|
|
- ISSN 1995-5928 - Ingesluit LitNet Akademies
|
|
Nuusbrief 727
29/11/2018
|
Krities Afrikaans
|
Blasjan en die blou kitaar
Sebastian of Blasjan beskou homself as ’n "verloorder" en die boelies in sy nuwe skool dink ook dat hy een is. Hy sukkel om by die stadslewe aan te pas nadat sy pa gesterf het. Hillbrow lyk skrikwekkend en vol misdaad ná ’n sorgvrye grootword op ’n plaas.
Hy vind vertroosting in musiek deur kitaar te speel, ’n band te begin, en aan ’n talentkompetisie deel te neem. Uiteindelik styg Blasjan bo alles uit en hy word sterker, voel gelukkiger en kry heelwat meer selfvertroue.
Skrywer: Koos Kombuis
Uitgewer: Penguin Random House SA
ISBN: 9781485900481
Prys: R150
|
 |
|
 |
Anatoli by Tayfun Aras: a book review
Elsibe Loubser
Reviews
Anatoli by Tayfun Aras is not only a recipe book. It is a mini-memoir of his creative culinary life and a hearty diary of this much-loved niche restaurant in Cape Town, which was established in 1984.
|
 |
Miemie-Louw Theron (1898–1992)
Erika Terblanche
ATKV|LitNet-Skrywersalbum
Lees oor die lewe en werk van Miemie-Louw Theron in LitNet se ATKV-Skrywersalbum.
|
 |
Liefde in die tyd van die internet deur Fransi Phillips: ’n resensie
Theo Kemp
Resensies
"Sekerlik die grootste bate van Liefde in die tyd van die internet is dat die Russiese leefwêreld tot ‘n groot mate oopgeskryf word in Afrikaans. Die impak van die roman, die boheemse tekstuur, sou nie naastenby dieselfde gewees het as die sprokie plaaslik afgespeel het nie."
|
 |
The Enumerations: an interview with Máire Fisher
Naomi Meyer, Máire Fisher
Books and writers
"I like the idea of it being a whydunnit, but I really do hope that readers will land up liking Noah and understanding more about him. I think it’s really important that we see people as people, not as being defined by their conditions."
|
 |
Kainsmerk deur Annelie Botes: ’n FMR-resensie
Danie Botha
Resensies
"Sy’t agtergekom dat hy op die Bybel kyk, maar uit sy kop uit vertel. 'Partykeers het hy die gelykenis van die saaier voor in die Bybel gelees; ander aande agter. Een aand was dit koring, die ander aand hawer.'"
|
 |
Bloed, dunner as water deur Charné Kemp: 'n resensie
Carla van der Spuy
Resensies
"Kemp skryf feitelik, helder en nugter. Die boek is leersaam en insiggewend. Dit lees maklik soos wat ’n mens van ‘n ervare joernalis verwag en probeer nie onnodig wetenskaplik of akademies te wees nie."
|
 |
South African authors protest against Copyright Amendment Bill
PEN Afrikaans
PEN Afrikaans
"Authors deserve better than what the legislature has given them in the Copyright Amendment Bill that is being railroaded through Parliament despite local and international opposition. As authors’ associations, we are calling on our members, as well as other authors and interested parties to spread the word about this bill and sign a petition against its adoption."
|
 |
Van boeke, lesers en skrywers (Deel 2)
Bettina Wyngaard
Rubrieke
"Klaskamers bars uit hul nate en een leerkrag kan nie aan elke leerder die nodige aandag gee nie. As jou kind in graad 1 nie onmiddellik leer hoe om te klank nie, hoe om sigwoorde te herken nie en hoe om basiese somme te doen nie, het jy reeds met ʼn agterstand begin."
|
 |
Die Bybel as interteks in die Afrikaanse poësie: Lina Spies in gesprek met Pieter de Villiers
Pieter GR de Villiers, Lina Spies
Onderhoude
"Ek het die artikel geskryf om opnuut aandag te vestig op die belangrikheid van Ina Rousseau se klein oeuvre waarin die deurlopende tema van die verlore paradys my opgeval het soos wat die titel van haar debuut, Die verlate tuin, reeds te kenne gee. By die skryf van my artikel het dit vir my geblyk dat waar dié tema in sekere gedigte nie eksplisiet uitdrukking vind nie, dit misgekyk word en die interpretasie nie reg laat geskied aan die integrasie van al die elemente in die gedig, dus in sy volle aanbod, nie."
|
 |
’n Brief aan elke dramajuffrou en haar selfoon
Carla du Preez
SêNet-briewe
"In Suid-Afrikaanse skole, op ’n skaal van 1 tot 10, is bendegeweld en puttoilette onderskeidelik ’n 10 en ’n 11. ’n Dramajuffrou wat gedurende haar graad 11’s se praktiese eksamen op WhatsApp kuier, score ’n 2."
|
 |
Jeremiade van ’n buiteleser
Jean Meiring
SêNet-briewe
"Hoe durf ek met my skurwe advokatehande aan die goddelike tempelskrif raak?" Jean Meiring reageer op Joan Hambidge se besware teen sy resensie van Egonne Roth se Olga Kirsch: ’n lewe in gedigte.
