|
|
- ISSN 1995-5928 - Ingesluit LitNet Akademies
|
|
Nuusbrief 1011
01/08/2024
|
Krities Afrikaans
|
LitNet: Godsdiens, kuns en die Olimpiese Spele |
 |
|
Skrywer: Dana Snyman
Uitgewer: Tafelberg
ISBN: 9780624093671
Dana Snyman deel in Seun die deel van sy storie waaroor hy nog nooit gepraat het nie: sy ervaringe in die 1980’s.
Dit is die tyd van PW Botha se vinger, van die Voëlvry-toer, AWB-saamtrekke, onderhandelinge en die laaste dae van diensplig. Dana word oneervol ontslaan uit die weermag, maar eers maak hy ’n draai in Saal 24. Werkloos en doelloos beland hy in ’n gewese bediendekamer in Pretoria. Dié rou, selfonthullende memoir vra: Hoe word ’n seun ’n man?
Met Seun neem Dana lesers in sy vertroue.
|  |
|
 |
Kuns, godsdiens en daai Olimpiese openingstoneel
Bettina Wyngaard
Rubrieke
"Godsdiens en kuns was altyd deel van die Olimpiese Spele, en dalk het die Franse hierdie jaar daarin geslaag om ons daaraan te herinner. Hulle grootste fout was nie dat hulle Christendom oneer aangedoen het nie, dis dat hulle die diepte van skynheiligheid en die absolute gebrek aan basiese ingeligtheid van mense onderskat het."
|
 |
The power of symbolism
Mphuthumi Ntabeni
Opinion
"Christianity might not own the Last Supper symbolism, but would the symbol have been able to gain so much power and presence without Christianity? Who today knows or remembers the Dionysian feast of the gods, except perhaps some lonely professor of ancient Greek mythology?"
|
 |
Ikonoklas!
Jannike Bergh
Menings
"Philippe Katerine, ’n Franse national treasure, is so Frans dat Gérard Depardieu sy skoonpa is (wat in elk geval nie vandag ’n baie woke ding is om te wees nie). Maar sy onbekendheid buite Frankryk bied toe later ’n verdere laag van komiese effek: Hy is nou die random blou ou in die middel van ’n globale geloofsherrie."
|
 |
Die Olimpiese Spele, feminisme en sumo
Hermione le Roux-Ellis
Menings
"Mens moet wonder wat sou kon gebeur as daar plakkate van Landman of ander vrouesportsterre in meisies se slaapkamers pryk. Dalk sou daar op ’n dag genoeg vroue op motorfietse wees om dit na die Spele toe te bring of selfs dalk ’n vrou wat aan Formule 1-wedrenne deelneem."
|
 |
Op Olimpus word die gode bymekaargemaak
Jean Oosthuizen
Elders gesien
"Een ding is waar, die Franse het hier ’n gesprek aan die gang gesit en mens laat nadink oor goed waaroor hulle selde dink, en dis goed."
|
 |
Die Jirre het kêk gehou die nawiek
Frazer Barry
Elders gesien
"Ennie Kristene mettie minste kennis ennie onaktiefste liefde hettie meeste te sê gehad maar die woorde het niks verander nie. Ennie ongaloewiges wattie meeste te sê gehad het mettie minste kennis en ervaring vannie Jirre het steeds leeg weggestap."
|
 |
Waarom is dit nou skielik godslasterlik as ons dieselfde doen?
Tom Dreyer
Elders gesien
"Lede van die LGBTQ-gemeenskap beskou nie hulself as onaangenaam of bespotlik, of as spreekwoordelike vrot tamaties wat jou kultuurskatte kan ontsier nie. As jy hulle teenwoordigheid by daai tafel as ’n 'aanval' op jou godsdiens sien, verraai jy eintlik maar net hoe onverdraagsaam en kleingeestig jy is."
|
 |
Projek T en die verowering van die Noorde
Hennie van Deventer
Menings
"Projek T is gebore – ’n inisiatief so in geheim gehul dat geen lid van die direksie snuf in die neus had nie. Die T het gestaan vir Transvaal."
|
 |
Wat doen die Menseregtekommissie?
Freek Robinson, Chris Nissen
Onderhoude
Die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie (MRK) was onlangs weer in die nuus toe ’n EFF-lid snedige opmerkings teenoor lede van die DA en die VF+ gemaak het. In hierdie gesprek verduidelik Chris Nissen, die voorsitter van die MRK, waarom hulle nie anders kan as om sulke gevalle te veroordeel nie.
|
 |
Die verampteliking van Suid-Afrikaanse Gebaretaal – diversiteitstokenisme as taalbeplanning?
