Can’t see this mail? Click here to view it online

- ISSN 1995-5928 - Ingesluit LitNet Akademies

 

Nuusbrief 1083

16/01/2026


  Krities Afrikaans

LitNet: Jou sensuurspook

Die weerligvoël

Skrywer: Jaco Jacobs
Illustreerder: Iain Rennie
Uitgewer: Pan Macmillan
ISBN: 9781779991447

"Pundu is een van die heel laastes van sy soort," sê Khaia. "En, Timo, jy is waarskynlik ons enigste kans om hulle te red." Timo het ’n vreemde talent. Vandat hy klein was, kon hy met diere praat. Wel, soort van. Wanneer hy en sy troetelrot, Lucky, op ’n dag die koerant haal, is dit die begin van ’n wilde avontuur – die soort avontuur waarvan hy nog net in boeke gelees het. Waarom is ’n wêreldbekende multimiljoenêr skielik agter hom aan? En watter asemrowende geheim steek sy weg op haar privaat eiland?

Boeke en skrywers

PenAfrican: Urgent lessons on censorship in South African arts

Mphuthumi Ntabeni
Books and writers

"The lesson of history is clear: When political anxieties dictate who may speak, the marketplace of ideas collapses. Every writer’s freedom suffers, not just that of the one targeted."

Seen elsewhere: The more things change …

Mike van Graan
Opinion

"Here we are, thirty-two years into our so-called non-racial, non-sexist democracy premised on human rights that are enshrined in our Constitution, and we have the minister responsible for arts and culture essentially banning an artist from participating in the Venice Biennial, because in his view, her work does not contribute to social cohesion in the country."

Gesamentlike verklaring deur PEN South Africa en PEN Afrikaans oor die kansellasie van Suid-Afrika se Venesiese Biënnale-inskrywing

PEN Afrikaans
Leefstyl

"Ons doen ook ’n beroep op die departement van sport, kuns en kultuur om sigself te verbind tot die beskerming van artistieke outonomie en om te verseker dat geen kunstenaar gesensureer word vir die aanroer van menseregtekwessies of globale ongeregtighede nie."

Cliff-hanger: Halley se komeet deur Hannes Barnard

Cliffordene Norton
Boekrubrieke

"Dit is ’n boek wat elke student in die letterkunde en die geesteswetenskappe behoort te lees. Meer as dit: Dis ’n boek wat ons herinner dat geskiedenis nie stilstaan nie – dit beweeg saam met ons."

Vars uit Oesbekistan: ’n onderhoud met Emile Minnie

Naomi Meyer, Emile Minnie
Skrywersonderhoude

"Ek is baie lief vir skryf en die idee om ’n sosiale dagboek te hou het vir my lekker geklink. Ek is ’n baie onwillige fotograaf, so om foto’s met my brein te neem en dit in woorde te omskep kom vir my baie natuurliker. Met die intrapslag het ek besef dat mense die stories net soveel geniet as wat ek dit geniet om die stories te skryf."

The essence of success deur Greg Mills en Emanuele Pirro: ’n resensie

Louise Viljoen (JBay)
Resensies

"Vir my is die kernboodskap van The essence of success: Mense kom altyd eerste, bo mag, roem en rykdom. Leiers wat dít besef, hou die sleutels van sukses in hulle hande."

Susan Coetzer (25 Augustus 1957–)

Erika Terblanche
ATKV|LitNet-Skrywersalbum

"Ek sal ook graag onthou wou word as iemand wat met my skryfwerk lesers op ’n dieper reis geneem het. Om deur ’n lens vol lig te kyk en in dankbaarheid te leef." Lees oor Susan Coetzer se lewe en werk.

Afrikaanse resensies en boekgesprekke in Desember 2025

PEN Afrikaans
Boeke en skrywers

Hier is PEN Afrikaans se oorsig van Afrikaanse resensies wat in Desember 2025 verskyn het en digitaal beskikbaar is. Daar is ook skakels na boekbesprekings of -gesprekke en voorlesings wat op die radio of TV uitgesaai is.

Piet van Rooyen se Hinterland: ’n lesersindruk

André du Pisani
Lesersindrukke

"Hinterland stap op die spore en artefakte van die koloniale nalatenskap in Afrika met die slawehandel, die sending, die vroeë ontdekkingsreisigers, die murasies van vervalle geboue as agtergrond. Maar van veel meer belang is die kennismaking met die mense."

The lucky ones by Alistair Mackay: a reader’s impression

Jonathan Amid
Books and writers

"Ultimately, this collection is about luck, about how your place in the world is more than just a cosmic accident, and about how you can never, ever outrun your history or fate."