|
 |
’n Mening oor Il Paradiso in Afrikaanse vertalings
Cacciaguida
Menings
"Delamaine du Toit het al drie dele van die La Divina Commedia vertaal. Sy bedoeling was om Dante in Afrikaans leesbaar te maak. Die rym en poëtiese krag kom egter nie tot sy reg nie."
|
 |
Foto's: KKNK25 word bekendgestel
Naomi Bruwer, Gerrit Rautenbach
KKNK
Die KKNK word in 2019 vir die 25ste keer aangebied. Hierdie mylpaal is Sondag by die indrukwekkende Norval-stigting in Tokai gevier. By dié geleentheid is teruggekyk oor die afgelope 25 jaar en is vier belangrike rolspelers in die kunstebedryf vereer.
|
 |
Life itself, ’n filmresensie
Suzette Kotzé-Myburgh
Film
"Die eerste deel van die film beweeg te stadig en kon ingekort gewees het, maar dit word mettertyd ’n boeiende ondersoek na liefde en familie."
|
 |
Private life is bracingly funny and moving
Reney Warrington
Lifestyle and entertainment
"The great thing about Private life is that it does not take sides. It shows you the couple’s total heartbreak and fatigue, but also that their obsession with having a baby is destroying their lives."
|
 |
Persverklaring: Kokertoekennings van die Afrikaanse Taalraad, 2018
LitNet
Die Afrikaanse Taalraad-portaal
Sewe Kokertoekennings is in Pretoria by die sesde Kokerfunksie van die Afrikaanse Taalraad (ATR) uitgedeel. Die toekennings word jaarliks gedoen aan mense uit alle agtergronde wat Afrikaans in verskeie taalfunksies aktief bevorder, beskerm of die sprekers deur Afrikaans bemagtig.
|
 |
Persverklaring: Geel jou hart vir liefde
LitNet
Musiek
"Hierdie inisiatief het laasjaar in Pretoria by die Blou Hond-restaurantteater begin en vanjaar versprei die liefde ook na Durbanville in die Kaap om diere se nood te verlig."
|
 |
Die Slag van die Chambinga, 9 en 11 November 1987: ’n taktiese en operasionele ontleding
Leopold Scholtz
LitNet Akademies (Geesteswetenskappe)
"In dié artikel word nuwe getuienis aangevoer vir die gevolgtrekking dat alhoewel die Brigade weggekom het, dit te swaar beskadig was om verder te veg. Só is die basiese doelstelling waarmee die Suid-Afrikaners die vyand aangeval het, tog bereik. Ten slotte word sowel Fapla as die SAW se optrede gemeet aan die hand van die beginsels van oorlogvoering wat die SAW destyds verkondig het."
|
 |
Vonnisbespreking: Nog ’n vriendskaplike-sekwestrasie-aansoek sneuwel
Melanie Roestoff
LitNet Akademies (Regte)
"Onnodige struikelblokke vir toegang tot skuldverligting, soos beperkings op die skuldlas van die skuldenaar, moet uitgeskakel word. Dit is verder noodsaaklik dat die stelsel gelyke beskerming en skuldverligting bied aan alle skuldenaars wat met skuld oorbelas is."
|
 |
Baai baai, Bo-Kaap
Ricardo Arendse
Poësie
"Soe julle moet plek maak vir overseas mense wie kom op vacation."
|
 |
Bybel in Kaaps: Abram en Lot
Olivia M Coetzee
Bybel in Kaaps
"Lot het toe sy oë op geslat en narrie hele Jordaanstreek gekyk, hy’t gesien dat daa oral oogenoeg water was soesie tuin vannie Jirre, soesie land van Egipte soes djy Soar toe gan. Dit was voorie Jirre vi Sodom en Gomorra vewoes het."
|
 |
’n Politieke "antie" wil Suid-Afrika se goeie mense byeenbring
Heindrich Wyngaard
Nuusvinke
"Suid-Afrika wag op die verwagte aankondiging van die naam van sy nuutste politieke party – ’n inisiatief van die voormalige burgemeester van Kaapstad, Patricia de Lille, noudat haar paaie met die Demokratiese Alliansie (DA) geskei het. Dit is algemene praktyk wanneer verkiesingstyd in Suid-Afrika nader kom, soos nou in die aanloop tot die 2019 nasionale en provinsiale stemdag, dat daar gewoonlik ’n hele aantal nuwe partye opspring, asof sampioene in die veld, waarvan net enkeles werklik ernstig opgeneem kan word."
|
 |
Portugal: Pragtige Porto (deel I)
Dalene Vermeulen
Reizen
"Portugal is die tuiste van fadomusiek, portwyn en die befaamde pastéis de nata (’n heerlike vla-tertjie in skilferdeeg wat baie aan melktert herinner). Die strate en stegies is in keisteenpatrone gepak en die geboue met bont teëltjies (azulejos) versier. Die mense is vriendelik, die kos lekker en die pryse billik."
|
 |
Vroueskrywers vier 16 dae van aktivisme saam
Jean Oosthuizen
In het nieuws
"Die vroue wat aan die simposium vir Afrika-vroueskrywers in Johannesburg deelneem, sal onder andere praat oor rassisme en marginalisering en die nalatenskap van die verlede asook die mislukkings van vandag om geweld teen vroue en kinders hok te slaan."
|
|