Can’t see this mail? Click here to view it online

- ISSN 1995-5928 - Ingesluit LitNet Akademies

 

Nuusbrief 810

30/07/2020


  Krities Afrikaans

LitNet: Jou brug

Pasverskyn

As die Cape Flats kon praat


Outeur: Brian Fredericks
Uitgewer: Human & Rousseau 
ISBN: 9780798180917

Brian Fredericks, ’n aangrypende nuwe stem, skryf met nege kortverhale ’n wêreld oop in die Cape Flats. Hy werp lig op ’n komplekse wêreld waar die grens tussen reg en verkeerd heeltyd verskuiwe, maar bowenal het hy ’n sonderlinge insig in die feilbaarheid maar ook die broosheid van menswees. Karakters kry lewe op papier, en maak jou opnuut kyk na die wêreld om jou en in jou. Met dié bundel kortverhale vestig Fredericks hom as baanbreker in die Afrikaanse kortkuns.

Menings

Die brug tussen taal, regte en tegnologie: Praktykgerigte tegnologie-oplossings vir taalhindernisse in die regsdomein

Benito Trollip
Seminare en essays

"Die vraag wat in toekomstige gesprekke oor die tegnologiese oplossings vir taalhindernisse in die regsdomein gevra moet word, is hoe baie regte die mees weerlose mense verbeur omdat hulle nie op enige vlak toegang tot wetgewing het nie en hoe tegnologie gebruik kan word om toegang te bevorder."

Agri SA-president Pierre Vercueil oor voedselsekerheid

Freek Robinson, Pierre Vercueil
Onderhoude

Pierre Vercueil: "Dis meer lewensgevaarlik om ’n boer te wees as ’n polisieman, en dis ’n feit. Ons plaaswerkers ly net so swaar daaronder soos die boere. Ons kan mos nie privaatpolisiemagte in die landbou hê nie, maar dit gaan naderhand daarnatoe beweeg."

"Mensehandel is ’n verskuilde, misdadige bedryf": ’n onderhoud met Beatri Kruger

Cliffordene Norton, Beatri Kruger
Onderhoude

"Mensehandelaars is uitgeslape en stel vas wat hul potensiële slagoffers se drome en kwesbaarhede is. Hulle word dan mislei en gelok na ’n 'beter lewe' met sogenaamde glansryke geleenthede vir werk, opleiding, wêreldreise of wat ook al die slagoffer se drome is."

Arme, arme Uncle Cyril

Bettina Wyngaard
Rubrieke

"En wiet djy, Uncle Cyril, o’s vedien bietere. Djy vedien bietere. Soe, lead o’s. Sny daai toutjies wat djou soe lat van tune af dans, en be your own man."

Om vry ingeperk te wees

Lianda van der Merwe
Menings

"Ons, op ’n kleinhoewe, is vryer ingeperk as stedelinge. Ons huisarres is ruim. Oupa met sy taai oumanspiere ploeg die saailande en maak voorbrand in die winter; die honde hardloop nog steeds, soveel en waar hulle wil. Die hase, kiewiete en katte ontgeld dit net so gewoon soos altyd, en het geen idee wat die arme dorpshonde deurmaak nie."

Karen, dié is oek jóú struggle!

Olivia M Coetzee
Rubrieke

"Maa Karen, toe ek groot raak toe leer ek niewe dinge van die veliede en vestaan hoekô dinge is soes dit is. Ek noraggie navorsing om te vestaan hoe die system nie ’n system vi mense van kleur issie, wan ek liewe in dit elke dag van my liewe."

"Om terug te keer na die begin; om vreugde te vind" – Jan Blohm oor sy konsep-album Jenny

Remona Voges, Jan Blohm
Musiekonderhoud

"Die naam Jenny is jeugdig en ’n uitdaging. Om terug te keer na die begin; om vreugde te vind. Soos ’n swaeltjie ná somer ’n ander somer gaan soek en baie keer op dieselfde plek opeindig. Jenny is die somer wat die swaeltjies dryf om terug te gaan huis toe."

Bly weg van dié woorde om aanstoot te vermy

Melt Myburgh, Jana Luther
Onderhoude

Jana Luther: "Vermy stereotipes. Die beste manier om onbevooroordeeld te skryf en onbevooroordeeld te praat, is om na mense te kyk en hulle as individue te beskryf."