Jo’burg, die blues en ’n swart Ford Thunderbird deur Vincent Pienaar: ’n lesersindruk

Trisa Hugo
Lesersindrukke

"Jo’burg, die blues en ’n swart Ford Thunderbird vertel die verhaal van die vroegryp Martie-Santjie, Piet Wieletjies en Stil Willie de Jager. Mense wat ek herken. Mense wat ek geken het."

Hell of a country by David Cornwell: a reader’s impression

Jonathan Amid
Books and writers

"Don’t expect even a sliver of sensationalist true crime, well-worn clichés that aren’t turned inside out, or gratuitous violence for its own sake. This is resolutely no pornographic exhibition of suffering, and the scheming that does happen is in keeping with the nature and motivation of the characters involved."

Persverklaring: Die jaarlikse ATKV-Digskool

LitNet
Slypskole

Die Louwhuis en Museum Sutherland bied weer die jaarlikse ATKV-Digskool op Vrydag 27 tot Sondag 29 Maart 2026 in die nuut gerestoureerde Louwhuis aan. Kom dig saam dat die sterre spat.

Persverklaring: Aansoeke ingewag vir PEN dit Neer-residensie

LitNet
Slypskole

Aansoekers moet motiveer waarom ’n wegbreek en gefokusde skryftyd noodsaaklik is om die voorgestelde projek te kan skryf.

Press release: The Caine Prize for African Writing celebrates NoViolet Bulawayo’s Best of Caine Award win as the prize marks its 25th anniversary in Zimbabwe

LitNet
Books and writers

Widely recognised as one of the most influential African writers of her generation, NoViolet Bulawayo was honoured for her short story "Hitting Budapest".

Op die redakteur se lessenaar

Op die redakteur se lessenaar: 10 tot 16 Januarie 2026

LitNet
Op die redakteur se lessenaar

Hier is die boeke wat onlangs op die redakteur se lessenaar beland het.

Uit die argief

Sensuur: Nog springlewendig en gesond, dankie!

Melt Myburgh
Menings (2020)

"Conrad Botes en Anton Kannemeyer se muilband-ervarings met boeke en kunsuitstallings demonstreer dat die dae van sensuur nog lank nie getel is nie."

Kennis van sensuur

André P Brink
SeminaarKamer (OuLitNet, 2004)

"Om met elke boek wat jy skryf, in die diepste diepte van jou gewete te probeer luister na wat daardie boek self vir jou sê oor hoe hy geskryf wil en moet word: om nie enigiets sagter te stel om volgende keer by die sensors te probeer verbykom nie; maar om ook nie moedswillig enigiets stérker te stel net om hulle uit te tart nie. Want skryf is ’n donners moeilike – en gevaarlike – ambag. En as jy nie bereid is om dáármee eerlik te wees nie, moet jy liewer nooit die pen opneem nie."

In Zuma se hande

Kerneels Breytenbach
Menings (2012)

"Maar terwyl mens nog met die konsep van respekbetoon geworstel het, het twee mense Brett Murray se skildery Die Spies met verf getakel en dit vir alle praktiese doeleindes vernietig. Wat oorbly, is ’n kuriositeit wat in die toekoms waarskynlik teen belaglike pryse sal verhandel."

The removal of art at UCT: interview with Wamuwi Mbao

Wamuwi Mbao
University Seminar (2016)

"One way to decolonise objects in a meaningful way is to let go of the Ozymandian idea that art has to last in one form, for all time, in order to have meaning or force. After fire, new things grow."

Menings

Die Johann Rossouw-gespreksreeks: Die VSA en Venezuela – wanorde of orde?

Johann Rossouw
Seminare en essays

"Feitlik enigiemand wat hierdie opstel lees, is waarskynlik gewoond aan die sogenaamde reëlgebaseerde wêreldorde. Baie van ons sal graag so ’n orde wil sien. Feit is egter dat so ’n orde afhang van die mate waartoe die grootmoondhede van die wêreld op ’n gegewe tyd mekaar se invloed balanseer al dan nie."

Wat sê Bettina? Watersekuriteit in 2026

Bettina Wyngaard
Rubrieke

"In 2018 kon Dag Zero vermy word, omdat daar grootskaalse inkoop in waterdissipline was. Ons sal vanjaar dieselfde moet doen as ons hoop om strenger waterbeperkings, of nog erger, leë krane te vermy."