Theodorus du Plessis
Seminare en essays
"Wat taalverwerwingsbeplanning of taal-in-die-onderwys-beplanning betref, blyk dit dat die histories gemarginaliseerde inheemse tale (HGIT’s) slegs tot graad 3 as onderrigmedia aangewend word. In die geval van Suid-Afrikaanse Gebaretaal (SAGT) is dit onseker – volgens die onderwysdepartement was daar in 2021 slegs ses huistaal-SAGT-skole waar ons waarskynlik kan aanneem dat SAGT as voertaal gebruik is."
|
 |
The Charlie Seminar
LitNet
Argief (2015)
LitNet het in 2015 ’n seminaar aangebied na aanleiding van die destydse aanval op die Charlie Hebdo-redaksie in Parys. Hier is al die seminaarstukke uit die argief.
|
 |
Feminisme: Die perspektief van ’n "bose" transgender vrou
Hermione le Roux-Ellis
Menings (2023)
"Ek is ’n transgender vrou en ek is ’n feminis. Ons gaan jou nie probeer betas in ’n badkamer nie en ons probeer nie jou kinders trans maak nie. Fear not the witches, but those who burn them."
|
 |
Press release: The Caine Prize for African Writing announces 2024 shortlist
LitNet
Books and writers
The Caine Prize for African Writing, an esteemed annual award honouring outstanding African writers, is pleased to announce the shortlist for the 2024 edition. The five shortlisted stories were carefully selected from a pool of 320 entries originating from 28 African countries.
|
 |
Press release: New beginnings as the 2025 AVBOB Poetry Competition starts
LitNet
Books and writers
The 2025 AVBOB Poetry Competition officially opens for entries on 1 August 2024. This prestigious contest invites poets from all corners of South Africa to submit their original works in any of South Africa’s 11 official written languages. With generous cash prizes awaiting the winning entries, this is a golden opportunity for talented wordsmiths to shine.
|
Op die redakteur se lessenaar |
ATKV-skryfskool in Cradock |
 |
Tweespraak met Wannie Carstens #2: Vraaggesprek ter gelegenheid van de Jan H Maraisprys 2024
Yves T'Sjoen, Wannie Carstens
Over taal
"Te dikwels wag die Afrikaanse taalgemeenskap dat ’n mitiese ongeïdentifiseerde 'iemand' (persoon of instansie) namens hulle Afrikaans se belange sal uitdra. Dit gaan ongelukkig nie gebeur nie. Elke persoon wat erns maak met Afrikaans, sal ’n bydrae moet lewer, as aktivis, of as befondser, of as gebruiker van Afrikaans in al sy funksies."
|
 |
"Learn Zulu!"
Alex J Coyne
Over taal
"I haven’t become anything close to fluent in Zulu, though instead I’ve taken the language’s more scenic route and absorbed smaller bits over a longer period of time."
|
 |
Kommer oor militêre opleiding van Libiërs in Suid-Afrika
Jean Oosthuizen
In het nieuws
"Die SAPD se nasionale woordvoerder, Athlenda Mathe, het op X gesê die Libiërs het gesê dat hulle die land met studievisums binnegekom het om as veiligheidswagte opgelei te word, maar polisieondersoeke dui daarop dat hulle militêre opleiding ontvang het."
|
 |
Omstrede gesondheidswet kry slae in die hof
Jean Oosthuizen
In het nieuws
"Volgens hierdie uitspraak is artikels 36 tot 40 van die Nasionale Gesondheidswet, ingevolge waarvan die regering die bevoegdheid sal hê om te bepaal waar mediese praktisyns mag praktiseer, in hul geheel ongeldig."
|
 |
Leesimpressie: Onder buren door Juli Zeh
Erik van den Bergh
Literatuur
"Roman over vooroordelen en angsten, over menselijkheid, over stad en platteland. Over mogelijkheden niet beperkt te worden eigen grenzen."
|
 |
Persverklaring: Oproep om bydraes – Leeskultuur en transtaligheid
Voertaal
Academisch
In ’n wêreld waar globale en multikulturele uitruiling toenemend voorkom, speel leeskultuur ’n sleutelrol in die bevordering van meertaligheid en kulturele interaksie. In Suid-Afrika se diverse literêre landskap is daar ’n rykdom aan voorbeelde van translinguale en meertalige poëtika. Gedurende die tweede semester van Samespraak gaan ons poog om hierdie rykdom verder te verken en te versterk. Ons nooi navorsers uit om gedurende die tweede semester van 2024 referate te lewer.
|
 |
Press release: Call for contributions – On reading culture and translanguaging
Voertaal
Academisch
In a world where global and multicultural exchanges are increasingly common, reading culture plays a key role in promoting multilingualism and cultural interaction. In South Africa’s diverse literary landscape there is a wealth of examples of translingual and multilingual poetics. During the second semester of Samespraak we aim to further explore and strengthen this richness. We invite researchers to present papers during the second semester of 2024.