Skoon wasgoed-rubriek: Die glibberige woord

Frederik de Jager
Boekrubriek

"By nadere inspeksie kon jy duidelik sien hoe die terme van tyd tot tyd versag is, van uitgawe na uitgawe. Van die oorspronklike, wat hard geland het op die sensitiewe oor van die tweede helfte van die eeu, is hulle telkens verander volgens wat in die tyd as sosiaal aanvaarbaar beskou is."

Nou op Voertaal

Wes-Kaap wen veld teen COVID-19

Jean Oosthuizen
In het nieuws

"Die Wes-Kaap, wat tot onlangs die episentrum van die koronavirus in Suid-Afrika was, is besig om goeie vordering te toon in die stryd teen COVID-19. Die provinsie wil nou die tweede pandemie takel, naamlik werkloosheid."

Agri SA se R1-miljard-plan teen hongersnood

Jean Oosthuizen
In het nieuws

"In Suid-Afrika as geheel is daar steeds 13 738 824 mense (24,9% van die bevolking) wat nie toegang tot voldoende voedsel het nie."

Gatvol Kapenaars neem stad op horings

Jean Oosthuizen
In het nieuws

"Optogte het op verskeie plekke in die stad opgevlam. Wetstoepassers moes die afgelope week op 48 betogings reageer."

Moedverlore restaurante vaar strate in

Jean Oosthuizen
In het nieuws

"Restaurante regoor die land het Woensdag 22 Julie deelgeneem aan ’n vreedsame betoging om die aandag te vestig op die verknorsing waarin die bedryf hom bevind as gevolg van die regering se inperkingsregulasies."

Ramaphosa wil ekonomie aan die gang kry

Jean Oosthuizen
In het nieuws

"Die President het in sy weeklikse nuusbrief voorbeelde genoem van klein en mikro-ondernemings wat noodsaaklike goedere verskaf het toe mense nie kon rondbeweeg nie."

Krisis in drankbedryf weens COVID-19 op spits gedryf

Jean Oosthuizen
In het nieuws

"Saai sal die Noord-Gautengse Hooggeregshof in Pretoria op 18 Augustus dringend nader om die verbod op die verkoop en verbruik van wyn in restaurante ter syde te stel. Dié aansoek kom nadat president Cyril Ramaphosa op 12 Julie 2020 wéér ’n algehele verbod op die verkoop en vervoer van drank aangekondig het."

Reise met Schoeman: een "persoonlijke zaak"

Ingrid Glorie
Literatuur

"Het is jammer dat Winters Schoemans 'waarom' niet in verband heeft gebracht met de voltooid-levendiscussie die al enige jaren in Nederland gevoerd wordt en die Schoeman via het internet incidenteel volgde vanuit zijn huisje in Noorderbloem. Reflecteert Schoemans 'genoeg' niet precies wat met het idee van 'voltooid leven' bedoeld wordt?"

Little Richard: die eerste vonk van die rock-genre

Wilken Calitz
Muziek

"Little Richard, soos hy bekend is aan die wêreld, het sy bynaam te danke aan sy een been wat korter was as die ander een. Maar waar hy tekort geskiet het in fisieke hoedanigheid het hy voor vergoed in volume en houding. Die kombinasie van hierdie eienskappe, plus sy gawe om catchy melodieë op die klavier uit te hamer, is wat hom uiteindelik gestempel het as die eerste vonk van die rock-genre."

Salige Stanford

Maryke Roberts
Reizen

"Die wynroetes in en om Kaapstad, Stellenbosch en die Paarl is gesogte trekpleisters en heerlike dag-uitstappies as jy in die Boland vertoef. Maar soms is daar geheimenisse van ander wingerde net oor die volgende heuwel wat wag om ontdek te word – soos die lede van die Stanford Wynroete."

’n Tweede heen-en-weer-reis na Suid-Korea en wat ek geleer het

Ingrid van der Walt
Reizen

"Wat ek nie besef het nie, is dat ek Korea en die Koreaanse kultuur opnuut anders sou beleef as toe ek 22 was. Is dit die ding van reis as jy ’n bietjie ouer is? Dat jy sekere aspekte van ’n land en kultuur selfs meer kan absorbeer en waardeer?"