Dinkskrum: Intellektuele intimiteit in moderne tye

Jason Lloyd
Rubrieke

"Die kernprobleem is nie dat mense bloot 'te sensitief' is nie, of dat intelligente mense onder die aanval is nie, maar dat openbare en private gesprekke toenemend deur vrees gevorm word – vrees vir aanstoot, teenreaksie, waninterpretasie en sosiale straf. Hierdie vrees ondermyn intellektuele intimiteit deur nuuskierigheid, meningsverskil en diepte te ontmoedig."

Robert Sobukwe: die vergete leier van die struggle

Danie van Wyk
Seminare en essays

"Sy teenstanders wou sy stem uitwis, maar kon nie daarin slaag nie."

Die Lasarus-effek: Tryna du Toit (1910–2005)

Jannie Pretorius
Visueel

"Catherina Charlotte Kotzenberg, wat die skuilnaam Tryna du Toit gebruik het, is op 13 Januarie 1910 op De Aar gebore en het ’n merkwaardige loopbaan as Afrikaanse skrywer gehad. Na haar opleiding as onderwyseres het sy in 1932 met Wilhelm Kotzenberg in die huwelik getree en hulle het drie kinders gehad. Tydens haar huwelik was sy eers voltyds huisvrou voordat sy voltyds begin skryf het."

Die Lasarus-effek: Hester Heese (1911–1992)

Jannie Pretorius
Visueel

"Hester Heese (nooiensvan De Swardt) is op 26 Oktober 1911 in Kuilsrivier naby Kaapstad gebore en was een van sewe kinders. Na haar opleiding as kindertuinonderwyseres het sy onderwys gegee op Upington en later in Kaapstad. In 1937 trou sy met Karl Heese en uit die huwelik is vyf kinders gebore. As pastoriemoeder van verskeie NGK-gemeentes het sy aktief aan gemeenskapsaktiwiteite deelgeneem."

Gewildste plasings

Gewildste plasings op LitNet: 7 tot 13 Januarie 2026

LitNet
Als oor LitNet

Hier is die tien gewildste plasings op LitNet vir die week 7 tot 13 Januarie 2026.

Nou op Voertaal

Suid-Afrika se vlootoefening met Iran ontketen diplomatieke storm

Jean Oosthuizen
Voorblad

"Met Will for Peace 2026 wat op 16 Januarie eindig, bly ’n fundamentele vraag onbeantwoord: Wie beheer uiteindelik Suid-Afrika se militêre optrede? Is dit die president as opperbevelhebber, of die weermag self?"

Suid-Afrika begin 2026 met sterkste groeigrondslag in jare

Jean Oosthuizen
Voorblad

"Kenners meen dat die kombinasie van laer inflasie, moontlike rentekoersverlaging en verbeterde internasionale reputasie ’n gunstige beleggingsklimaat skep. Die uitdaging is om hierdie momentum te gebruik om strukturele hervormings in energie, onderwys en die arbeidsmark te versnel."

Rekordmatriekslaagpersentasie van 88% lok gemengde reaksies uit

Jean Oosthuizen
Voorblad

"Meer as 900 000 leerders het die eksamens geskryf, die grootste groep ooit. Die universiteitstoelatingsyfer vir graadstudies staan op 46%."

ANC vier 114 jaar te midde van groeiende twyfel oor beloftes voor munisipale verkiesings

Jean Oosthuizen
Voorblad

"Vir baie kiesers sal die vraag eenvoudig wees: Kan die ANC hierdie keer bied wat hy beloof, of is die era van onvoorwaardelike vertroue finaal verby?"

Sou iemand jou vir ’n heks kon aansien?

Monica Hammes
Literatuur

"Die skrywer se mening is dat heksevervolging eintlik vrouevervolging was en dat dit nog nie uitgesterf het nie, ondanks wetgewing en feminisme."

Kunō-zan: Raak rustig in ’n Japannese heiligdom aan die voete van Berg Fuji

Maryke Roberts
Reisgogga

"Ek sluk hard aan die knop in my keel. Hoe onselfsugtig, hoe mooi ... En hierdie heilige plek is net die regte keuse om jou wense te laat, voor jy sterf."

Breyten schrijven #21: Through the eyes of the poet, a conversation with Nkateko Masinga

Yves T’Sjoen, Nkateko Masinga
Literatuur

"I found it quite fascinating that his memoir was, in its own way, a book-length erasure poem, composed alongside his wife. It’s quite romantic."

Breyten schrijven #22: Breytenbachs lyriek door de blik van dichters, conversatie met Erwin Mortier

Yves T’Sjoen, Erwin Mortier
Literatuur

"Vertalen is een daad van solidariteit: een ander voor een ander verstaanbaar maken."