|
 |
TK-lesing 4: Die werkwyse van die Taalkommissie
Monique Rabé, Jana Luther
Seminare en essays
"Die Taalkommissie het in die uitvoer van sy mandaat een kerndoel voor oë: Om ’n bron daar te stel wat leiding gee oor hoe om – in soverre dit moontlik is – konsekwent eenvormig te skryf en te spel sodat eerste-, tweede-, derde- én vreemdetaalsprekers van Afrikaans met die minimum moeite die maklikste met mekaar kan kommunikeer wanneer hulle formeel, amptelik moet lees en skryf."
|
 |
Graad 9: Wiskunde – produkte en faktore, toets en memorandum
LitNet
Notas, toetse en vraestelle
As jy in graad 9 is, weet jy dat produkte nie net items is wat jy aanlyn kan bestel nie. Indien jy hierdie gratis oefenvraestel met voorbeeldsomme van wiskundige produkte en faktore deur Lee-Ann Langeveld uitwerk, kan jy jou Wiskundepunte verbeter. Kort voor lank sal jy keuring vir ’n studierigting kry en dan kan jy na hartelus op eie koste produkte bestel waarvoor jy self kan betaal!
|
 |
Toyota Stellenbosch Woordfees 2024: ’n onderhoud met Saartjie Botha
Naomi Meyer, Saartjie Botha
Toyota Stellenbosch Woordfees
"Ons speel met oorgawe, oral waar ons kan, behalwe tweede viool en parte speel. Ons wou ’n tema kies wat ligter voel – daar is genoeg ander sake om oor bekommerd te wees. Speel vra oorgawe en medepligtiges, en daarvan het ons oorgenoeg by die fees. En dan het ons natuurlik kunstenaars wat hulle harte gaan uitspeel."
|
 |
Vlooi en die Olimpiese vlam by die Kunstekaapteater: ’n onderhoud
Naomi Meyer, Margit Meyer-Rödenbeck, Marinda Engelbrecht
Teater
"As die towersleutel begin gloei, gaan Vlooi en sy maats [karakters in die Oxford University Press-leesreeks wat vir die Grondslagfase voorgeskryf is] op ’n avontuur, en hierdie keer is die bestemming Parys! En hulle is net betyds vir die dertigste Olimpiese Spele."
|
 |
Welgemoed Kunstefees 2024: ’n onderhoud met Marieta Nel
Naomi Meyer, Marieta Nel
Leefstyl
"Covid het ons geleer dat ons afhanklik van mekaar is. Mense wil op plaaslike vlak byeenkom, verhoudings bou, na mekaar en die omgewing omsien. In die gemeente het die oortuiging begin groei dat die gemeenskap gedien moet word deur ’n benadering van gasvry leef. Bogenoemde gebeure het die tafel gedek vir die ontstaan van ’n kunstefees in Welgemoed."
|
 |
Persverklaring: Endler-konsertreeks maak propvol tweede seisoen bekend | 2 Augustus tot 7 Desember 2024
LitNet
Musiek
Die seisoen skop af met ’n opwindende en besige naweek, met optredes deur die SAMA-genomineerde Juliet-strykkwartet (2 Aug), en die wêreldberoemde US Koor (3 Aug). Die Musiek-departement geniet ook ’n mylpaal wanneer die US Kamerkoor sy tiende bestaansjaar vier met ’n spesiale optrede by die Hugo Lambrechts Ouditorium in Parow op Sondag 4 Augustus onder leiding van Lunathi Ncamani en Martin Berger.
|
 |
Somer se laaste sug
Susanne Pretorius
Poësie
"maar onthou my in die oggendroos
delikaat en broos
’n lieflike geur wat sloer"
|
 |
Sonnet vir ou Platpoot
Chris Botha
Poësie
"natuurlik het hy geen geldige rede
niemand is verhewe bo die lewe se geneuk"
|
 |
My drome
Johan van der Merwe
Poësie
"om net te weet
ek is bevry
van my"
|
 |
Skemer in Kartoem
Loretta Szikra
Poësie
"terwyl die Nyl die skemerson soen
as gebroke drome die vreemde inseil
waar magsiek monsters harteloos roem
in verskroeide strate van Kartoem"
|
 |
Verraad
Fanie De Villiers
Poësie
"want jy laat jou lammers tussen jakkalse wei"
|

Konklusie of gevolgtrekking? Kontradiksie of teenstrydigheid?
LitNet Akademies wil navorsers graag help om meer gespierde Afrikaans te skryf. |
|