De enige onvervalste Vlaamse literaire canon

Hendrik Carette
Literatuur

"Indien tien van deze boeken vertaald zouden zijn in het Duits, het Engels en het Zweeds, dan hadden wij allang een Nobelprijswinnaar."

Akademies en skole

Só lyk die Wiskunde-kurrikulum vir die res van 2020: ’n gids vir ouers

Berdéhan Brand
SA Skoleseminaar | Schools Seminar

"Met dit in gedagte kan die opvoeder en ouer duidelik uit die tabelle identifiseer watter areas nie gedek sal kan word nie. Ouers kan dan veral inskerping doen tov die modules wat ’n jaar moet oorstaan."

Skoolverlaters se vermoë om hul eie werk te skep: Vyf vrae aan Adri du Toit

Liné Loff, Adri du Toit
Onderhoude

"Die vak Verbruikerstudie bied feitlik onbeperkte beroepsgeleenthede in ’n wye spektrum rigtings, asook waardevolle en goedgestruktureerde entrepreneurskapsinhoud, sodat leerders wat dit verkies, selfgerig werksgeleenthede kan skep."

Graad 7: Afrikaans Huistaal – vraestelle en memorandums

Eugene van der Westhuizen
Notas, toetse en vraestelle

Hier is ’n gratis oefenvraestel en memorandum vir Afrikaans Huistaal vir graad sewes.

Review: Decolonising schools in South Africa: The impossible dream? by Pam Christie

Aslam Fataar
SA Skoleseminaar | Schools Seminar

"Pam Christie’s entire career’s work shines a bright light on our educational fault lines, and now, with this book, she invites us into the decolonial space, which is an impossible space to embrace – maddeningly impossible – yet one which must be occupied and rendered pedagogical."

Persvrystelling: SA Akademie se eerste virtuele bekroningsplegtigheid

LitNet
Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns

Die SA Akademie nooi u hartlik uit na hul eerste virtuele bekroningsplegtigheid op Donderdag 30 Julie 2020 om 18:00. Toegang is gratis op die Akademie se Facebook-blad.

Boeke en skrywers

Boeke met Burger: ’n Zoom-gesprek met Paweł Zajas

Willie Burger, Pawel Zajas
Boeke en skrywers

In vandeesweek se Zoom-gesprek praat Willie Burger met Paweł Zajas oor die letterkunde in Afrikaans, Nederlands en Pools. Hulle bespreek die boekebedryf in verskillende lande en die term "transnasionalisme".

Korona-kortverhaalfees: Moryn Hanzen oor "Rigting"

Melt Myburgh, Moryn Hanzen
Skrywersonderhoude

"Ons mense leer dink kreatief om ons uitdagings te bowe te kom. En ons mense kán stories vertel."

Wolk: ’n onderhoud met Hannes Barnard

Naomi Meyer, Hannes Barnard
Skrywersonderhoude

"Jou tienerjare is so ’n belangrike deel van jou lewe; so ’n interessante, deurmekaar, soekende deel van ons lewens, dat dit ’n fantastiese plek is om kleurvolle en betekenisvolle karakters te gaan soek."

Tronkhond deur China Mouton: ’n resensie

Danie Botha
Resensies

"’n Groot verskeidenheid gebeurtenisse word gedramatiseer: misdaad binne ’n gevangenis soos moord, bendegeweld en ontsnappings; ook ontroerende voorvalle binne sy familie- en vriendekring. Waar nodig gebruik hy ruwe taaluitdrukkings, gevangenes se soort woorde en sekere uitdrukkings wat ek onthou uit my dienspligmaande van lank gelede."

The fall: an interview with Jen Thorpe

Cliffordene Norton, Jen Thorpe
Books and writers

"I think the way we think about and talk about protests and why they happen, has the ability to shape our receptiveness to listening, and I wanted to explore this idea in The fall."

Reader impression: Has China won? by Kishore Mahbubani

David Willers
Books and writers

"Space doesn’t allow for a fuller discussion of the author’s conclusions, the main conclusion of which is that a major geopolitical contest between America and China is both inevitable and avoidable."

Lesersindruk: Oorlewingsgids vir ’n prinses deur Federica Magrin

Anke Theron
Lesersindrukke

"Wat die boek besonders maak, is dat ons nie net die gewone, bekende prinsesse ontmoet nie, maar ook vir Thakane, Dulcinea, Kaguya-hime en Draupadi. Die verskeidendheid van prinsesse sorg vir ’n meer gebalanseerde blik op die prinseswese. Die leser kry ’n Afrika-, ’n Indiese en Asiatiese perspektief."