Leesimpressie: De boekhandel van Algiers door Kaouther Adimi

Erik van den Bergh
Literatuur

"Fictief dagboek van Edmond Charlot die op zijn eenentwintigste in 1935 een boekhandel opent in Algiers. De opening van de winkel wordt gevierd met de publicatie van het eerste werk van Albert Camus."

Leesimpressie: Na de komma door Shantie Singh

Erik van den Bergh
Literatuur

"Grondig overzicht over Hindostanen in Suriname en Nederland. Over helden, verzetsstrijders en pioniers. Vrij veel aandacht voor vrouwen ('stoere voormoeders', 'stille heldinnen')."

Akademies en skole

Ingrid Winterbach se Buller se plan (1999) en Onrus op Steynshoop (2024) as dorpromans

Bibi Burger
LitNet Akademies (Geesteswetenskappe)

"In hierdie artikel word Van Coller se werk, asook die enkele ander studies oor Suid-Afrikaanse dorpromans uiteengesit. Daarna bespreek ek die uitbeelding van die fiktiewe dorp Steynshoop in Ingrid Winterbach se Buller se plan (1999) en Onrus op Steynshoop (2024)."

Persverklaring: Oproep om nominasies – SA Akademiepryse 2026

LitNet
Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns

Die SA Akademie wag nominasies in vir die Akademiepryse wat in 2026 vir toekenning oorweeg word.

Graad 6: Natuurwetenskappe en Tegnologie-vraestel en -memorandum, kwartaal 1 en 2

LitNet
Notas, toetse en vraestelle

Is jy in graad 6 en sê jou ouers vir jou jy moet vanjaar hard werk om ’n plek in ’n goeie hoërskool te kry? Die goeie nuus is dat Rouxlyn Botha se Natuurwetenskappe- en Tegnologie-vraestel groot pret is om te gebruik as jy jou werk wil oefen. Laai dit sommer hierdie week al af. Dis gratis – en daar’s ’n memo ook!

Indeks: notas, toetse en vraestelle

LitNet
Notas, toetse en vraestelle

Hier is al die gratis studiemateriaal vir skole wat op LitNet beskikbaar is, gelys volgens graad.

Wiskunde met LitNet gratis op YouTube beskikbaar

LitNet
Notas, toetse en vraestelle

Eksamentyd? Hersieningstyd? LitNet se video’s kan jou help. Kyk na hierdie video’s op LitNet se YouTube-kanaal – en teken sommer ook in!

Leefstyl

Stromingsbeoordeling: Stranger things versus Pluribus – een van die twee was skouspelagtig, maar leeg

Réney Warrington
TV

"Pluribus word deur die kritici as ’n baken van moderne televisie gesien. Dit word geprys vir sy intellektuele erns en sy weiering om voor die altaar van populisme te buig. Dit is ’n reeks wat oor 50 jaar nog bestudeer sal word, terwyl Stranger things teen daardie tyd waarskynlik net ’n voetnota in ’n Netflix-algoritme sal wees."

Toorkombuis: Hoe rooier ... die dieprooi van pruimpoeding

Karen Hart
Kos en wyn

"Dis dan wanneer ek my skotteltjie nadersleep en pruimpoeding bak. Ja, ja, ek weet – gebakte poeding is nou nie juis gemaak vir die somerhitte nie. Maar moenie vir my kom vertel jy eet net koue kos in die somermaande nie."

Nuwe skryfwerk

Ek gaan djou nie lekke maak nie

Shane Heynes
Poësie

"Want liefde,
regte liefde,
is nie lekkers in ’n sakkie nie"

Seun

Stefaans Coetzee
Fiksie

"Hy kry ’n skewe trek om sy mond. 'Hy het seuns. Kyk na al sy familiefoto’s, al wat ek het, is medaljes ...'"

Elandsbaai

Johan van der Merwe
Poësie

"mense kom en gaan
raak verlief op jou
mis jou as hulle weg is"

Hondelewe

Jacques Boshoff
Poësie

"My hond begryp nie die verloop
van dae, maande en jare
of die verandering van seisoene nie."

Die bospaadjie

Elsabe Fouche
Fiksie

"Ons het nou mooi gesien hoe lyk die breë pad wat na die hel toe gaan en hoe lyk die smal pad wat na die hemel toe gaan. Solly, kom ons begin by jou, watter pad sal jy verkies?"



Konklusie of gevolgtrekking? Kontradiksie of teenstrydigheid?
LitNet Akademies wil navorsers graag help om meer gespierde Afrikaans te skryf.

KONTAK

litnet@litnet.co.za

021 887 0212


© 2025 LitNet. Alle regte voorbehou | All rights reserved