet
NB-Uitgewersportaal

Jonathan Amid sal vanaand, op Donderdag 6 Augustus, met François Smuts gesels.

Leefstyl

Filmresensie: Natalie Wood: What remains behind

Leon van Nierop
Film

"Slaptjipsvermaak is dit nie. Want iewers word daar wel ’n vraagteken of twee geplaas wat breinkrag vereis."

"I was not supposed to enjoy Cursed" – a review

Reney Warrington
Lifestyle and entertainment

"I was right. It is kinda lame. Really. Still, I think you should give it a try."

Persvrystelling: kykNET-filmreeks – Uitnodiging vir indiening van storievoorstel

LitNet
kykNET Portaal

Soné Combrinck Produksies is deur kykNET gekontrakteer om tien 50-minuut-TV-films vir die kanaal te vervaardig. Ons nooi graag skrywers en storiemakers uit om bestaande verhale vir oorweging in te skryf.

Media release: Unmasking Evita to be live streamed on Women’s Day

LitNet
Theatre

Unmasking Evita will livestream from Penny Lane Studios in Cape Town across the world into the homes and hearts of her subjects on Women’s Day, this Sunday, 9 August at 6 pm.

Skryfwerk

Korona-kortverhaalfees: Doodsnaaks

Maryna Blomerus
Fiksie

"'Die ding is,' antwoord Belinda, 'hulle wil jou nou van veelwywery aankla. As ons nog getroud is, is jou en Elna se huwelik onwettig. En julle kinders buite-egtelik.'"

Kampkerkhof

Kobus van Tonder
Poësie

"Moeders wat siel gedood niks meer vra
as die doodsengel
uit haar arms kom haal"

Spoorsnyer

Kobus van Tonder
Poësie

"In die spoor lees jy die uur en vrag
Snuif jy … vir muskus en sweet sout"

Wat wou

Waldemar Gouws
Poësie

"daar was die agtermiddagradioprogram se arias
die sang van tenoor teenoor die sang van sopraan
om op te reken"

doller vinniger

Waldemar Gouws
Poësie

"die maan maak my monitor
vol ligte lig vlasagtig
vleiend oorgestuur"

o die genoegdoening

Marius Coetzee
Poësie

"o die genoegdoening
dat die ongedansde dans sal uitdans
dat alles en soms selfs te veel gesê word"

Geen bekendstelling nodig nie

Franco Colin
Poësie

"Vliegtuie hef liggaamsruimte op,
forseer intimiteit met vreemdes."

Vryburg

Kobus van Tonder
Poësie

"Nog eenmaal wil ek,
waar herinneringe van jare draal
en trane van verlange lek"

LAW FOR ALL’s Top 10: "Brave" by Monnica Rampine

Monicca Rampine
New writing

"I hope you forgive me, Ma. I thought this was the only way to make the pain go away."

Elders gesien

Elders gesien: "Kennis is ’n skat"

Carina Stander
Elders gesien

"'Kennis is soos ’n tas wat ek altyd met my saamdra, ’n skat,' het die wyse en wakker 96-jarige Giuseppe Paternò die week gesê toe hy sy graad in Geskiedenis en Filosofie (top honours!) aan die Universiteit van Palermo in Italië ontvang."



Konklusie of gevolgtrekking? Kontradiksie of teenstrydigheid?
LitNet Akademies wil navorsers graag help om meer gespierde Afrikaans te skryf.

KONTAK

litnet@litnet.co.za

021 886 5169


© 2020 LitNet. Alle regte voorbehou | All rights reserved