NB-Uitgewers-kompetisie: Koop Dagboek van ’n dork en wen Sorbet-produkte

LitNet
NB-Uitgewersportaal

Lees hier hoe jy een van vyf geskenkpakke met Sorbet-produkte ter waarde van R500 elk kan wen!

Adriaan Snyman (1938–)

Erika Terblanche
ATKV|LitNet-Skrywersalbum

"Adriaan Snyman skroom nie om omstrede onderwerpe as temas vir sy romans te gebruik nie."

Uys Krige en literaire contacten in Vlaanderen

Yves T'Sjoen
NeerlandiNet

"De paden van Tone Brulin en Uys Krige hebben elkaar meermaals gekruist. Zo regisseerde Brulin Die sluipskutter (1951) van Uys Krige voor de Vlaamse televisie (uitzending op 17 of 18 mei 1962)."

Verspeelde kans

Crito
Blogs

“Natuurlik is die duif geen vreemdeling in die Afrikaanse poësie nie.” Nou toe, ons wag!

Geduld

Crito
Blogs

Lees wat skryf Crito in sy tweede blog van die week.

Skryfwerk

Korona-kortverhaalfees: Rigting

Moryn Hanzen
Fiksie

"Dis toe sy deur die plaashek ry dat sy die klein figuurtjie met sy tassie ’n paar meter verder sien voortbeur het deur die diksand. Sy blou hempie was duidelik sigbaar teen die oranje-rooi van die duine."

Redding in ’n bottel cabernet

Michelle Oosthuizen
Fiksie

"Terwyl hy bank toe stap om langs my neer te plof, bekyk ek hom met aandag. Waar is die man vir wie ek twintig jaar terug lief geword het? ’n Dinamiese man met murg in sy pype? Al wat nou oor is, is ’n patetiese drankslaaf."

eers liefde, dan gedigte

Merwe Nel
Poësie

"die tyd het nou gekom, vir die een wat homself
nog heeltyd vermom, die een wat al die idees het,
die een wat Afrikaanse woorde uit die berg laat kom"

karoo-reis

Carel Anthonissen
Poësie

"’n mens moet dikwels ver en
gly-gly reis om grond te vat en
huis te haal"

Vlerk

Morné du Preez
Poësie

"met die spoed van lug
sou ek ’n tortel wees"

Met oorvloed gevul

Louis du Plessis
Poësie

"Luister hoe versamelvinke
en blinkende spreeue
se roepstemme klink"

Before I sleep

Louise Viljoen
New writing

"In ancient tongue they celebrated,
whispering charming syllables"

LAW FOR ALL’s Top 10: "Say something" by Harry Owen

Harry Owen
New writing

"about Syria
Libya, Afghanistan
say something about Nairobi"

SêNet-briewe

Die klein jakkalsies vreet die wingerd op

Cornelia de Kock
SêNet-briewe

"Dié van ons wat drank of sigarette by ’n smokkelaar gekoop het, moet onthou dat die deler so goed soos die steler is."

Die konsert: Suid-Afrika – ’n komiese riller

Reusedwerg
SêNet-briewe

"Die tonele van wanbestuur, vergrype van mag, hebsug, nydigheid, afguns, jaloesie, vraatsigheid en die ontkenning van die gehoor, wek kommer."

’n Ope brief aan my kanker

Petro Viljoen
SêNet-briewe

"Jy spook in my gedagtes
Jy tol om en om
Jy is voorop in my gebede
Kanker, jy maak my dom"

In memoriam

MM Walters (1929–2020)

Erika Terblanche
ATKV|LitNet-Skrywersalbum

MM Walters is oorlede. LitNet bring hulde aan hom en ons deel hiermee sy volledige LitNet|ATKV-Skrywersalbum.



Konklusie of gevolgtrekking? Kontradiksie of teenstrydigheid?
LitNet Akademies wil navorsers graag help om meer gespierde Afrikaans te skryf.

KONTAK

litnet@litnet.co.za

021 886 5169


© 2020 LitNet. Alle regte voorbehou | All rights reserved